Die simulakrum van progressiwiteit

deur Götterdämmerung

Ek was nog altyd onder die indruk dat vordering sou aandui dat daar ʼn verbetering is vanaf dít wat was tot dít wat nou is. So het ons vordering getoon vanaf grotte na huise, vanaf vingerprentjies teen genoemde grotmure na die geskrewe woord en pragtige stukke kuns, vanaf klippe rondsleep na die wiel (en uiteindelik die binnebrandmotor), vanaf somme op ons vingers doen na kragtige rekenaars die grote van ons mobiele telefone wat komplekse wiskundige algoritmes kan bereken. Tegnologies het ons oor die laaste paar honderd jaar baie vordering getoon. In Engels word daar verwys na “progress” wat natuurlik die direkte vertaling van die Afrikaanse woord “vordering” is.

060214hutchison2Ook op geestelike gebiede (waaronder morele waardes, sedes en etiek) het ons vordering as ʼn samelewing getoon. Sekere samelewings het meer gevorder as ander en party het glad nie gevorder in hierdie opsig nie. Deur hierdie ontwikkeling (of vordering) het ons ons weg oop gevind om te kan onderskei tussen reg en verkeerd, wat aanvaarbaar is en wat nie. Sekere optredes en aksies was taboe en sommiges was nie net taboe nie maar is so afskuwelik dat dit teen ons menslikheid indruis. Dit is hierdie eienskap van lewende denke wat ons van die diereryk onderskei.

Verkeerdelik was ek  van mening dat “vordering” en “progressief” nabye sinonieme is, maar dit wil eerder voorkom asof die term “progressief” deur Angel-Saksiese kultuurmarxisme gekoöpteer is in die taal van politieke korrektheid. Blykbaar beteken “progressief” nou iets heeltemal anders as wat ek en jy dink dit beteken – wat dit is vind ons maar daagliks uit soos diegene wat hulself as progressief bestempel die betekenis aanpas soos wat die wind waai.

Eweneens is die begrip van morele waardes, sedes en etiek ook daagliks ondergeskik aan herdefinisie soos wat progressiewe goed dink. Dermate dat dit nou esoteries van aard is. Ons gewone sterflinge is nie beskore om te verstaan nie aangesien ons nie progressief genoeg is om die hekwagte te wees van wat moreel, sedelik of eties is nie. Dit is slegs ʼn piepklein groepie beskore wat sterk herinner aan die Melvilliete van Naspers, wat dan in die bybels van die hoofstroommedia as onweerlegbare waarheid verkondig word.

Dinge is deesdae so progressief dat dit die indruk skep dat ons samelewing teen die spoed van die heilige wit Eland agteruit boer. Die vaart van die progressiewe treintjie raak al hoe doller en hoekom dit nog nie ontspoor het nie is vir my ʼn raaisel. Wat ek wel weet, is dat die progressiewe lot netjiese karikature van hulself maak.

Die gedagte dat progressiwiteit die absurde gaan probeer vermag, spook al ʼn wyle by my. Ons het alreeds ervaar hoe die normalisering van die een taboe na die ander werklikheid word. Sulke taboes moet genormaliseer word andersins kan almal nie gelyk wees nie. Gereeld word een of ander woordjie met die aanhangsel van “fobie” voor behoudende mense se koppe gegooi wanneer die “nuwe normaal” nie aanvaarbaar is nie. Tereg begin mense wonder wie is nou eintlik in beheer van die Malhuis.

Daar is egter  onaanvaarbare gedrag wat tot nou die strop vrygespring het juis omdat dit die meeste teen die morele aard van die Westerling indruis. Die samelewing vind hierdie gedrag en dade so afskuwelik dat dit wydverspreide veroordeling verdien wanneer dit plaasvind – dit is die eeue oue ontwikkeling van ons geestelikheid wat ons noodsaak om dit te veroordeel. Dit beteken nie dat pogings om hierdie afwykende en antisosiale gedrag te normaliseer deur die mees progressiewe van progressiewes nie daagliks plaasvind nie. Solank jy net nie die “misdaad” van  rassisme pleeg of jou verskuldig aan ‘n (aanhangsel)-fobie nie, is enigiets mos aanvaarbaar, normaal en regverdigbaar.

Kort-kort lees mens dinge wat die hare in jou nek laat opstaan en daardie olierige gevoel op jou maag veroorsaak. Jy seg onmiddellik vir jouself: “Hier kom moeilikheid, nie vandag nie, dalk nie more nie maar binnekort.” En so was dit ook onlangs vir die uwe – verskeie artikels, berigte, gespreksforums en blogs het die nekhare laat regop staan, daai Sondagoggendbabelasgevoel op die maag gegee en ek seg vir myself: “Gaan ons dit rêrig toelaat?”

Ons almal weet dat daar verskeie afskuwelike dade is wat indruis teen alles wat die mens as goed en reg vind. In my boek is daar twee antisosiale dade wat kop bo water staan. Misdade teenoor vroue en kinders. Meer spesifiek, seksuele misdade teenoor vrouens en kinders. Jare se ondervinding in wetstoepassing het my geleer dat daar weinig ander misdade is wat so bytend en vernietigend is. Dit ontneem menslikheid, dit breek die psige en laat littekens na wat bitter min, indien ooit, genees. Dit tas hele gemeenskappe aan.

Pedofilie (seksuele misdade teenoor kinders) lê my naby aan my hart. Miskien omdat ek self jong kindertjies het en ys by die blote gedagte dat een of ander roofdier daar buite my kinders iets sal aandoen of miskien is dit omdat die wêreld so ʼn siniese plek is en kinders se onskuld dit weerspreek. Kinders is ons kosbaarste geskenk en indien ʼn mens dit nie kan insien nie, het hy of sy niks in die samelewing verloor nie. Selfsug is nie ʼn verskoning om nie kinders as ʼn gawe te erken nie.

My reis om te verstaan dat die normalisering en aanvaarding van pedofilie nie net moontlik is nie maar wel waarskynlik is, het vroeg verlede jaar begin toe ek gelees het van Allen Ginsburg – erkende leier van die homoseksuele beweging in Amerika in die 1960s wat gesê het: “Naked kids have been a staple of delight for centuries, for both parents and onlookers. So to label pedophilia as criminal is ridiculous.” Skokkend en walglik. Maar hierdie karakter staan nie op sy eie nie – hy het baie hulp om hierdie sienswyse die wêreld in te stuur

Die American Psychiatry Association (APA) het homoseksualiteit herklassifiseer vanaf ‘n afwyking na seksuele oriëntasie. Hierdie selfde  organisasie het nie te lank gelede nie gepoog om dieselfde te doen met pedofilie maar is goddank deur wydverspreide teenkanting gekeer. Ek glo vir geen oomblik dat dit die laaste keer is dat hierdie linkse organisasie sal probeer nie.

Nie lank nadat ek bewus geword het van hierdie verwikkelinge nie, verskyn ‘n berig rakende die Pedophile Information Exchange (PIE) en die Britse Arbeidersparty se huidige leierskap wat gekonkel het in die 1970s en vroeë 80s om die instemmingsouderdom te verlaag.

Skielik begin berigte van soortgelyke agteraf gekonkelry tussen pedofiliegroepe, homoseksuele drukgroepe, politici, joernaliste en meningsvormers die lig sien. Veral Brittanje blyk onderhewig aan die plaag te wees waar selfs die Konserwatiewe Party vrot van progressiewe liberalisme is. En ons weet hoe graag ons plaaslike oes van progressiewe liberale, met hulle erge aanvalle van anglofilie, enigiets verorber wat vanuit die kwien se land afkomstig is. In die Europese Unie beveg ‘n georganiseerde pedofiliegroep hul verbanning in die hoogste howe – met bystand van progressiewe liberale regskenners.

Gegewe die gebrek aan kritiek op Islam waar kinderbruide nie net goedgekeur word nie, maar ook verkieslik is en die storm wat losbars wanneer enigiemand behoudend dui op inheemse Afrikagebruike van geforseerde kinderbruide en Vigs-genesing– selfs om sover te gaan om mense wat dit uitlig onthef te kry van hul poste – dui daarop dat daar alreeds ʼn stille goedkeuring is vir hierdie afskuwelike afwyking.

Binnekort is dit volskaalse normalisering en gedwonge aanvaarding. Verwag die neologisme pedofobie om binnekort sy verskyning te maak.

Feministe is vinnig om te praat van die “oorlog” teen vroue, die patriargale houding van mans jeens vrouens, die “verkragtingskultuur” wat onder mans “heers”. Absurde terme soos “mondelingse verkragting” en “visuele verkragting” doen wyd die rondte. Dit maak ʼn bespotting van ʼn ernstige aangeleentheid.

