Die akademiese program aan die Universiteit van Kaapstad sal Maandag gesluit bly, het die instelling Sondag via Twitter aangekondig.
“Na deeglike oorweging sal die kampus gesluit wees môre, Maandag, Oktober 26, 2015,” het die Universiteit getwiet.
Dit kom nadat ‘n Xhosa-faksie oor verhogings vir 2016 by universiteite begin betoog het.
In ‘n opstand wat gekenmerk is deur geweld, is President Jacob Zuma versoek om klasgelde nie vir volgende jaar te verhoog nie.
Intussen het amokmakers by die Universiteit van die Witwatersrand beloof om hul #FeesMustFall-veldtog voort te sit totdat daar aan al hul eise voldoen word, insluitend gratis onderwys vir almal, het hulle Saterdag aangekondig.
Een van die betogerleiers van die beweging, die EFF se Wits-organiseerder Vuyani Pambo het gesê die besluit om voort te gaan met die veldtog is op Saterdagmiddag op die kampus geneem.
“Die besluit is geneem in ‘n massavergadering vandag [Saterdag] dat ons moet voortgaan omdat ons nie kry wat ons wil hê nie, naamlik gratis onderwys.”
Ten spyte van Zuma se onderneming dat klasgelde nie volgende jaar verhoog sal word nie, het ‘n woordvoerder van die NWU se Mafikeng-kampus, Sondag gesê daar is aanduidings dat die kampus Maandag gesluit gaan bly.
Alle akademiese bedrywighede word egter vandag by die Universiteit van Pretoria hervat, maar eksamens sal eers van Woensdag af geskryf word.
Die biblioteek en studiesentrums sal ook vandag oop wees en die gewone Maandag-rooster sal gevolg word.
Hersiene toets- en eksamenroosters sal dié week aan studente gegee word.
Die Vrystaatse onderwysdepartement het meer as R2,3 miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan en die meeste daarvan hou verband met die toekenning van tenders.
Dit is volgens die ouditeur-generaal se verslag vir die 2014/2015 boekjaar wat vandag tydens ‘n sitting van die staande komitee vir openbare rekeninge in die provinsiale wetgewer bespreek word.
Die verslag het bevind dat tenders toegeken is aan kontrakteurs wat nie aan die nodige vereistes voldoen nie. Kennisgewings vir die tenderproses is ook in baie gevalle nie betyds geadverteer nie.
Amptenare van die departement het nie persoonlike belang of die van nabye familie of vennote by ondernemings wat tenders gekry het, verklaar nie.
Ernstige kommer is uitgespreek oor dié departement se finansiële gesondheid.
Komiteevoorsitter, Neels van Rooyen, sê hy is bly dat die departement nou met die provinsiale tesourie en die ouditeur-generaal se kantoor saamwerk om die probleem aan te spreek.
Al nege provinsiale onderwysdepartemente het druip-rapporte gekry vir die bou van nuwe klaskamers en die instandhouding van skole.
Dit is volgens ‘n prestasie-verslag deur die ouditeur-generaal.
Die verslag het tekortkominge met infrastruktuurprojekte in al nege provinsies uitgewys.
Van die bevindinge gaan oor die verontagsaming van tenderprosedures, die feit dat projekte nie gemonitor word nie en die aanstelling van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie. Swak bouwerk en skole sonder elektrisiteit en water is tydens die inspeksie van die 52 skole landwyd gevind.
Projekte is ook deur kontrakteurs vertraag en een so ‘n projek is in die Vrystaat gevind waar die bou van ‘n skool al vir ‘n jaar agter skedule is.
Provinsies het altesaam R6.6 miljard vir dié projekte gedurende die 2013/2014 boekjaar ontvang.
Die auditeur-generaal sê konstruksie van klaskamers en die instandhouding van skole laat veel te wense oor.
‘n Nuwe skool wat al vyf jaar gelede voltooi is maar nog leeg staan, is tydens ‘n inspeksie van infrastruktuurprojekte in die Noord-Kaap gevind.
Die bevindinge is in ‘n auditeur-generaal-verslag oor ‘n prestasie-oudit van die onderwyssektor vervat.
Van die probleme met die projekte in verskeie provinsies sluit in die aanstel van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie en swak monitering deur provinsiale onderwysdepartemente.
Luidens die verslag is die bou van ‘n skool in die Vrystaat al vir ‘n jaar lank vertraag, terwyl ‘n skool in die Noord-Kaap ‘n wit olifant geword het omdat die sleutels van die gebou nooit aan die provinsiale onderwysdepartement oorhandig is nie.
Leë klaskamers, rekenaarlokale en biblioteke is in ses provinsies gevind, want toerusting is nooit afgelewer nie.
Swak bouwerk, wat ‘n bedreiging vir kinders en personeel se veiligheid inhou, is ook in sommige skole gevind.
