Dodelike aanvalle eis 80 lewens in Irak

bagdad‘n Aantal gekoördineerde bomontploffings in die Irakkese hoofstad, Bagdad, het die lewe van minstens 80 mense geëis en duisende mense beseer.

Die ontploffings wat tydens spitsverkeer plaasgevind het, het glo Sjia-woonbuurte geteiken. In die noordelike omgewing van Kadhimiyah, die tuiste van ‘n prominente, goudkoepel Sjia–heiligdom, is die ergste getref.

Twee bomme het afgegaan in ‘n parkeerterrein, gevolg deur ‘n selfmoordbommotor wat toeskouers wat op die toneel saamgedrom het, geteiken het. Polisie het gesê 10 mense is dood en 27 gewond in die aanval.

In nog ‘n ontploffing, Dinsdag, is sewe mense in die suidooste van Bagdad dood.

Geweld het in onlangse maande weer in Irak opgevlam te midde van verhoogde spanning tussen Soenni- en Sjia-Moslems.

Sover vanjaar het geweld die lewe van meer as 4 000 burgerlikes geëis; nog bykans 1 000 is beseer.

3 thoughts on “Dodelike aanvalle eis 80 lewens in Irak”

  1. Due CIA analiste het presies geweet wat gaan gebeur as Amerika die enigste diktator wat die ou spulletjie in relatiewe vrede bymekaar kan hou, gaan verwyder.
    Die land gaan homself reduseer totdat Amerika weer as “vredemaker” en “probleemoplosser” die kritieke olievelde kan begin beheer.

Maak 'n opvolg-bydrae