VF+ vra dat Aarto dadelik afgeskaf word

Dit is nou duidelik dat Aarto ‘n mislukking is en niks minder is nie as ‘n peperduur Wit Olifant en die Vryheidsfront Plus versoek opnuut dat dit afgeskaf word om verdere onnodige vermorsing van geld te vermy, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer. Die VF Plus het ‘n parlementêre

Lees verder: VF+ vra dat Aarto dadelik afgeskaf word

SA-skerpskutters maai onder rebelle

Suid-Afrikaanse skerpskutters wat deur die Verenigde Nasies in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, het ses M23-rebelle doodgeskiet. “Skerpskutters het teikens op minstens ses geleenthede raakgeskiet,” het adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesê. “In een geval was die teiken 2,2 km weg.”  Brig. genl. Xolani Mabanga,

Lees verder: SA-skerpskutters maai onder rebelle

Bibberweer vir Gauteng die naweek

Gauteng  kan die naweek snerpende koue verwag. Saterdag, die laaste amptelike wintersdag voor lente aanbreek, gaan ‘n behoorlike wintersdag wees en Sondag, wat lentedag is, gaan dit oor groot dele van die land steeds bitter koud wees. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê ’n bielie van kouefront wat die laaste twee dae swaar reëns in

Lees verder: Bibberweer vir Gauteng die naweek

Petrolprysskok vir Oktober verwag

Die verswakkende rand en die stygende olieprys het gelei tot baie bespiegelings dat die Suid-Afrikaanse motoris ‘n massiewe brandstofprysstyging in die gesig staar. Die ekonoom Mike Schüssler sê die toename in September sal ‘n paar sent wees, maar het gewaarsku dat ‘n massiewe toename vir Oktober te wagte is. “Dit is baie donker op die

Lees verder: Petrolprysskok vir Oktober verwag

SA vra dat VN tyd gegun word met Sirië

Die Suid-Afrikaanse regering sê die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs moet meer tyd gegun word om hulle ondersoek na bewerings dat chemiese wapens in Sirië gebruik is, te voltooi. Die regering sê hy is bekommerd oor wat hy noem die gevaarlike retoriek deur Westerse regerings soos Amerika en Brittanje oor die moontlikheid van militêre ingryping in

Lees verder: SA vra dat VN tyd gegun word met Sirië

Beeld kry nuwe redakteur

Die assistant-redakteur van City Press, Adriaan Basson, is as die nuwe redakteur van Beeld aangestel, het Sapa Woensdag berig. “Ek is baie opgewonde om by Beeld aan te sluit. Die koerante is ‘n bedryf wat deur reuse-uitdagings in die gesig gestaar word wat betref die sakemodel,” het Basson gesê. “Ongeag in watter taal jy skryf,

Lees verder: Beeld kry nuwe redakteur

Duisende vlug na SAR-hoofstad se lughawe-aanloopbane

Die Sentraal-Afrika president moes Woensdag krygshere van sy voormalige rebellie dreig om hul gebiede in die hoofstad Bangui te ontruim om weerspannige gewapende groepe te onderdruk . In een van die grootste pogings nog om orde te herstel na Maart se staatsgreep kom ‘n dag nadat die Franse president François Hollande gesê het dringende optrede

Lees verder: Duisende vlug na SAR-hoofstad se lughawe-aanloopbane

SANDF maak berigte van sterftes af as propaganda

Die Suid-Afrikaanse weermag sê geen Suid-Afrikaanse soldate is dood in gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo nie. ‘n Woordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga het berigte dat Suid-Afrikaanse soldate dood is, as propaganda afgemaak. Mabangu sê die weermag sal binnekort ‘n mediakonferensie hou om die publiek op datum te bring met Suid-Afrika se deelname aan

Lees verder: SANDF maak berigte van sterftes af as propaganda

Verkragte baba bestendig

Die vier maande oue baba wat vroeër vandeesmaand in Ceres verkrag is, is steeds in die Rooikruis-kinderhospitaal en dokters weet nie wanneer sy ontslaan sal word nie. Die baba en ‘n sewejarige seun is uit ‘n huis ontvoer en verkrag. Sedertdien is ‘n 25-jarige plaaswerker in hegtenis geneem en hy het verlede week vir die

Lees verder: Verkragte baba bestendig

Dodelike aanvalle eis 80 lewens in Irak

‘n Aantal gekoördineerde bomontploffings in die Irakkese hoofstad, Bagdad, het die lewe van minstens 80 mense geëis en duisende mense beseer. Die ontploffings wat tydens spitsverkeer plaasgevind het, het glo Sjia-woonbuurte geteiken. In die noordelike omgewing van Kadhimiyah, die tuiste van ‘n prominente, goudkoepel Sjia–heiligdom, is die ergste getref. Twee bomme het afgegaan in ‘n parkeerterrein, gevolg

Lees verder: Dodelike aanvalle eis 80 lewens in Irak