Ek het onlangs geskryf dat rassisme ‘n verskynsel is waarmee linkses so graag mee wil wegdoen, maar terselfdertyd lewendig wil hou om sodoende lewe in hul bestaansreg as linkses te blaas. Na apartheid, is “anti-rassisme” tog al wat linkse dogma lewendig hou. Daarom, wanneer daar nie genoeg “rassisme” is om linkse skrywers, professore, ens mee besig te hou nie, ontstaan ‘n alternatiewe verskynsel, naamlik “virtuele rassisme”.
“Virtueel” word deur die Oxford woordeboek na Engelse woorde vertaal wat die term dalk beter beskryf: artificial, imitation, make-believe. Dus, ‘n kunsmatige, valse weergawe van iets wat werklik bestaan, maar wat nie so prominent voorkom as wat die skepper van die “virtuele” dit wil hê nie.
Linkse skrywers in Suid-Afrika verlang duidelik na ‘n samelewing waar rassisme volop is, en nie die teenoorgestelde nie, want rassisme bied aan hulle geleenthede om te skryf, verguis en die hele geskiedenis van die land in die naam van dié enkele term toe te takel en te verdraai. ‘n Wit kroegman wat byvoorbeeld vier swart vrouens by ‘n kroeg in Kaapstad uitboender verskaf byvoorbeeld ‘n gulde geleentheid aan linkses om die “hartseer van apartheid” weer te beklemtoon, en daarby hul salarisgeld te verdien.
Maar wat as daar nie só ‘n voorval gerapporteer word binne ‘n week lange tydperk nie? Dan oorskry die linkse skrywers mos hul sperdatum om ‘n sappige rassismesestorie op te diep en hiperbolies op te blaas om sodoende die hele blanke ras swart te smeer?
Dan bly daar twee opsies oor – skryf oor apartheid, of skep “virtuele rassisme”. Terwyl ander linkse skrywers soos Max du Preez nou al moeggeskryf is oor die “euwel van apartheid”, en verkies om “virtuele rassisme” te vervaardig wanneer Steve Hofmeyr byvoorbeeld Die Stem sing, verkies Anton van Niekerk om nog altyd te skryf oor apartheid. Hoewel dit nie heeltemal onanvaarbaar is nie, is dit wel heeltemal onaanvaarbaar dat hy lesers probeer mislei met halwe waarhede of meermale prontuit leuens. Op sy artikel wat, met die oog op apartheid, diskriminasie teen jong wit kinders regverdig, het ek reeds in Desember geantwoord. Ek sal dieselfde doen met sy artikel wat nou ’n samelewing van virtuele rassisme teenoor swartmense in Suid-Afrika fabriseer.
“Dit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroeër vermoed is.”
Van Niekerk probeer duidelik ‘n nuwe “gevaar” aan die land bekendstel – regse rassiste. Alhoewel ek self gekant is teen ekstremisme van enige soort, besef ek al te goed wat ekstremisme beteken. Die woordeboek beskryf “ekstreem” as “verste van die sentraal of ‘n gegewe punt; buitenste.”
Om dus “eksteem” en “groepe” in een sin te gebruik is ‘n paradoks. Veral in Suid-Afrikaanse konteks. Hoe is dit moontlik dat ‘n klein groepie “buitenstes”, waarskynlik minder as ‘n duisend mense in Suid-Afrika, in “groepe” kan “organiseer”? Omdat Van Niekerk weet dat die stelling van “georganiseerde groepe” onwaar is in die konteks van Suid-Afrika, verskuif hy die doelpale na internasionale gebeure om “regse rassisme” in Suid-Afrika aan bewegings soos Al-Kaïda gelyk te stel. Die dade van Barend Strydom (die enigste voorbeeld soortgelyk aan die Dylann Roof-voorval wat van Niekerk in Suid-Afrika kon opspoor) moet dus nou as “georganiseerd” beskou word.
Van Niekerk, wat ‘n professor in Filosofie is, behoort van beter te weet as om sulke denkfoute te maak?
“Dit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae op ’n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.”
