Wladimir Poetin het Vrydag die enkele mees belangrike toespraak oor buitelandse beleid gelewer sedert hy president van Rusland in 2000 geword het.
Mikhail Gorbatsjof, die voormalige Russiese president, het gesê hy het gedink dit was die beste, en mees betekenisvolle toespraak wat hy ooit gemaak het.
Die reaksie van Westerse politieke ontleders en hul media-elite was daarenteen jammerlik ontoereikend. Die grondverskuiwende toespraak in Sochi, by die Valdaiklub, het verbasend min aandag ontlok.
Westerse ontleders wat die moeite gedoen het, het dit voorgehou as ‘n uitdagende reaksie op die Amerikaanse beleid van sanksies wat Rusland weens die Oekraïense krisis opgelê is, terwyl die Russiese president byna skaars daarna verwys het.
Hulle het Poetin se uiters samehangende intellektuele raamwerk totaal geïgnoreer.
Dit was ‘n heel ander persoon aan die woord as die aggressiewe, ekspansionistiese en nasionalistiese demagoog wat die Weste graag wil skilder.
Enigiemand wat op soek was na ‘n Poetin om die groot kruistog teen die VSA te lei, moet waarlik ná hierdie toespraak teleurgesteld voel.
Rusland vra nederig samewerking – en nie konflik nie – van die VSA en Poetin se visie van die internasionale stelsel kan slegs na dese as ‘n eng konserwatiewe een beskryf word.
Dit loop soos ‘n goue draad deur die toespraak. Sy hunkering is ‘n tipiese konserwatiewe hunkering na stabiliteit asook wantroue teenoor verandering.
Dit is ‘n wens vir ‘n voorspelbare, organiese, reëls-gegronde stelsel waarin die soewereine regte van volke eerbiedig word. Verandering, wanneer dit gebeur, moet bestuur en nooit aangemoedig word nie .
‘n Groot gedeelte van sy toespraak het gehandel oor die verlies aan balans in die internasionale stelsel wat deur die ineenstorting van die Sowjetunie veroorsaak is.
In plaas daarvan om die wanbalans te herstel, is die VSA besig om die chaos wat daaruit voortvloei aan te moedig, het hy gesê. Die Russiese president het die vrees uitgespreek dat daar aanstons nie meer hefbome sal wees om sulke uitgebreide chaos te tem nie.
Poetin het die lysie herhaal: Kosovo, Irak, Afghanistan, Libië, Sirië en nou Oekraïne. Hy het sy gehoor daarop gewys dat nie een van hierdie plekke tans vooruitgang gemaak het of beter daaraan toe is nie.
Hiermee het Poetin die VSA vergelyk met ‘n pasryk verkwister wat sy meevaller wegdobbel.
Die Russiese leier het ‘n diep verbintenis tot die internasionale reg bevestig, vertolk op die mees konserwatiewe manier waar regsdokumente, hofbeslissings en verdragstekste moet geld.
Met verwysing na die VN en die Internasionale Geregshof se Raadgewende Mening oor Kosovo, het hy die Krim se posisie helder uiteengesit.
Poetin se opleiding as ‘n regsgeleerde kry nooit media-aandag nie, terwyl sy diens in die KGB al is wat lesers ooit vertel word.
Dit is ‘n visie van Rusland wat geanker is in die internasionale stelsel, en wat poog om die VSA saam met bondgenote soos China en ander BRICS-lande, waar moontlik in toom te hou, van dwaasheid te weerhou binne die raamwerk van internasionale reg, en om die heersende wêreldorde en stabiliteit te waarborg.
Dit is ‘n tipies Europese visie in die tradisie van die negentiende eeu se groot staatsmanne.
Dit is ‘n visie wat uiteraard baie gewild is in Rusland, ‘n land met ‘n lang en bloedige geskiedenis.
Vir ‘n ekonomie wat groei, het Rusland ‘n bestendige en ordelike internasionale omgewing nodig, het die president benadruk.
