praag.co.za

Tese, Antitese, Sintese

hegelDeur Joseph Secreve.

As daar een resep is wat agter die skerms gebruik word om die Weste ten val te bring, dan is dit die dialektiese prosesmodel wat destyds deur die filosoof Hegel beskryf was.

Hierdie model kom kortliks daarop neer dat sodra daar sprake is van twee teenoorgestelde kragte, hulle mekaar sal oplos om ‘n nuwe samewerkingsverband te skep. Marx en sy volgelinge het so ver gegaan as om hierdie proses as die vernaamste in die geskiedenis te beskou, en belangrike marxistiese denkers pas hierdie model nog gereeld toe in die allerdaagse lewe.

Hierdie benadering het beslis meriete as ons onsself wil verweer teen die immer nader kruipende hoogwater van kulturele marxisme. Soos ek in ‘n vorige rubriek genoem het oor Koos Bekker se kapitaal, is daar ook sprake van ‘n tese (die rykstes word ryker), ‘n antitese (die gewone mens dreig om opstandig te word) en ‘n sintese (die allerrykstes gun die gepeupel meer inspraak, maar op ‘n manier wat nie die belange van die rykstes in gevaar sal stel nie). Laasgenoemde sintese heet kommunisme.

Dit is wat gebeur sodra ons hierdie benadering toepas op ekonomiese stelsels.

Dit word egter net so gereeld toegepas op kulturele stelsels. ‘n Bekende voorbeeld wat menige voorgraadse sielkundestudent sal herken is die voorbeeld van Heinz, soos beskryf deur die ontwikkelingspsigoloog Lawrence Kohlberg.

Heinz se vrou ly aan ‘n seldsame kanker. Daar is egter ‘n middel in die plaaslike apteek wat moontlik haar lewe kan red. Heinz het helaas geen geld nie, en het fondsinsamelings gehou. Desondanks het hy nie genoeg geld vir die medisyne nie, en het die apteker gevra of hy nie later die res van die bedrag kan inbetaal nie, maar die apteker weier.

Nou is die vraag: Is Heinz geregverdig om in te breek en die medisyne te steel?

Hierdie voorbeeld is nogal ‘n taai etiese dilemma, en ‘n mens is maklik geneig om Heinz se kant te kies. Die sintese sou lui dat dit onder sommige omstandighede geregverdig is om te steel.

Dit was egter in 1932.

Die blootstelling sedert die sestiger jare aan kulturele marxisme het ondertussen baie sukses behaal om ons kernwaardes te verwater. Die narratief wat gebruik word is om “inklusief” te dink, en om elke keer bietjie by bietjie die grense van toleransie op te skuif van wat ons mag doen en nie mag doen nie. Stel u voor – in die voorbeeld van Heinz – wat sou gebeur as elkeen besluit hulle het die reg om medisyne te steel? Binne ‘n ommesientjie sou die gesondheidsindustrie in duie stort en dan kan niemand meer gehelp word nie. So word die resep vir ‘n rampokkerstaat voorberei, want slegs die magtigste skurke baat by hierdie anargisme.

Dieselfde verwatering van ons tradisionele kernwaardes vind elke dag plaas, en waar beter om te begin as in ons skole? In die Verenigde State byvoorbeeld word voorligtingprogramme aangebied wat veronderstel is om mense weerbaar te maak teen bepaalde soort gedrag, maar is heimlik besig om mense juis te desensiteer daarteen. Daar is programme soos “Drugs Education, Bullying Education, Sex Education, Death Education” en nog ‘n rits ander. Leerlinge word dus blootgestel aan hierdie programme sogenaamd om hulle vir die gevare daarvan te waarsku, maar bring hulle stilletjies in die verleiding om hulself aan hierdie gedrag skuldig te maak. ‘n Uitgesproke fluitjieblaser oor die gevare van hierdie “Education” programme is ‘n sekere mevrou Charlotte Iserbyt, wie se bydraes gereeld op youtube en infowars.com verskyn.

En hierdie voorligtingprogramme het al “vrugte” afgewerp. Baie wrange vrugte.

Iewers – ek dink op ‘n youtube-onderhoud met infowars – vertel ‘n ooggetuie hoe sy die oggend van die tragiese Columbine skietery in 1999 verby ‘n leerling geloop het wat besig was in sy motor se kattebak rond te grawe. Die kattebak was vol outomatiese karabyne, haelgewere en ammunisie gestop! Sy het egter gedink dat dit deel uitgemaak het van een van die Education programme en het daarom nie die aankomende gevaar sien aankom nie.

Die Braziliaanse kommunis en opvoeder dr. Paolo Freire het selfs in ‘n soortgelyke trant klein kinders geleer om te tel deur gebruik te maak van handgranate en ammunisie! Stel u voor: “Ek het twee handgranate en my kameraad Piet het drie. Hoeveel handgranate het ons saam?”

In ‘n ander voorbeeld genaamd “Death Education” word van leerlinge verwag dat hulle hul eie doodsberig moet skryf. Sommige leerlinge moet maak asof hulle dood is en in ‘n namaakkis lê. Egter, aangesien nie almal se stoflike oorskotte waardig lyk nie, moet sommige “vermink” in die kis lê. Inderdaad het dit gelei tot leerlinge wat nagmerries en emosionele probleme daarvan oorgehou het.

Ek vermoed dat ons dieselfde kan sê van sommige programme op M-TV, waar regte-lewe sepies gemaak word oor tienermoeders, sogenaamd om te waarsku oor die gevare daarvan, maar in feite hierdie as ‘n alternatiewe lewensstyl voorhou om kinders die indruk te wek dat dit “nie so erg is nie” en dat hul lewens “normaal” is, of normaal word met verloop van tyd.

En dit bring ons na die nuwe gruwel wat ons tot groot afsku gesien het in Suid-Afrika se matriekeindeksamenvraestel oor die simboliese verkragting van ‘n baba. Dit is dieselfde logika wat daaragter sit. Veral die eksamenvrae daaromtrent word koel en klinies oorgedra wat verder help met die desensitasie daarvan, en om hierdie soort gedrag as “redelik normaal” voor te hou. Daardie dissosiasie sien ons ook in allerlei nare proefdiereksperimente waar mense of diere as “subjekte” gesien word. Soos die dramadosent stel, handel die stuk nie oor verkragting nie, maar oor tegniek, en hoe om die verkragting op ‘n nie-realistiese wyse oor te dra sonder om die gruwelike aard daarvan te verminder.