Van Niekerk het hom hier weereens aan een van twee skryfmisdade skuldig gemaak – ondoelbewuste onkunde, of doelbewuste onkunde om sy argument te bevorder. Daar is nog geen konsensuele ooreenkoms bereik aangaande die vlae op Dylann Roof se baadjie nie. Die Amerikaanse hof sal waarskynlik nog daaroor beslis. Van Niekerk maak geen melding hiervan nie. Van Niekerk se poging om die ou Suid-Afrikaanse vlag, wat dekades voor apartheid reeds amptelike status verkry het, te diskrediteer grens aan desperaatheid – hy probeer om op ongegronde wyses die dade van Roof met die ou vlag te versoen. Van Niekerk is seker steeds nie daarvan bewus dat die swart bevolking in die hele geskiedenis nog nooit vermenigvuldig het soos wat dit onder die “apartheidsvlag” het nie. In dr. Verwoerd se twee termyne het die swart bevolking letterlik verdubbel (vanaf 8 tot 16 miljoen). Onder daardie vlag is moorde op swartmense, hetsy gepleeg deur swartmense self, of deur witmense, tot die minimum beperk. Die Amptelike Handboek van die RSA 1992 toon dat wit-op-swart moorde in 44 jaar van apartheid nie 7000 gevalle oorskry het nie. Hierdie syfer sluit ook in die dode gesterf in aanhouding, sowel as dode gesterf a.g.v. konfrontasie met blanke polisie- of weermaglede. Van Niekerk se woorde, “dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het” behoort dus eerder te lui dat dit belaglik is dat hy vir dié selfvertoon die (ou Suid-Afrikaanse) vlag gekies het. Dit sou baie meer treffend (en sinvol) wees indien Roof die nuwe Suid-Afrikaanse vlag vir sy eensame veldtog gekies het, aangesien die nuwe vlag die geweldadigste land in die wêreld verteenwoordig, waar ook die meeste swartmense per dag in die hele wêreld vermoor word (gemiddeld 43 per dag). Die ou vlag het egter die teenoorgestelde verteenwoordig, maar steeds gebruik van Niekerk die Roof-voorval om die regime, waaraan hy sy huidige sukses as professor te danke het, verder te verguis.
“Verskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om “Bophuthatswana” teen demokratisering te “vrywaar”), Barend Strydom (wat in Pretoria lukraak met ’n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met geweld wou keer en lang vonnisse opgelê is) herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”
Van Niekerk ondergaan hier ’n massiewe denkfout. Uit mislukking om werklike voorbeelde van wit-op-swart terreur op te spoor, verskuif hy weereens die doelpale om anti-demokratisering in te sluit. Die eerste deel van van Niekerk se artikel handel oor wit-op-swart terreur, soos deur Dylann Roof gepleeg. Hy vind slegs een Suid- Afrikaanse voorbeeld, Barend Strydom, maar sy volgende twee voorbeelde, die AWB en Boeremag, het niks met wit-op-swart terreur te make nie, maar eerder, soos hy terreg skryf, “teen demokratisering”. Om sy lesers te oortuig dat hier ’n wit-op-swart terreursituasie in Suid-Afrika ontwaak, verwys hy na voorbeelde van partye wat hul jare gelede verset het teen demokrasie, eerder as partye wat wit-op-swart terreur gepleeg het (want hulle bestaan nie!). Hy ondergaan dan ’n verdere hipotetiese denkfout deur die woord “wou” (“wat demokratisering met geweld wou keer”) te gebruik, aangesien die Boeremag nooit wit-op-swart terreur gepleeg het nie.
“herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”
Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners die laaste tyd vermoor is deur geweld wat uit “ekstreem-regse” sentiment ontspring het. Waarskynlik nog nie een die laaste paar jaar nie, anders sou Van Niekerk melding daarvan gemaak het? (daarom is hy gedwing om oor Amerikaanse Dylann Roof te skryf). Hieroor het ek geen statistiek nie, maar dit gebeur beslis nie “voortdurend” nie. Ek kan wel antwoord deur Van Niekerk daarop te wys dat daar voortdurend wit Suid-Afrikaners vermoor word deur geweld wat uit anti-wit, of linkse, sentiment spruit.
Die internasionale gemeenskap is vandag geskok deur die 1750 rasgemotiveerde plaasmoorde wat sedert 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Niekerk is duidelik baie selektief in sy identifisering van “geweld”, aangesien hy ’n enkele geval van wit-op-swart geweld vyftienduisend kilometer van Suid-Afrika identifiseer om mense bang te praat en witskuld te bevorder, maar die gemiddeld 14 plaasmoorde per maand ignoreer.
Dit is waarskynlik vir linkse skrywers soos van Niekerk sleg dat hulle so ’n droogte moet beleef – daar is geen wit-op-swart terreur om oor te skryf in Suid-Afrika nie. Daarom is hulle maar te dankbaar wanneer ’n tiener in ’n ander land by ’n kerk inloop en swartmense doodskiet – uiteindelik het hulle weer ’n geleetheid om witskuld onder wit Suid-Afrikaners se neuse te vryf. Die geluk wat hulle getref het toe die foto met die ou Suid-Afrikaanse vlag opgeduik het, was ongelooflik.
“Sodanige regse verset word oor ’n lang tyd gevoed – selfs aangeblaas – deur kru rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.”