Poetin het dit duidelik gemaak deur herhaaldelik te fokus op die belangrikheid van ekonomiese ontwikkeling vir Rusland as oorheersende prioriteit vir sy regering, en daarmee sy afkeur vir vergeldingaksies herbevestig.
In die oorspronklike, eerste Matrix-film, bied Morpheus twee pille aan Neo: ‘n rooi pil wat hom uit sy waanwêreld gaan losruk en ‘n blou pil wat hom in sy kuberdroomwêreld gaan laat. Hy kies die rooi pil en vind uit dat hy as menslike slaaf in ‘n bad vloeistof lê en bloot as ‘n battery dien vir die masjiene wat die aarde oorgeneem het. As hy ná die rooi pil in hierdie ongenaakbare wêreld wakkerskrik, begin sy stryd teen die magtige “matriks” wat alles op aarde oorheers en beheer, veral deur die menslike batterye se breine via koppelings in hul rugstringe met ‘n virtuele droomwêreld gegrond op die 1990’s te voer.
Die rooi en die blou pil
Die metafoor van die rooi pil en die matriks, is maar een van baie in die aanlynopstel van 27 000 woorde oor die “Donker Verligting” deur ‘n Britse filosoof, Nick Land. Hoewel Land op ‘n stadium ‘n dosent in filosofie aan die Universiteit van Warwick in Engeland was, het hy die akademie verlaat en werk hy deesdae vir ‘n Engelstalige tydskrif in die Chinese stad Sjanghai. In sy opstel verduidelik hy hoe sowel die media as die universiteite in die Westerse wêreld geheel en al in die greep van politieke korrektheid verkeer. Politieke korrektheid is die nuwe “matriks” wat mense met aangename drogbeelde vermaak. Teenoor die sorgelose, gerusstellende beelde waarmee ons breine vanuit die beheerkamers oorspoel word, is die werklikheid aaklig: een van geweld, misdaad, diefstal, korrupsie, ‘n parasitiese staat, gemanipuleerde markte en iets soos die ondergang van die Westerse of Europese beskawing.
Baie min mense is bereid om die rooi pil te sluk en “wakker te skrik”. Trouens in die Matrix-fliek verkwalik een van die karakters, Cypher, vir Morpheus dat hy hom die rooi pil gegee het en sodoende uit sy sorgvrye illusies wakkergemaak het. As Cypher uiteindelik ‘n transaksie met die masjiene aangaan om na die waanwêreld terug te keer en niks van die werklikheid te onthou nie, sê hy: “Onkunde is heerlik.” Hierteenoor som Morpheus sy filosofie en beweegrede om die rooi pil aan te bied soos volg op:
This is your last chance. After this, there is no turning back. You take the blue pill—the story ends, you wake up in your bed and believe whatever you want to believe. You take the red pill—you stay in Wonderland, and I show you how deep the rabbit hole goes. Remember: all I’m offering is the truth. Nothing more.
Soos ons almal weet, is dit vandag – te midde van polities korrekte tirannie en oorheersing van Links – baie gevaarlik om die waarheid te praat of te skryf. Jy kan jou werk verloor, deur die hoofstroomsamelewing verwerp word of, indien jy vir jouself werk, kan jy al jou kliënte verloor of verbied word om sake te doen. Tans is daar byvoorbeeld ‘n heksejag teen die sanger Steve Hofmeyr in die media aan die gang omdat hy beswaar teen geweldsmisdaad en Afrikanerlyding maak. So pas het die buikspreker Conrad Koch met sy swart pop Chester Missing die telefoonnommer van Williams Hunt, wat ‘n voertuig vir Steve borg, op Twitter geplaas sodat linkses hulle met klagtes kon oorval. Kort daarna het Williams Hunt vir Steve in kennis gestel dat hulle hul voertuig terugneem.
Reeds is Steve deur die ANC-DA-koalisie op die dorpie Vredendal verbied om aan die Namaquafees deel te neem en is hy “ontnooi”.