Ek onthou ʼn insident verlede jaar op Twitter waar ʼn feministiese joernalis aangevoer het sy is deur haar vriendin se vorige kêrel verkrag. Dat sy blykbaar onder die invloed van alkohol was, dat sy die aantyging gemaak het maande ná die insident en dat die horisontale rumba wedersydse goedkeuring gehad het op daardie tydstip – tot sy die volgende oggend wakker geword het en getref is deur spyt en ʼn intense skuldgevoel – was blykbaar nie van toepassing nie . Toe is dit verkragting, sy kon die arme man na hartelus beswadder en wee enigiemand wat haar weergawe in twyfel trek. Feministe het rondom haar gekoek soos bye om hul koningin – en om dieselfde rede ook.

Suid-Afrika is die verkragtingshoofstad van die wêreld, Islam vind dit heel aanvaarbaar dat mans vroue verkrag (soms is dit selfs geregverdig want die vrou het een of ander obskure reël van Mohammed oortree) en bitter min sal enigiemand ʼn haan daaroor hoor kraai. Maar boetie jy moet sien as ʼn sleg blanke werfbobbejaan ʼn vrou verkrag – die gifpyle vlieg hoog en suiwer. Selektiewe moraliteit op sy beste.

En toe lees ek van Richard Dawkins, doyen van militante ateïsme,  progressiewe liberaal en algemene aangename persoon om mee ʼn gesprek te voer – veral as jou sienswyse net 100% lynreg met syne ooreenstem. Meneer Dawkins probeer toe mos onderskei tussen verskillende soorte verkragting – dat een minder ernstig as ʼn ander is. Die absurditeit van sy uitsprake het my sprakeloos gelaat.

Ek was sprakeloos maar nie gedagteloos daaromtrent nie. Veertig jaar gelede was die blote gedagte aan homoseksualisme as aanvaarbaar absurd, dertig jaar gelede was die gedagte aan homoseksuele huwelike die dwalinge van ʼn geestesversteurde. Vandag is beide nie net aanvaarbaar nie, die normalisering daarvan is voltrokke. Hemele behoed enigiemand wat durf om daarteen uitspraak lewer. Sien julle waarheen ek gaan hiermee? Die normalisering en aanvaarding van verkragting – maar net vir sekere kleure en geure omdat dit deel van hul kultuur en geloof uitmaak. Morele en sedelike waardes geherdefinieer, baie dankie!

Hierin lê die simulakrum  van die progressiewe. Daar is geen progressiwiteit te bespeur nie, geen vordering om ‘n beter toekoms na te laat nie. Eerder word ons deur ‘n klein groepie sosiopatiese en psigopatiese bullebakke geforseer om agteruit te beweeg, regressief terug te gaan na vergane tye. Selfsug en nihilisme laat dit toe. Om dít wat deur ons voorouers – deur eeue se ontwikkeling – as afskuwelik en onaanvaarbaar verklaar is te omhels, te aanvaar, te normaliseer. Wat is dan volgende? Nekrofilie? Bestialiteit? Bloedskande? Waar eindig die krans en waar begin die afgrond?

Libië, kerkhof van Amerikaanse ‘universele waardes’

Die Amerikaanse seesoldate het in Maart gekraai dat hulle die weghol-olietenkskip met die naam Morning Glory aan die Libiese regering terugbesorg het, nadat dié Noord-Koreaanse tenker olie by ‘n terminaal kom oplaai het wat hulle van ‘n rebellegroep gekoop het.

Die transaksie staan duidelik nie in die Amerikaanse reëlboek wat bepaal dat alles aan die VSA behoort nie.

Die herowering van die Morning Glory is die minste van die probleme waarmee Libië te kampe het. Dit blyk nou dat die VSA asook die EU hul diplomatieke personeel verlede week ontruim het uit Libië want dit het te gevaarlik geraak met konflik wat die land oorspoel het.

Drie jaar gelede het President Obama verklaar dat Amerika “nie net sal bly toekyk ​​in die aangesig van die aksies wat globale vrede en veiligheid ondermyn nie,” en sommer die volgende dag die land onder ‘n bommereën laat verkrummel as “steun vir ‘n stel universele waardes”.

Hoe het dié plan toe gewerk? Pragtig! het een van die vernaamste argitekte van die oorlog, die VSA se ambassadeur by die Veiligheidsraad Samantha Power aanvanklik getwiet. Sy het kort na die vernietigende bombardement haarself trots na Twitter gewend met “#Results” [resultate] want die “Libiese volk is nou verenig”.

Hillary Clinton was nog meer in haar noppies en het by Rome en Julius Caesar gaan leen toe sy laggend verklaar het: “Ons het gekom, ons het gesien, hy’s dood.” Sy het natuurlik na Moeammar Gaddafi verwys wat die VSA voor televisiekameras boendoehofstyl laat vermoor het sonder verhoor.

Dat sulke optrede voldoen aan navolgingswaardige “universele waardes”, is om die minste te sê werklikheidsvreemd.

Die Amerikaanse top-amptenare is deesdae ook aktiviste wat versot is op hutstekenveldtoggies en openlike minagting vir oordeelkundige studie van grondkwessies het.

Omdat hulle die hoofstroommedia beheer, meen Washington hul eie werklikheid kan gevestig word met ‘n paar welklinkende frases sonder om begaan te wees oor gevolge.

Binne twee jaar is meer as 100 prominente figure, senior sekuriteitsamptenare, regters en politieke aktiviste deur die VSA laat vermoor. Die golf moorde wat die plaaslike leierskap uitgewis het en die regering en die veiligheidsmagte verlam het, het tot chaos gelei en Libië se olieproduksie byna tot ‘n stilstand gedwing.

U en ek het daarvoor betaal by die vulstasie.

Beeld het ook gretig oor die NAVO-ingryping berig, alhoewel hulle eers Libië en Liberië verwar het. Leopold Scholtz het smalend na Suid-Afrika se “mislukte bemiddelingspoging om ’n einde aan die burgeroorlog in Libië te maak” verwys.

Die “spesmagte se rol agter die skerms” deur NAVO wat die “diktatuur van kol. Moeammar Ghaddafi na die afgrond dryf”, het hy dronk van bewondering geprys.

“Die groot sukses wat die lugaanvalle behaal het, volgens Navo-syfers is 890 doelwitte,” het Poldi jubelend die stelselmatige vernietiging afgetel. Vir ‘n Apartheidsapparatsjiek wat so graag dooies tel, is dit verbasend dat Scholtz nog nie opgemerk het wat op plase hier op sy agterstoep aangaan nie.

Dit was ten minste die tweede onlangse volksmoord na Irak, want Libië tel nie as ‘n “oorlog” nie. Dit was ‘n “humanitêre” ingryping deur NAVO. Die VSA het hul besluit verdedig omdat hulle “duisende mense se lewens gered het”.

Behalwe dat dit nie ‘n wettige argument is nie, is dit ook nie waar nie. Obama moes ‘n humanitêre bedreiging versin om militêre optrede in Libië te regverdig.

Obama en NAVO het nie alleen toegekyk hoe vrede en veiligheid in Libië ondermyn word nie, hulle het doelbewus aktief meegehelp en vandag is die “#Results”, resultate daar vir die wêreld om te aanskou. Skrikwekkend.

Ramaphosa, wou julle net ons ontwikkelde land gehad het?

deur Riempies

Mnr Ramaphosa, julle swartmense wou volle burgerskap gehad het en ons het dit vir julle gegee.

Nou moet ons, terugskouend,  agterkom dat julle verskuilde agendas gehad het soos dit blyk te wees – dat julle net ons ontwikkelde land wou gehad het en ons Afrikanervolk en sy geskiedenis wou uitwis – ‘n doelstelling wat julle bykans reeds bereik het.

Julle wou nie help bou aan ‘n reënboognasie nie – julle wou die Afrikaner vernietig sien en alles waarvoor hulle gewerk het by hulle afneem. Julle wou nie julle lewenstandaard verbeter het deur hard te werk en hard te leer nie – julle wil net alles maklik en verniet hê, op die Afrika manier – en die manier wat julle gebruik om dit verniet en maklik te kry, is om by die Afrikaner alles af te neem deur oneerbare magsmisbruik.

Julle skaf ons boerebeskermingsdienste af en laat ons weerloos teen julle swart moordenaars en julle sê niks nie as ons, soos reeds, in ons derduisende wreedaardig uitgemoor is. Inteendeel, die president moedig julle swart mense aan om ons blankes uit te moor deur vir swartes te sing hulle moet die boer skiet en in die see in jaag.

Julle wou nie hard werk om te leer hoe om om ons eerstewêreldstandaardhospitale in stand te hou nie. Al hierdie voorheen voortreflike hospitale is besmet en nie meer bruikbaar eens vir diere nie. Julle weier vir ons kinders met etlike onderskeidings toegang tot mediese opleiding en gee op grond van hulle swart vel vir kinders wat nie toegerus is om medies te studeer nie geleentheid, ‘n geleentheid wat in die eerste paar maande vermors word. Die gevolg: ‘n onherstelbare tekort aan opgeleide medici en verpleegsters.

Julle neem poste weg by bekwame blanke mense en gee dit vir onopgeleide, onbevoegde swart mense oor hulle velkleur – sonder om om te gee vir die gevolge daarvan.

