Charlize lê ‘n windeier oor ‘diskriminasie’

Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron het ‘n windeier gelê oor “diskriminasie”.

Sy blameer “voortgesette diskriminasie” daarvoor dat die mensdom nog nie die MIV/Vigs-epidemie opgelos het nie.

In ‘n tirade wat klink asof ‘n farmaseutiese maatskappy haar betaal het om te kyf oor swak verkope, het die poppie van Benoni gewys sy is nie net ‘n mooi gesiggie nie, maar dom ook.

“Ons ag sommige lewens hoër as ander. Ons ag heteroseksuele lewens hoër as gay lewe. Ons heg meer waarde aan mans as aan vroue. Wit velle meer as swart mense. Volwassenes meer as tieners. Vigs diskrimineer nie op sy eie nie.”

Theron, wat gepraat het by die openingseremonie van die 21ste Wêreldvigskonferensie in Durban het gisteraand gesê dat tensy vooroordele oorkom word, sal daar geen oplossing wees om die siekte die hoof te bied nie.

Sy het klaarblyklik nog nie ingesien dat mense in ander lande, hoofsaaklik gay wit mans, hul gedrag aangepas het by die uitdaging nie en dat Afrika weier om dieselfde te doen ten spyte van miljarde wat al aan voorkomingsprogramme bestee is.

Theron, die ma van twee swart aangenome skepsels, het die blaam wat die slagoffers in Suid-Afrika toekom, op wittes gepak. Sy het gesê dat die siekte nie weens onbeskermde seks voorkom nie, maar as gevolg van “vooroordele”.

Dié mening is ‘n nuwe blik op die mediese wetenskap wat toordoktery in die skadu stel. Indien waar, sal dit die eerste keer in die geskiedenis wees dat “vooroordele” ‘n reeds gediagnoseerde siekte veroorsaak.

Sy het gesê die oplossing vir die epidemie lê nie net in laboratoriums nie, maar ook in gemeenskappe wat deur die siekte geraak word.

Sy het gesê dat sy hoop die volgende Wêreldvigskonferensie sal die laaste wees en dat die siekte oorwin kan word.

Foto’s van haar oudste balhorige swart seun het Charlize se poging om haarself as ‘n lieftallige moeder voor te hou onlangs effens bederf.

Sy het die ongehoorsame klonkie hardhandig aan die arm gesleep en in die motor geboender, kennelik onder die indruk dat sy die kameras ontwyk het (Sien foto’s hierbo).

Dit wil voorkom asof Charlize reeds slaag in haar poging om nog ‘n BlackLivesMatter-aktivis groot te maak.

Swart studente weet nie van Vigs

Wat is MIV/Vigs? Swart studente en personeel in hoër onderwysinstellings beweer hulle weet nie van die virus nie.

Hierdie openbaring blyk uit ‘n studie oor MIV/TB gedrag. Die bevindings is voorgelê by die Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban.

Sewe en twintig persent van die studente en 10 persent van die personeel by Tegniese, Beroepsopleiding, Onderwys en Opleiding (TVET) kolleges in die land het gesê hulle het nog nooit gehoor van die siekte nie.

Sommige van die ander bevindinge toon ‘n roekelose benadering tot die gebruik van kondome, met byna die helfte van die studente wat aangedui het dat hulle dit alleen sal gebruik vir beskerming indien hul maat wil.

Die ander helfte maak nie gebruik daarvan nie.

Die president van TVET-kolleges, Helen Ntlatleng sê sy was geskok dat 500 van die 800 studente by een van die kolleges positief getoets het vir MIV, maar hulle is blykbaar nie bewus van hul status nie.

Hoër Onderwys en Opleiding Minister, Blade Nzimande, sê die oorwinning oor MIV/Vigs sal ‘n gesamentlike poging verg.

Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou

Die sewende Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie het in Durban geopen met hernude beroepe vir vennootskappe in die stryd teen MIV/Vigs, het RSG berig.

Wetenskaplikes, aktiviste en regeringsverteenwoordigers vergader die week om Vigs in Suid-Afrika te bespreek, en om strategië vir die toekoms te bepaal.

Suid-Afrika huisves sowat 18 persent van die wêreld se MIV-positiewe bevolking.

Die voorsitter van die konferensie, Nono Simelela sê hoewel baie vordering gemaak is, is daar steeds reuse uitdagings.

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad, adjunk-president Cyril Ramaphosa sê intussen Suid-Afrika vorder in die stryd teen Vigs.

Hy het verwys na die regering se veldtog waartydens 20 miljoen mense Vigstoetse in 20 maande ondergaan het, en die gemiddelde lewensverwagting wat van 53 jaar in 2006 na 62,2 jaar in 2013 gestyg het.

SA spog steeds met hoogste MIV-infeksies

Suid-Afrika het steeds die hoogste voorkoms van MIV-infeksies ter wêreld.

Dit is volgens die mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad, Steve Letsike. Letsike het by UNISA in Pretoria gesê daar is sowat 6,4 miljoen mense in die land wat met MIV lewe.