Wat probeer hierdie dosent aan ons sê? Dat daar ‘n sekere estetika aan hierdie daad is? Is die “nie-realistiese” vertolking ‘n lokroep vir gekke en dwase om dieselfde te doen? Ons sien mos gereeld op tv hoe mense geskiet word sonder dat daar ‘n druppel bloed vloei. Die misdaad lyk met ander woorde “netjies” en is “nie-realisties”, hoewel die minder gruwelik nie. Wil hierdie dramadosent nou op soortgelyke wyse babaverkragting as iets netjies vertolk?

Natuurlik word die sogenaamde “oorsake” van hierdie gedrag verklaar in terme van armoede, isolasie en ‘n gebrek aan toekomsperspektief, met ander woorde dit is op een of ander manier die skuld van die vorige regering of so iets. Die rol wat die toordokters speel om barbare oor te haal tot sulke dade word nie genoem nie, terwyl die dramadosent help om hierdie barbaarsheid te fasiliteer.

Dit is belangrik om te besef dat hierdie afwatering doelbewus geskep word om mense van hul kernwaardes te vervreem. Dit is eers wanneer ons terugkyk na ons verlede en die mediakultuur van destyds dat ons die verskil kan sien. Ons marxistiese intellektuele probeer voortdurend verklarings in terme van deprivasie te vind om slegte gedrag te regverdig, terwyl die afwatering van kernbeginsels die eintlike boosdoener is.

Voormalige kommunistiese wêrelddele soos die voormalige Oos-Europa sal nog die komende generasies onder ’n wolk van trauma leef wat kommunisme veroorsaak het. Sommige analiste meen dat Frankryk nog nie herstel het van die Franse Rewolusie nie, te beoordeel aan die manier waarop geloof geminag word aldaar.

Dit is tyd dat hierdie gruwel wat goedgepraat word blootgestel moet word vir wat dit is, naamlik ’n gruwel en ’n ondergang van beskaafde norme.

Kom ons kyk of ons hierdie tendens kan omkeer.

Comments

56 responses to “Tese, Antitese, Sintese”

  1. Koos Bester Avatar
    Koos Bester

    Die
    Afrikaner-kind het in sy skoolonderrig teen 1980 te kampe gehad met
    die beste en die swakste van die internasionalisme (hoofsaaklik soos
    gesien deur die bril van die Brits-Amerikaanse węreld) en
    patriotisme, waar dit enersyds die vergestalting was van ‘n gesonde
    en ewewigtige Afrikaner-liefde vir sy eie kultuurgoed en grond en,
    andersyds, een waarin ‘n skeefgetrekte en oordrewe waarde-oordeel
    (chauvinisties! klink die honende spotstemme) botvier.

    Tragies
    egter is die dinge wat baie, kom ons sę maar “Afrikaanses”, in
    die naam van navorsing gepleeg het toe daar besin is oor die
    suiwering van die koers wat met onderwys in Suid-Afrika ingeslaan
    moes word. Die eerste wat ‘n mens tref met die deurlees van
    goedbedoelde en minder goedbedoelde geskrifte wat in daardie tyd die
    lig gesien het, is die vooropgestelde uitgangspunt dat Suid-Afrika ‘n
    eenheidstaat moet wees en dat die siening dat Suid-Afrika polities
    dalk net toevallig baie beter gehanteer kan word as ‘n geografiese
    gebied wat ‘n veelheid van volke huisves, glad nie eers oorweeg
    word nie. Geen van die hooggeroemde navorsers van dié tyd het gedink
    dit is die moeite werd om byvoorbeeld geskiedenisleerplanne, en dan
    in die besonder die Afrikaner se geskiedenisleerplan, binne die
    raamwerk van ‘n eie staat vir die Afrikaner, te suiwer nie. Nee,
    soos die linkse en Afrikaner-vyandige politici en Agitofels soos
    Huntington en Crocker van Amerika wou, was Suid-Afrika volstrek ‘n
    eenheidstaat met geen afsonderlike heenkome vir die Afrikaner met sy
    besondere volksaard en geskiedenis nie.

    Dan
    word ‘n voorwoord soos dié van prof. Koos Roelofse van UNISA tot
    Africana Afrikaner,
    J.M du Preez se navorsing oor meestersimbole in Suid-Afrikaanse
    skoolhandboeke, iets om met ‘n knypie sout te neem: “Hierdie
    boekie bevestig wat ons lank reeds aanvoel: dat die instellinge binne
    ons gemeenskap, ons skole, kerke en sportverenigings, uitdrukking gee
    aan ons diepste waardes en houdings. Daardeur word ons gebind aan die
    verlede, omdat hierdie instellings die draers is van tradisies en
    drome. Maar sulke instellings kan ook draers wees van verwronge
    waardes en beelde, eenogige perspektiewe op die werklikheid word en
    daardeur die enkeling en die groep se waarneming van die werklikheid
    besmet. Dan word jou instellings ‘n rasionalisering vir hedendaagse
    misstande: vir ‘n oorwaardering van die eksklusiewe waardes en
    onderwaardering van universele waardes; ‘n oorwaardering van kleur
    en ‘n onderwaardering van verdienste. Jou verlede, waaruit jy
    sorgvuldig aspekte selekteer en dit dan buite verhouding opblaas,
    word ‘n karikatuur.

    “Die
    skryfster van hierdie werk het in haar ondersoek na skoolhandboeke
    aangetoon hoe die Afrikaner op skool as ‘n soort karikatuur
    gestalte kry. Sonder om ‘n heksejag op tou te sit na die outeurs
    van skoolhandboeke, wys sy daarop dat die Afrikaner in dié boeke ‘n
    lompe en naďewe karakter is. Hy is iemand wat kwalik kan onderskei
    tussen kennis en permisiwiteit; tussen ‘n verhouding met die
    Skepper en ‘n sameswering met die Skepper teen nie-Afrikaners;
    tussen die Beloofde Land en ‘n land wat jy self tem, jou eie maak
    en verdien…”

    Du
    Preez beweer in die inleiding tot die boek dat sy in haar navorsing
    53 skoolhandboeke wat in 1980/81 vir Swart en Wit hoër skole in die
    land voorgeskryf is, ondersoek het, die onderlinge waardes “uitgelig,
    versigtig bekyk en ontleed het”. In haar navorsing het sy dit oor
    meestersimbole in die handboeke en kom tot gevolgtrekkings wat dié
    simbole betref in die geskiedenis-handboeke, voorgeskrewe
    letterkunde-werke en Aardryskunde. Sy vat meestersimbole so saam (p.
    8): “Meestersimbole is daarom veralgemenings wat sosio-kulturele
    waardes dramaties versterk. ‘n Godsdienstige beweging kan
    byvoorbeeld ‘n ongeskrewe wet uit die verlede aanhang. ‘n Groep
    wat aanspraak maak op ‘n spesifieke grondgebied, kan dit in die
    historiese, legendariese of mitologiese tradisie grondves, wat die
    groep in ‘n eenheid saamsmelt.