Julle plaas mense in poste wat nie opgewasse is met die nodige kundigheid  om die werk te kan doen nie, uitsluitlik op sterkte van hulle velkeur. Die gevolg is dat alle infrastruktuur in duie stort, ons drinkwater besmet is, ons riviere en opgaardamme en ondergrondse water besmet is en paaie uitmekaar val.

Die skole se standaarde het julle afgebring tot derdewêreldvlak – dit bevestig vir my dat julle nie belangstel daarin om julleself op te hef tot uitnemendheid nie. Julle wil nie hard werk om iets te bereik nie; julle wil julle derdewêreldstandaard handhaaf.

Eweneens het julle onbevoegde mense aangestel in beheer van universiteite, wat liewers hul besig hou met die onderdrukking en uitwissing van die Afrikaner, sy taal en kultuur as om die mense van kleur aan te moedig om hard te werk en hard te leer om hulleself en hulle toekoms te verbeter. My afleiding is dat die houding van hierdie kaderaangestelde mense in magsposisies op universiteit is: Hoekom sal hulle nodig hê om hard te werk en hard te leer, want hulle velkleur is kwalifikasie genoeg vir enige pos in enige posisie in hierdie droewige, vernielde land.

Die ANC-regering se optrede oor die afgelope 20 jaar is meer as bewys genoeg van wat hulle doelstellings is – en dit sluit nie die Afrikaner wat hierdie land ontwikkel en gebou het in nie.

Julle het genoeg geld ontvang uit die buiteland om julle swartmense se lewens te verbeter. Wat het met daardie geld gebeur; waar is daardie geld heen?

Julle het die land se grense oopgegooi in julle eie belang en ten koste van julle eie swartmense wie se lewenstandaard afgryslik versleg het, gemeet teen die situasie voor 1994 onder blanke bestuur.

Die land se polisiemag en weermag het tot ‘n verleentheid verval.

Die land het verval in daaglikse onbeheersde bandelose gewelddadigeid wat deur ‘n kriminele diktatuur beheer word. Soos dit blyk te wees met julle –die regering – se volle goedkeuring – my afleiding – omdat daar geen poging van regeringsweë aangewend word om hoegenaamd orde te herstel nie.

Dus, waaroor wil u met ons praat, wat ons sal glo?  Julle wil nie ons Afrikanervolk ons taal, of ons eerstewêreldkultuur hier hê nie. Dus sal ek dit as vanselfsprekend beskou dat daar van regeringsweë af geen teenstand sal wees as ons pleit vir selfbeskikking en ons eie  grondgebied nie.

 

Ope brief aan Steve Hofmeyr

deur René Kruger, Bethal

Aangesien jy nou so te sê terug op Afrikabodem is en jy terstond die ton mis op jou kop gaan ontvang, is dit seker gepas om ‘n lansie te breek vir Mareli Stolp en Dana Snyman wat op Dagbreek Diskoers hul monde gespoel het oor jy durf waag het om Die Stem te gesing het tesame met 40 000-plus mense.

Eerstens, jy het nie namens “ons” gesing nie. (Jy het namens mý gesing!)

Tweedens, jy het Die Stem gesing omdat jy geweet het dit het ‘n “supernasionale” konnotasie juis omdat daar toeka se tyd ‘n moeilike keuse was tussen God save the king en Die Stem. Die Stem was toe die gekose lied, om skeiding tussen Brit en Afrikaners te bring. Groot sonde! Groter sonde as die konsentrasiekampmoorde en verkragtings op ons vrouens.

Derdens, jy het Die Stem gesing omdat dit ‘n vorm van protes was/is. En jy mag nie nostalgies wees oor Afrikanerkultuur nie. Afrikaners het nie ‘n kultuur om oor trots te wees nie – volgens Mareli Stolp is Afrikanerkultuur ‘n “fantasie” – het jy nie geweet nie?

Afrikaners het mos die swartes se besighede, skole en universiteite kom oorneem.

Vierdens, juis omrede jy durf waag het om Die Stem te gesing het, het ‘n sekere persoon ‘n vreeslike opmerking teenoor tannie Zietsman gemaak en daardie wit persoon nou “alle” Afrikaners verteenwoordig. (Vir seker verteenwoordig hy nie vir my nie.)

So veroorsaak Oom Steve toe in jou afwesigheid een hengse bohaai. Jy weet mos, daardie bohaai wat Oom Kopdoek, Oom Dana, Oom Adriaan, Tannie Mareli, Oom Anton en Tannie Zietsman en kie. na hul penne laat gryp het.

Dít wat jy durf waag het om te sing, is ‘n veel groter sonde as ons pres Zuma en gevolg wat “Kill the Boer” sing. Ek het nêrens gesien of gelees dat enige van ons verlinkse Afrikaners so uitgesproke was oor “Kill the Boer” nie. Dit is vir seker nie polities korrek om enigsins te impliseer dat Afrikaners ongelukkig is in Suid-Afrika nie.  Dit is dan ons eie skuld dat die land is soos hy is. Ons dra die skuld omdat swart mense nie opgelei is nie, ons het dan hul eie skole en infrastruktuur verwoes.

En natuurlik word geen Afrikaner in Suid-Afrika verdruk nie. Jy weet, soos Tannie Mareli gesê het, sy is in die 80s gebore en “ervaar geen verdrukking nie”. Hou in gedagte, Tannie Mareli praat namens alle Afrikaners en haar kinders het almal werk en die res is in gewone ou model C-skole met 25 kinders in die klas.

Is jy regtig bereid om Die Stem te sing voor swart en bruin mense? Is jy nie skaam nie? Jy en die 40 000-plus mense wat saam gesing het? Hoe gaan julle die massas in die oë kyk?

Onthou ook dat Tannie Zietsman 40 000-plus mense, dose genoem het. En een persoon het haar verkragting toegewens. Dit is ‘n vreeslike ding daardie, Oom Steve, verstaan mos die wiskundige som van presentasie en die weegskaal?

Die weegskaal weeg swaarder na die een persoon toe wat Tannie Zietsman so ‘n vreeslike vloek toegewens het, as teenoor haar 40 000-plus doosvloeke.

Die weegskaal hel sommer heeltemal om, omdat jy Die Stem as “struggle song” gesing het.  Malema se “honeymoon is over for the whites” is ‘n mak lammetjie.

Die weegskaal het nie genoeg gewigte om jou swaar genoeg te vind vir die sing van Die Stem as vorm van protes nie, aangesien Die Stem-gesingery nie die land miljarde gekos het soos die Eskom- en Numsa-stakings nie. (Ek wag nog vir Oom Adriaan, Oom Dana en Oom Kopdoek om hul vreeslike onreg daaroor te lug.)

Die weegskaal is glad nie in jou guns omdat jy vir en namens Afrikaners praat nie. Oom Steve sal meer aansien by die verlinkses gekoop het as Oom as ‘n EFF-lid die ANC-struggle songs gesing het.

Onthou Oom Steve die Delmas-optog toe die klein baba en sy oppasser vermoor is? Genade, dit was amper so erg soos die stakende massas wat besighede so plunder en die oumense vermoor.

Waar was die swart, bruin en ander wat saam die debat op Diskoers kon voer? Sou dit nie ‘n groter verteenwoordiging van verontregdes gewees het nie?

Die blanke Afrikaner is sy eie grootste vyand. Geen blanke het mos die reg om sy eie kultuur te besit nie. Daardie demokratiese reg behoort aan die Indiërs en anderskleuriges.  Integrasie en rasvermenging is slegs nodig as jy ‘n blanke Afrikaner is.

Afrikaans is die sondebok. Sou Die Stem in Engels gesing gewees het, het nie ‘n enkele persoon ‘n oog geknip het nie.

Laat ons ons kultuur as Afrikaners uitleef, met nostalgie en verlange. Verlange na die veiligheid van slaap met ‘n oop deur. Verlange na ‘n uitstappie by die Vaalrivier sonder om verkrag en geslag te word. Verlange na die stilhou langs die pad vir ‘n gekookte eier en frikkadel op pad see toe.

Laat ons Die Stem sing, met oorgawe, met liefde, met geloof en met hoop.

Hier is die “debat” op KykNET se Diskoers-program waarin die aanbiedster duidelik kant kies teen Die Stem.

Jongste inligting oor vlug MH17 wys Beeld se misleiding

Deur Rutger Hoell.

Dit sal interessant wees om te verneem wat Leopold Scholtz en Erica Gibson te sê het oor die jongste inligting dat vlug MH17 uit Amsterdam deur die Oekraïne afgeskiet is, veral nadat Scholtz enkele dae gelede in Beeld die volgende beweer het:

Alles dui daarop dat die pro-Russiese rebelle in die Oos-Oekraïne die Boeing 777 van Malaysia Airlines, op pad van Amsterdam na Kuala Lumpur, neergeskiet het. Maar hulle het nie geweet wat hulle doen nie.

Dit wil eerder voorkom asof Scholtz nie geweet het wat hy doen nie. Volgens die jongste aanduidings is die “bewys” van ‘n opname wat die vinger wys na die rebelle, ‘n vervalsing en die tydstempel daarop toon dat dit ‘n dag voor die ongeluk vervaardig is.

