praag.co.za

Tag: babaverkragting

  • Matriekdramaleerlinge se punte aangepas na walglike vraag

    Matriekdramaleerlinge se punte aangepas na walglike vraag

    umalusiDie vraag wat gehandel het oor babaverkragting in die dramatiese kunste se matriekeindeksamen was in swak smaak, het Sizwe Mabizela, Umalusi Raad se voorsitter, toegegee.

    “Namens Umalusi , wil ons ons volle en onomwonde verskoning aanbied aan die land vir die feit dat so ‘n vraag sy weg in die vraestel kon vind,” het hy aan verslaggewers gesê in Pretoria .

    Die sewe punte van die vraag is van die totale punt vir die vraestel afgetrek.

    In November het Umalusi in ‘n verklaring gesê dramaleerlinge wat aanstoot geneem het, was “onvoorbereid”, maar sedertdien van deuntjie verander.

    Leerlinge, onderwysers en ouers was erg ontstel deur ‘n vraag wat gevra het dat leerlinge die verkragting van ‘n baba dramaties moes skets, met behulp van ‘n brood en ‘n besemstok.

    Die eksamenvraag is gebaseer op Lara Foot Newton se toneelstuk Tshepang, wat gebaseer is op werklike gebeure.

    Maandag het Umalusi aangekondig dat die vrystelling van 2013 se nasionale matriekuitslae goedgekeur is.

    Op 7 Januarie individuele sal die uitslae by skole en in die gedrukte en aanlynmedia beskikbaar wees.

    Die departement het gesê sy 35 000 nasieners by 118 nasiensentrums het op 15 Desember hul taak voltooi.

    ‘n Totaal van 57 690 voltydse en 130 646 deeltydse kandidate het die eksamen in 6 699 sentrums afgelê.

     

  • Veldtog teen verkragting, geweld op wittes gerig

    Veldtog teen verkragting, geweld op wittes gerig

    rapesaDie veldtog teen verkragting en geweld wat tans loop, toon wit daders en wit slagoffers.

    Die minister vir Vroue, Kinders en mense met gestremdhede, Lulu Xingwana, het intussen uitgevaar teen die 24-jarige man wat na bewering ‘n baba verkrag het.

    Die swart man is in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

    Xingwana het gevra dat hy die swaarste moontlike straf opgelê word.

    President Jacob Zuma het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om hulle noue samewerking aan die polisie te gee om geweldsmisdade te staak, ná die gruverkragting van die sesweke oue baba.

    Die baba is vermoedelik deur ‘n familielid, in Galeshewe naby Kimberley uit ‘n kamer gegryp en verkrag. Die slagoffer is tans in ‘n hoësorgeenheid in ‘n hospitaal in Kimberley.

    Zuma het die misdaad as ontstellend bestempel omdat dit plaasgevind het tydens die 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders.

    Die bemarkingsmateriaal vir die veldtog beeld egter wit verkragters en geweldenaars en wit slagoffers uit. Dit is nie bekend wie die veldtog beplan of ontwerp het of hoeveel dit gekos het nie.

    Zuma het gesê die gemeenskap moet meer bewus gemaak word van sulke misdrywe sodat die oortreders aan die kaak gestel kan word en dié ernstige vergrype hokgeslaan kan word.

    Die kans dat die veldtog enige invloed sal hê, is egter gering, aangesien dit nie op die teikenmark gerig is nie. Die verkragters en geweldenaars is in die meeste gevalle swart het vorige navorsing reeds getoon.

    Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Vrydag gesê die regstelsel moet mense onderrig oor die prosedures veral wat betref die toestaan van borgtog aan beweerde oortreders.

    Hy het in Kimberley gepraat tydens die bekendstelling van die Noord-Kaapse Provinsiale Doeltreffendheidskomitee.

    Mogoeng sê mense het die opvatting dat die regstelsel nie simpatiek is nie, omdat verdagtes in gevalle van moord en verkragting borgtog kry.

  • Baba van ses weke verkrag

    Baba van ses weke verkrag

    rape8‘n Ses-weke oue baba is in ‘n hoë-sorgeenheid opgeneem nadat sy verkrag is.