    “Die
    aansprake van Suid-Afrika se blankedom op die land is gesetel in die
    historiese tradisie van besetting en die aankoop van onbewoonde
    grond, terwyl die Boesmans se aansprake voortvloei uit hulle
    mitologiese tradisie waarvolgens hulle die afstammelinge is van gode
    wat die land vroeër bewoon het.

    “Die
    Puritein wou sy angs (dat hy nie in die hemel sou kom nie) verlig
    deur die meestersimbole van harde werk, werk ter wille van werk,
    bekeidenheid, oordrewe nougesetheid en morele stiptheid.

    “Moderne
    verhalende lektuur reflekteer die meestersimbole van die huidige
    geslag: aggressie, materialisme, besitlikheid, meelewing, onskuld,
    naďwiteit, ambisie, sensitiwiteit, fisieke krag, vroulikheid,
    introversie, elegansie, gevatheid, rasionalisme, status,
    vervreemding, ens.

    “Meestersimbole
    word soms beskryf as mites. Meestersimbole bevat ook stereotipes.”

    Sy
    identifiseer die volgende “skakels”: die taal-, simbole-,
    identifikasie-, manipulasie- en stereotipe-skakel.In die tyd van haar
    navorsing “was skole steeds ondersteunende agente vir die huis en
    kerk, wat op hul beurt die waardes van hul sosiale groep versterk”
    het (p. 10). In die lig van die “vordering” van die kommunistiese
    (vergewe die skrywer sy “stereotipering” van die heersende
    bestel!) ANC-regering met onderwys, kan dit kwalik steeds ‘n
    geldende stelling wees. Soos die Stedelike Stigting by monde van
    Steyn wou, het skole immers haas vry van enige belydenis geword.

    ‘n
    Mens sou kon kla oor Du Preez se beperkte bronneverwysings wanneer
    sy opmerkings maak oor die beheer van skoolhandboeke in ander lande.
    Besondig sy haar nie byvoorbeeld aan stereotipering wanneer sy so oor
    dié beheer in Duitsland skryf nie (p. 17) ? “Skoolhandboeke word
    medeverantwoordelik gehou vir die buitensporighede en gruweldade
    tydens die Tweede Węreldoorlog deurdat die inhoud van die handboeke
    die volgende meestersimbole gepropageer het: die missie van die
    Duitse Germaanse ras, die verheerliking van die eie nasionaliteit en
    ras ten koste van leef-en-laat-leef; die nadele van rassevermenging,
    en ‘n heldedom onlosmaaklik verbonde aan die meestersimbool van die
    leier (fuhrer).”

    Stel
    dit nou teenoor haar stereotipering van Amerika: “Intensiewe
    navorsing (!) is al oor skoolhandboeke in die VSA gedoen. Die
    owerhede wil graag hę dat hierdie boeke die pluralistiese
    (veelvolkige), multikulturele mosaďek (!) van die Amerikaanse
    lewenswyse moet weerspieël en die smeltkroes-van-nasie-sindroom
    bevestig.

    “Tog
    is hierdie tekste nog steeds geneig om ‘n Blanke, Angel-Saksiese en
    Protestantse siening van die nasies se verlede en hede weer te
    gee…”

    Of
    dit nie reeds genoeg aan positief stemmingskeppende opmerkings was
    nie, word die volgende bygevoeg: “VSA-teksmateriaal het ‘n sterk
    nasionalistiese inslag. Geskiedenis op skool is vir die VSA-regering
    ‘a practical, pragmatic means of protecting and preserving the
    American way of life.”

    Sy
    verklaar ook: “Dit blyk dus uit handboekstudies in ander lande
    onderneem, dat daar geldende meestersimbole vir die samelewing
    geďdentifiseer kan word. Inhoudsanalises van skoolhandboeke kan
    belangrike internasionale verskille aandui en, deur die daarstelling
    van meer gepaste meestersimbole, interkulturele kommunikasie
    bevorder.”

    Du
    Preez skryf (p. 21): “Die amptelike uitgangspunt is dat alle
    onderwys (dus ook vir andervolkiges en andergelowiges)
    Chistelik-nasionaal moet wees; onderwys wat die Afrikaner in sy
    verset teen die Britse kulturele imperialisme ingestel het”.

    As
    dié waarneming juis is, sou ‘n mens moet toegee dat daar spanning
    teenwoordig sou wees as die uitgangspunt van die Christelik-volkseie
    onderrig soos dit nou in CVO-skole onder leiding van die Beweging van
    Christelike Volksonderrig (BCVO) beoefen word, naas die benadering
    soos deur Du Preez verwoord, geplaas word. Die spanning is daarin
    geleë dat die BCVO nie hul sal wil aanmatig om CV-onderrig aan
    andervolkiges en andergelowiges te wil gee nie. In die kritiek wat
    reeds op Du Preez se stellings gelewer is en wat nog op haar
    stellings mag volg, moet hierdie verskille in berekening gebring
    word. Vir die BCVO is Suid-Afrika klaarblyklik ‘n geografiese
    aangeleentheid waarbinne die Afrikanervolk sy unieke vryheid op eie
    grondgebied soek.

    Du
    Preez voer aan dat sy twaalf skoolhandboekmeestersimbole in haar
    ondersoek blootgelę het. Volgens haar sou dit nodig wees om hierdie
    simbole te evalueer “aan die hand van die kontemporęre
    simboolsfeer en wel soos laasgenoemde in die eietydse massamedia tot
    uitdrukking gebring word, asook in eietydse idioom” (p. 91).

    Vrae
    wat onmiddellik opduik is:

    *
    Wat sou ‘n “kontemporęre simboolsfeer” wees? Sou dit slegs
    “kontemporęr” tot 1983, die jaar toe die boek gepubliseer is,
    wees? Daar het immers dramatiese verskuiwings gekom wat die
    Afrikaner en andervolkiges se waarde-oordele tussen nou en 1983
    betref.

    *
    Volgens haar is hierdie “kontemporęre simboolsfeer” “…soos
    laasgenoemde in die eietydse massamedia tot uitdrukkinge gebring
    word, asook in eietydse idioom”.