Scholtz se verdere bewering dat die Boeing 777 deur ‘n Buk-lugafweerstelsel afgeskiet is wat deur selfverdedigingsgroepe gebuit is, is deur die meeste militêre kenners as onsin afgemaak en eerder ‘n brokkie wat agterdog wek oor ‘n professionele weermag se betrokkenheid.

Die kersie op die koek is egter dat Scholtz nie tussen verskillende insidente en datums kan onderskei nie. Hy moes die BBC se David Stern geraadpleeg het om vas te stel dat ‘n Antonof-26 op 14 Julie afgeskiet is op ‘n hoogte van 6500m, drie dae voor die passasiersvliegtuig neergeskiet is.

Hier is Scholtz se mistasting uit dieselfde smeerstuk teen “nasionaliste” in Beeld:

Onmiddellik nadat kontak met die Boeing verloor is, het ’n leier van die rebelle, “kolonel” Igor Strelkof, op Twitter gekraai: ‘By Torez het ons nou net ’n Antonof-26 neergeskiet. Ons het hulle tog gewaarsku: Moenie in ons lugruim vlieg nie.’

Die profiel van ene “kolonel” Igor Strelkof op VK, die Russiese Facebook, en sy sogenaamde inkriminerende twiet wat Scholtz aanhaal as die beste bewys van Rusland se betrokkenheid, is egter deur AP se voormalige joernalis in Moskou, Max Sneddon as ‘n vals profiel uitgewys.

Dit is dié soort van ongeërdheid oor naspeurbare feite wat ‘n mens verstom. Gibson se naïewe berig oor Russe wat aanmekaar vliegtuie afskiet, en sommer hul eie, is blykbaar vir die ANC geskryf. Scholtz, amper soos Gibson, huiwer nie om die verswarendste gevolgtrekking hiervan te maak nie:

Toe die nuus oor MH17 bekend word, is Strelkof se twiet vinnig verwyder.

Russiese lugdatarekords wys dat ‘n Oekraïense Su-25 vegvliegtuig die Malaysia Airlines Boeing 777 passasiersvliegtuig op die dag toe dit neergestort het in die ooste van die Oekraïne op 17 Julie, baie naby gevolg het.

Luitenant-generaal Andrei Kartapolov, hoof van stafoperasies van Russiese Weermag, het op ‘n nuuskonferensie Maandag, 21 Julie, gesê: “Rekords toon dat die Oekraïense vegvliegtuig die afstand van 3-5 km van die Maleisiese Boeing was.

“Die Su-25 kan op ‘n hoogte van tot 10 km vlieg. Dit is gewapen met P-60 lug-tot-lug missiele wat teikens kan tref op ‘n afstand van tot 12 km en betroubaar binne 5 km.

“Dit word bevestig deur die videomateriaal verkry deur die Rostovmoniteringsentrum. Ons wil graag weet hoekom die Oekraïense vliegtuig ‘n burgerlike roete op dieselfde vlugpad as die Maleisiese Boeing gevolg het,” het Kartapolov gevra.

Die Boeing het begin spoed verloor so 51 km van die grens met Rusland, het Rostov se lugverkeerbeheer gesê.

Ek dink ek sal Beeld in die vervolg vermy wat ernstige kwessies betref soos 192 mense uit ons stamland wat die ewigheid ingestuur word. Ons skuld daardie siele meer as goedkoop politiekery.

Dis sinloos om kant tussen Jode en Moslems te kies

deur Koos van Antwerpen

N.a.v. wat al reeds in 2008 gebeur het en dít wat nou in Gasa gebeur, waar die Arabiese Moslems vuurpyle na die Jode skiet en die Jode hulle terugbombardeer, behoort die volgende in ag geneem te word.

1. Agtergrondskennis

Sedert 1948 verjaag die Jode sistematies die Arabiere uit Palestina waar hulle al langer bly as wat die werklike Jode ooit tevore daar gebly het, en dit alles sonder ‘n sent vergoeding. Vandag se moderne “Jode” het geen aanspraak op Palestina nie, want hulle is self nie Joodse nageslag nie. Hulle is die nageslag van Kasare wat ‘n aantal eeue terug die Joodse godsdiens hulle eie gemaak het.

Die oorspronklike Jode is weens hulle afvalligheid van God deur Hom so verstrooi en vermeng oor die hele wêreld dat daar vandag nie een rasegte Jood oor is nie.

Die feit dat Amerika gebruik word om Israel en die Jode te steun, is ‘n bewys van Joodse invloed, nie van Amerikaanse volkswil of die aanvaarbaarheid van Joodse aansprake nie.

2. Jode en Moslems het dinge in gemeen

Albei groepe se denkpartone en waardes word bepaal deur ‘n grondliggende dokument wat tierend anti-Westers en anti-Christelik is. In die geval van die Jode is dit die Talmoed en by die Moslems die Koran.

Albei groepe haat Christus en die Christendom met ‘n passie en vervolg Christene waar hulle kan.

Albei sien neer en verfoei mense wat nie aan hulle geloof behoort nie, in welke mate dat die nie-gelowiges selfs beskou word as slagvee wat mag gedood word soos wat hulle wil, wanneer hulle wil.

Albei groepe hou daarvan om hul merk op kos te sit om nie-gelowiges o.a. te dwing om hulle gelowe te erken. Die Jode met hulle B-D-merk en die Moslems met hulle Halaalmerk. Interessant dat die twee merke saam op dieselfde kosverpakking kan voorkom.

Albei groepe wil graag die wêreld oorheers om ‘n totalitêre godsdiensstaat te vestig en werk elkeen op sy eie manier daaraan.

Albei groepe het direk of indirek al groot getalle Christene vermoor.

Albei die groepe verbied of beveg die Chistendom aktief in lande waar hulle invloed verkry of regeer. In Moslemlande soos Saoedi-Arabië is die Bybel en die Christelike geloof verbode. In Amerika waar die Jode groot invloed het, is dit onwettig vir Christene om in staatskole te bid en in Frankryk mag ‘n kruis nie in staatskole vertoon word nie.

Albei groepe probeer om deur media wat hulle beheer simpatie vir hulle saak op te wek. Hierin is die Jode waarskynlik meer suksesvol want hulle beheer o.a. 97% van alle tipes Amerikaanse media. Dit sluit in elektronies en gedruk. Hoe effektief die Moslems se simpatieke media is, is nie duidelik nie, maar dit sluit o.a. Al Jazeera in.

Beide Jode en Moslems assimileer nie met die bevolkings van Westerse lande waar hulle toegelaat word nie. Hulle bly aparte groepe wat op alle moontlike maniere hul bes doen om die lande van binne af oor te neem of te ondergrawe en in die kortste moontlike tyd die grootste mag in die hande te kry – tot nadeel van die gasheerlande.

3. Gevolgtrekking

Vir nie-Jode en nie-Moslems sal dit net nadelig wees as enige van die twee groepe die absolute botoon in die wêreld begin voer of selfs enige mag verkry. Daarom is dit vir nie-Jode en nie-Moslems sinloos om kant te kies in die stryd tussen die Jode en die Arabiere.

Boerehaat is ‘n kunsmatige konstruk

Deur Jan Viljoen.

Ek sit baie keer en wonder hoekom dinge is soos wat dit is. Ek praat nie hier van hoe ons in die situasie gekom het waarin ons nou is nie, dit is redelik goed gedokumenteer en bepraat. Ek praat van hoe ons in die situasie gekom het dat die blote sing van Die Stem vir party van ons so baie beteken dat dit trane in ons oë bring terwyl ander in dieselfde groep, van dieselfde agtergrond, Afrikaners almal van hulle, ‘n breinaneurisme wil kry. Hoekom is daar so ‘n groot verskil tussen een Afrikaner en ‘n ander? Ek wil nie eintlik die ander as Afrikaners erken nie, maar sal dit noodgedwonge moet doen want hulle was saam met ons op skool, miskien in die kerk, of in die weermag, praat dieselfde taal en kom uit Afrikaanse families uit. Afrikaners dus. Maar hoekom haat hierdie miniskule groepie pseudo-swartes die Afrikaanse kultuur met so ‘n passie en hoekom steur ons onsself aan hulle? Sommige wil nie meer Afrikaners wees nie, hulle sê self so, of hulle uiter gewoonlik dan die ge-ykte “…jy praat nie namens my nie..” retoriek. Asof almal namens almal wil praat. Tipiese papegaaiwoorde en internasionale gonswoorde. Hoekom dink ons almal nie dieselfde nie want is is dan tog almal Afrikaners? En anders as baie mense dink ek nie dit het iets te doen met die feit dat sommige van ons Duitse bloed, of Hollandse bloed of Franse bloed of selfs Engelse bloed het nie. Ek dink die oorsaak is baie meer kunsmatig as wat dit in ons gene is.