Nick Land bied ‘n taamlik pessimistiese ontleding van denke en politiek in die Westerse wêreld. Politieke korrektheid is ‘n sektariese geloof wat niemand mag bevraagteken nie, anders is jy ‘n ketter. Net soos tydens die Middeleeue toe ketters in die openbaar uitgeskel of op die brandstapel verbrand is, koester ons samelewing insgelyks geen verdraagsaamheid jeens andersdenkendes of diegene wat die heersende geloof bevraagteken nie.
Die term “Donker Verligting” is blykbaar deur die miljardêr en medestigtigter van PayPal, Peter Thiel, gemunt en is besig om al hoe meer veld onder ‘n groep IT-deskundiges, filosowe, skrywers en aktiviste te wen. Alhoewel, dié artikel beweer dat dit Nick Land self is wat die uitdrukking eerste gebruik het. Een van die rubriekskrywers van PRAAG, Albert Brenner, is ook lief om die uitdrukking te besig en beweer selfs dat die onlangse film The Grand Budapest Hotel elemente van die donker verligting bevat.
Wat beteken “donker verligting” presies? Waarom is dit juis “donker”? Nick Land verduidelik dat ons nie ‘n renaissance of hergeboorte nodig het nie, want ons het nie langs die pad ‘n tradisie verloor nie. Die feit dat ons egter ‘n “donker tyd” beleef, skep ‘n behoefte aan lig wat gevolg moet word.
Enlightenment is not only a state, but an event, and a process. As the designation for an historical episode, concentrated in northern Europe during the 18th century, it is a leading candidate for the ‘true name’ of modernity, capturing its origin and essence (‘Renaissance’ and ‘Industrial Revolution’ are others). Between ‘enlightenment’ and ‘progressive enlightenment’ there is only an elusive difference, because illumination takes time – and feeds on itself, because enlightenment is self-confirming, its revelations ‘self-evident’, and because a retrograde, or reactionary, ‘dark enlightenment’ amounts almost to intrinsic contradiction. To become enlightened, in this historical sense, is to recognize, and then to pursue, a guiding light.
There were ages of darkness, and then enlightenment came. Clearly, advance has demonstrated itself, offering not only improvement, but also a model. Furthermore, unlike a renaissance, there is no need for an enlightenment to recall what was lost, or to emphasize the attractions of return.
Die “donker” aspek van die nuwe Verligting wat mense soos Thiel, Land en ene Mencius Moldbug propageer, behels kritiek op twee van die heiligstes van die heilige koeie van politieke korrektheid: demokrasie en ras. Soos ‘n Rus op ‘n keer vir my gesê het: “Die Amerikaners wil ons land en die hele wêreld oorneem, in die naam van ‘vryheid en demokrasie’? Wie kan teen ‘vryheid en demokrasie’ gekant wees?”
Insgelyks word Afrikaners en blankes vandag in die naam van “vryheid en demokrasie” vermoor, verkrag, verdruk! Hoe durf ‘n mens jou teen “demokrasie” en swart meerderheidsregering uitspreek? Vir nog ‘n denker wat met die Donker Verligting verbind word, die Duitse ekonoom, Hans-Hermann Hoppe, is demokrasie bloot ‘n tussenstasie op pad na volslae kommunisme en totalitarisme. Enigeen wat al die rooi pil in Suid-Afrika geneem het, hoef maar net rondom hom te kyk en te besef dat Oos-Europese kommunisme eintlik ‘n béter stelsel as Suid-Afrikaanse demokrasie was. Ten minste was daar in Rusland en Oos-Duitsland nog opvoedkundige standaarde, Bolsjoi-ballet, klassieke musiek, wetenskap en die Russiese ruimteprogram. Ons het geen van daardie voordele nie, maar “geniet” dieselfde sensuur, sinnelose geweld en ekonomiese agteruitgang as wat onder Oos-Europese kommunisme gegeld het. Die aandrang op rassegelykheid is in vele opsigte veel erger as die aandrang op klassegelykheid.