Van Niekerk is tog sekerlik verward? Die enigste “kru rassistiese sentimente” wat ek daagliks in my gemiddeld 4 ure op die internet opmerk, is swart-op-wit. Van Niekerk slaag daarin om twee rassistiese kommentare op te spoor wat die intelligensie van swartmense as miderwaardig verklaar. Witmense in Suid-Afrika sou maar te dankbaar wees as dit dié tipe kommentaar was wat hulle in die gesig moet staar – eerder word hulle daagliks gekonfronteer met kommentaar op Facebook oor hoe hul kinders in olie gaan brand en hul vrouens verkag gaan word. Van Niekerk is dus weereens selektief. Dit is soos toe die Springbokke teen Engeland gespeel het, Engeland na aanleiding van baie vuil spel twee geelkaarte en ’n rooikaart opgedoen het, maar die Engelse media slegs berig het oor die vloektaal wat een van die Suid-Afrikaanse spelers een van die Engelse spelers na bewering toegesnou het. Dus, absolute eensydigheid.
In nog ’n eensydige skryfstuk het van Niekerk ook onlangs geskryf oor Bantoe-onderwys. Hy meen dat dit die “sistematiese ontneming van swartmense se reg tot onderwys was”. Besef hy dat Suid-Afrika onder apartheid omtrent die enigste land in Afrika was waar basiese onderwys en opleiding enigsins ’n reg was? Vir swart kinders in die res van Afrika was dit ’n voorreg.
’n Uitstekende skryfstuk deur Leon Lemmer het reeds op Praag.co.za verskyn waarin van Niekerk se uitlatings ontleed en verkeerd bewys word en daarom wil ek nie verder hieraan tyd spandeer nie.
Van Niekerk behoort homself egter dringend daarvan te vergewis dat daar voor apartheid geen sprake van onderwys vir swartmense was nie, en dat nou, 20 jaar na apartheid, onderwys vir swartmense in ’n voorreg, eerder as ’n reg, ontaard.
Selfs F.W. de Klerk vertel in hierdié onderhoud van die talle skole en universiteite wat onder apartheid ekslusief vir swartmense gebou is sonder dat hulle ’n sent daaraan spandeer het.
Ek het reeds in my vorige repliek aan van Niekerk die volgende geskryf:
“In 1985 het 43 000 swart studente aan blanke universiteite in die Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Medunsa ekslusief duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart universiteite deur wit belastingbetalers in die tuislande opgerig wat honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor 1948 was so ‘n resultaat slegs ’n swart droom wat, gegewe die onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het.”
As tienduisende (teenoor die handjievol voor apartheid) swartmense tot universiteitsvlak kon vorder en dokters en prokureers kon word, hoe bedenklik kon die gehalte van Bantoe-onderwys dan nou eintlik wees? Êrens moes iets gewerk het, aangesien die mees bekwame swartmense van vandag ouer as veertig is en dus onder apartheid opleiding ontvang het.
Ten slotte, swartmense in Suid-Afrika se lewensstandaard het teen die einde van apartheid gekontrasteer met ander swarmense in Afrika s’n. Daarom het nie minder as 40 000 (in 1985 110 000) swartmense van buurlande per jaar na apartheid Suid-Afrika gestroom. Vandag doen hulle dit steeds om te baat by die oorblyfsels van apartheid – stede met werk, skole en universiteite. Ook kos afkomstig van die boere wat vermoor word. Daar is geen “ekstreem-regse groepe” wat hulle, of enige swartmense in Suid-Afrika bedreig of sal bedreig nie. Miskien moet ons eerder wegbeweeg van Anton van Niekerk se gefabriseerde samelewing van virtuele rassisme, waar wit-op-swart terreur ’n werklikheid is, en besef dat die groep wat in die gevaar staan van uitwissing, wat bespoedig word deur terreur op plase en stede, hoegenaamd nie swartmense is nie. En geen versteurde (Amerikaanse) Dylann Roof, of die vlae op sy baadjie, kan hierdie harde werklikheid verdraai nie.
Wat is MIV/Vigs? Swart studente en personeel in hoër onderwysinstellings beweer hulle weet nie van die virus nie.
Hierdie openbaring blyk uit ‘n studie oor MIV/TB gedrag. Die bevindings is voorgelê by die Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban.
Sewe en twintig persent van die studente en 10 persent van die personeel by Tegniese, Beroepsopleiding, Onderwys en Opleiding (TVET) kolleges in die land het gesê hulle het nog nooit gehoor van die siekte nie.
Sommige van die ander bevindinge toon ‘n roekelose benadering tot die gebruik van kondome, met byna die helfte van die studente wat aangedui het dat hulle dit alleen sal gebruik vir beskerming indien hul maat wil.
Die ander helfte maak nie gebruik daarvan nie.
Die president van TVET-kolleges, Helen Ntlatleng sê sy was geskok dat 500 van die 800 studente by een van die kolleges positief getoets het vir MIV, maar hulle is blykbaar nie bewus van hul status nie.