Maar ek gaan nie sê dat ek die antwoord het nie, en ek is ook nie ‘n sielkundige nie. En glo asseblief dat hierdie nie ‘n eureka oomblik is nie, dit is ‘n stadige gewaarwording wat al lankal terug begin het. Dit was ‘n stadige gewaarwording omdat die realiteit wat teen ons ontvou, ook ‘n stadige en stelselmatige proses is. Hierdie mymeringe van my is ook nie ‘n wetenskaplik nagevorsde studie nie, dis bloot die worstelinge van ‘n gewone en gemiddelde Afrikaanse man wat graag die enigma van wat die Afrikaner geword het, beter wil probeer verstaan.

So agt maande terug, onder die Daspoort-draad het ek iets oor die term “learned helplessness” gesê, en ek wou nog altyd graag daarop uitbrei. Die term, wat wel ‘n aanvaarde en wetenskaplik nagevorsde term is, beteken bloot dat as iets onaangenaams lank genoeg met iemand gebeur en al die pogings wat hy of sy probeer aanwend het om die situasie te verander dan nie gewerk het nie, mense hulle dan maar by die situasie berus. Maar die probleem gaan dieper, en dit is dat hoe langer mense hulle by die situasie berus, hoe moeiliker raak dit om die mense weer tot besef te bring dat daar iets is wat gedoen kan word om die situasie te verander. Hulle het hulpeloosheid aangeleer, ‘n gevoel dat watookal hulle probeer doen het, nie gehelp het nie, en dat niks dus kan gebeur om die situasie te verander nie. En dit strek selfs dieper. Wanneer hulle dieselfde hulpeloosheid by die een langs hom en die een oorkant hom opmerk, versterk dit die gevoel dat die situasie onredbaar geword het en dat dit beter sal wees om te berus en om maar net vorentoe te probeer spartel. In die weermag sou dit tipies “moraal” genoem gewees het, maar in die privaatlewe hou dit vir langer aan, die aanloop daarnatoe is stadiger en minder opsigtelik en die uitwerking daarvan manifesteer in ‘n soort angsdepressie. Elke ou veg vir sy eie oorlewing teen ‘n oormag en omstandighede wat hy nie werklik kan definieer nie. Hulle hou egter nie op om te hoop dat die situasie dalk mag verander nie, maar niemand het die moed van hulle oortuiging om die een te wees wat eerste iets wil probeer nie. Almal begin rondkyk vir ‘n leier wat maar net nie wil opdaag nie en enige iets wat dan naastenby soos ‘n leier lyk of optree word in verskillende rigtings in gevolg. Dit het weer tot gevolg dat my leier beter as jou leier is en dat my beweging meer waarde as jou beweging het, want mense is in wese tropdiere en wil aan groepe behoort. Dit het ook tot gevolg dat dit eintlik baie maklik is vir hierdie sogenaamde leiers om enigeiets aan hulle volgelinge te belowe of wys te maak, en dat hulle hom goedsmoeds sal glo en volg en selfs sal verdedig, al weet die ander van ons dat hulle op ‘n dwaalspoor gelei word. Hierdie sogenaamde leiers is later nie meer leiers nie, maar verleiers, sonder dat die skape in sy trop dit agterkom. En hulle sal hom nog steeds verdedig, want dit is hulle s’n. Dit raak later so ‘n deurmekaarspul dat dit lagwekkend maklik is om goeie leiers verdag te maak, om vals leiers te skep en legitimiteit en vertrouenswaardigheid rondom so leier te weef, om volgelinge teen mekaar af te speel, om ideologieë uit te dink, om groepe en teengroepe te stig of om mekaar op openbare platforms sleg te sê en te beledig. Kortliks, die illusie word geskep dat ‘n groep nie meer kohesie het nie en nie kan saamstaan nie. Die leuen is dan volmaak, dat ‘n volk uit verskillende groeperinge bestaan wat nie met mekaar oor die weg kan kom nie, oor hierdie of daardie opgemaakte rede. En wanneer daardie illusie eers geskep is en posgevat het, is ‘n groep vinnig besig om te wankel. Ons dink dat dit ‘n Amerikaanse President is wat hierdie waar woorde ge-uiter het, maar dit is eintlik wat in Markus 3 vers 24 staan: “En as ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie.” Die vyand poog elke dag, deur massabreinspoeling, om hierdie illusie van ‘n volk wat teen homself gedraai het, verder in ons psige vas te sement, en erger nog, sommige van ons glo dit al tot so ‘n mate dat ons dit self sê. Ons het ons nie net berus by die hulpelose stand van sake nie, ons is so gekondisioneer dat ons die leuens self verkondig, omdat almal anders so dink.

Verder is daar nog ‘n interessante verskynsel wat bydraend tot hierdie hele situasie is en dit is die feit dat mense hulle nie net berus nie, maar die vyand begin verafgod. Hulle kan nie meer die vyand sien vir wat hy werklik is nie. Dit is ook ‘n erkende en gedokumenteerde wetenskaplike term en word die Stockholmsindroom genoem. Dit beteken gewoonweg dat wanneer die staat van berusting so erg geraak het en wanneer die graad van wreedheid en genadeloosheid teen die slagoffer so fel geraak het, dat wanneer daar afwesigheid van geweld is, dit deur daardie slagoffer as ‘n daad van genade en welwillendheid gesien word. Die slagoffer word so getraumatiseer deur wat rondom hom aangaan dat wanneer die vyand hom enige aandag gee, hoe gering ook al, soos om hom die minste of basieste erkenning te gee, die vyand dus as genadig en welwillend gesien word en gevolglik uit dankbaarheid verafgod word. Hy sal selfs sy medeslagoffers tot verantwoording roep en teregwys, as hy voel dat sy medeslagoffers besig is om die vyand kwaad te maak. Het ons nie al hoeveel keer gehoor hoe dankbaar ons teenoor die Naspers-god, “Madiba” moet wees omdat hy nie toegelaat het dat sy volgelinge ons op die wreedaardigste wyses uitgemoor het nie. So asof ons totaal weerloos teen hierdie vloedgolf staan. ‘n ander Voorbeeld is die voorval waarin ‘n taxibestuurder die ritfooi van ‘n arm student weggewys het, en selfs vir hom R10.00 gegee het omdat hy vir sy eerste werksonderhoud oppad was en hy nie genoeg geld gehad het nie. Dit het die hele internet aan die gons. Ons sien nie die absurde agter die situasie in nie. Omdat ons so gewoond is aan die gedurige barbaarse optrede van taxibestuurders, neem dit slegs een redelike gemiddelde goeie daad om daardie taxibestuurder op te hemel en hom te prys vir sy “barmhartigheid”. Dis die Stockholm sindroom en ons is al so gekondisioneer dat die geringste daad van menslikheid word as ‘n wonderwerk beskou en die persoon wat die daad van menslikheid gepleeg het word as ‘n held opgehemel. Menslikheid, behulpsaamheid en respek is veronderstel om die norm te wees, maar ons beleef dit as die uitsondering wat besing moet word.

Dan is daar die Engelse woord “attrition”, wat eintlik nie ‘n regte Afrikaanse woord het nie. Die Engels-Afrikaanse woordeboek vertaal dit as “afskuring”, “berou” en “wrywing” maar in die konteks “war of attrition” beteken dit eintlik om jou vyand se moraal af te breek, om sy logistiek te ontwrig en om sy reserwes uit te put, en om die vyand een vir een uit te dun wanneer die geleentheid hom voordoen. Dit is ‘n stadige oorlog van getalle want die een wat die meeste het hou gewoonlik die langste uit. Soos hoedat ongeveer 5 miljoen blankes teen 45 miljoen swartes moet uithou terwyl die blankes se reserwes nie net uitgeput raak nie maar fisies teen hulle aangewend word, hoedat blankes moet veg om kop bo water te hou terwyl BEE die swartes bevoordeel, hoedat 15% van die belastingbetalers 85% van die res moet onderhou, hoedat die blankes elke dag van voor af boetedoening moet doen om hulle daaraan te herinner hoe sleg hulle is, hoedat die bietjie wat die blankes later nog gaan oorhê onder die swart elite verdeel moet word, hoedat hulle taal, kultuur en erfenis vermors, gesteel, misken en verkrag word, hoedat die swart put waarin alles verdwyn skynbaar net nie versadig kan word nie maar eerder om meer en meer skreeu en hoedat meelopers, verraaiers, rugstekers en jingoes, sy eie mense, teen homself gebruik word. Hoedat blankes in klein en relatiewe weerlose groepies een vir een uitgemoor word. Dit is “attrition”. Daar kan nog baie oor “attrition” gesê word, maar ons sal eers daarby volstaan.

