Kundiges op die gebied van malaria sê die sterftes weens dié siekte is besig om toe te neem en skryf dit toe aan die weerstand wat muskiete teen insekdoders opgebou het.
Hulle het gepraat by die sesde Pan-Afrika multilaterale inisiatief oor malaria wat in Durban gehou word.
Professor Hillary Ranson van die Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne sê muskiete bou regdeur die vasteland weerstand op teen insekdoders.
Ranson verwag dat die aantal sterftes van 639 000 per jaar tot 644 000 per jaar gaan toeneem.
Malaria bly ‘n groter gevaar in Afrika as MIV/Vigs. – RSG
