Arrestasie in Kaapse babaverkragtingsaak

baby_rapeVolgens die Wes-Kaapse polisie, sal ‘n man Donderdag in die Ceres-Landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ‘n vier-maande oue baba en ‘n sewe-jarige seun.

Lt-Kol Andre Traut sê die 25-jarige man, wat ook ‘n lokale plaasarbeider is, is Woensdag gearresteer.

Hy sê: “Kriminele oortredinge teenoor kinders word deur ons as topprioriteit beskou.  Ons sal geen steen onaangeraak laat om ‘n verdagte in sodanige verband op te spoor nie.”

“Ons is baie tevrede met die resultate wat in ons ondersoeke tot op datum behaal is, en wil ook ons waardering uitspreek teenoor die Ceres-gemeenskap wat ons gedurende die afgelope paar weke ondersteun het.”

Volgens die plaaslike polisiekommissaris, Arno Lamoer, het die baba saam met haar ouers in ‘n bed geslaap toe ‘n man haar op 3 Augustus gegryp en verkrag het.

‘n Seun wat in dieselfde huis woon, is ook verkrag.

Die ANC-Vroueliga het Dinsdag gesê dat die baba besis is om te herstel ná haar vierde rekonstruktiewe chirurgiese operasie.

Die woordvoerder van die ANCWL, Nosipho Ntwanambi het gesê:  “Die afskuwelike en onmenslike dade van verkragtings wat hierdie kinders getref het, is teleurstellend, en moet onverbiddelik en konsekwent deur elke lid van die gemeenskap veroordeel word.”

Ntwanambi het verder gesê dat die liga sal voortgaan om protesaksies te organiseer ten einde te poog om mans wat seksuele oortredinge begaan, uit die samelewing verwyder te kry.

‘n 32-jarige man wat voorheen gearresteer is, is vrygelaat nadat hy nie met die saak verbind kon word nie. – Sapa

17 thoughts on “Arrestasie in Kaapse babaverkragtingsaak”

  1. Seg net vir ons een ding. Waarom word daar borg en parool aan enige verkragter toegestaan? Indien die regering so ernstig is om hierdie misdaad te bekamp waarom is die spesiale eenhede wat in die verlede in hierdie sake spesialiseer het ontbind?

      1. Hierdie is nie net onder sekere bevolkingsgroepe nie. Is bewus van ‘n blanke prokureur van Pretoria, so ongeveer 25 jaar gelede wat ook sy, let wel sy eie baba dogterjie ook van 4 maande verkrag het. DIE KIND MOES VAN HOM AFGESNY WORD!!!!!!!. Wat die uiteinde van die saak was, weet ek nie, maar die teater personeel moes die dr wat geopereer het keer om nie die man te kastreer nie. Siek mense in ons samelewing, baie siek.

        1. Boerewitman ek stem saam enige misdaad in die wêreld word deur alle bevolkings groep in die wêreld gepleeg, so ook in ons land. Wat egter by ons dit anders of uniek maak is die ras wat die meeste daarvoor verantwoordelik is. Gesien per 1,000 of 10,000 swart en dieselfde hoeveelheid wit aantal misdade gepleeg. Ook hierdie tipe misdaad. Ek dink daar is geen tipe misdaad in hierdie land waar die blankes meeste pleeg nie.

          1. Ja, ek stem saam, persentasie gewyse is dit amper dieselfde. Maar wat is dit wat ‘n ou “trigger” om ‘n kind, ongeag ouderdom te verkrag? Ek dink dit moet as ‘n psigomatiese afwyking wees. Deel van opvoeding wat misluk het? Ons sal nooit regtig weet nie, maar een ding is verseker, daardie persoon het ‘n BAIE groot probleem. Het eendag by ‘n berading sessie ingesit, meisie is verkrag, nou probeer die berader uitvind wat deur haar gedagtes gegaan het. Die meisie was 15. Goed opgevoede, baie mooi en voortreflike maniere. Al wat by my vasgesteek het is, toe sy sê dat jy so magteloos, vuil en verneder voel. Wil net haar eie lewe neem en ironies genoeg, baie van die verkragte mense, mans en vroue, wil net hul eie lewe neem. Ek het deernis met mense wat daardie hel deurgemaak het, maar steeds deurmaak , want daardie aspek verdwyn nooit uit hul lewe nie. Die letsels is altyd sigbaar. Nie noodwendig uiterlik nie, maar innerlik.
            ‘n Ander letsel wat ‘n verkragte oorhou, veral dames wat deur haar pa en andere in die familie verkrag is, weereens kan ek nie veralgemeen nie, is dat baie van hierdie vroue alle vorme van sedelikheid oorboord gooi, want was een se redenasie, my vrouwees, my mens wees is van my beroof. Wat het ek oor, niks, net ‘n lee dop. Sy is ‘n prostituut en wil geen ander werk verrig nie.
            Seker die mees skrikwekende “siekte” wat ‘n verkragter het.

