Drie mans het buite Pretoria op die N4 by Pelindaba op ‘n bus vol toeriste losgebrand.
Die insittendes van ‘n wit Audi met die registrasienommer XYK841GP het eers op die bus geskiet, dit tot stilstand gedwing en daarna die passasiers van hulle besittings beroof.
Die polisie sê drie mans in die wit motor het die bus se bande flenters geskiet om die bus te dwing om te stop.
Nadat die bus tot stilstand gekom het, het hulle opgeklim en al die passasiers se selfone en handsakke geëis.
Niemand is beseer nie. Die aanvallers is steeds op vrye voet.
Die SAPD is glo besig om verklarings van die passasiers te neem.

Helder oordag op ‘n besige snelweg en die gemors is steeds op vrye voet! Sou goed gewees het as die motor onder daardie bus beland het.
Dit laat my dink aan die Namibiese polisie wat nie twee verdagtes in die Namib kon vang nie. Eish.
Pragtig, en so voder die revolusie van die EFF se planne baie goed, onder ons neuse…..
So waar. Hulle kort befondsing en hierdie is maar een manier om die koffers aan te vul. Ek wonder hoeveel ATM bomme en kontant transito rooftogte daar nou weer voor die verkiesing gaan wees.
Hoe blatant kan jy nou wees. Ek hoop dit was buitelandse toeriste – nie dat ek hulle sleg toewens nie – eerder dat die boodskap uitgaan van watter wanorde en blatante kriminaliteit ons elke dag mee te kampe het.
Vang my as jy kan … of soos in SA : vang my as jy regtig egtig lis het om jou hoender boudjie neer te sit en jou dik gat te lig.
Beter “media dekking” as wat hier gebeur het kan ons nie voor vra nie.
Ek hoop die bus was vol buitelandse toeriste.