Hoër Onderwys en Opleiding Minister, Blade Nzimande, sê die oorwinning oor MIV/Vigs sal ‘n gesamentlike poging verg.
Fedsas het ‘n dringende hofaansoek teen die Gautengse onderwysdepartement gebring wat word Dinsdag aangehoor sal word.
Sekere Afrikaanse skole sal van volgende kwartaal gedwing word deur die Gautengse onderwysdepartement om Engelssprekende kinders vir volgende jaar se skooljaar te aanvaar.
Panyaza Lesufi sê hy wil “rassistiese” Afrikaanse skole skole dwing om Engelssprekende swartes te aanvaar.
Lesufi het in reaksie op die hofaansoek van Fedsas gesê die organisasie wil kinders op grond van ras toegang tot skole weier.
Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van Fedsas, het aan Netwerk24 gesê Lesufi begryp nie die aansoek nie.
“Dit gaan oor wettigheid: As mnr. Lesufi veranderinge by ’n skool wil aanbring, is daar ’n proses wat gevolg moet word. Fedsas sê nie sluit ander kinders uit nie. Trouens, dit gaan nie oor ras nie. Dit gaan oor die bevoegdheid van ’n beheerliggaam oor die besluit van ’n skool se taal- en toelating, en dat daar met beheerliggame gekonsulteer moet word.”
Die konstitusionele hof het reeds in twee hofsake – dié van die Hoërskool Ermelo en die Laerskool Rivonia – beslis dat die bevoegdheid om te besluit oor taal- en toelating by ’n beheerliggaam lê.
Dit blyk dat die meeste skoolkinders in Suid-Afrika steeds nie die mas opkom wanneer dit kom by wiskunde en wetenskap nie.
Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling sê in ‘n verslag dat 90% van leerlinge nie die basiese vaardighede geleer word nie.
Die organisasie sê verder dat slegs sowat 70% van tieners in die land sekondêre skoolonderrig ontvang.
Intussen sê ‘n woordvoerder vir die departement vir basiese onderrig Elijah Mhalanga dat die verslag die departement help om vas te stel wat in die onderrigsektor moet verbeter.
Hy sê om ‘n ideale onderrigsituasie in die land te bereik, moet ouers, leerlinge, onderwysers, skoolbeheerliggame en die privaatsektor almal saamwerk.
Die verslag getiteld World Economic Forum’s Global Information Technology Report 2015 plaas Suid-Afrika laaste wat wiskunde en wetenskap betref.
Die afgelope 20 jaar is reuse bedrae geld aan onderwys gegee om die “foute van die verlede” reg te stel, sonder dat enige vooruitgang klaarblyklik gemaak is.
Die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal word glo die meeste geraak deur die agterstand in infrastruktuur volgens ‘n verslag wat die SAMRK in 2004 vrygestel het.
Onderwysprobleme word tans op infrastruktuuragterstand blameer wat glo ook aan “foute van die verlede” gekoppel word. Volgens de verslag is talle toilette verstop.
Sedertdien het Equal Education en Section 27 begin met litigasie. Die litigasie steun op ‘n beëdigde verklaring van Ursula Hoadley van die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Opvoedkunde navorsing waar sy ‘n skakel tussen die fisiese omgewing, onderrig en leerdoeltreffendheid, asook leeruitkomste as nou verwant stel.
Moedertaalonderrig speel egter ‘n baie groter rol in prestasie, maar pas nie die litigeerders se ideologiese projek om “gelykheid” te bevorder nie.
‘n Kennisgewing van die Gautengse Onderwysdepartement oor die verandering van sommige enkelmedium skole na dubbelmedium, sorg vir groot ongelukkigheid onder Afrikaanssprekendes in Pretoria.
Al die skole wat op die departement se kennisgewinglys verskyn, is Afrikaanse skole.
Die departement is klaarblyklik nie bewus daarvan dat die besluit om ‘n skool se taalbeleid te verander die verantwoordelikheid van ‘n skool se beheerliggaam is en nie dié van die departement nie.
Die departement probeer voorgee dat die tekort aan skole en klaskamers in die provinsie opgelos moet word, maar het onlangs swart ouers berispe wat hul kinders in model C skole wil inskryf terwyl lokasieskole oopstaan.
Die skole wat geteiken word, sluit Afrikaans Hoër Meisieskool, Laerskool Pretoria-Oos, Laerskool Anton van Wouw en Hoërskool Menlopark in.
‘n Blanke onderwyser op Witbank van Reynoparkhoërskool is uitgelok om op ‘n swart ouer oor die telefoon te vloek en haar ‘n “bobbejaan” te noem, waarna die Times-koerant die telefoongesprek woordeliks gepubliseer het, asook die opname op sy YouTube-kanaal geplaas het. Die opname sal verder as “getuienis” teen die onderwyser dien aangesien ‘n klag teen hom by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak is.
