praag.co.za

Ope brief aan Helen Zille oor Eugene de Kock

Written by

in

,

Geagte mev. Zille,

Die verklaring deur mnr. James Selfe, die skaduminister van Justisie en Korrektiewe dienste van die DA, gister oor die weiering van parool aan Eugene de Kock, het die DA nie slegs in ‘n swak lig gestel nie, maar verlaag die DA tot op die vlak van die ANC waar besluite geneem en verklarings uitgereik word aan die hand van propaganda, persepsies en waninligting.

Dit is nie duidelik of die verklaring deur mnr. Selfe letterlik op u webtuiste aangehaal word nie, maar die volgende stelling is so skeef en verwronge dat dit moeilik is om dit te glo:

“The DA takes note of the decision by the Minister of Justice and Correctional Services, Mike Masutha, to deny parole to Eugene de Kock who was tried and convicted on 89 charges and sentenced to two life sentences and 212 years in prison after disclosing the full scope of his crimes while testifying before the Truth and Reconciliation Commission (TRC).”

Mnr. Selfe se verdere verklaring dat Eugene de Kock in die gevangenis sit terwyl die persone wat die bevele gegee het op vrye voet verkeer, getuig van skokkende onkunde en is duidelik op propaganda en persepsies gebaseer. Daar is geen enkele geval waar Eugene de Kock tot gevangenisstraf gevonnis is waar daar enige feite bestaan dat hy in opdrag van ‘n meerdere gehandel het nie. Indien u of mnr. Selfe van so ‘n geval bewus is sal ek graag daarvan verneem. Die enigste geval waar daar twyfel ontstaan het, was die Maponyageval, waar amnestie juis op grond daarvan aan Eugene de Kock geweier is.

Dit wil voorkom asof mnr. Selfe die gewone klakkeloos standpunt oor Eugene de Kock kwytgeraak het sonder om hom enigsins van die feite te vergewis of te bepaal wat al die regsaspekte behels. Hy het byvoorbeeld geen melding gemaak van die feit dat die regering sedert November 2013 kennis dra van die aanbeveling van die Nasionale Raad van Korrektiewe dienste onder leiding van regter Siraj Desai, die voorsitter van die Parool Appélraad, dat parool aan Eugene de Kock toegestaan moet word nie. Na verloop van 8 maande kondig minister Tshililo Machael Masutha doodluiters aan dat die Paroolraad ‘n fout begaan het om nie al die slagoffers in die geval van Eugene de Kock te raadpleeg nie. Daar sal nou gepoog word om dit binne ‘n jaar te doen. Dit getuig van skokkende nalatigheid en ‘n roekelose verontagsaming van die beginsels van reg en geregtigheid. Mnr. Selfe rep geen woord daaroor nie. Wetgewing dat die families van slagoffers geraadpleeg moet word alvorens parool aan ‘n veroordeelde moordenaar toegestaan mag word het eers gedurende 2003 van krag geword. Daar bestaan in regskringe ernstige bedenkinge of hierdie bepalings op die geval van Eugene de Kock toegepas kan word, maar mnr. Selfe swyg daaroor.

In ‘n era waar korrupsie en wanbestuur aan die orde van die dag is en daar in regskringe ernstige bedenkinge bestaan oor die gehalte van ons regspleging, kan ‘n mens nie anders as om ‘n beklemming om jou hart te kry as die amptelike opposisie met so ‘n skaduminister van Justisie en Korrektiewe dienste sit nie.

Ek heg graag hierby ‘n memorandum aan om meer agtergrond oor al die wesenlike aspekte te gee.

Met agting

Johan van der Merwe, Montana, Pretoria

Comments

30 responses to “Ope brief aan Helen Zille oor Eugene de Kock”

  1. Johan DeWet Avatar
    Johan DeWet

    Is ons verbaas?

    Die DA was destyds mos aan die kant van Umkhonto we Sizwe en werk steeds mee aan die Afrikaner se vernietiging.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Daar is werklik HOEGENAAMD GEEN verskil tussen die ANC en DA nie.

      1. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        Resgstelli9ng Trippie, die DA se oussies is wit en die ANC se oussie sis hiper gepigmenteerd. :))))))

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Jy het my uitgevang !

  2. Gas Avatar
    Gas

    ‘n Baie goeie brief aan die liberalis Johan, maar of jy ‘n antwoord gaan kry is ‘n ope vraag.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      wel staat deze zogenaamde oppositie als Mensjewieken vierkant achter de zorgvuldige opleiding en kweek van criminaliteit in deze “rechtstaat” door verkrachters en (Plaas)moordenaars, als die al veroordeeld worden, met handschoentjes aan te pakken. En de slachtoffers en nabestaanden langs de weg te laten liggen.

      Tegelijkertijd en ook ontbreekt iedere menselijkheid en gevoel/nijging tot rechtvaardigheid bij de benadering van door het anc/sakp bolsjewistische schrikbewind opgepakte Boere Afrikaners.

