Die blou Malema

zilleberetVolgende jaar se verkiesing kan ‘n geval van wees van wat die jongste politieke bykomstighede is om die massas mee te beïndruk.

Julius Malema en sy Ekonomiese Freedom Fighters (EFF) het bekend geword vir hul rooi barette, maar Saterdag was dit die DA-leier Helen Zille se bloue wat vir opwinding gesorg het.

Duidelik verwar Zille haar rol as politikus met dié van ‘n vermaaklikheidspersoonlikheid soos Lady Gaga wat skares met haar aandagsugtige, leë manewales meevoer.

Die baret is lank reeds die verkose hoofbedekking van revolusionêre, swart ousies, intellektuele, Beatniks, militêre spierpaleise en les bes, die Franse.

Ché Guevara was die beroemde gesig wat ‘n swarte verkies het. Pablo Picasso het by dieselfde kleur as die Latyns-Amerikaanse kommunis gehou.

Die Amerikaanse spesiale magte dra groen. Die VN-vredesmagte dra ligblou. En ons eie plaaslike hanswors Juju, het vir syne rewolusionêre rooi gekies.

Zille, wat verlede week in Mitchellsplein vir die bekendstelling van haar party se veldtog opgedaag het om kiesers aan te moedig om te registreer, het soos ‘n wafferse Malema die verhoog met ‘n blou mus bestyg.

Vol van dieselfde rewolusionêre ywer van ‘n paar weke gelede toe sy vlamme gespuug het oor die “ongelykheid wat apartheid-onderwys geskep het”, het sy vir een vrou in die skare geskree: “Joune is ‘n Halaal-baret!”

“Ons moet almal barette kry,” het sy ernstig gesê.

Haar roerende politieke boodskap het heeltemal met die DA se etos gestrook: “Het jy [die pop -ster] Rihanna in die koerante hierdie week gesien? Sy dra blou lipstick. Sy weet hoe om voor die mode te bly. Ons moet almal blou lipstick kry. Die hele wêreld word blou.”

Dié diepsinnige politieke insigte het sy in Afrikaans oorgedra, in weerwil van haar party se geswore eentaligheid, waarskynlik uit vrees dat dit op Engels vir haar gehoor sou verlore gaan.

Sy het egter moeite gedoen om in Engels te verduidelik dat die DA se promosievideo’s wat by die geleentheid vertoon is, nie “blue movies” is nie.

Zille en partyleiers Ivan Meyer, Lindiwe Mazibuko en Yusuf Cassim het die skare van ongeveer 1 000 mense aangemoedig om te registreer om te stem. Meyer, wat leier van die DA in die Wes-Kaap is, het gesê die party is op soek na 30 persent van die nasionale stem.

Hulle wil volgende jaar die Wes-Kaap, Gauteng en die Noord-Kaap inpalm, ongetwyfeld om Suid-Afrika se modesin te verbeter ten einde mee te ding met dié van Juju, asook die gelykheid van vreemde kleur lipstiffies te bevorder.

39 thoughts on “Die blou Malema”

        1. Dankie tog Gas.
          Bevestig jy wat maande lank so duidelik soos daglig is!
          Oudste truuk in die boek van swartsmeer taktieke – om sulke breindood kommentare te plaas, wat jou teiken kan diskrediteer.
          Hoe gouer Praag sulke ‘bydraes’ verwyder hoe beter.
          Waarom dit nie gedoen word nie, is heel vreemd.

          1. Jou moer man. Jou k*k verskoninkie om raakvat teiken-treffende kommentaar (wat die arme linkse teenstanders se bloeiende hartjies tog sóó seer maak…) op die Praag blad te keer sal nie water dra nie. Jou Aapzaniese teen-intelligensie disinformasie poginkie sal dus nie suksesvol wees nie. Gaan maak jou broekie by die huis vuil, toe ! Voertzek !

