Uitspraak in MDC-aansoek voorbehou

MDC-leier
MDC-leier

‘n Zimbabwiese Hoërhof het uitspraak voorbehou in ‘n aansoek van die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, om die land se verkiesingliggaam te dwing om materiaal oor verlede maand se presidensiële verkiesing bekend te maak.

Tsvangirai voer aan dat die materiaal noodsaaklike getuienis sal voorsien in sy hoof regsgeding om die presidensiële uitslae nietig te verklaar omdat dit volgens hom gemanipuleer is.

‘n Voorlopige verhoor oor dié saak vind Saterdag in die land se konstitusionele hof plaas. Tsvangirai wil hê die verkiesingskommissie moet die volle presidensiële resultate per kiesafdeling vrystel.

Die MDC eis dat inligting verskaf word oor die aantal mense wat bygestaan is om te stem, afskrifte van die kiesersrol wat by stembusse gebruik is, afskrifte van die kiesersrol wat in die spesiale verkiesing gebruik is en ‘n register van diegene wat wel hulle stemme uitgebring het. – RSG

7 thoughts on “Uitspraak in MDC-aansoek voorbehou”

  1. Nee wat hierdie siel gaan sukkel om die resultate bekend gestel te kry want Mugabe is mos so outokraties ingestel en so sal hy verkiesings wen totdat hy die dag vrek. Ek verstaan dis daardie oc van hom wat hom so druk om nie af te tree nie. Anders is haar shopping spree in die beste van die Ooste na die maan. En intussen vrek die lot van die honger of kom pleeg misdaad hier by ons.

  2. Vir die wat wil weet…daar is ‘n koerantjie wat omgaan, (my buurman bring dit vir my) en daar is ‘n artikel in wat my baie baie bang maak. Koerantjie is “Die Afrikaner” Ek weet nie hoe wyd dit versprei word nie. In die 2 – 15 Augustus uitgawe is ‘n rubriek van Pieter Oosthuizen aangaande die huidige bestel/toestand/gemors waarin ons ons begewe. Blykbaar, is die Rooi Sjinese volop in (Suid) Afrika en hard besig om ons “volk” te leer hoe om baie wreedaardig moord te pleeg, aldus die plaas(like) statistiek. Voorts het hul baie sterk bande in Zim. Daar is blykbaar ‘n Israelise firma. Nikuv International Projects, wat neef bob befonds en wat die kamtige verkiesing se uitslae beslis (lees bekook) Hul (die Israel MKPY) het blykbaar $3Bb gekry daarvoor. Dr Dan…neem kennis, miskien kan jy hierdie inligting gebruik….

Maak 'n opvolg-bydrae