Die N4 snelweg wat Rustenburg en Zeerust met mekaar verbind, was Woensdagaand gesluit weens die voortgesette diensleweringsbetogings in die plaaslike munisipaliteit op Zeerust in Noordwes.
Oproeriges het paaie met klippe en rommel versper.
Hulle het die strate ingevaar nadat water-en sanitasieprobleme in die gebied ondervind is.
Ondanks ‘n swaar polisieteenwoordigheid in die gebied, het die oproerigheid vererger.
Volgens die polisie monitor hulle die situasie in die gebied.

Die oefeninge raak el meer en al meer intens. Ek hoop ons mense is wakker en gereed.
Ek glo nie… Hulle koop duur, geheuelose kussings – om meer gemaklik te vernag…