    Dit
    op sig self bring ‘n menigte vrae en probleme. Die Time-tydskrif
    van Amerika is ‘n “eietydse” massamedium, die Welt van
    Duitsland ook, die BBC en die Sun-koerant van Engeland ook. In die
    tyd van die publikasie van haar werk was die Rand Daily Mail nog met
    ons. Dié SAAN-koerant se uitgangspunte het heeltemal met dié van
    Die Burger van destyds verskil, Die Burger s’n weer van die SAUK
    van dr. Piet Meyer. As net dit oorweeg word, bevind opvoedkundiges
    wat hulle op die simboolsfere van “eietydse massamedia” moet
    verlaat met die skryf van skoolhandboeke, hulle in soveel
    teenstrydige verwysingsraamwerke dat dit onmoontlik gaan wees om
    skoolhandboeke te skryf. Watter guns het die “eietydse massamedia”
    die Afrikaner buitendien bewys om hulle tot kanon met die skryf van
    Afrikaner-kinders se skoolhandboeke te verhef? Sou ‘n normsoekende
    skoolhandboekskrywer hom nie eerder op vaster waardes moes verlaat
    nie?

    Daar
    is immers die geskiedskrywing, uiteraard ‘n gebied wat ook vol
    bedrieglike wilsand is, maar minstens nie so onderwerp aan die
    emosionele willekeur van die joernalistiek nie waar spertye,
    adverteerders se eise en eendagvlieg-politici se doen en late dikwels
    die bepalende is.

    Genoeg
    is om te verklaar dat die “eietydse massamedia” slegs
    mede-inspraak toegelaat mag word met die skryf van skoolhandboeke.
    Hulle mag nooit die alfa en die omega wees nie.

    In
    so ‘n breër lig sou Du Preez se oordeel wat betref “argaďsmes”,
    “isolasie en verdeling”, “gebrekkige en ontoepaslike
    selfmodelle” en “die versterking van die status quo”, dalk heel
    anders daar uit gesien het.

    Vervolgens
    kyk ons na die simboliese beelde wat haar ongunstige aandag getrek
    het.

    Oor
    “laertrek” (p. 94) skryf sy die Blanke Afrikaner is steeds besig
    om laer te trek. Binne hierdie laer “vind ons die laaste vesting
    van die Christelike beskawing in Afrika”. Sy kla dat die
    laertrekgedagte aansluiting vind by die isolering van die Afrikaner.

    Oor
    Geloftedag kla sy dat die Slag van Bloedrivier as dié gebeurtenis in
    die Afrikaner se geskiedenis beskou word en dat die Afrikaner daarin
    regverdiging vind vir sy bestaan in Donker Afrika. Daarop kan ‘n
    mens net vra: En wat as dit inderwaarheid so is? En mag dit nie so
    wees nie? Vir die Afrikaner se vyande mag dit nie so wees nie en dit
    sou, glad nie toevallig nie, hulle baie goed pas as die Afrikaner nie
    meer sin en rede vir sy teenwoordigheid in Suid-Afrika in dié
    gebeure vind nie. Wat ‘n deurbraak sal dit nie teen die Afrikaner
    op die geestelike slagveld wees nie as die betekenis van Geloftedag
    finaal vir die Afrikaner verknoei sou word.

    “Ou
    Testament – Nuwe Testament”: Sy kla dat die Afrikaner hom met die
    Joodse volk van die Ou Testament vereenselwig. Veral geskiedenis- en
    Afrikaanse voorgeskrewe boeke vir Letterkunde is (sekerlik nou nie
    meer nie) volgens haar in hierdie idioom geskryf.

    “As
    hierdie handboekvoorstellings met die hedendaagse media vergelyk
    word, merk ons ‘n groot verskil,” verklaar Du Preez (p. 95). “Die
    media toon ‘n meer Nuwe Testamentiese benadering. Die bestaanreg
    van ander bevolkingsgroepe word erken (in Bybelse terme, die
    Evangelie word na ander volke uitgedra). Hulle word nie meer
    geďgnoreer nie (vergelyk bv. TV-advertensies van Willard’s
    krinkelsnit en Coca Cola). Die uitverkore-volk-idee word nie meer so
    dikwels aangetref nie; daar word meer op eie krag staatgemaak om
    bedreigings die hoof te bied en die utopiese landelikheid begin sy
    aantrekkingskrag verloor.

    “Wat
    ons hieruit kan aflei, is dat ‘n Ou Testamentiese siening van die
    land en volk op skool gevestig word. Daar word egter selde tot by die
    Nuwe Testament gevorder.

    “Die
    massamedia daarenteen is besig met die skryf van ‘n
    ‘Suid-Afrikaanse Nuwe Testament’”.

    Hierdie
    aanname sal beslis die winkbroue laat lig. Verwysings in die
    massamedia na Die Bybel en sy inhoud, het seldsaam geword en waar dit
    wel gebeur is dit dikwels in afbrekende sin en met afkeur, selfs
    spot.

    Volgens
    haar is ander herhaalde simbolebeelde die “heerskappy van die
    oudstes” en “die dominante institusionele orde”. Hierdie “orde”
    gaan oor byvoorbeeld die feit dat wettige gesag in die politiek nie
    bevraagteken mag word nie.

    In
    Du Preez se slotwoord en aanbeveling verklaar sy meestersimbole is
    nodig. Sy sę die godsdienstige dominansie in die simboolsfeer is nie
    noodwendig verkeerd nie. “Daar is egter ‘n paar geďdentifiseerde
    meestersimbole wat indringende aandag vereis omdat hulle negatiewe,
    selfs gevaarlike invloed nie weg te redeneer is nie.” (P. 99).

    “Elke
    groep (en so ook die Afrikaner) is geregtig op sy eie simboolsisteem,
    en meestersimbole omtrent die dinge wat vir hom waarde het – mits dit
    nie negatief of diskriminered op ander groepe inwerk nie. Dit geld
    dus ook vir al die verskillende volksgroepe in Suid-Afrika.

    “Aangesien
    verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika dieselfde geografiese,
    politieke en opvoedkundige ordes deel, sal dit dus wys wees om
    meestersimbole in die skoolhandboeke aan te pas sodat dit wat
    vreedsame naasbestaan sowel as voortbestaan kan bevorder, as
    gemeenskaplike Suid-Afrikaanse meestersimbole daagestel kan word.”

    Hierdie
    gedagtes het intussen ryp geword. Geloftedag soos die Afrikaner dit
    geken het en dit in die skoolhandboeke van sy kinders weergegee het,
    gee nou glo aanstoot. Dit is vervang deur Versoeningsdag, of dit nou
    die hou en eer van die Gelofte geweld aandoen of nie.

