Die snerpende koue in die Wes-Kaap het sy eerste lewe geëis.
Paramedici van ER24 sê hulle het Dinsdag van ‘n ongeluk in Kuilsrivier teruggekeer toe die polisie die beamptes versoek het om stil te hou.
Polisiebeamptes het op twee mans afgekom wat bewegingloos in ysige toestande onder kartonhouers gelê het.
Een van hulle het reeds verkluim.
Die tweede man was in ‘n kritieke toestand en is in die Tygerberg-hospitaal opgeneem, waar hy nog herstel.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die kouefront sal die Wes-Kaap tot Vrydag teister en die reënweer sal tot Saterdag voortduur.
Twee hoofpaaie in die Kaapse Metro en Bolandstreek is gesluit weens swaar reën die afgelope 24uur.
‘n Woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer sê die pas tussen Franschhoek en Villiersdorp is gisteraand gesluit na ‘n modder- en rotsstorting.
Verkeer van Franschhoek na Villiersdorp word herlei na die N2.
Chapmans Peak rylaan tussen Houtbaai en Noordhoek ook gesluit na ‘n modderstorting. Albei paaie sal gesluit bly tot verdere kennisgewing. – Sapa

Armoede is die direkte oorsaak en wat maak dit saak as mense nie eers ‘n kombers het nie, solank die regering van die dag, en hulle kaders, miljoene kan verduister is die saak reg en die kind se naam Wit Willem. Die res kan maar vrek. “So what”
Seg Net, ek kon nog nie een aand sedert die winter begin het, sonder my elektriese kombers slaap nie … erg om so aan wind en weer uitgelewer te wees. Tel my seëninge daagliks.
Ons Transvalers moet nie die wintersklere al wegpak nie. Ek hoor ons gaan bibber hierdie naweek.
TRANSVALERS ! NOU PRAAT JY !
Ja Willy jy maak my lekker bitterbek van verlange na die Transvaal met sy pragtige bome en diep rooi vrugbare aarde – nerens ander kry jy sulke mooi tuine as in die Transvaal nie. Die Kaap het mos nie eintlik inheemse bome nie al wat nog hier is is die Melkhout bome wat so hier en daar
staan en in hulle blomtyd vliee en brommers lok – nie bye nie – en deur die
staat beskerm word so jy moet maar hulle “geur” verlief neem. Ek verlang na die Transvaal en sy pragtige doringbome en swart en wit Kareebome en sy meelewende mense.
Môresê Riempies. Sjoe die Kaap het vir my sy eie bekoring soos ek gister vir Leana en sy vir my geskryf het. Maar ja, so het ons ‘n baie mooi land en ons besef dit en ons wil en gaan dit beskerm met alles wat ons het. Ek weet dit want, as ek die kommentare hier op Praag lees bewys dit.
Dis vir my ‘n riem onder die hart.
Askies vir die laat goeie more aan jou 😉
Jy is reg die WesKaap het sy eie bekoring met sy prag berge en valeie -sy wuiwende koringlande en canola lande en sy helmelsblou skoon lug – dit is ongelooflik skoon en ongeskonde met outydse sjarme in elke klein dorpie asof die tyd stil gestaan het daar.
Hier waar ek woon op n kusdorpie leef ons n kantonlewe met die skoonste Spar OK en winkels strate omgewing wat ons met n onuitgesproke jaloesie koester. n deeltjie van my hart egter sal altyd ononderhandelbaar aan die Transvaal behoort soos ek hom geken het baie jare terug voor…………
Geen probleem Riempies. Jy bly voorwaar naby aan die Hemel. Ek sal dit ook met jaloesie koester. Geniet jou stukkie hemel, jy is so bevoorreg.
..o bring my terug na die ou Transvaal, daar waar my Sarie woon…. wha ha haha Riempies dai plek van jou is op die stadium beter as hierbo
Eric dit is waar wat jy se dit is baie veilig en dit is totaal n ander lewe as wat tans in die Transvaal ervaar word maar in n mens se kop kan jy mos die prentjie uithaal van toe dit mos nog skoon en mooi was 🙂 en my aftree huis is nog so 4 weke weg van voltooing af om my utopia te voltooi.
MAAR n stukkie van my hart sal altyd in die Transvaal bly!