Juju skryf eksamen as hofsaak begin

jujuJulius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), kan dalk agter tralies eindig voor die verkiesing.

Juju se hofsaak sal vandag in die Rondgaande Hof in Polokwane begin. Streng veiligheidsmaatreëls sal geld.

Malema en sy vier mede-beskuldigdes word van bedrog, geldwassery en afpersing aangekla. Die voormalige leier van die ANC Jeugliga het na bewering miljoene rande uit korrupsie verdien.

Malema is in September verlede jaar in hegtenis geneem omdat sy Ratanang-familietrust na bewering R4 miljoen van ‘n R52 miljoen-tender gekry het wat die departement van paaie en vervoer in Limpopo in 2011 aan die maatskappy On Point Engineering betaal het.

Die party se provinsiale koördineerder, Josie Butane het saam met duisende Malema-ondersteuners ‘n nagwaak gehou.

Hulle het die ANC-leiers daarvan beskuldig dat hulle staatshulpbronne gebruik in ‘n poging om Malema te vernietig.

Butane sê niks sal egter Malema se leierskap keer nie. ‘n Senior lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Floyd Shivhambu het gedreig dat hulle lede grond sal begin beset as deel van die party se grondhervormingstrategie.

Shivhambu het duisende EFF-lede toegespreek om die EFF se hoofbeleid om grond te onteien sonder vergoeding oor te dra.

Shivhambu het die trae pas van die regering se grondhervormingsprogram gekritiseer. Hy sê hulle sal grond identifiseer en dit wat aan die mense behoort, beset en later bekommer oor die wetlikheid daarvan.

Malema moet Maandagoggend glo eers eksamen skryf as deel van ‘n Unisa-graad voordat hy in die hof sal verskyn.

Die polisie het die strate rondom die hofgebou afgesper en polisielede sal ontplooi wees by verskeie moontlike brandpunte in die stad en in Seshego.

Malema het in Junie in die streekhof gesê die Nasionale Vervolgingsgesag is onbevoeg en die strafregtelike saak teen hom is ‘n politieke sameswering.

Daar is vroeër vanjaar reeds op Malema se luukse huis in Sandton en sy plaas buite Polokwane beslag gelê.

32 thoughts on “Juju skryf eksamen as hofsaak begin”

  1. “Shivhambu het die trae pas van die regering se grondhervormingsprogram gekritiseer. Hy sê hulle sal grond identifiseer en dit wat aan die mense behoort, beset en later bekommer oor die wetlikheid daarvan.”

    Dit geeft wel de hele teneur in het nuwe SA aan. Er lijkt überhaupt geen enkele werking uit te gaan van ‘the rule of law’, niet preventief en niet na een veroordeling als er al een keer een misdadiger is aangehouden. Tezelfdertijd maakt het hele theater wel van een muskiet een olifant in de Boeremagzaak.
    De rechtstaat staat erbij en kijkt ernaar hoe de politieke macht met statistieken tovert terwijl ‘crime’ het hele land beheerst.

  2. Hulle sal grond beset..Hulle laat dit klink soos ‘n walk in the park.. ala Zim.. “Go for it.” Hierdie is nie ‘n klomp Rhodesiese Engelsmanne nie my boet. Beset, laat ons sien. Julle gaan ‘n lelike verrassing kry…..bloederig….

          1. Nope. The dwis never mentioned you. It’s with interest that I note the Muslim interpretation of your name to mean ‘prop’. Hence the toygun and beret as a stand in at times for Rambo gone wrong ?
            PS
            You don’t look Muslim? Maybe a bit like the Bo Kaap hadji’s with the fez and all.

          2. I’m standing,like always ….Why were there rumuors to the contrary?
            How wrong you & “him” were…

          3. Huh uhhhh. Don’t drag me into this. It’s what he splabbed on the web. I was just concerned ( with the purported problem down yonder ) as to whether you’re capable of jumping on horseback like a goeie boerseun betaam ?

Maak 'n opvolg-bydrae