deur Riempies
Mnr Ramaphosa, julle swartmense wou volle burgerskap gehad het en ons het dit vir julle gegee.
Nou moet ons, terugskouend, agterkom dat julle verskuilde agendas gehad het soos dit blyk te wees – dat julle net ons ontwikkelde land wou gehad het en ons Afrikanervolk en sy geskiedenis wou uitwis – ‘n doelstelling wat julle bykans reeds bereik het.
Julle wou nie help bou aan ‘n reënboognasie nie – julle wou die Afrikaner vernietig sien en alles waarvoor hulle gewerk het by hulle afneem. Julle wou nie julle lewenstandaard verbeter het deur hard te werk en hard te leer nie – julle wil net alles maklik en verniet hê, op die Afrika manier – en die manier wat julle gebruik om dit verniet en maklik te kry, is om by die Afrikaner alles af te neem deur oneerbare magsmisbruik.
Julle skaf ons boerebeskermingsdienste af en laat ons weerloos teen julle swart moordenaars en julle sê niks nie as ons, soos reeds, in ons derduisende wreedaardig uitgemoor is. Inteendeel, die president moedig julle swart mense aan om ons blankes uit te moor deur vir swartes te sing hulle moet die boer skiet en in die see in jaag.
Julle wou nie hard werk om te leer hoe om om ons eerstewêreldstandaardhospitale in stand te hou nie. Al hierdie voorheen voortreflike hospitale is besmet en nie meer bruikbaar eens vir diere nie. Julle weier vir ons kinders met etlike onderskeidings toegang tot mediese opleiding en gee op grond van hulle swart vel vir kinders wat nie toegerus is om medies te studeer nie geleentheid, ‘n geleentheid wat in die eerste paar maande vermors word. Die gevolg: ‘n onherstelbare tekort aan opgeleide medici en verpleegsters.
Julle neem poste weg by bekwame blanke mense en gee dit vir onopgeleide, onbevoegde swart mense oor hulle velkleur – sonder om om te gee vir die gevolge daarvan.
Julle plaas mense in poste wat nie opgewasse is met die nodige kundigheid om die werk te kan doen nie, uitsluitlik op sterkte van hulle velkeur. Die gevolg is dat alle infrastruktuur in duie stort, ons drinkwater besmet is, ons riviere en opgaardamme en ondergrondse water besmet is en paaie uitmekaar val.
Die skole se standaarde het julle afgebring tot derdewêreldvlak – dit bevestig vir my dat julle nie belangstel daarin om julleself op te hef tot uitnemendheid nie. Julle wil nie hard werk om iets te bereik nie; julle wil julle derdewêreldstandaard handhaaf.
Eweneens het julle onbevoegde mense aangestel in beheer van universiteite, wat liewers hul besig hou met die onderdrukking en uitwissing van die Afrikaner, sy taal en kultuur as om die mense van kleur aan te moedig om hard te werk en hard te leer om hulleself en hulle toekoms te verbeter. My afleiding is dat die houding van hierdie kaderaangestelde mense in magsposisies op universiteit is: Hoekom sal hulle nodig hê om hard te werk en hard te leer, want hulle velkleur is kwalifikasie genoeg vir enige pos in enige posisie in hierdie droewige, vernielde land.
Die ANC-regering se optrede oor die afgelope 20 jaar is meer as bewys genoeg van wat hulle doelstellings is – en dit sluit nie die Afrikaner wat hierdie land ontwikkel en gebou het in nie.
Julle het genoeg geld ontvang uit die buiteland om julle swartmense se lewens te verbeter. Wat het met daardie geld gebeur; waar is daardie geld heen?
Julle het die land se grense oopgegooi in julle eie belang en ten koste van julle eie swartmense wie se lewenstandaard afgryslik versleg het, gemeet teen die situasie voor 1994 onder blanke bestuur.
Die land se polisiemag en weermag het tot ‘n verleentheid verval.
Die land het verval in daaglikse onbeheersde bandelose gewelddadigeid wat deur ‘n kriminele diktatuur beheer word. Soos dit blyk te wees met julle –die regering – se volle goedkeuring – my afleiding – omdat daar geen poging van regeringsweë aangewend word om hoegenaamd orde te herstel nie.
Dus, waaroor wil u met ons praat, wat ons sal glo? Julle wil nie ons Afrikanervolk ons taal, of ons eerstewêreldkultuur hier hê nie. Dus sal ek dit as vanselfsprekend beskou dat daar van regeringsweë af geen teenstand sal wees as ons pleit vir selfbeskikking en ons eie grondgebied nie.

Wat ‘n welkome verrassing – Riempies ! Puik skrywe en BAIE GELUK ook aan jou met hierdie eerste skrywe op Praag as rubriek.
Jy het bykans elke broodnodige aspek hier aangespreek, ek stem, SELFBESKIKKING is ons enigste oplossing.
Riempies, ek voeg ook by jou opmerking … “Julle wou nie help bou aan ‘n reënboognasie nie” – ek weier en sal nooit DEEL wees van ‘n reënboognasie nie. Nie in die volgende miljoen jaar nie.