Tussen hierdie drie kunsmatig geskepte omstandighede, en die uitvloeisels daarvan, moet die Afrikaner homself begin bewapen en soos altyd is die eerste stap dat ons moet weet wat besig is om met ons te gebeur. Ten eerste moet ons rondom ons kyk en besef dat ons in abnormale omstandighede verkeer. Dan moet ons onself begin oortuig dat ons iets aan hierdie omstandighede kan doen, en ons moet ‘n padkaart, van waar ons tans is tot waar ons wil wees, uitstippel. Die laaste stap is moue oprol en die eerste tree gee. Hierdie eerste tree gaan ‘n redelike sprong van geloof wees, maar as ons padkaart reg is gaan die eerste tree ons op die regte pad kry. Die meeste van ons wil net Sewende Laan kyk en probeer om elke dag op ‘n manier te oorleef wat die minste traumaties is. Sommige het ‘n vae idee wat aangaan, maar kan dit nie verwoord of verstaan nie, sommige kan dit sien en verwoord maar kan nie die vyand identifiseer nie. Sommige kan dit sien en ook die vyand uitken maar weet nie wat om te doen nie. Sommige van ons kan dit sien, die vyand herken en weet ook wat om te doen maar die volgelinge ontbreek want hulle kyk rugby. Intussen wag ons almal vir die man in bruin klere om ons uit hierdie situasie te kom red, maar as ons nie weet wie die man in bruin klere is nie, is enige man in bruin klere goed genoeg.

Wat ek hierbo gesê het is eintlik net ‘n vereenvoudigde opsomming van onderwerpe wat eintlik ‘n hele boek kan beslaan, maar daar is sekere punte hierbo waarby ons kan stilstaan.

Ten eerste is die leierskwessie waarin die Afrikaner hom bevind. Ons is ‘n volk wat uitstekende leiers opgelewer het, wat altyd op die regte oomblik met die regte temperament op die toneel verskyn het om ‘n dwarstrekkerige groep in een gedugte volk kon mobiliseer. Keer op keer. Maar om een of ander manier wil die leier hierdie keer maar net nie te voorskyn kom nie, om die waarheid te sê, die leiers wat wel tot voorskyn gekom het, was juis die persone wat ons al verder en verder in die verdoemenis ingelei het, met opset. Hierdie was dus nie leiers nie maar verleiers wat spesifiek so geplaas is dat ons hulle moes volg. Dink daaraan. Die laaste groot Afrikanerleier wat die volk tot ongekende hoogtes gelei het was Verwoerd, en dit was in die begin toe ons nog ‘n relatiewe jong volk was en toe demokrasie nog ‘n relatiewe nuwe ding was. Demokrasie was op daardie stadium ‘n edel ding, ‘n eerlike proses wat daarin geslaag het om ware leiers te produseer. Leiers wat vir die mense gewerk het. Vandag se demokratiese proses is ‘n proses wat deur geldmagte en magshonger megalomaniakke bedryf word. Demokrasie word nie meer deur die mense bedryf en bestuur nie. Demokrasie word deur politici vir politici bedryf, en is ‘n illusie wat geskep is vir die uitsluitelike doel om ‘n groep marionette in beheer te kry wat met algaande meer en meer geweld oor die mense kan regeer terwyl die land en sy mense geplunder word. Die mense het ‘n skynrol daarin, en dit is om ‘n kruisie te gaan trek. Die kruisie is nie die papier werd waarop dit getrek word nie, en die persoon wat op die ende van die dag as die nuwe heerser aangestel word is nie die persoon wat die meeste kruisies gekry het nie, maar dit is die persoon vir wie die meeste kruisies getel is. Politiek gaan nie oor hoeveel kruisies getrek word nie, politiek gaan oor goeveel kruisies getel word. Demokrasie is deesdae ‘n proses om die nuwe heersersklas aan te wys, om ‘n nuwe groep trogvarke aan te stel wat die wil en giere van hulle base moet uitvoer. Hulle werk nie meer vir die mense nie, die mense is die stemvee, die onderdane wat bekamp en vreesagtig op hulle plek gehou moet word, met verskillende tipes staatsmasjinerie wat spesiaal in die lewe geroep is om die mense te beheer. Waarom moet politici hordes en hordes kneukelslepers om hulle vergader om hulle veilig te hou? Hoekom moet hulle beskerm word teen die mense vir wie hulle veronderstel is om te dien? Dit wys mos dat daar iets met die demokrasie verkeerd is wanner ‘n groep selfaangestelde egomaniakke wat meer bekommerd is oor die pag, statuur en geld wat met die posisie kom, as wat hulle bekommerd is om die land namens sy inwoners te wil bestuur. Ek het ‘n absolute wrewel met enige-iets wat hom of haarself ‘n politikus noem en ek het ook ‘n absolute wrewel met ‘n demokrasie wat so verander het dat dit nie meer tot voordeel van die mense is nie, maar slegs ten doel het om die mense onbewus en aan die slaap te hou sodat die heersersklas al meer en meer vir hulleself kan inpalm, en totaal nie-aanspreeklik teenoor enige wet, reël of sosiale norm, willens en wetens te kere kan gaan asof die land en sy mense hulle persoonlike eindom is en asof die rykdomme van die land hulle eie persoonlike beursie is. Ons sogenaamde leiers het ons lankal gefaal, en ons werk vir hulle, hulle werk nie vir ons nie. Die proses is nie meer die edel proses wat daarop gemik is om die beste leiers aan te stel nie, maar word in donker gange en agtervertrekke bekonkel en beheer.

Die Afrikaner het nog meer probleme wanneer dit by politiekery kom en ons situasie word deur verskillende faktore nog verder gekompliseer. Die oormag wat aan die skynproses van demokrasie in Suid Afrika deelneem, het nie die heil van die Afrikaner of selfs die blanke op die hart nie. Om die waarheid te sê hierdie selfde skyndemokrasie word juis gebruik om die Afrikaner tot ‘n derderangse slaafklas toe te reduseer, en dieselfde skyndemokrasie is juis dit wat gebruik word om die Afrikaner totaal van al sy bates te stroop. Om die situasie nog verder te kompliseeer wil die leiers maar net te voorskyn kom nie en dit is miskien waar die kruks van die probleem lê. Die omstandighede is met opset so geskep dat leiers nie te voorskyn kan kom nie, want daar is baie spesifieke masjinerie in plek wat dit onmoontlik maak vir die Afrikaner om ‘n leier te produseer. O, daar is leiers, en dit is waar die probleem is, daar is te veel verleiers wat opgestel en op die voorgrond geskuif word, en ander ware leiers wat afgebreek en verdag gemaak word, met die gevolg is dat groepe agter een leier aanstap en ander groepe volg weer ander leiers. Maar daar bestaan vandag, nou, in Suid Afrika een leier, een spesiale leier wat in die bestek van een dag al die Afrikaners in die land kan mobiliseer en van die Afrikaner so ‘n gedugte mag maak sodat alles wat verloor is, aansien, bates, kultuur, regte, skole, kerke, grond, banke, universiteite en alles maar alles wat al verloor is, weer binne ‘n kort tydjie teruggekry kan word. Maar hierdie is ‘n verleier en nie ‘n ware Afrikaner leier nie, en alhoewel baie Afrikaners al deur hierdie verleier se verraad gesien het, is daar nog baie Afrikaners wat agter hierdie verleier aanloop asof hy al die antwoorde het en asof hy die Afrikaner se heil op die hart dra.

Gestel daar verskyn more, groot, hoofopskrif op elke voorblad wat Naspers tot sy beskikking het, die woorde, “Afrikaners staan saam en verrys uit die omstandighede. Tot hiertoe en nie verder nie!” As ons dink dat die sing van die Stem soveel waarde het om Afrikaners byeen te bring, dink ‘n bietjie hoe ‘n nasionale oproep tot hereniging en volkstrots, die Afrikaner weer sal kan saamsnoer. Maar Naspers is nie ‘n Afrikanerbate nie. Naspers het dit juis ten doel om te keer dat daar leiers opstaan. Naspers se opdrag is om regte Afrikanerleiers verdag te maak, af te kraak en in die oë van die mense te verkarikatuur. Naspers se enigste doel is om Afrikaners se menings vir hulle te vorm, om namens hulle te dink, om hulle te breinspoel in ander woorde en Tim du Plessis het dit self gesê. Omdat daar dus nie meer Afrikanerleiers vorendag kan kom nie, is Naspers heel gemaklik nou die de facto Afrikanerleier. Hulle lei en die volk trek soos in Hamelin agter die fluitspeler aan, reguit na hulle einde toe. Naspers behoort nie meer aan die Afrikaner nie, dit behoort aan ‘n groep volksvreemdes en banke wat glad geen behae daarin het dat die Afrikaner ‘n sterk en patriotiese groep moet wees nie. Hulle uiteindelike doel is om die Afrikaner te laat verdwyn sodat daar nie meer teenkanting teen ‘n totale verval van alles wat beskaaf is, in die land moet wees nie. Slegs wanneer Suid Afrika tot ‘n mishoop van ellende verval het kan die geldmagte ingryp om Suid Afrika van homself te “red”, maar die Afrikaner klou halstarrig vas aan dit wat hy van sy voorgeslagte geërf het. Dit is hoekom die sing van die Stem vir hierdie verleier so ‘n groot onding is, want dit is alweer ‘n paar stappe terug. Die Naspers media in al sy vorme is getaak om die wig tussen die Afrikaners te wees, hulle grootste aanwending is om die Afrikaner snoesig warm en min of meer gelukkig te hou met ‘n verdraaiing van die ware feite terwyl hulle in dieselfde aksie die grafte in die agtergrond grawe. Dit is juis hoekom die klein groepie verraaiers, anti-Afrikaners, volksvreemdes, daggakoppe en alkoholiste, swakkes van gees en inbors, pseudo-intellektuele en agent provocateurs soveel aandag en spasie in die koerante geniet. Elke keer dieselfde name, amper sonder uitsondering. Die hele proses is al so voorspelbaar. Die oomblik wanneer daar ‘n tikkie van volkstrots, Afrikaner-ambisie of saamstaan getoon word, is dit ‘n dolk in die hart van Naspers want dit is grond wat weer van voor af teruggewen moet word. Die antwoord is eenvoudig. Naspers en al sy werfbobbejane moet van hulle weë afsien en die Afrikaanse media moet weer ‘n Afrikanerinstelling word. As dit nie kan gebeur nie, moet die Afrikaner vir homself alternatiewe media begin kry. Die geld is daar. Dink net hoeveel lisensies, belastings, toegewings, gelde en lidmaatskappe, kostes en ander finansiële uitgawes deur Afrikaners in die swart gat wat Suid Afrika geword het, ingestort word, sonder om die voordeel daarvan te kry. Ons betaal deur ons nek vir alles sonder dat daardie geld vir en namens ons aangewend word. Ons eie sweet, arbeid, bloed en bates word teen ons aangewend. Ons betaal vir ons eie ondergang omdat die sisteem so opgestel is. Praag begin nou om ‘n veldtog te loods om televisielisensies terug te hou en dis ‘n goeie ding want die televisie kan niks meer van waarde vir die Afrikaner bied nie. Alles is in elk geval op die internet verkrygbaar, sonder die SAUK-propaganda.