‘n Sersant David Ratau van die polisie op Witbank sê dat die Reynoparkhoërskool vir hulle ‘n “kopseer” is. “Dis asof die kinders oorgegee het en glo wat die onderwysers vir hulle vertel, maak nie saak hoe hard ons hulle probeer aanmoedig en hulle anders probeer wysmaak nie,” sê hy.
Hier is die klankopname wat TimesLive op YouTube versprei:
Volgens Busisiwe Mokoena, wat blykbaar die opname met die onderwyser gemaak het, word haar dogter “fisiek, verbaal en emosioneel by die skool geteister”. Negegtig persent van die leerlinge by Reynopark is egter swart, hoewel die skool op ‘n stadium ‘n blanke skool was en steeds oor blanke onderwysers beskik. Daar word ook beweer en gekla dat die onderwysers lyfstraf toepas en leerlinge “uitvreet”.
Mokoena se dogter sê: “Sekere van die onderwysers noem ons name, soos “kaffer”, teef, slet en bobbejaan – dis so min of meer die norm, en dit is verkeerd. Die hoof se vrou het vir my gesê dat ek nutteloos en waardeloos is, en nooit iets in die lewe gaan word nie.”
Sy het verder teenoor die media gesê dat ‘n manlike klasmaat deur die skoolhoof voor die klas “gewurg is” omdat hy die verkeerde kleurbaadjie aangehad het.
Die swart ouers en leerlinge sou gisteroggend ‘n betoging reël om te eis (“demand”) dat die skoolhoof, sy gade en die hoof van graad 9 verwyder word.
‘n Saak van aanranding is ook verlede jaar teen die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, aanhangig gemaak omdat hy na bewering ‘n leerling “geklap” het. Die Witbank-polisie het bevestig dat mnr. Ras verlede jaar in die hof verskyn het, maar die saak teen hom word steeds ondersoek.
Busisiwe Mokoena beskuldig die onderwysdepartement se distriksbestuurder daarvan dat hy die “teistering van leerlinge wegsteek” deur nie op haar griewe van verlede jaar ag te slaan nie.
In ‘n brief aan die onderwysdepartement beskuldig Mokoena die skoolhoof, mnr. Wolla Ras, daarvan dat hy “swart leerlinge beledig en fisiek mishandel”. Die distriksbestuurder het op 26 Mei verlede jaar in ‘n epos ontvangs van dié klagte erken.
‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, mnr. Jasper Zwane, het bevestig dat sy departement van die klagte deur Mokoena bewus is. Volgens hom word die beweringe tans ondersoek.
“Ons verwerp voorvalle waarin ouers nie deur skole met die nodige respek behandel word nie. Ons het ook voorvalle waar ouers nie met skole saamwerk nie,” sê Zwane. “Die verhouding tussen ouers en onderwysers behoort een van samewerking te wees, wat opvoeding bestendig.”
Onderwyskenners in Suid-Afrika sê die matriekuitslae weerspieël die swak besluite deur taakspanne en sogenaamde onderwyskundiges wat deur die ANC en hul handlangers aangestel is.
Uitkomsgerigte onderrig (UGO) het kennelik misluk asook die uitsluiting van meetkunde as deel van wiskunde, sê hulle.
Swart Suid-Afrikaners kan blykbaar nie eerstewêreld-onderrigmetodes en –benaderings baasraak nie, sê prof. Kobus Maree, van die Universiteit van Pretoria.
Die swak prestasie van kandidate in veral wiskunde word toegeskryf aan die feit dat Wiskunde vraestel 3 eers opsioneel was.
Dit het die hoërvlak-vaardighede in die vak getoets, maar tans word dit by die gewone twee wiskunde vraestelle ingesluit wat waarskynlik heeltemal te hoë eise aan leerlinge gestel het.
Swart onderwysers het nie die akademiese agtergrond of die nodige opleiding om sleutelvakke aan te bied nie.
Kenners meen voorts dat die departement geld wil vermors op allerlei tegnologiese foefies, terwyl basiese foute met bywoning, dissipline en tydsbestuur nooit reggestel word nie.
Die kwessie van swart prestasie in die res van die wêreld word egter nooit deur die sogenaamde kenners in ons land aangespreek nie.
Die prestasiegaping tussen swart van wit studente is lank reeds gedokumenteer.
In die VSA word dit ook dikwels as ‘n sosiale kloof voorgehou wat dit uiters ingewikkeld maak vir beleidmakers, aangesien dit weinig met gerief te make het.
Maar ‘n verslag wat fokus op swart mans dui daarop dat die prentjie selfs droewiger is as wat algemeen bekend is.