      Laat ons wel wezen. De OP Z’N MINST overduidelijke onomstotelijke onrechtmatige inmenging/manipulatie op meerdere momenten a la Tjeka door de SA geheime dienst in de Boeremagzaak, om de gunst van het onrechtvaardige moorddadige schrikbewind voor persoonlijk belang van o.a. Hankel, is verre van het begrip Rechtstaat.

  3. Gas Avatar
    Gas

    Ek dink mens moet nou maar begin om getuienis te versamel van menseregteskendings deur wit NP soldate gedurende Bosoorlog wat vir Amerikaanse olie geveg het. Ek is seker daar is mense wat ‘n slegte gewete het oor Angola se burgerlikes wat doodgemartel is. Die twee nagsigbrille wat Israel uitgedeel het as “tegnologie” in ruil vir De Kock is regtig bietjie min vir wat hulle gekry het. De Kock het terroriste doodgemaak en hy het nie buite die wet opgetree nie want hy het bevele gehoorsaam van sy base wat f.kol oorgekom het. Behalwe dit het Israel Basson gekry. Hoeveel mense het Basson doodgemaak en hoeveel het De Kock? De Kock se grootste fout was dat hy Kroukamp vertrou het

  4. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Verskoon my, maar ek verstaan regtig nie hierdie brief nie. Ek moes dit ‘n paar keer lees om my oë te glo. Mnr Selfe se stelling dat mnr De Kock in die gevangenis sit terwyl die persone wat die opdragte gegee het, op vrye voet verkeer, is vir een keer, tog presies reg. Dis die sleutelkwessie van Eugene De Kock se onbenydenswaardige situasie dat hy in opdrag opgetree het. Dit is ook sy beste verdediging. En die brief ontken dit!! De Kock het sonder die minste twyfel in opdrag opgetree. Vanselfsprekend het hy nie vir elke afsonderlike optrede ‘n spesifieke opdrag gekry nie. Dit werk mos net nie so nie. ‘n Soldaat kry tog nie ‘n spesifieke opdrag vir elke mens wat hy op die slagveld doodskiet nie. Eugène De Kock was ‘n soldaat. Hy het onder gesag opgetree en het ‘n mandaat gehad om dit te doen. Wil die briefskrywer nou die ellendige laaghartige De Klerk gebroedsel van die haak afhaal waar hulle hoort. Miskien moet hy sy brief weer lees en ‘n verbeterde weergawe aan die DA stuur. Soos dit daar staan, lyk dit of hy die kat aan die antenna beet het.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Nee, ek dink die oud polisiekommissaris is subtiel

      1. Karel Combrinck Avatar
        Karel Combrinck

        Hoe subtiel kan ‘n mens wees? Dit help tog nie jy is so subtiel dat niemand verstaan nie. Miskien kan jy die ware bedoeling vir my uitlê Gas, want dit interesseer my werklik.

        1. Gas Avatar
          Gas

          Ek dink JvdM sê Eugene het sy pak gevat sonder om vingers te wys na sy hoofde en bevelvoerders en dis ‘n helse pak om te vat vir ‘n ou wat nou nog nie gepraat het nie. En natuurlik komende van iemand in JvdM se posisie is die tergende vraag hoekom dit so is.

          1. Gas Avatar
            Gas

            O ja, ek vergeet om te noem dat die antwoord lê by Croukamp. Dis waarskynlik hoekom JvdM hierdie oomblik gekies het

          2. Karel Combrinck Avatar
            Karel Combrinck

            Wel, sover ek dit sien het De Kock sy mandaat geklry van sy hiërargie, met FW De Klerk aan die bopunt. Vir my is dit subtiel genoeg. As mnr vdM redes het waarom hy nie kan sê wat hy bedoel nie, moet hy maar liewer niks sê nie.

          3. Gas Avatar
            Gas

            As JvdM niks gesê het nie, het hy nie nou ‘n helse dilemma vir De Klerk geskep nie.Dink jy regtig tronkmure sal keer dat De Kock uitpraat?Ons weet Croukamp probeer keer, maar sy geloofwaardigheid is zero

          4. Karel Combrinck Avatar
            Karel Combrinck

            Ek moet weer vra, Gas, watter dilemma is deur mnr JvdM se skrywe vir De Klerk geskep?

          5. Gas Avatar
            Gas

            De Kock weet presies wat die ANC gedoen het en De Klerk is deel van die ANC. Ek weet nie wat dit is wat hy weet nie, maar dit gaan baie interessant wees om te hoor

          6. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Stem saam – dit sal baie interessant wees maar heelwaarskynlik so absurd dat dit na ‘n feëverhaal of malligheid sal klink.