Hy sê om die teiken van zero infeksies te bereik sal ‘n groot poging verg.

Miljarde rande is oor dekades reeds aan voorkoming en navorsing bestee, sonder om die siekte uit te skakel.

‘n Nasionale studie oor studentegedrag in terme van seks en MIV is tydens die geleentheid bekendgestel.

In Uganda en Nigerië is die voorkoms van nuwe gevalle ewe hoog wat van UNAIDS se teiken van zero nuwe infeksies teen die einde van 2015, ‘n hersenskim maak.

Jongste ramings deur Uganda se Vigskommissie (UAC) toon dat 380 nuwe infeksies daagliks voorkom. Dit impliseer jaarliks 138700 nuwe infeksies bykomend tot die 1,6 miljoen mense wat reeds met MIV leef.

Thabo Mbeki, die vorige president, is verguis as ‘n Vigsontkenner omdat hy nie anti-retrovirale medisyne op staatsonkoste wou verskaf nie, en daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die hoë sterftesyfer.

Die beskikbaarheid van die medikasie het intussen niks aan die prentjie verander nie.

Cyril en TAC tel die VIGS-strydbyl op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê die land het wegbeweeg van die ontkenning van VIGS.

Ramaphosa sê groot vordering in die stryd teen die pandemie gemaak.

Hy het gepraat by die bekendstelling van die 21ste internasionale VIGS-konferensie, wat na 16 jaar weer in Julie 2016 in Suid-Afrika gehou word.

Ramaphosa sê hoewel daar aanvanklik ontkenning en ‘n gebrek aan deursigtighed was, is aansienlike vordering gemaak.

Hy het ook gesê die stryd is egter nog nie ten volle gewen nie.

Die nie-regeringsorganisasie, The Treatment Action Campaign het intussen sy misnoeë oor van die viering van Wêreld Vigsdag uitgespreek.

Die groep sê die viering is ‘n belediging vir mense wat die virus onderlede het.

Wêreld Vigsdag word jaarliks op 1 Desember gevier.

Die organisasie meen Suid-Afrika het niks om te vier nie, aangesien die land met die meeste MIV-positiewe mense ter wêreld spog.

Die TAC sê miljoene rande word vermors om die dag te gedenk, terwyl een uit elke vyf klinieke in die land sukkel om genoeg mediese voorraad aan te hou.

WGO: MIV buite beheer onder gays

MIV onder gay mans wêreldwyd is buite beheer sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Die WGO het aanbeveel dat selfs gesonde seksueel aktiewe gay mans ook antiretrovirale behandeling behoort te neem.

“Die epidemie het gewoon ontplof,” het Gottfried Hirnschall, hoof van die WGO se MIV-departement, Vrydag in Genève, Switserland gesê.

Volgens hom kan antiretrovirale medikasie sowel as kondome die kans om MIV op te doen met tot 25% verminder. Dit kan uiteindelik keer dat ‘n miljoen gay mans oor die volgende 10 jaar MIV/Vigs opdoen.

‘n Jonger generasie glo antiretrovirale medikasie kan hulle aan die lewe hou as hulle besmet raak en daarom raak hulle roekeloos, sê Hirnschall.

Hul kans om MIV op te doen is tans 19 keer groter as in 1980 toe daar geen toegang tot gevorderde navorsing oor die virus en antiretrovirale medikasie was nie.

Malaria-sterftes klop MIV/Vigs

malariaKundiges op die gebied van malaria sê die sterftes weens dié siekte is besig om toe te neem en skryf dit toe aan die weerstand wat muskiete teen insekdoders opgebou het. 

Hulle het gepraat by die sesde Pan-Afrika multilaterale inisiatief oor malaria wat in Durban gehou word.

Professor Hillary Ranson van die Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne sê muskiete bou regdeur die vasteland weerstand op teen insekdoders. 

Ranson verwag dat die aantal sterftes van 639 000 per jaar tot 644 000 per jaar gaan toeneem. 

Malaria bly ‘n groter gevaar in Afrika as MIV/Vigs. – RSG

Zuma en kabinet wil toets vir Vigs

Themba Maseko, hoofregeringswoordvoerder, het Donderdag gesê die regering beplan om 15 miljoen Suid-Afrikaners teen Junie aanstaande jaar vir MIV/vigs te toets.

Jacob Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe en die hele kabinet sal hulleself ook vir dié virus laat toets.

Slegs sowat 2 miljoen mense per jaar word tans getoets.

Dié aankondiging kom nadat die regering te kenne gegee het dat hulle nie jaar na jaar sal kan volhou om die begroting vir teenvigsmiddels te verhoog nie.

Volgens dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sal daat voortaan baie groter klem op voorkomingsprogramme gelê word.

Die veldtog wat op 15 April in Gauteng afskop, sal fokus op inligting, onderrig, die beskikbaarheid van kondome asook die MIV/Vigs-status van alle Suid-Afrikaners.

instagramлобановский александр компромат