Slegs 12 persent van swart Graad 4 seuns is vaardig met lees, in vergelyking met 38 persent van wit seuns, en slegs 12 persent van swart Graad8 seuns is vaardig in wiskunde, in vergelyking met 44 persent van wit seuns.
Armoede alleen kan ook nie die verskille verduidelik nie: Arm wit seuns doen net so goed soos die Afro-Amerikaanse seuns wat nie in armoede leef nie, gemeet aan of hulle kwalifiseer vir gesubsidieerde skoolmiddagetes.
Aanranding en seksuele teistering vier hoogty in Suid-Afrikaanse skole en slegs 3% van Gr 9 leerlinge kry 50% vir Wiskunde volgens die Jaarlikse Nasionale Asseseringsverslag, ANA.
Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoedkundiges sê 346 klagtes is sedert April vanjaar teen onderwysers gelê. Die raad het in November vergader.
‘n Woordvoerder van die raad, Thembinkosi Ndlovu sê die meeste klagtes hou verband met seksuele mishandeling en aanranding tussen kollegas.
Hy het bekendgemaak dat daar 270 ondersoeke teen onderwysers gedoen is, en 50 verhore en drie dissiplinêre verhore het plaasgevind, waarna 31 onderwysers onbepaald geskors is.
Dit is nie bekend of dié onderwysers steeds vergoed word nie.
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het skole intussen gewaarsku dat hulle nie leerders se rapporte mag terughou weens wanbetaling nie.
In ‘n verklaring sê die provinsiale minister, Debbie Schafer in vorige jare het sommige skole leerders se uitslae teruggehou indien hul skoolgeld nie betaal is nie.
Schafer sê finansiële redes kan nie aangevoer word om teen leerders te diskrimineer nie.
Sy het ook ‘n beroep op ouers gedoen om alle uitstaande skoolgelde te betaal.
Teen die tyd dat baie Suid-Afrikaanse leerlinge Graad 4 bereik, is hulle funksioneel ongeletterd, hoofsaaklik omdat hulle nie in Graad 1, 2 en 3 leer lees nie, het City Press berig.
Wat nog meer skokkend is, is dat die meeste van hul onderwysers ook nie lees nie.
‘n Unisa-professor Elizabeth Pretorius het in die studie onthul dat daar geen leeswerk hoegenaamd gedurende of na skool plaasgevind het nie.
Verskeie studies het aan die lig gebring dat leerlinge wat Graad4 verwerf, massiewe leertekortkominge het en nie kan lees of basiese probleme rekenkundig kan oplos nie.
“Een van die sterkste bydraende faktore tot die lae vlakke van geletterdheid was die feit dat baie van die onderrig en leer wat in die grondslagfase plaasgevind het, mondeling gebaseer is,” het Pretorius in die studie bevind, wat in die joernaal Perspectives in Education van Mei gepubliseer is .
“Hoewel mondelinge interaksies belangrik vir taal- en geletterdheidsontwikkeling in die vroeë jare blyk te wees, is dit nie gebalanseer deur vroeë geletterdheidspraktyke nie,” lui die verslag.
“Daar is baie gepraat in die klaskamer… maar baie minder gelees en geskryf.”
“Die kinders het baie min blootstelling aan lees en skryf,” het Pretorius gesê.
Dit het beteken dat hulle die voordrag van woorde en sinne herhaal het sonder om dit te verstaan.
“Die gevolge van hierdie onderrigbenadering is rampspoedig vanuit ‘n geletterdheidsperspektief.”
Een van die probleme wat Pretorius opgetel het was dat onderwysers self nie lees nie.
“Navorsing in Atteridgeville, noord van Pretoria, van meer as sewe jaar het bevind dat 70% van die onderwysers daar nie lees nie, ” het Pretorius in die studie aangedui.
Dr Karin Murris, mede-professor by die Universiteit van Kaapstad se Skool van Onderwys, het Pretorius se bevindinge beaam.
Die ANC se plan om die oorblywende staatskole met ‘n meerderheid blanke kinders en wat gewoonlik in Afrikaans bedryf word, te saboteer, het ‘n stap nader gekom toe die minister van basiese onderwys gister gesê het dat die provinsies oor sulke magte beskik.
Volgens Angie Motshekga, die betrokke minister, “het provinsies die mandaat om hul eie provinsies en dus hul eie skole na goeddunke te bestuur, as gevolg van die skeiding van magte”.
Die LUR vir onderwys in Gauteng, die provinsie waarin die meeste Afrikaners en blankes woon, het voorheen verklaar dat hy skole in die voorstede en in die lokasies wil saamsmelt om “beter integrasie” te bewerkstellig.
Die LUR, Panyaza Lesufi, beskik reeds oor ‘n “tegniese span” wat hom gaan adviseer oor hoe beter “maatskaplike kohesie” bereik kan word deur voorstedelike leerlinge en onderwysers te dwing om met lokasieskole te integreer.