    ‘n Polisiewoordvoerder, Marriam Mochologi sê die saak word nog ondersoek.

    ‘n Vier-en-twintig-jarige swart man, na bewering die oom van die kind, verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op Galeshewe buite Kimberley in die Noord-Kaap.

    Die ongetroude moeder het die kind in die slaapkamer neergesit en gaan televisie kyk saam met die ouma.

    Die baba is glo deur die venster gesteel en verkrag.

    Die man wat aangehou word in verband met die verkragting van ‘n baba, is twee weke gelede glo deur deur die polisie geskiet.

    Dié jongste verkragting kom te midde van ‘n veldtog van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, wat tot die 10e Desember voortduur.

    Die nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega sal die baba besoek en ‘n bidsessie hou.

  • Tese, Antitese, Sintese

    Tese, Antitese, Sintese

    hegelDeur Joseph Secreve.

    As daar een resep is wat agter die skerms gebruik word om die Weste ten val te bring, dan is dit die dialektiese prosesmodel wat destyds deur die filosoof Hegel beskryf was.

    Hierdie model kom kortliks daarop neer dat sodra daar sprake is van twee teenoorgestelde kragte, hulle mekaar sal oplos om ‘n nuwe samewerkingsverband te skep. Marx en sy volgelinge het so ver gegaan as om hierdie proses as die vernaamste in die geskiedenis te beskou, en belangrike marxistiese denkers pas hierdie model nog gereeld toe in die allerdaagse lewe.

    Hierdie benadering het beslis meriete as ons onsself wil verweer teen die immer nader kruipende hoogwater van kulturele marxisme. Soos ek in ‘n vorige rubriek genoem het oor Koos Bekker se kapitaal, is daar ook sprake van ‘n tese (die rykstes word ryker), ‘n antitese (die gewone mens dreig om opstandig te word) en ‘n sintese (die allerrykstes gun die gepeupel meer inspraak, maar op ‘n manier wat nie die belange van die rykstes in gevaar sal stel nie). Laasgenoemde sintese heet kommunisme.

    Dit is wat gebeur sodra ons hierdie benadering toepas op ekonomiese stelsels.

    Dit word egter net so gereeld toegepas op kulturele stelsels. ‘n Bekende voorbeeld wat menige voorgraadse sielkundestudent sal herken is die voorbeeld van Heinz, soos beskryf deur die ontwikkelingspsigoloog Lawrence Kohlberg.

    Heinz se vrou ly aan ‘n seldsame kanker. Daar is egter ‘n middel in die plaaslike apteek wat moontlik haar lewe kan red. Heinz het helaas geen geld nie, en het fondsinsamelings gehou. Desondanks het hy nie genoeg geld vir die medisyne nie, en het die apteker gevra of hy nie later die res van die bedrag kan inbetaal nie, maar die apteker weier.

    Nou is die vraag: Is Heinz geregverdig om in te breek en die medisyne te steel?

    Hierdie voorbeeld is nogal ‘n taai etiese dilemma, en ‘n mens is maklik geneig om Heinz se kant te kies. Die sintese sou lui dat dit onder sommige omstandighede geregverdig is om te steel.

    Dit was egter in 1932.

    Die blootstelling sedert die sestiger jare aan kulturele marxisme het ondertussen baie sukses behaal om ons kernwaardes te verwater. Die narratief wat gebruik word is om “inklusief” te dink, en om elke keer bietjie by bietjie die grense van toleransie op te skuif van wat ons mag doen en nie mag doen nie. Stel u voor – in die voorbeeld van Heinz – wat sou gebeur as elkeen besluit hulle het die reg om medisyne te steel? Binne ‘n ommesientjie sou die gesondheidsindustrie in duie stort en dan kan niemand meer gehelp word nie. So word die resep vir ‘n rampokkerstaat voorberei, want slegs die magtigste skurke baat by hierdie anargisme.

