Die N4 snelweg wat Rustenburg en Zeerust met mekaar verbind, was Woensdagaand gesluit weens die voortgesette diensleweringsbetogings in die plaaslike munisipaliteit op Zeerust in Noordwes.
Oproeriges het paaie met klippe en rommel versper.
Hulle het die strate ingevaar nadat water-en sanitasieprobleme in die gebied ondervind is.
Ondanks ‘n swaar polisieteenwoordigheid in die gebied, het die oproerigheid vererger.
Volgens die polisie monitor hulle die situasie in die gebied.
Drie mans het buite Pretoria op die N4 by Pelindaba op ‘n bus vol toeriste losgebrand.
Die insittendes van ‘n wit Audi met die registrasienommer XYK841GP het eers op die bus geskiet, dit tot stilstand gedwing en daarna die passasiers van hulle besittings beroof.
Die polisie sê drie mans in die wit motor het die bus se bande flenters geskiet om die bus te dwing om te stop.
Nadat die bus tot stilstand gekom het, het hulle opgeklim en al die passasiers se selfone en handsakke geëis.
Niemand is beseer nie. Die aanvallers is steeds op vrye voet.
Die SAPD is glo besig om verklarings van die passasiers te neem.
Plunderaars takel buitelanders se winkels by Du Noon, in die Kaap
Oproermakers in Majakaneng in Noordwes het twee winkels wat aan buitelanders behoort geplunder, het ‘n inwoner gesê.
“Toe die polisie op ons geskiet het, het lede van die gemeenskap kwaad geword en die winkels geplunder,” het Pule Rakomane gesê.
Betogers het ook drie voertuie aan die brand gesteek, het The Times berig.
“Hulle was ou motors wat nie meer gebruik word nie,” sê Rakomane.
Polisie het egter gesê hulle het weet niks van die plundering of verbrande motors nie.
“Ons het nie verslae van die voorvalle ontvang nie,” het kol Sabata Mokgwabone gesê.
“Wat ons wel weet, is dat die betogers ‘n vergadering gehou het en dat ‘n raadslid se huis gevandaliseer is. Die betogers het ook probeer om die N4 te versper, maar die polisie het hulle gekeer, ” het hy gesê .
Rakomane het gesê betogers het by die plaaslike taxi-staanplek saamgetrek om hul volgende plan van aksie te bespreek.
Polisie het gesê ‘n sementvragmotor is vroeër op die N4 aan die brand gesteek .
‘n Bus wat konstruksiewerknemers vervoer is ook beskadig … by Majakaneng,” het Rakomane gesê.
Inwoners is glo in oproer oor watertekorte, beter paaie en HOP-huise.
Tolhekke op die N4-snelweg in Mpumalanga gaan dalk nie van vandag af beman word nie.
Lede van Satawu, die South African Transport and Allied Workers Union, gaan oor looneise staak.
Onderhandelings oor loonverhogings met die werkgewer Trac, Trans African Concessions, was glo nie suksesvol nie.
Mense wat die stakers goedgesind is, wil ook Woensdag na die tolhek tussen Middelburg en Witbank opruk.
Vusi Ntshangase, provinsiale Satawu-sekretaris, het aan Beeld gesê hulle beplan nie om die hekke of paaie te versper nie, “maar omdat simpatiseerders by ons kan aansluit, kan ons geen versekering gee dat motoriste nie ontwrig sal word nie”.