    As
    geskiedenis in die Afrikanerkind se skoolhandboeke so aangebied moet
    word “dat dit nie negatief en diskriminerend op ander groepe inwerk
    nie”, kan die waarheid in die slag bly. Dan begin die geskiedenis
    en die boeke wat daardie geskiedenis vertel, buikspreek. Dan leer die
    Afrikanerkind nie meer geskiedenis nie, maar hou hy hom besig, tot
    groot vreugde van die Afrikaner se vyande, met ‘n versameling
    leuens en halwe waarhede.

  2. jan Avatar
    jan

    Skitterend soos altyd Dankie Josef!!!!

    Naspers is vir dekades besig met die dialektiese dislektiese en dus diaboliese misbruik van taal. Wanneer veral geestelike begrippe verwater en omgekeer word. Soos wat Amos vd Westhuizen van Volksblad sopas gedoen het deur die lyding van gebroke Mienie Pretorius se kinderlike geloof in diens en tot eer van God te beskou as Godslasterlik en dat die ‘Kerke’ daarteen moet optree.

    Want Amos se span beskryf mos al vir dekades dat God die regses verstoot / vervloek het.

    Natuurlik is daar in die Afrikaanse pers genoeg opsweping vir die kriminele om die hierdie ‘misdaad teen die mensdom’ [sic] te bevry deur lekker sagte teikens te verkrag en dood te martel.

    Daar is verseker ‘n kausale verband tussen die anti-Boer propaganda van Naspers en Melena se liedjie en die gruwelike rampokkerstaat wat ons probeer oorleef.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      “Want Amos se span beskryf mos al vir dekades dat
      God die regses verstoot / vervloek het.”

      Die Amosspan is reg in die sin dat God ons as Afrikanervolk tot verantwoording geroep het weens n te groot gedeelte wat hulle oorgegee het aan brassery en sedeloosheid en mammon aanbidding. God se opregte
      getroues gaan dit eintlik ongemerk mee goed – hulle kan nogsteeds aanbid elke Sondag en hulle word met insig geseen terwyl die dowwe koring uitgesif word.

      1. Thys Human Avatar

        Waar en wanneer het “god” ons tot verantwoording geroep? Ek het nie ‘n ding gehoor nie – en ek is nog nie doof nie!

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Moontlik sorteer jy onder die genade van die
          duisendste geslag “Van die wat my lief het?” Hoe sal ons weet? Moet tog nou nie weer met my rusie soek nie – ek wil nie met jou rusie maak nie!

        2. Mike Avatar
          Mike

          Ek het nie gesit in ’n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.
          Jeremiah 15:17

        3. Gas Avatar
          Gas

          Riempies praat nie van jou nie, jy stel jou te maklik aan hier. God roep nie blinde spotters soos jy nie.

        4. HansDieHammer Avatar
          HansDieHammer

          Om jou vraag te antwoord: vanaf die dag wat jy gebore is.

          Indien jy egter bedoel dat God nie spesifiek die Afrikaner tot verantwoording geroep het “weens n te groot gedeelte wat hulle oorgegee het aan brassery en sedeloosheid en mammon aanbidding” nie kan ek saamstem . Die feit dat die Afrikaner swaarkry is ‘n natuurlike gevolg van hul afvalligheid en ek glo nie dit is ‘n spesifieke “straf” vir die Afrikaner nie.

          1. Tine Avatar
            Tine

            Die feit dat die Afrikaner swaarkry is die skuld van die hopelose NG Kerk wat saamgespeel het met FW se oorgawe. Solank ons die Kerk en God skei, is dit doodreg, want ek luister nie weer na ‘n NG predikant nie. Hulle het geen geloofwaardigheid nie

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Hans die Hammer skriftuurlik is jy reg en ek
            verkeerd, dankie vir die reghelp.

          3. HansDieHammer Avatar
            HansDieHammer

            Hi Riempies,
            Die bedoeling was nie om jou reg te help omdat ek dink jy was verkeerd nie, maar eerder om vir Thys reg te help wat ‘n strooiman opgesit het.

  3. StalinX Avatar
    StalinX

    Uitstekend uiteengesit Joseph!

  4. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    dat het zo typerende vervlakkende ontmoedigende(een dictatuur op zich) van de tijd voor de val van de Muur nog niet uit de Oost Duitser is verdwenen, is overduidelijk. Het alles beheersende Stasi apparaat, uitsluitend ten dienste van de kille verstarde top, deed z’n werk in tot dan ongekende intensiteit. Dat kleeft nu nog aan alles, zeker door de ogen van een objectieve buitenstaander. Tot op heden verlieten bijvoorbeeld onevenredig velen dit deel van Duitsland niet vanwege het koude weer. Om het maar niet over Polen(deels Pruissen) te hebben.

    Dit is vergelijkbaar met traumatische ervaringen van een puppy, die een leven lang zijn terug te vinden. Helaas kan zoiets uitademend, min of meer, zelfs worden doorgegeven aan volgende generaties. In het Hollands bestaat de uitdrukking “met de gebakken peren zitten”.

    De poging van Koos Bester hieronder dit 1 op 1 over te planten naar de Afrikaner cultuur lijkt geen hout te snijden omdat deze juist weer zo overeenkomt met de rücksichtsloze Slovo doctrine die Zuid Afrika bracht tot waar het nu is en opvallende uitnemende positieve resultaten marginaliseert.

    Al het andere dan 2000 jaar conservatief christelijk, hoe falend en gebrekkig soms ook, verdient in de ogen van de slopers ondersteuning en aandacht om terecht te komen in doelloos desolaat “van de hal op de tak” chaos en totale ontwrichting van de samenleving en samenwerking tussen de volken, die wel degelijk in het Zuid Afrika van voor 1994 bestond en doorgaans beter was dan het heden.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Hans sommer net so terloop – ons het in Afrikaans ook so n ge-eikte gesegde van – nou sit jy met die gebakte pere – sal interessant wees of die gesegde sy oorsprong van die Nederlandse bloedlyn het.

      Haak op die tak klink ook vir my bekend 😉

      1. Hans Onrust Avatar
        Hans Onrust

        Riempies, misschien een naïeve vraag: zijn er bij u in SA ook perenbomen ? Hier zijn de laatste peren onlangs voor de winterkou van de bomen gekomen.