Dankie Trippie – seker n bietjie arrogant van my om sommer n poging aan te wend – toe ek egter die stuk in die Beeld lees waar Ramhaphosa met ons in gesprek wil tree met die verskande waarskuwing dat ons maar sal moet vrede maak met regstellende aksie, want dit het gekom om te bly toe moes ek praat.
Geensins arrogant – stuur jou skrywe ook aan Beeld, alhoewel, ons weet, dit sal nie geplaas word nie.
Regstellende aksie het gekom om te bly vir presies die redes uiteengesit in die stuk hierbo.
Riempies, plaas asb hierdie skrywe ook op die Engelse Praag. My mening is dat baie mense net die Engelse webwerf van Praag besoek. Baie dankie!
Dankie Betjie ek sal by Praag bestuur hoor – ek aanvaar dit moet seker dan vertaal word ook wat moontlik baie werk is.
Stem saam. Opvoedingstaak van 300 jaar het nie gewerk nie. Tyd dat ons op ons eie aandring. Die Skotte doen dit. Waarom nie ons ook nie. Plaas jou artikel in alle Naspers koerante Engels en Afrikaans. Vertaling behoort nie ‘n probleem te wees nie.
Uitstekend Riempies, as jy dit op die Engelse Praag plaas, noem ook dat die Afrikanervolk ook ontwapen is, in hul doel om die Afrikaner/Boer volk te kan vermoor, sonder die vrees dat hulle, terroriste, deur die Boere dood geskiet kan word.
Ja asseblief, en stuur hierdie ook persoonlik vir Rhamapoza, en andere.
Dankie Sadie dit het net vir my tyd geword om soos jy dit stel – nie meer op watte om hierdie vergrypers te dans nie – beledigings raak nie aan hierdie regering nie – hulle waardes is anders as ons waardes. Dit het tyd geraak om hulle reelreg te konfronteer met die harde feite soos dit is. Ons moet uit een mond vir hulle sê – Hier trek ons die streep en ons sê NEE! Wat julle al 20 jaar aan ons doen is onaanvaarbaar.
Skielik dink ek aan wat Paul Kruger vir die Uitlanders gesê het: “Dis nie stemreg wat julle wil hê nie, julle wil my LAND hê!”
Wonder wie was die “Uitlanders”. Enige idees?
Stem saam
Uitstekend Riempies. Ek stem saam met ander menings hieronder dat dit goed sal wees om ‘n manier te vind om hierdie onder die wyer aandag te bring, veral onder die aandag van die spoliëerders self. Hulle reaksie sal natuurlik maar net weer wees: Rassisme. En natuurlik is jy reg. selfbeskikking en ‘n eie grondbgebied is die antwoord. Hoe meer en hoe langer ons dit sê, sal dit miskien uiteindelik begin ingang vind by ons mense. Dis die IDEE wat moet posvat, die MANIER sal ons uitwerk. En dan, wat Ramaphosa wil bespreek: Hy soek finansiering vir sy poltieke program. Al wat hy met Afrikaners of “Afrikaanses” wil bespreek, is in watter mate hulle bereid is om geldelik tot sy program by te dra. Cyril het ons reeds een keer die rat voor die oë gedraai . Waarom sal hy dit nie weer probeer nie?
Die noem van Afrikaanses het ek besluit om te ignoreer terwille van wat ek wou se. Sou ons natuurlik die woord “Afrikaanses” in sy volle konteks in aanmerking neem kan n mens baie daaruit tap.
(1)
Ons Afrikaners en die Kleurling gemeenskap saam te groepeer as Afrikaansprekendes Afrikaanses.
(2)
Deur dit op die manier te doen dus geen erkenning te gee aan die Afrikanervolk as erkende volk nie en dus ons eis op selfbeskikking en grondgebieds eis te ignoreer, die kleurlinge het totdusver geen grondgebied ge-eis nie – tespyte van hulle historiese reg op die Wes Kaap.
(3)
Verder deur ons bloot as Afrikaanses te beskou die volgehoue en volksmoord te ontken as blote kriminaliteit en nie volksmoord deur deur swart op die blanke Afrikanervolk nie.
(4)
20 jaar se diskriminasie en vergrype teen die Afrikanervolk as blote regverdigheid te verkoop wat ad infinitum sal moet voortduur.
Hierdie maar het om enkeles uit te lig.
Stem dus saam met jou ek sien en verwag geen eerbare gesprek met Rhamaphosa nie.
Wat hy egter ingedagte moet hou dat hy nie nou met mynwerkers te doen het nie maar wel
met die Afrikaner intellek.
Lyk my jy was nog meer in die kol as ontwikkelende land, Riempies. http://praag.org/?p=14929
“Sou ons natuurlik die woord “Afrikaanses” in sy volle konteks in aanmerking neem kan n mens baie daaruit tap.