  5. Andre Meyer Avatar
    Andre Meyer

    Ek stem saam as jy n soldaat was in die ou Suid Afrika het jy jou opdragte uit gevoer wat jou ge gee was. Al die opdragte het van die ministers en President af gekom maar De Klerk en die res van n rug graat lose NP regering sit nou ager oor en lag waar die Soldate soos Do Kock nou moet betaal daarvoor Laat De Kock vry en gooi al daai lafhartige gemors van n NP lede in die tronk. En al die mense wat saam met De Kock staan wat vir die DA stem moet hulle stemme onttrek want die DA raak net so rug graatloos soos die ou NP

  6. Johan Avatar
    Johan

    Die tersiere gebruikmaaking van die anus as primere bevorderingskanaal is oogloopend en prominent in die gedrag van ANC/NWO gatlakeie. Naspers ingesluit.

  7. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Dit gaan nie in die eerste plek om die DA nie. Ons weet wie en wat is die DA en dat ons van hulle niks goeds kan verwag nie. Ons weet ook dit was nie die DA wat ons te gronde gerig het nie. Dit gaan hier in die eerste plek om die rol en verantwoordelikheid van die De Klerk regime en vir die laakbare manier waarop hulle ‘n voetsoldaat in die nek gekyk het. Totdat daar ‘n redelike verduideliking is, wil dit my voorkom asof mnr vdM die verantwoordelikheid van die De Klerk bewind probeer verdoesel. Ek sien geen ander manier waarop sy brief vertolk kan word nie.

  8. Riempies Avatar
    Riempies

    Die swartlappie-oppie-kop brigade van ou Zille het nou klaar die land vervuil letterlik en figuurlik Dit raak nou tyd dat ons wit-lappie-oppie-kop gaan staan dat die land weer kan skoonkom. (ook letterlik en figuurlik) Lyk my dit werk. Die-lappie-oppie-kop stanery.

  9. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Hoe meer ek die brief van Gen VD Merwe lees en daaroor nadink, hoe meer agterdogtig raak ek. En my agterdog spruit in die die eerste plek uit die feit dat hy niks minder was nie as die Kommissaris van Polisie van die FW De Klerk regime. Dié van ons wat redelik na aan die regime en sy sekuriteitsgemeenskap gelewe het, sal weet dat hulle aktiwiteite in groot mate bestaan het uit smerige speletjies om enige opponente van die regime, veral in konserwatiewe Afrikanerkringe verdag te maak en te ondermyn. Die HNP en Oom Jaap Marais, as hy nog gelewe het, sou hiervan kon getuig. Dieselfde geld vir hulle onderduimse en verraderlike samesweerdery teen mnr Ian Smith van Rhodesië. Hierdie sogenaamde aanval van Gen vd Merwe teen die DA is niks anders nie as net nog ‘n tipiese rookskerm van ‘n ou De Klerk sekuriteits togdonkie om die aandag af te trek van die skandelike verraad van die regime teen sy eie mense. U het ons lank genoeg vir die gek gehou Gen vd Merwe, toe u nog die septer geswaai het, so moet nie nou nogmaals probeer om ons ‘n rat voor die oë te draai nie.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Karel ek stem saam met jou. Tot die die weermag se voetsoldate was opgelei om die Afrikanervolk te verraai. Nou nog nie so jaar of twee drie terug het iemand wat afgetree het as n kol. Tydens n ete baie kordaat vertel hoe hulle opgelei is in groepe om hulle “plig” te doen en vir die nuwe dispensasie te stem deur die offisiere – Hulle het almal geweet – hulle het
      almal ons verraai!

      Jy het nerens gekom erens in die Nasionale Party as jy nie n broederbonder/vynmesselaar was nie.

      1. Cobus van Straaten Avatar
        Cobus van Straaten

        Rieme jy praat waar. Maar dit strek verder as net vrymesseiaars. Ek skilder vir jou ‘n prentjie: Die Pous: Legitiem die heerser van die katolieke pousdom. Sy kaders is di geldmagte van die wêreld, die persone in regeeringsposies, die bakleiers teen die reformasie al die jare. Hy is die die 33 ste graad vrymesselaar..Hy is die ontblote Anti-Chris. Alles word deur deur hogereël. Al vir duisende jare. Sy god is die Satan.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Hmm ek sal maar slim wees en dit laat verby gaan 😉 Wat jou kommentaar betref ek stem saam.

        2. stef10 Avatar
          stef10

          Stem volhartig met jou saam

    2. Rutger Avatar
      Rutger

      Van der Merwe weet seker genoeg om De Klerk warmplek toe te stuur. Lyk of die oomblik nader kom as ek Croukamp se dreigemente teen hom sien.

  10. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die Demokratiese Party was niks meer as ‘n vlieg om die Nasionale Party regering se ore nie totdat die NP begin het om soos die DP te wees. Dit was die NP wat van die DP ‘n faktor gemaak het. In 2000 het die Demokratiese Party sy naam verander na Democratic Alliance nadat dit saamgesmelt het met, wie anders, die Nasionale Party!

  11. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die feit dat hy sy mond tans hou is al wat hom lewendig hou.

    1. Rutger Avatar
      Rutger

      Stem saam. Clive het dit ook op die harde manier met bloeding in die long uitgevind

Leave a Reply