        Peren worden hier eigenlijk zelden gebakken maar meer gestoofd(gekookt) en ze worden dan rood en zacht. (Dan Roodt 😉 )

        “Van de hak op de tak” duidt op wispelturigheid en ‘dan dit dan dat’.
        Geen vaste beproefde degelijke structuur.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Hans Ja in die Ceres distrik in die Wes Kaap word pere maar ook ander vrugte vir uitvoer gekweek – self het ek in die Wes Transvaal twee peer bome gehad ( Die vrugte het wit gebly nooit rooi geword nie) wat ek van ingele het in bottels. Ons het ook baie kwepers gehad waarvan ek jellie en jam gekook het. Ek het ook n hele paar Oom Sarel geelperskes gehad heerlike inle vrugte en maak die heerlikste perske Chutney en ook n heerlike eetperske. 2 Appelbome wat ek die middelste pitgedeelte uitgehaal het en dan kaneelsuiker en botter ingesit het en gebak het en met vla as nagereg bedien het. Suid Afrika was so n pragtige land – vrugte het min of meer ooral gegroei – nie ooral uitvoer kwaliteit nie maar heel eetbaar.

          1. Hans Onrust Avatar
            Hans Onrust

            dat uw peren niet rood werden tijdens het koken duidt kennelijk op een andere soort Riempies. .
            Uw verhaaltje komt verder uiterst smakelijk over, vooral die deserts(nagerechten of toetjes). Dagelijks lekker vers fruit en veel vitamine C is zoals genoeglijk bekend onontbeerlijk.
            De houdbaarheid van verschillende appels en peren varieert behoorlijk. Ook buiten potten als bewaarmiddel.

            Helaas is de overheerlijke perzik(perske) hier niet te vinden. Daar bent u in te benijden.

            Deze zomer hebben we(ons) wel veel fruit kunnen plukken. Pruimen(geel en paars), kersen (rood Reine Victoria, geel en paars, rap voor de kersenvlieg) diverse appelsoorten, bramen, blauwe bessen, frambozen, uit de tuin.
            We vriezen al het fruit dan in en eten er in de winter van, bij vla of yoghurt of als fruitshake of op ijs.

            Vruchten kopen doen we amper niet meer.

          2. Hans Onrust Avatar
            Hans Onrust

            en daar is ie dan: de rode kers

          3. Leana Avatar
            Leana

            Lyk soos die kersies wat van Ficksburg se wereld afkomstig is Hans.
            Pragtige gesonde vruggies.

          4. Hans Onrust Avatar
            Hans Onrust

            mooi he Leana, èn lekker.
            Deze zijn nog onbespoten en veelvuldig te vinden langs de openbare weg en in oude verlaten boomgaarden. In de voormalige DDR (Bauern und Arbeiterstaat) waren veel mensen in de landelijke gebieden voor een significant deel aangewezen op beperkt toegestane ‘eigen’ oogst, ook als ruilhandel.

            De kersenvlieg(parasiet) heeft deze rode kersen niet verpest. In tegenstelling tot de meeste zoete paarse kersen die al vroeg in het voorjaar een klein gaatje vertonen.

            Voor veel mensen van urbane origine, is het rurale een heel avontuur en belevenis 😉

          5. Leana Avatar
            Leana

            Hans ja, die foto laat my ook terug dink aan die tye toe ons ook “ons eie” oes so langs die pad kon pluk. Destyds ook maar eers rondgekyk of die boer ons nie gewaar nie. Dan ook net ‘n bietjie van die “eie oes” vruggies gegaps en laat spaander. As kinders ook maar baie vrugte gaan vasle in die dominees of skoolhoofde se tuine, gesteelde vrugte was mos altyd die lekkerste. Hoewel daar talle vrugtebome in ons ouers se erwe was, het die gesteeldes voorkeur geniet. :-).

          6. Hans Onrust Avatar
            Hans Onrust

            de verboden vrucht Leana ? 😉
            Onvergetelijke ‘eenvoud’ die nostalgie oproept.

            het is vaak zo dat onder veel bomen langs de weg(pad) de rijp gevallen vruchten worden plat gereden door het gemotoriseerd verkeer. Er zijn sporadisch nog wat oudere mensen die wel wat verzamelen. De jongere generatie heeft naar het schijnt in het algemeen iets minder interesse, uitzonderingen daar gelaten.

          7. Leana Avatar
            Leana

            Soos die liedjie: Kinders was nog kinders, toe ons nog kinders was.

          8. Hans Onrust Avatar
            Hans Onrust

            mooi, even naar geluisterd in de de versies van Ralp en Les.

            En die jare tuk voorby…. wat betekend tuk ?

            Mag er nu geluisterd worden naar een zeer bekend nostalgisch hollands stuk muziek ? Wel voor mijn tijd maar eigenlijk ook weer niet. Misschien is het wel een beetje te verstaan.

            http://www.youtube.com/watch?v=lxPL6Ricdac

          9. Leana Avatar
            Leana

            En die jare tuk voorby beteken “En die jare tik verby ” Dis soos ‘n horlosie wat die sekondes af tik.
            Het nog nie die liedjie voorheen gehoor Hans. Dit is regtig baie baie mooi.

          10. Gas Avatar
            Gas

            Wat het jou en ou Hans se vrot perskes met die onderwerp te doen antie?

          11. Leana Avatar
            Leana

            Verseker NIE dieselfde as wat jou vrot kommentaar met die onderwerp uit te waai het nie oom Zilly.

    2. Koos Bester Avatar
      Koos Bester

      Dit was nie bedoel as ‘n poging om dit 1 op 1 over te planten naar de Afrikaner cultuur nie, wel om aandag te gee aan ‘n uitvloeisel van ‘n groter geheel soos ons dit in die onderwys in ons land ervaar het en steeds ervaar. Kultuur is, sover dit nie deur ons DNS ingegee en bepaal word nie, mos maar ‘n leerproses ten einde met ons fisieke werklikheid om te gaan: Dus onderwys. Daar is en was dalk wel nie “naakte trauma” in die Nuwe Suid-Afrika se onderwysvoorsiening nie, maar “versteekte” en “uitgestelde trauma” is daar genoeg vir die wat die gebruik van hul sintuie en verstand het om van kennis te neem. En dit, Hans, is iets erger as gebakte pere. Dis pere wat deur ‘n gestadigde maar transformerende proses so gestroop word van inhoud dat die pere nou wel bietjie verskrompeld aan die dop voorkom wanneer dit uit die onderwysoond kom, maar wanneer jy daaraan hap vir sy voedende inhoud, jy jou tande slaan in bloot die uiterlike dop met geen vlees binne-in nie.

      Dankie vir jou aandag aan my skrywe!

  5. nBmnp Avatar
    nBmnp

    Uitstekende analise.

    Maar die probleem is dat Afrikaners nogsteeds die siek universiteite aanbid en hulle kinders daarheen stuur!

    Ydelheid is die probleem. Niemand glo dat sy kinders wat behulpsames in die universiteite leer, maar die gedagte dat hulle kinders GEEN AKADEMIESE TITEL (God help ons!) sal hê – dat skrik Afrikaners meer as 100 plaasmorde en babaverkragters – en ook meer as die kulturele marksisme in die universiteite.

