Fedsas het ‘n dringende hofaansoek teen die Gautengse onderwysdepartement gebring wat word Dinsdag aangehoor sal word.
Sekere Afrikaanse skole sal van volgende kwartaal gedwing word deur die Gautengse onderwysdepartement om Engelssprekende kinders vir volgende jaar se skooljaar te aanvaar.
Panyaza Lesufi sê hy wil “rassistiese” Afrikaanse skole skole dwing om Engelssprekende swartes te aanvaar.
Lesufi het in reaksie op die hofaansoek van Fedsas gesê die organisasie wil kinders op grond van ras toegang tot skole weier.
Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van Fedsas, het aan Netwerk24 gesê Lesufi begryp nie die aansoek nie.
“Dit gaan oor wettigheid: As mnr. Lesufi veranderinge by ’n skool wil aanbring, is daar ’n proses wat gevolg moet word. Fedsas sê nie sluit ander kinders uit nie. Trouens, dit gaan nie oor ras nie. Dit gaan oor die bevoegdheid van ’n beheerliggaam oor die besluit van ’n skool se taal- en toelating, en dat daar met beheerliggame gekonsulteer moet word.”
Die konstitusionele hof het reeds in twee hofsake – dié van die Hoërskool Ermelo en die Laerskool Rivonia – beslis dat die bevoegdheid om te besluit oor taal- en toelating by ’n beheerliggaam lê.

Maklik..sê net dat daar eenvoudig geen plek vir nuwe studente is nie.
En wat van OGOD se vervolging van wit Afrikaanse Christen skole? Is dit maar OK en onbelangrik?
Het oom Thys al sy OGOD kader opdrag gegee om die vendetta te staak?
Mense gaan beswaard wees, maar dit gaan gebeur. Oor 2 jaar is daar byna geen 1-talig afrikaanse skool meer. Feit.
AL die skole gaan eentalig wees – engels.