
Oproermakers in Majakaneng in Noordwes het twee winkels wat aan buitelanders behoort geplunder, het ‘n inwoner gesê.
“Toe die polisie op ons geskiet het, het lede van die gemeenskap kwaad geword en die winkels geplunder,” het Pule Rakomane gesê.
Betogers het ook drie voertuie aan die brand gesteek, het The Times berig.
“Hulle was ou motors wat nie meer gebruik word nie,” sê Rakomane.
Polisie het egter gesê hulle het weet niks van die plundering of verbrande motors nie.
“Ons het nie verslae van die voorvalle ontvang nie,” het kol Sabata Mokgwabone gesê.
“Wat ons wel weet, is dat die betogers ‘n vergadering gehou het en dat ‘n raadslid se huis gevandaliseer is. Die betogers het ook probeer om die N4 te versper, maar die polisie het hulle gekeer, ” het hy gesê .
Rakomane het gesê betogers het by die plaaslike taxi-staanplek saamgetrek om hul volgende plan van aksie te bespreek.
Polisie het gesê ‘n sementvragmotor is vroeër op die N4 aan die brand gesteek .
‘n Bus wat konstruksiewerknemers vervoer is ook beskadig … by Majakaneng,” het Rakomane gesê.
Inwoners is glo in oproer oor watertekorte, beter paaie en HOP-huise.