    Dieselfde verwatering van ons tradisionele kernwaardes vind elke dag plaas, en waar beter om te begin as in ons skole? In die Verenigde State byvoorbeeld word voorligtingprogramme aangebied wat veronderstel is om mense weerbaar te maak teen bepaalde soort gedrag, maar is heimlik besig om mense juis te desensiteer daarteen. Daar is programme soos “Drugs Education, Bullying Education, Sex Education, Death Education” en nog ‘n rits ander. Leerlinge word dus blootgestel aan hierdie programme sogenaamd om hulle vir die gevare daarvan te waarsku, maar bring hulle stilletjies in die verleiding om hulself aan hierdie gedrag skuldig te maak. ‘n Uitgesproke fluitjieblaser oor die gevare van hierdie “Education” programme is ‘n sekere mevrou Charlotte Iserbyt, wie se bydraes gereeld op youtube en infowars.com verskyn.

    En hierdie voorligtingprogramme het al “vrugte” afgewerp. Baie wrange vrugte.

    Iewers – ek dink op ‘n youtube-onderhoud met infowars – vertel ‘n ooggetuie hoe sy die oggend van die tragiese Columbine skietery in 1999 verby ‘n leerling geloop het wat besig was in sy motor se kattebak rond te grawe. Die kattebak was vol outomatiese karabyne, haelgewere en ammunisie gestop! Sy het egter gedink dat dit deel uitgemaak het van een van die Education programme en het daarom nie die aankomende gevaar sien aankom nie.

    Die Braziliaanse kommunis en opvoeder dr. Paolo Freire het selfs in ‘n soortgelyke trant klein kinders geleer om te tel deur gebruik te maak van handgranate en ammunisie! Stel u voor: “Ek het twee handgranate en my kameraad Piet het drie. Hoeveel handgranate het ons saam?”

    In ‘n ander voorbeeld genaamd “Death Education” word van leerlinge verwag dat hulle hul eie doodsberig moet skryf. Sommige leerlinge moet maak asof hulle dood is en in ‘n namaakkis lê. Egter, aangesien nie almal se stoflike oorskotte waardig lyk nie, moet sommige “vermink” in die kis lê. Inderdaad het dit gelei tot leerlinge wat nagmerries en emosionele probleme daarvan oorgehou het.

    Ek vermoed dat ons dieselfde kan sê van sommige programme op M-TV, waar regte-lewe sepies gemaak word oor tienermoeders, sogenaamd om te waarsku oor die gevare daarvan, maar in feite hierdie as ‘n alternatiewe lewensstyl voorhou om kinders die indruk te wek dat dit “nie so erg is nie” en dat hul lewens “normaal” is, of normaal word met verloop van tyd.

    En dit bring ons na die nuwe gruwel wat ons tot groot afsku gesien het in Suid-Afrika se matriekeindeksamenvraestel oor die simboliese verkragting van ‘n baba. Dit is dieselfde logika wat daaragter sit. Veral die eksamenvrae daaromtrent word koel en klinies oorgedra wat verder help met die desensitasie daarvan, en om hierdie soort gedrag as “redelik normaal” voor te hou. Daardie dissosiasie sien ons ook in allerlei nare proefdiereksperimente waar mense of diere as “subjekte” gesien word. Soos die dramadosent stel, handel die stuk nie oor verkragting nie, maar oor tegniek, en hoe om die verkragting op ‘n nie-realistiese wyse oor te dra sonder om die gruwelike aard daarvan te verminder.

    Wat probeer hierdie dosent aan ons sê? Dat daar ‘n sekere estetika aan hierdie daad is? Is die “nie-realistiese” vertolking ‘n lokroep vir gekke en dwase om dieselfde te doen? Ons sien mos gereeld op tv hoe mense geskiet word sonder dat daar ‘n druppel bloed vloei. Die misdaad lyk met ander woorde “netjies” en is “nie-realisties”, hoewel die minder gruwelik nie. Wil hierdie dramadosent nou op soortgelyke wyse babaverkragting as iets netjies vertolk?

    Natuurlik word die sogenaamde “oorsake” van hierdie gedrag verklaar in terme van armoede, isolasie en ‘n gebrek aan toekomsperspektief, met ander woorde dit is op een of ander manier die skuld van die vorige regering of so iets. Die rol wat die toordokters speel om barbare oor te haal tot sulke dade word nie genoem nie, terwyl die dramadosent help om hierdie barbaarsheid te fasiliteer.