          2. Enige werf wat sulke abjaters soos jy kan verdra, verdien al die dinge wat na hulle kant toe kom.
            Kry vi’ djou en al die ander iddiejote wat in julle sinkende skippie seil.
            🙂

          3. Praag het glo die skepsel al baie afgehaal, maar ek het by ‘n ander berig so rukkie terug gelees hulle blok sy IP adres, maar hy kom elke slag met ‘n nuwe een of so iets. So dit lyk of die ou honderde rekenaars het, as jy verstaan wat ek bedoel

          4. Ja dis seker hoe dit werk. As hy hier klaar is dan gaan waarsku hy die mense op Radikale Sonder Grense (rym!) dat die wit gevaar oppad is

          5. Dis jammer julle het hom nou skrik op die lyf gejaag. Dit is nie dieselfde persoon as die oorspronklike een nie, alhoewel dit dieselfde naam is. Interessante verskille in sekere frekwensie

          6. Julle droom aapzaniese poef -droompies daar in jou muwwe kantoortjie by die National Imbecile Agency. Het julle nie meer gewillige aap-agente byderhand om julle geliefde Comrade Juliass te gaan infiltreer nie, hmmmm…?

        2. Hahaha… Jou flou poginkie om my as ‘n “Zetrille werknemer” te prober “label” is futiel, en word as ‘n mislukte suggestiewe teen-intelligensie twyfel-saai modus operandi (om my te prober diskrediteer) herken. Is jou bloeiende pienk poefter-hartjie nou baie seer omdat ek jou geliefde swart (boggom) broers elke keer akkuraat beskryf, hmmmmmm…? Bogger-off van Praag af as jy nie ook die regse, pro-blanke, anti-linkse, anti-liberale, anti-humanistiese kommentare kan verteer nie, toe ! Ek voel ‘n veer vir jou. Vólk-off ! Voertzek !

  1. Wat het ek julle gesê, die DA gaan nou fokus op die bruin stem in die Wes-Kaap. Dieselfde bruines wat die Afrikaner en die Afrikaanse taal by meeste instellings uitgewerk het. Die Afrikaner moet hulle verskille nou (op n volwasse manier!) uitpraat en een opposisie-blok vorm. Selfbeskikking moet op die tafel kom!

      1. Watter kleur baret verteenwoordig die Afrikaner-blok? Of sal ons ons omgewings versier met die Prinsevlag? Ons is pro-diversiteit, maar anti-globalisering. Behoudend, maar nie bekrompe nie. Nasionalisties, maar nie regs of konserwatief nie. LW: in Europa wentel die politiek deesdae tussen behoudende nasionaliste en globaliste. Terme soos regs, links en konserwatief word toenemend vermy.

        1. ek dink ons beweeg weg van ‘pro-diversitiet’ af danksy die gevorseerde diversiteit op ons, en ons is nie juis anti-globalisering nie; inteendeel, ons sal graag onderhandel met ander lande as een volk, eendag as ons ons eie plek het.
          en ons IS konserwatief. ons is miskien nie so konserwatief soos ouds nie, maar dit wat ons is, raak sterker.

          dus, ons barette is Jan van Riebeeck pluimveer hoede, ons skoene is vellies en ons sokkies is hoog en bruin.

          en ja, die prinsevlag IS ons vlag. die een met die roof is net een deel van ons geskiedenis.

        2. Geen beret vir ons nie dankie. ‘n Velhoed is beter. Ja ons is pro-diversiteit, maar nie vermeng nie – elk soort mier sy eie miershoop. Konserwatief – ja, ons wil die goeie dinge van die verlede behou en die slegtes verbeter maar nie verander net vir die “pret” nie.

  2. Die DA verbaas my glad nie sederd die ANC en die DA besig is met hoogveraad om ons oor te gee vir die VN soos Barrack Husein Obama van die VSA wat besig is met presies dieselfde ding. Nou moet hulle ook nog ons Afrikaners kriminaliseerd om hulle agenda verder voort te sit

  3. Ai dis nou so biekie van die onderwerp af en trug na die hulpelose vf onder die mulders …ek ry nou die dag deur lydenburg en sien borde van die vf oral in die dorp en skud net my kop ….STOP DIE ANC ….. STEM VF+……wat die hel gaan aan met die party julle sit in die rigering ten eerste en tweedens julle is n miderheids party hoe die hel stop jy iets waar aan jy behoort !daar is geen insig of wysheid in die vf onder die mulders nie…… die anc-lite draai sy rug op die wit kiesers en die vf is leierloos …….

Maak 'n opvolg-bydrae