PRAAG is op soek na vrywilligers om op verskeie van ons komitees te dien:
- Menseregte: ons kom al hoe meer menseregtevergrype teen Afrikaners/blankes teë wat aandag verg.
- Ekonomie: ons ondersoek tans verskeie ekonomiese geleenthede en projekte wat werk en welvaart vir Afrikaners kan skep.
- Onderwys: daar heers steeds verskeie bedreigings vir Afrikaanse onderwys en ons moet enkele teenstrategieë in werking stel.
- Vertalers: As u Afrikaans goed is, beskik ons altyd oor vertaalwerk wat gedoen moet word, gewoonlik vanuit Engels na Afrikaans, maar vreemde tale soos Frans en Duits kan ook handig te pas kom.
Ons kommunikeer sover moontlik virtueel en dus sal dit weinig tyd en moeite verg. Ons vergader een keer per maand via die internet om vordering te bespreek.
Almal kla, maar doen niks om ons situasie te verander nie. Raak betrokke!


Ek het reeds hier kommentaar gelewer. Op ‘n eienaardige manier word dit nie gewys nie.
Het my ook al oorgekom.
Moet ons nie prosedeer nie???
Hehe!
Moet net nie protesteer nie Arniann, dan is die saak reg.
Wat ‘n slapgat knuppel-knoos is jy nie…………..
Lewer dit maar weer asb.
Wil n voorstel doen Praag,,, en Praal Gaan registreer n 2 de naam Soos n sustersbesigheid en werk op praal vir n paar mnde en keer dan terug na Praag Sal die libs mal maak Of is ek nou te oorspronklik
Elsabe baie goeie voorstel – hou egter ingedagte
ons Afrikaners se individualisme, wanneer die tyd aanbreek vir terugkeer is daar
al weer twee nuwe vasskopgroepe en n klomp nuwe draadsitters.
Of 3,,,, Praat Kan mos sy takke wees
Wat moet ek doen as ek wil onttrek en my debiet order wil stop? Ek sal dit in elk geval ook met die bank opneem.
totsiens
Naand,
genugtig nou het jy my darem lekker aan die raai gehad, shoe.
Ek toe nou so deur al die ander kommentare en merk op dat die van 10 maande tot n jaar gelede gestuur was. hulle het al baard gekry en is in elk geval gestuur voor my navraag.
nouja wat my situasie betref, dit het egter na daardie navraag alweer baie verander en is ek nog steeds by Praag al wou ek op daardie stadium verkas.
Die bloed het intussen gespat tussen al die kommentare deur maar ek het oorleef en deel nog steeds gedagtes met Praag lesers.
Rustige nag vir jou Tiekiebek.