    Dit is belangrik om te besef dat hierdie afwatering doelbewus geskep word om mense van hul kernwaardes te vervreem. Dit is eers wanneer ons terugkyk na ons verlede en die mediakultuur van destyds dat ons die verskil kan sien. Ons marxistiese intellektuele probeer voortdurend verklarings in terme van deprivasie te vind om slegte gedrag te regverdig, terwyl die afwatering van kernbeginsels die eintlike boosdoener is.

    Voormalige kommunistiese wêrelddele soos die voormalige Oos-Europa sal nog die komende generasies onder ’n wolk van trauma leef wat kommunisme veroorsaak het. Sommige analiste meen dat Frankryk nog nie herstel het van die Franse Rewolusie nie, te beoordeel aan die manier waarop geloof geminag word aldaar.

    Dit is tyd dat hierdie gruwel wat goedgepraat word blootgestel moet word vir wat dit is, naamlik ’n gruwel en ’n ondergang van beskaafde norme.

    Kom ons kyk of ons hierdie tendens kan omkeer.

  • Verkragte baba bestendig

    Verkragte baba bestendig

    rooikruishospDie vier maande oue baba wat vroeër vandeesmaand in Ceres verkrag is, is steeds in die Rooikruis-kinderhospitaal en dokters weet nie wanneer sy ontslaan sal word nie.

    Die baba en ‘n sewejarige seun is uit ‘n huis ontvoer en verkrag. Sedertdien is ‘n 25-jarige plaaswerker in hegtenis geneem en hy het verlede week vir die tweede keer in die Ceres-landdroshof verskyn, berig Eyewitness News.
    Die baba het sedert die aanval vyf operasies ondergaan.
    “Sy vorder goed en is in ‘n bestendige toestand. Die dokters bespreek nog wanneer sy ontslaan sal word en ‘n datum is nog nie bevestig nie,” het Lauren O’Connor-May, die hospitaal se woordvoerder, gesê.
  • Arrestasie in Kaapse babaverkragtingsaak

    Arrestasie in Kaapse babaverkragtingsaak

    baby_rapeVolgens die Wes-Kaapse polisie, sal ‘n man Donderdag in die Ceres-Landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ‘n vier-maande oue baba en ‘n sewe-jarige seun.

    Lt-Kol Andre Traut sê die 25-jarige man, wat ook ‘n lokale plaasarbeider is, is Woensdag gearresteer.

    Hy sê: “Kriminele oortredinge teenoor kinders word deur ons as topprioriteit beskou.  Ons sal geen steen onaangeraak laat om ‘n verdagte in sodanige verband op te spoor nie.”

    “Ons is baie tevrede met die resultate wat in ons ondersoeke tot op datum behaal is, en wil ook ons waardering uitspreek teenoor die Ceres-gemeenskap wat ons gedurende die afgelope paar weke ondersteun het.”

    Volgens die plaaslike polisiekommissaris, Arno Lamoer, het die baba saam met haar ouers in ‘n bed geslaap toe ‘n man haar op 3 Augustus gegryp en verkrag het.

    ‘n Seun wat in dieselfde huis woon, is ook verkrag.

    Die ANC-Vroueliga het Dinsdag gesê dat die baba besis is om te herstel ná haar vierde rekonstruktiewe chirurgiese operasie.

    Die woordvoerder van die ANCWL, Nosipho Ntwanambi het gesê:  “Die afskuwelike en onmenslike dade van verkragtings wat hierdie kinders getref het, is teleurstellend, en moet onverbiddelik en konsekwent deur elke lid van die gemeenskap veroordeel word.”

    Ntwanambi het verder gesê dat die liga sal voortgaan om protesaksies te organiseer ten einde te poog om mans wat seksuele oortredinge begaan, uit die samelewing verwyder te kry.

    ‘n 32-jarige man wat voorheen gearresteer is, is vrygelaat nadat hy nie met die saak verbind kon word nie. – Sapa