    1. Riana Avatar
      Riana

      Ja in watter eeu leef jy? Sal jy dat ‘n dokter sonder ‘n graad jou opereer? Ons is vasgevang in hierdie bestel. Ek is seker jy is nog banger om nie belasting te betaal nie. Dit gaan ‘n lang proses wees om daaruit te ontsnap. Gelukkig verhaas die heersers se onvermoë dit

      1. nBmnp Avatar
        nBmnp

        Ek ken genoeg dokters met graad wat onbevoeg is. Maar jy is reg, indien ‘n graad ‘n voorvereiste is, daar is (nog) geen alternative.

        Maar die meerderheid studente studeer nie geneeskunde nie maar “geesteswetenskap”. En dat is ook die marksistieste domein in die universiteite.

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Looi haar Riana !

      3. nBmnp Avatar
        nBmnp

        Terloops: ‘n Familielid is ‘n arts, en chirurge word in arts-kringe as “butchers” genoem, omrede dit handearbeid is. ‘n goed chirurg moet goede oe en behendigheid hê. Latyn en geneeskunde is oorbodig vir ‘n chirurg.

      4. nBmnp Avatar
        nBmnp

        Terloops 2: Dit was die “dokters met graad” wat miljoene mense vermoor het met bloedaftapping.

        Waroom? Omdat dit in latynse boeke was. En die “ongeleerdes” kan dit nie lees nie.

        Vandag is die kulturele marksisme net ‘n intellektuelle vorm van bloedaftapping.

        Maar ons moet dit doen, die “mense met graad” sê dit is goed!

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Nou se jy vir my wat se alternatief het die meeste Afrikaners? – stel jy voor dat hulle – hulle kinders by die huis hou en die seun leer brei en die dogter leer hekel?

      1. nBmnp Avatar
        nBmnp

        Bill Gates en Mark Zuckerberg is “dropouts”.

        Jy kan alles leer sonder universiteit. En ja, ek was in ‘n universiteit. En hoewel ek werk in die vak wat ek studeer het, was dit pure tydmors.

        Ek het Java geleer – maar ek werk met C en PHP.
        Ek het teorie van halfgeleiers geleer – nooit gebruik.
        Etc.

        Alles wat ek gebruik vir werk het ek myself geleer – sonder universiteit.

        Ek het ook my titel relatief laat gemaak en ek weet van ervaring dat geen werkgewer meer betaal.

        1. HansDieHammer Avatar
          HansDieHammer

          Dit is soos hulle in Engels se “a breath of fresh air” om te sien daar is mense soos jy wat “buite die box” dink.
          Het jy al The Millionaire Fastlane van MJ De Marco gelees. Ek dink jy sal daarvan hou.
          Wat betref jouself leer is daar al uitstekende gratis kursusse op Coursera beskikbaar.

          1. nBmnp Avatar
            nBmnp

            Hmm, normalweeg ek koop geen “get-rich-quick” boeke, maar ek het dit bestel weens jou aanbeveling (en 388 customer-reviews). Ek sal jou vertel hoe dit was, indien ons weer ontmoet. 😉

          2. HansDieHammer Avatar
            HansDieHammer

            Stem saam omtrent “get-rich-quick” boeke, maar die ou se benadering is nogal uniek. Jy kan op sy webtuiste ‘n idee kry van sy benadering. Sy “get-rich-quick” is einlik eintlik misleidend (en die titlel help natuurlik nie daarmee nie). Sy “quick” is eerder oor ‘n tydperk van se maar 5 jaar. En hy se ook nie dit is maklik nie.

        2. manie Avatar
          manie

          Stem saam. Bly daar is meer van ons wat so dink. Ek het self halfgeleierteorie (by Tukkies) geswot, so ek weet waarvan jy praat. Die goed wat mens jouself geleer het, is dit wat jy altyd onthou.. en gebruik.

      2. nBmnp Avatar
        nBmnp

        P.S. Brei en hekel is nogsteeds beter as “geesteswetenskap”.

        Wat glo jy hoe behulpsaam ‘n graad in “english literature”, publisistiek of argeologie is?

        Nee. Dat is ydelkeit en niks anders. Die mense wil dat die anderes “Dokter” sê vir hulle. En dit is ALLES wat relevant is vir die meerderheid van universiteit-vakke.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Jy het tot n sekere mate n punt – gewone vakmanne
          wat met hulle hande werk is die manne wat die groot geld verdien het ek tot my verbasing agtergekom – om n nuwe huis te bedraad en elektries toe te rus is astronomies duur bv. een enkele muurprop kos R300 + ek aanvaar dat vraag en
          aanbod ook n faktor is soos jy se – almal wil universiteit toe 😉

    1. HansDie Hammer Avatar
      HansDie Hammer

      Dankie vir die skakel. Vanaf die begin van hierdie jaar het ons begin met tuisonderrig vir ons kinders.
      Hierdie skakel bevestig net weereens ons het die regte besluit geneem.

      1. nBmnp Avatar
        nBmnp

        Daar is baie studies wat bewys dat gewone ouers beter onderwysers is (tuisonderrig) as “profesionele opvoeders met graad” (skoolonderrig).

        Gelukwens vir jy.

        1. HansDieHammer Avatar
          HansDieHammer

          Dankie,
          Jy is reg. Ouers het meer van ‘n belang by die opvoeding van hul kinders as ‘n onderwyser wat slegs die kind wil deur kry na die volgende graad (en ek neem hulle nie noodwendig kwalik daarvoor nie, hulle het 20 – 30 kinders waarvoor hulle verantwoordelik is, dit is dus onmoontlik om die individuele aandag te gee soos nodig.
          Onderwysers is ook gebonde aan die vasgetselde kurrikulum, waar ouers nie is nie (uit die aard van die saak moet die basiese vakrigtings vasgele word).

  6. De Juur Avatar
    De Juur

    Soos gewoonlik ‘n puik en intellektuele skrywe van Joseph.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Stem saam met jou de Juur hierdie Joseph Secreve mag maag die pen opneem.