Maar die Afrikaner is in wese ‘n wetsgehoorsame tipe en ek gaan egter nie my asem ophou om te sien hoeveel mense gehoor gaan gee aan die oproep nie, maar dit is nie die punt nie. Wat vandag ‘n wankelrige begin is, raak mettertyd ‘n rots wat teen ‘n berg afstorm. Ek lees soms kommentare van die swakkes van inbors oor hoe hulle skoolgaan gehaat het omdat die stelsel skynbaar te manlik, te wit, te Calvyns, te Christelik, te streng en sommer te alles was, wat daardie arme ellendeling se “vrye denke” en “kreatiwiteit” gesmoor het. En dit is skynbaar hoekom hulle vandag so ellendiglik minder vry kan dink of so min kreatiwiteit oor het. En dit is ook hoekom hulle vandag so erg anti alles is wat die Afrikaner skynbaar voorstaan, soos gehoorsaamheid, wet en orde, volkstrots, konserwatisme, inkennigheid, stemmigheid en al daai eienskappe wat van ‘n Afrikaner ‘n Afrikaner maak. Ek het nuus vir hierdie mense. Jy is nie vandag anti-Afrikaans as gevolg van jou skoolgaanjare nie, maar ten spyte daarvan. Jy kan nie vry dink of meer kreatief wees nie, want jy het nooit daardie eienskappe gehad nie, en as iemand dan die gevolg moet dra vir jou gebrek aan inbors of goeie eienskappe dan is die kerk en die skool waaraan jy onderwerp was, seker maar gemaklike swartskape. Daar is nie ‘n meer kreatiewe wese as ‘n regte Afrikaner nie, dink maar aan die gesegde van “’n Boer maak ‘n plan”. Daar is ook nie ‘n meer “buite die boks” denker as ‘n Afrikaner nie, dink maar net aan hoe Afrikaners al die boikotte teen hulle oorkom het deur alternatiewe planne te maak , soveel so dat hulle teen die wêreld in leiers op verskillende gebiede geraak het. Afrikaners is in wese iemand wat ‘n sterk leier moet hê om te kan volg, anders spartel elkeen op sy eie hardkoppige manier in elke denkbare rigting en hierdie is juis ‘n eienskap wat terdeë deur Naspers uitgebuit word. Dit is verspot maklik om Afrikaners te beheer as jy die ware sterk leiers kan verwyder en die illusie kan skep dat hulle verdeel is. Hoe meer die leuen herhaal word, hoe meer word dit herhaal en as dit in die media herhaal word moet dit mos in klip gekap wees. Ons sê al self so. Maar ons vergeet dat dit wat ons saamsnoer groter as dit is wat ons verdeel. Ons word juis saamgesnoer deur die eienskappe wat van ons Afrikaners maak en ons word net verdeel deur die mening van een persoon wat ‘n berig in die koerant kan skryf. Een persoon. Maar ongelukkig deur een persoon wat die rol van ‘n ware Afrikaner leier oorgeneem het; of gesteel het is eintlik ‘n meer waar woord. Die storie word vertel van die Here wat eenkeer aan ‘n stoere en geloofsvaste Boer verskyn het en aan hom gesê het dat hy ‘n groot gedeelte van die Boer se plaas gaan wegspoel deur ‘n vloed. Die Boer antwoord Hom toe en sê dat hy nie nou oneerbiedig of swak in die geloof wil voorkom nie, maar die Beeld het niks gesê van reën nie. Ongelukkig is daar mense wat nog te veel waarde heg aan wat een beriggewer in die koerant skryf, of die mening van ‘n gesiglose kommentaarlewer, of die een mening van iemand wat ‘n opinie, wat maar slegs ‘n hoogs persoonlik en bevooroodeelde mening is, in die koerant skryf. Veral vir die ouer garde wat met ‘n Beeld en Burger as Afrikanermondstukke grootgeword, is dit moeilik om die verraad te besef. Volgens hulle is hulle koerante nog dieselfde as wat dit dertig of veertig jaar terug was. Selfs die Huisgenoot wat jare lank deel van die Afrikaanse huisgesin was het ‘n drogbeeld van beinvloeding geword. Filmsterre, televisiesterre, vermaaklikheidspersoonlikhede en sporthelde word aan ons afgesmeer asof die mense oor een of ander insig beskik wat gewone mense skynbaar nie het nie. Hulle word “sterre” genoem omdat hulle skynbaar helderder as die res van ons skyn en hulle is klaarblyklik iets waarna net gesmag kan word en waarna opgekyk moet raak. Foto’s van glimlaggende politikuste, hand om die blaas met een of ander ster, en ‘n drankglas in die ander hand word geplaas, terwyl hulle baai in die glorie van die illusie wat hierdie dagblaaie rondom hulle weef. “Gala-aande”, “spoggeleenthede”, “sterbelaaide partytjies” word dit genoem en al die dekadensie en verval wat daarmee saamgaan word in die tydskrifte aan gewone mense voorgehou asof dit iets is wat buite bereik is en asof dit iets is waarna gewone mense net kan streef. Hierdie stergode word so spesiaal gemaak dat hulle later self voel dat hulle iets spesiaals het om by te dra. Meer spesiaal as die gewone mens. Dit is hoekom Zietsman voel dat sy in haar drankdeurdrenkte ellendigheid die spesiale voorreg het om derduisende Afrikaners in een fel oordeel, ‘n klomp dwase dose te kan noem. Of hoekom ‘n daggakop soos Koos Kombuis die spesiale vergunning gegee word om sy ongelooflike swak oordeel oor ‘n hele volk uit te spreek. Hierdie mense, sekerlik die mees onbelangrikste, mislikste en onprofessionele “have beens” met geen kreatiwiteit of oorspronklikheid nie, word voorgehou asof hulle van enige nut of bydrae kan wees. Hulle verkry die illusie dat hulle invloed het, die skyn van spesiale insig en wysheid word rondom hierdie dofkoppe geweef. Daar word spesiale vergunning gemaak en hulle kry ‘n spesiale platform waarvandaan hulle hulle onoorspronklike en idiotiese sieninge in die openbaar kan kwytraak. En waar kry hulle hierdie spesiale vergunning? By Naspers. Maar dan aan die ander kant, as dit die tipe van grofgeskut is wat Naspers kan vuur, dan is die skrif redelik aan die muur. Maar Naspers het maar altyd nog sy nuttige idiote gehad, wat hy kon gebruik om die Afrikaners mee te kasty. Die gewone groep pseudo-intelligente monduitspoelers wie se IK ondergeskik is aan hulle onversadigbare drang om te klink asof hulle iets intelligents het om te sê, en wie spesiaal vir hierdie tipe van agterlike gebruik van Naspers, om Afrikaners teen homself te gebruik, vir hierdie doel aangehou word. Afrikaners eintlik maar net by geboorte, want die meeste van hulle het die drang om hom- of haarself van die juk van Afrikanerwees te bevry. Vir daardie mense het ek net een antwoord en dit is dat ek hoop jy kry dit vinnig reg.