          2. Boerewitman nee my vriend presentasie gewys word misdaad ten minste 95% meer deur swartes gepleeg as deur blankes.
            Om enige vrou te verkrag moet mens verseker versteurd of psigopatiese wees, maar om babas te verkrag is net ondenkbaar en daardie persoon se verstand kan nie reg werk nie, ek weet nie wat om te dink of seg nie. Jy weet wat mens bang maak is dit kan jou buurman, kind se onderwyser, jou ouderling of grootste vriend wees, hoe weet ek en jy. Daar moet iets drasties verkeerd gaan op daardie oomblik in so ‘n man se kop.

            Nee, hel ek wil nie eers meer daaraan dink nie, dit is net onverstaanbaar en onverklaarbaar.

          3. Weet jy Seg Net, wat vir my die ergdte is, is wanneer ‘n pa sy kind mlosteer en verkrag. ek is self ‘n pa en oupa. As ek so iets moes aanvang, soos jy sê, dit is ondenkbaar………………………….
            wat sê so ‘n persoon eendag vir die Here, want Jesus het self gesê laat die kinders na Hom gaan en verhinder hulle nie.

          4. Boerewitman ek is ook ‘n pa en oupa en eks sal my lewe vir my kinders en kleinkinders gee. Wonder net wat seg hulle eendag vir die Here? My vraag is nou, en ek weet ek is seker verkeerd, maar kan die Here so iemand vergewe? Is sy vergifnis so groot? Ek besef wat ek nou seg of vra beweeg ek op gronde waarvan ek niks weet nie, maar kan nie help om daaroor te wonder nie. Dit net omdat dit so ‘n menslike onmoontlike daad in my oë is. Ek sal nie skroom, indien ek so iemand by enige kind vang, vrek te maak nie.

          5. Ek voel pesies soos jy voel. Maar ons vergifnis is beperk en ek glo, dalk nou verkeerde plek en tyd, dat die God wat ons aanbid, sal so ‘n persoon vergewe as hy in opregtheid se sonde bely. Maar ek en jy is nie God nie, sal maar moet wag en sien.

          6. Boerewitman ek wil nie oor vergifnis in hierdie geval spekuleer nie – ek voel dieselfde daaroor as Seg Net – wat ek wel weet is dat daar van vergifnis oor baie sondes gepraat word in die Bybel – maar nerens vir verraad nie.

          7. Riempies, Ek dink ons is van die tema af, maar, mynsinsiens is sonde ‘n sonde en alle sonde word jou vergewe as jy dit bely en laat staan. Maar die berou moet uit jou hart kom, maw opreg bedoel, onvoorwaardelik. Soos ek hierbo vir Seg Net gesê het , ons sal maar moet wag en sien, die dag as die Here kom.

        2. Hoe siek. Dit is jameer die teaterpersnoeel het die dokter gekeer. Sy kastrasie moes egter net so 2cm onder die mangels plaasgevind het. In die bybelse tyd is so iemand en sy hele gesin gestenig – dit is een manier om defektiewe genetika soos die uit jou bevolking te weer.

          1. Dit is waar, Rooikop, maar ongelukkig leef ons nou nie meer in daardie tye nie, maar ek dink die doodstraf moet terug, spesifiek vir verkragters, want nou gaan sit die helhond in die tronk, hy kos vir jou en my geld want hy kry mos nou alles vir mahala, hoop dit is reg gespel. Ons mag maar seker droom van die doodstraf, maar vir hierdie klomp grootbek misdadigers is dit mos skending van menseregte, asof ‘n misdadiger ‘n bestaansreg het.

          2. Ek verstaan ook nie die regte van die misdadiger ding nie. Die misdadiger het dan juis andere van hulle basies regte ontneem. Waarom moet die misdadiger dan “goed” behandel word?
            Ek sien dit as een van die (s)linkse liberale foefies. Seker te veel van hulle wat wandade pleeg en wil sorg dat die fasiliteite reg is as hulle dit moet gebruik.

  2. My wens is dat hy gou sal vrek voordat ons as belastingbetalers hierdie stuk skuim moet versorg en onderhou in die tronk! Hy het geen reg op enige vorm van lewe nie die sadis! Soos ek al telkemale gesê het. Hoe is dit moontlik dat die ouers nie geweet het nie?

  3. Hel mense dink net weer daaraan, ‘n vier (4) maande oue baba??????????????? NEE dit is mos nie menslik moontlik nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Wat se ding doen dit aan ‘n BABA? Is dit ‘n ding???? Wat noem mens dit???????? Mens duisend maal NEEEEEEE. Man??????? 10,000 maal NEEEEE. Wat dan?? Is daar ‘n woord om dit te beskryf in enige taal ter wêreld? Dink net weer. Het daardie ding ‘n bestaansreg in enige plek op aarde????
    Ek hoop die woord versprei gou na die gevangenis waar hy aangehou word. Hoop hulle gee hom wat hom toekom. Maak die gemors VREK want ons regstelsel het nie die voldoende straf vir die gemors nie.

    1. As dit nie vir ons voorouers se hulp was toe hulle soos vlermuise in grotte geskuil het nie, sou hulle mekaar uit hongerte opgeeet het (kanibalisme). Daar is baie ander gevalle van kanibalisme in Afrika. Om ‘n baba (4maade) te verkrag is maar net nog ‘n faset van hulle wreedheid en voortspruitende kultuur!

Maak 'n opvolg-bydrae