Terwyl Suid-Afrika sedert 1994 omtrent alle Amerikaanse metodes van rasse-integrasie toegepas het, is “bussing” of om leerlinge van verskillende rasse met busse aan te ry om saam skool te gaan, nog nie toegepas nie. Dit wil nou voorkom asof die Gautengse LUR vir onderwys tot dié stap sal oorgaan.
Deel van die plan is om die “hulpbronne” van voormalige, Afrikaanstalige model-C-skole, wat gewoonlik deur die ouers onderhou word, nou deur lokasieskole te laat “benut”.
Die Amerikaanse meningsvormer en voormalige redakteur van die Wall Street Journal, Paul Craig Roberts, het onlangs in sy kommentaar oor die krisis in die Oekraïne en die VSA se rol daarin, gesê:
“As ons eerlik is en oor die moed beskik om die werklikheid in die oë te kyk, sal ons besef dat die Sowjetunie nie in duie gestort het nie. Dit het eenvoudig, tesame met Pol Pot, Washington en Londen toe getrek.”
Die vorige minister van onderwys, Kader Asmal, het reeds deur dieselfde metodes van Sowjetagtige sosiogeniëring die Afrikaanse universiteite verengels en ontwrig. Afrikaanse skole gaan blykbaar nou aan dieselfde verengelsing en aftakeling blootgestel word, ter wille van die revolusie.
Blykbaar het sulke planne in die Wes- en Oos-Kaap egter nie so goed gewerk nie en is “baie probleme” met die uitvoering daarvan ondervind, het minister Motshekga gesê.Maar indien Gauteng met sy samesmeltingsplan wil voortgaan, sal die nasionale departement van onderwys egter ‘n “eenheid” daarstel om provinsiale departemente met samesmeltings by te staan.
City Press het gister berig dat daar ‘n “groot wiskundekrisis in die land heers met leerlinge regoor die land wat nie in staat is om 30% op ‘n gestandaardiseerde wiskundetoets te behaal nie”.
Daar is in 2013 ‘n nasionale assesseringstoetse geskryf om te bepaal hoe goed leerlinge kan lees en reken. In graad 9 kry 96% van leerlinge minder as 50% in wiskunde.
Daar is ook ‘n lys van skole gepubliseer wat die swakste gevaar het. Al die skole is Engelstalig en in swart woonbuurte geleë, met die uitsondering van die “Nuwe Hoop Sentrum” op Worcester in die Wes-Kaap waar leerlinge in graad 6 ‘n gemiddeld van 17% in wiskunde aanteken en drie jaar later in graad 9 slegs 3%. Sover praag kon vasstel, is die Nuwe Hoop Sentrum ‘n skool vir hoofsaaklik bruin doofstom kinders
In Gauteng is die “Kwa-Thema Skills School” een van die skole wat die swakste in wiskunde gevaar het. Die graad sesse is gemeet op 10%, terwyl hul ouer eweknieë in dieselfde skool, die graad 9’s, slegs 2% in die toets behaal het. Kwa-Thema is die swart woonbuurt tussen Springs en Brakpan.
Nkandla haal ook die nuus vir wiskunde en optel-en-aftrek, want in Kwazulu-Natal figureer die graad 3’s van die Enhlababo Comprehensive op dié dorpie heel onder in die provinsie met 7%.
Oor die algemeen het “slegte skole” in die wiskunde-assessering “tussen 1% en 5%” behaal. Volgens City Press toon die data wat hulle onder oë gehad het dat 2 411 skole landwyd se graad 9’s tussen 0% en 30% vir wiskunde behaal het. Dieselfde druipsyfer is deur graad 6’e in 429 skole aangeteken terwyl alle graad 3’s in 59 van die laerskole ook minder as 30% gekry het.
Limpopo is blykbaar die provinsie wat die swakste van almal vaar, want in die graad 9-toetse het 96% van alle leerlinge 30% of minder in wiskunde behaal. Ook die Noord-Kaap is nie ‘n provinsie wat wiskunde-PhD’s op groot skaal gaan oplewer nie, want 92% van leerlinge het insgelyks minder as 30% ontvang. Mpumalanga is net ‘n kortkop agter die Noord-Kaap met 91% wat onder 30% “presteer”.
Die onderwysdepartement blameer die swak wiskundepunte op “leerlinge wat toetse in Engels aflê terwyl die terme wat hul onderwysers in die klas gebruik anders is”.
Volgens Servaas van den Berg, ‘n ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch, “vaar skole in Limpopo besonder swak volgens sekere standaarde.”
“Ons sien dit nie altyd in die matriekuitslae nie, want baie kinders verlaat die stelsel lank voordat hulle by matriek uitkom. Dis ‘n baie arm provinsie wat histories nie goeie opvoedingsvlakke gehad het nie.”