Die Afrikaner moet tot die besef kom dat hulle ‘n magtige en sterk groep is. Anders as wat baie keer deur Naspers se spesiale groepie beweer word, is die Afrikaner nie net een van die groepe waarmee gereken moet word nie, maar die eintlike groep waarmee rekening gehou moet word. Ons is vindingryk, goeie besigheidsmense, patrioties teenoor ons eiegoed en ‘n ongelooflik gedugte vyand. Dit het die geskiedenis al geleer. Maar die probleem is dat ons aan die slaap gesus word en in daardie toestand van daaglikse oorlewing van een tragedie na ‘n ander strompel, en ons word doelbewus aan die slaap gehou deur net nou en dan ‘n krummel na ons kant toe te gooi. Ons het hulpeloosheid aangeleer en wil net uitgelos word sodat ons onder hierdie toestand van skynbare hulpeloosheid vir ons families kan probeer sorg. Ons is gelukkig en bly as dit maar net nie te sleg gaan nie, of as ons een of ander oppervlakkige vergunning of erkenning kry. Ons het slagoffers van die Stockholmsindroom geword. Ons kan die onweerswolke duidelik om ons sien maar ons het skynbaar nie die vermoë om dit beveg nie, want ons eiegoed word teen onsself aangewend. Stadig maar seker is daar ‘n “war of attrition” wat teen ons baklei word en ons het nie die vermoë om die vyand te identifiseer of te beveg nie.

Die eerste stap is om te begin besef wat aan die gebeur is en dit is waar ons moet begin.

Wat is ‘n universiteit?

Vanoggend lees ek uit verveeldheid ‘n rubriek in Rapport van Jacob Rooi met die openingswoorde:

“Hoe verander ’n voormalige wit, Afrikaanse universiteit sy kultuur op só ’n manier dat almal welkom voel? Dit was een van die ontslape prof. Russel Botman se grootste uitdagings, skryf Jacob Rooi”

Onwillekeurig kom die volgende gedagte by my op: Wat is ‘n universiteit? Is dit nie ‘n hoëropleidingsinrigting nie? Soos dit nou hier verwoord word in Jacob Rooi se rubriek klink dit eerder na ‘n sosiale instansie waar mense gelukkig gehou moet word, sonder enige verwysing na die akademiese aspek van die inrigting, dus moet daar afgelei word dat akademie maar baie laag op die prioriteitslys van sowel die ontslape Botman as Jacob Rooi se interperasie van die funksie van ‘n universteit is.

Daar kan ook aan mnr Jacob Rooi gevra word: Is dit nie brutaal dislojaal teenoor julle eie Kleurlingmense wie se voertaal hoofsaaklik Afrikaans is om die voertaal te verander na Engels, gesien in die lig dat daar in dieselfde Wes-Kaapgebied alreeds twee Engelse universiteite is nie?

Mnr Jacob Rooi, ‘n universiteit is nie ‘n sosiale bymekaarkomplek om gepamperlang te word nie, dit is ‘n opleidinginstansie om mense toe te rus vir hulle eie en hulle land se toekoms.

Engels is en was nog nooit ‘n eerste taal in die geskiedenis van Suid-Afrika nie nie by blanke, kleurling- of swartmense nie.

Daar kan dus met reg gevra word: is daar ‘n verskuilde agenda agter hierdie verengelsing van Afrikaanse universiteite? Die redes wat u aanvoer hou nie water nie!

– Joop du Randt

Ope brief aan Helen Zille oor Eugene de Kock

Geagte mev. Zille,

Die verklaring deur mnr. James Selfe, die skaduminister van Justisie en Korrektiewe dienste van die DA, gister oor die weiering van parool aan Eugene de Kock, het die DA nie slegs in ‘n swak lig gestel nie, maar verlaag die DA tot op die vlak van die ANC waar besluite geneem en verklarings uitgereik word aan die hand van propaganda, persepsies en waninligting.

Dit is nie duidelik of die verklaring deur mnr. Selfe letterlik op u webtuiste aangehaal word nie, maar die volgende stelling is so skeef en verwronge dat dit moeilik is om dit te glo:

“The DA takes note of the decision by the Minister of Justice and Correctional Services, Mike Masutha, to deny parole to Eugene de Kock who was tried and convicted on 89 charges and sentenced to two life sentences and 212 years in prison after disclosing the full scope of his crimes while testifying before the Truth and Reconciliation Commission (TRC).”

Mnr. Selfe se verdere verklaring dat Eugene de Kock in die gevangenis sit terwyl die persone wat die bevele gegee het op vrye voet verkeer, getuig van skokkende onkunde en is duidelik op propaganda en persepsies gebaseer. Daar is geen enkele geval waar Eugene de Kock tot gevangenisstraf gevonnis is waar daar enige feite bestaan dat hy in opdrag van ‘n meerdere gehandel het nie. Indien u of mnr. Selfe van so ‘n geval bewus is sal ek graag daarvan verneem. Die enigste geval waar daar twyfel ontstaan het, was die Maponyageval, waar amnestie juis op grond daarvan aan Eugene de Kock geweier is.

Dit wil voorkom asof mnr. Selfe die gewone klakkeloos standpunt oor Eugene de Kock kwytgeraak het sonder om hom enigsins van die feite te vergewis of te bepaal wat al die regsaspekte behels. Hy het byvoorbeeld geen melding gemaak van die feit dat die regering sedert November 2013 kennis dra van die aanbeveling van die Nasionale Raad van Korrektiewe dienste onder leiding van regter Siraj Desai, die voorsitter van die Parool Appélraad, dat parool aan Eugene de Kock toegestaan moet word nie. Na verloop van 8 maande kondig minister Tshililo Machael Masutha doodluiters aan dat die Paroolraad ‘n fout begaan het om nie al die slagoffers in die geval van Eugene de Kock te raadpleeg nie. Daar sal nou gepoog word om dit binne ‘n jaar te doen. Dit getuig van skokkende nalatigheid en ‘n roekelose verontagsaming van die beginsels van reg en geregtigheid. Mnr. Selfe rep geen woord daaroor nie. Wetgewing dat die families van slagoffers geraadpleeg moet word alvorens parool aan ‘n veroordeelde moordenaar toegestaan mag word het eers gedurende 2003 van krag geword. Daar bestaan in regskringe ernstige bedenkinge of hierdie bepalings op die geval van Eugene de Kock toegepas kan word, maar mnr. Selfe swyg daaroor.

In ‘n era waar korrupsie en wanbestuur aan die orde van die dag is en daar in regskringe ernstige bedenkinge bestaan oor die gehalte van ons regspleging, kan ‘n mens nie anders as om ‘n beklemming om jou hart te kry as die amptelike opposisie met so ‘n skaduminister van Justisie en Korrektiewe dienste sit nie.

Ek heg graag hierby ‘n memorandum aan om meer agtergrond oor al die wesenlike aspekte te gee.

Met agting

Johan van der Merwe, Montana, Pretoria

Steve Hofmeyr, Dan Roodt en Sunette is die nuwe Voëlvry-beweging

Die keer is dit nie op die strate van Hillbrow nie, maar die strate van Bothaville, Ventersdorp en Pretoria waar jy dit hoor

‘n Paar dekades terug verkrag Dan Roodt die volkslied en lees gedigte voor met ‘n oshart teen sy bors, Koos Kombuis, met of sonder drugs, sing van AWB tiete en huisies by die see, Johannes Kerkorrel bedel harte vir Hillbrow en saam met Max krap die Vrye Weekblad almal se gat. Die een ding in gemeen is hulle rebellie teen die regering, teen ‘n stelsel wat nie werk nie, teen wat hulle glo verkeerd is. In coffee shops en rokerige bars groei die beweging. Dit is gewaagd, dit is protes en dit is hoogverraad. Party mense wil hulle doodskop, ander wil standbeelde bou, maar almal ken die soundtrack van die beweging. Dit is Voëlvry!

Die naweek sing Steve die stem en die skare, duisende van hulle, sing saam. Dan Roodt het ‘n webwerf en Naspers kry hom nogsteeds nie stil nie. Sunette skryf ‘n lied met Eugene se gebed in. Jong kunstenaars begin reguit en onbeskaamd sing van hulle mense, van dit wat verkeerd is, van ‘n stelsel wat nie werk nie en ‘n regering wat nie regeer nie. Die keer is dit nie op die strate van Hillbrow nie, maar die strate van Bothaville, Ventersdorp en Pretoria waar jy dit hoor. Dit is in die kroeg op die platteland en die kunstefees Innibos waar die stem gehoor word. In plaas van coffee shops en agterstraatjies is die beweging nou voor kooperasies en agter op plaasbakkies.

Dit is dalk nog net ‘n gefluister. Onafhanklike, ongekoppelde gebeure wat hier en daar sporadies kop uitsteek. Kunstenaars wat dalk nie tans om dieselfde vuur sit nie, maar wat mekaar nog gaan vind. Praag vervang die drukkoste van ‘n Vrye Weekblad. Sommige mense haat dit, ander wil standbeelde bou. Die regering wil dit smoor. Alles wat was, is, en sal weer wees.

Welkom by Voëlvry v2.0!

– Brief deur Vannermerwe