(1)
Ons Afrikaners en die Kleurling gemeenskap saam te groepeer as Afrikaansprekendes Afrikaanses.
(2)
Deur
dit op die manier te doen dus geen erkenning te gee aan die
Afrikanervolk as erkende volk nie en dus ons eis op selfbeskikking en
grondgebieds eis te ignoreer, die kleurlinge het totdusver geen
grondgebied ge-eis nie – tespyte van hulle historiese reg op die Wes
Kaap.
(3)
Verder deur ons bloot as Afrikaanses te beskou die
volgehoue en volksmoord te ontken as blote kriminaliteit en nie
volksmoord deur deur swart op die blanke Afrikanervolk nie.
(4)
20
jaar se diskriminasie en vergrype teen die Afrikanervolk as blote
regverdigheid te verkoop wat ad infinitum sal moet voortduur.”
Sjoe Riempies – maar jy kan darem die spyker sekuur op sy kop kap!
Dankie.
‘n Ding wat ek opmerk oor Afrikaanses is dat dit omtrent altyd in sy meervoud gebruik word. Dis Afrikaner vs. Afrikaanses …
Erkende volke het enkelvoud name …
Amerikaner
Brit
Chinees
Deen
Egiptenaar
Fransman
Griek
Hongaar
Jood
Riempies, ek dink jy’s reg! Met “Afrikaanses” wil hulle die Afrikaner in ‘n groep ingooi. Wanneer al die Afrikaners dood of weg is, sê – “Nee, sien – die Afrikaanses IS nog hier … die sogenaamde volksmoord is ‘n versinsel deur ‘n paar regse rassiste”
Stem saam – met Afrikaanses bedoel hulle almal wat dalk ‘n sweempie van Afrikaans praat en grotendeels die Libnazi verlooptes wat hulle lyf Afrikaner hou. Daarmee sluit hulle effektief die werklike Afrikaner wat vir selfbeskikking staan uit. – Lekker slinks.
Hoe marsjeer die ANC weermag?
Sleg, slinks, sleg, slinks ….
Skerp!! Ek het nou lekker gelag. :-)))))
Komma na elke tweede woord Rif! Asseblief, hou die moraal hoog
Riffels, jy skryf ook goed, hoe lyk dit, wanneer lees ons, ons eie Rifrug se eerste rubriek ?
Rubrieke is soos flieke
Ek doen advertensies
Elke gediggie wat jy lees
poog om ‘n rebrukkie te wees
My Afrikaans stotter
verstrik in rymelary
Ek skryf, en as ‘k weer sien
het ek in versreëls in gegly …
(PUIK Riffie foto! Dankie!)
In daardie geval, dis goed genoeg vir my.
Van gediggies en rymelary kan ek nooit genoeg kry.
Spesiaal vir jou Riffels (Pieter Bruwer is die digter)
Ons vlae sal weer wapper
Ons vryheid hang aan flarde
ons vaandel teen die grond,
ons trotse en geharde
volk lê nou diep verwond.
Ons volkswees is gebroke
vertrap net soos ’n hond,
ons droom onuitgesproke-
as been begraaf in grond.
Tog bly ons onoorwonne
ons gene steeds gesond,
ons stryd nog onbegonne-
nou vat hul ook ons grond.
Ons vlae sal weer wapper
geplant in Boeregrond,
as elke Boer weer dapper
saam opruk na die front.
ben nou al een uur op deze pagina aan het zoeken om twee opduimpies te kunnen plaatsen bij dit rationele nuchtere artikel van Riempjes, onder het verachtelijke falende misdaad bevorderende anc sakp regiem, wat juist geen terechte kritiek wil he.
10 uit10 Riempies, dankie
Iemand het dit nou net vir my aangestuur. Pragtig Riempies!
Mooi Riempies. Ek sien darem dat Ramaphosa nou begin praat oor die Afrikaner en hul regte en dat plaasmoorde miskien prioriteit kan geniet.
My mening – Te min – te laat!
Riempies, die reaksie op jou rubriek is nie net oorweldigend nie. Dit is weergalmend en dit snel deur die gange en strate en dorpe, tussen almal wat dit met entosiasme ego tussen mekaar want dit het jy nou gaan verwoord presies hoe ons almal voel.
Welgedaan, praag en sy lesers glo ek is beslis baie trots op jou, en die woord verwaandheid, soos Trippie tereg se is nie teenwoordig in die rubriek nie. Net iemand wie se beker oorloop van absolute misnoë in die argelose, onbetrokke ,arogante wyse wat hierdie land tans sodanig “BESTUUR” WORD.
Ek sal baie graag wil weet wat die regering se optrede teenoor de EFF gaan wees na die ongedissiplineerde, walglike optrede van mense wat dan nou sodanig die lands bestuur wil oorneem.
Dankie Andy hierdie woorde het uit my oortuiging en weerstand oor wat met ons Afrikanervolk gebeur, gekom.
Juis daarom is dit so goed. Dankie weereens vir jou boetvaardigheid.
In n neutedop.Perfek gestel.