  7. De Juur Avatar
    De Juur

    Inter-rassige “vryheid, gelykheid, broederskap, verbroedering, akkommodasie, versoening, eenheid en vermenging” is sekerlik dié prioriteits- slagspreuk (en bose beleidsvoorneme) van die Internasionale (Joodse) Geldmag & Bankiers (Rothschilds, Rockefellers, Warburg, Oppenheimers, Soros, ens…).
    .
    Omdat godsdiens en morele waardes hand-aan-hand loop, is die Kerk een van die vernaamste instellings wat deur die Geldmag gebruik (misbruik) word om die Blankes subtiel en stelselmatig mee te breinspoel (en te vernietig). Daarom het hulle reeds lankal die Kerk (so te sê alle kerke) geïnfiltreer en besmet.
    .
    Die Kerk (en veral die liberale Engelse sendelinge) het oor die jare dieselfde subtiele modus operandi gevolg toe hulle reg van die begin af die naturel begin (geestelik) akkommodeer het, naamlik in die Christelike godsdiens… toe hulle die naturel as ‘n “afstammeling van Adam” (deur Gam) geklassifiseer het, en sodoende die Blankes gekondisioneer het om die naturelle as “medemense”, “gelykes”, “naastes” en “broers” aan te neem.
    .
    Die resultate van hierdie leuens & misleiding is vandag wel bekend. Daardeur kon hulle die volgende stel kunsmatige aanklagtes teen die Blankes fabriseer, naamlik “diskriminasie”, “apartheid” en “rassisme”. Hierdie linkse liberaal-humanistiese (teosofie -gebasseerde) klagtes is natuurlik kunsmatig geskepte “vloekwoorde” met die uitsluitlike doel om die Blankes te viktimiseer, te beskuldig, te verkleineer en te ondergrawe.
    .

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      het is toch ook opvallend dat de werkelijke naasten zijn ingeruild en nu als onderdeel van ‘modern’ niet zelden ronduit veronachtzaamd en verwaarloosd worden.
      Dat levert rondom de wereld veelal ontkende verschrikkelijke toestanden op waarbij gezinnen en families veel leed hebben te verduren en onderlinge samenhang en begrip verliezen.

    2. jan Avatar
      jan

      Die blankes viktimiseer hulself Boet.

      Die wit blosende blankes is die meester towenaars met die ‘woord’
      Dis-informasie, leuens bedrog valsheid – towerkunsies:
      Psy-ops propaganda is ‘n wit blosende Boere-eienskap. Niks is waar nie en niemand kan vertrou word nie.

      Daarom is die swartes baie meer geloofwaardig – want mens kan hulle minstens ‘lees’ – goed of sleg weet jy waar jy staan met hierdie eenvoudige mense – hulle het oneindig minder bedrog as die Wittes.

      Die slegste Witte sal jou verstom oor sy/haar prestasies en die ‘beste’ Wittes ken nie die einde van valse onmenslike wreedheid en haat nie.

      De Muhr en Matt is die beste voorbeeld van dislektiese dialektiese diabloliese misbruik van taal [info / kennis].

      Godsdiens, wetenskap en ideologie word opgeklits in ‘n heksebrousel met kommersiele waarde. [ serkulasiesyfers]

      NIKS wat De Muhr skryf kan mens glo nie want daar is geen onderskeid tussen kaf en korrels nie. Wat hy skryf is soos ‘n koekstruif van woorde – mengsel van kennis en kwaadwillige k** . Wat De Muhr byvoorbeeld van my skryf is net my naam korrek – die res is verbeeldingsvlugte. Lasterlike leuenagtige getuie.

      Ek sien hy en Matt ,sy mentor , is nou op dieselfde vlak van anti-Kerk…..Matt praat van die Sirce of ‘Engelefabrieke’

      Na 40 jaar se bedrog het ons Boere Afrikaners absoluut geen meer basiese vertroue nie [‘basic trust’].

      Dit beskou ek as die Tsafenda-psigose

      1. De Juur Avatar
        De Juur

        Dis reg, ou boggom-boetie maljan met die geborduurde vorskootjie… daar in die Vrymesselaarsfront-plus se Orania. Inderdaad is dit die WIT addergeslag (soos jy) wat al ewig LIEG met julle al-ewige dis-informasie, (kerk) leuens, bedrog, misleiding, valsheidverkondiging van “nie-rassigheid” en “inter-rassige vryheid, gelykheid, broederskap, verbroedering, akkommodasie, versoening, eenheid en vermenging”. Julle links-liberale vrugte ontbloot wie julle werklik is. Adders ! En jy is tog sóó suurgat omdat ek jou ontbloot.

      2. De Juur Avatar
        De Juur

        Dis reg, ou boggom-boetie maljan met die geborduurde vorskootjie… daar in die Vrymesselaarsfront-plus se Orania. Inderdaad is dit die WIT addergeslag (soos jy) wat al ewig LIEG met julle al-ewige dis-informasie, (kerk) leuens, bedrog, misleiding, valsheidverkondiging van “nie-rassigheid” en “inter-rassige vryheid, gelykheid, broederskap, verbroedering, akkommodasie, versoening, eenheid en vermenging”. Julle links-liberale vrugte ontbloot wie julle werklik is. Adders ! En jy is tog sóó suurgat omdat ek jou ontbloot het.

      3. gas Avatar
        gas

        Jou kop kletter en raas too much!

  8. jan Avatar
    jan

    Daar moet onderskei word tussen opvoeding en opleiding.

    Die staat se plig is slegs opleiding tot ‘n sekere vlak van geletterdheid.
    Die ouers is verantwoordelik vir opvoeding.
    Opleiding en opvoeding kan moeilik geskei word – maar dis die ouers se taak om ‘n skool te kies om die kind op te voed en die nodige lewensvaardighede te leer vir die kompetisie daar buite.

    Die BCVO / CVO kinders is skitterende voorbeelde van die bes- toegeruste kandidate vir lewe — Matrieks word reeds voor hul eind eksamens poste aangebied selfs by Universiteiet sonder oorbruggingseksamens. – selfs oorsee.

    Die Vrye Mark sal die sukses bepaal van skoolopleiding en opvoeding.

    CVO is die beste van almal ten spyte van ‘n skrapse begroting.

  9. jan Avatar
    jan

    Over five thousand years ago, Moses said to the children of Israel,
    “Pick up your shovels, mount your asses and camels, and I will lead
    you to the Promised Land.”

    Nearly 20 years ago, (when the Nats were in power) De Klerk
    said,
    “Lay down your shovels, sit on your asses, and light up a Camel,
    this is the Promised Land.”

    Today, the ANC has stolen your shovel, taxed your asses, raised the
    price of Camels, tolled the Highways and Byways
    and mortgaged the Promised Land to the Chinese.

    I was so depressed last night thinking about Jacob Zuma, the
    economy, the wars, lost jobs, savings, corruption, the toll roads,
    retirement funds, etc ….

    I called a suicide hotline.

    I had to press 1 for English.

    I was connected to a call centre in Pakistan. I told them I was
    suicidal.

    They got very excited and asked if I could drive a
    truck……

    Folks, we’re screwed .

Leave a Reply