Onder die NP het Afrikaners ‘n hoë mate van gelykheid behaal, amper soos in Skandinawië. Vele van ons mense uit arm huise en buurte het met feitlik gratis onderwys hul talente kon ontwikkel. Anders as onder Engelse en dalk Sappe in die eerste helfte van die twintigste eeu, was snobisme en ‘n klassebewussyn tot onlangs iets vreemds onder Afrikaners. Ons het mense op meriete beoordeel, nie op grond van hul ouers se rykdom, aansien of die duur privaatskool wat hulle bygewoon het nie.
Die huidige demokrasie, gegrond op Amerikaanse “liberalisme” of politieke korrektheid, wil egter nie gelyke geleenthede skep nie, maar “gelyke uitkomste”. Soos Nick Land dit ook omskryf, is daar iets kranksinnigs aan politieke korrektheid en veral die aanname dat “alle rasse gelyk moet presteer”. Geen twee individue is dieselfde nie. Enige ouer met kinders weet dat geen twee kinders dieselfde talente of belangstellings koester nie. Een is goed met wiskunde, ‘n ander weer met taal.
Om te verwag dat die swartmense van Afrika of van die VSA presies dieselfde ontwikkeling en prestasie as Europeërs of Asiërs móét lewer, is absurd. Tog is dit die wortel van alle hedendaagse politieke korrektheid. Swart wanprestasie word altyd na blanke rassisme herlei.
Terwyl die verskil tussen Links en Regs voorheen op godsdienstige of ekonomiese gronde berus het, gaan dit vandag nét oor ras. Hoe meer die staat en die maatskappy misluk, hoe meer moet hy die oorblywende blanke middelklas heropvoed om “anders na dinge te kyk”, “minder rassisties te wees”, ens.
Soos Nick Land dit insgelyks stel, beskik Regs oor geen oorkoepelende definisie nie: dis ‘n bonte mengelmoes van etniese en wit nasionaliste, vryemarkekonome en anti-staatlike “libertariërs” wat eintlik teenstrydige argumente aanvoer. Hy skryf:
‘The right’ has no unity, actual or prospective, and thus has no definition symmetrical to that of the left. It is for this reason that political dialectics (a tautology) ratchets only in one direction, predictably, towards state expansion and an increasingly coercive substantial-egalitarian ideal. The right moves to the center, and the center moves to the left.
In Suid-Afrika het ons dit insgelyks ervaar, hoe die sogenaamde “gematigde sentrum” – wat op die partypolitieke spektrum deur die DA verteenwoordig is – al hoe meer na links verskuif het. Die keuse vir die kieser is vandag tussen ekstreem-links, links of minder links.
Regse of konserwatiewe politiek het geheel en al irrelevant geraak, ten minste in die Engelssprekende wêreld, veral die VSA. Sodra Obama sy amnestie vir onwettige immigrante aankondig, sal die Demokratiese Party dadelik tussen 10 en 30 miljoen potensiële kiesers bykry, wat gaan beteken dat die Demokrate permanent in die VSA sal regeer, tensy enkellopende blanke vroue vir die Republikeine sou begin stem. Met feminisme wat deel van die polities korrekte godsdiens uitmaak en hulle wrewel teen blanke mans aanhits, is die kanse daarop omtrent nul. Ook deel die enkellopende blanke vroue in die kindertoelaes wat aan swart vroue uitbetaal word en is dit in hul finansiële belang om aan te hou om Demokraties te stem.
‘n Vir my ongelukkige term wat deur die denkers van die Donker Verligting gebruik word, is “Die Katedraal”, bedoelende die hele heersende polities korrekte orde met sy parasitiese staat en ideologie, waarmee iets van ‘n parallel met die Roomse Kerk tydens die Middeleeue getref word.
Vandag verteenwoordig die katedrale van Europa egter spookagtige oorblyfsels van ‘n haas vergange Westerse beskawing en sou dit ‘n fout wees om die katedraal te stigmatiseer. ‘n Term wat Donkerverligtingskrywers wel vir ons, die nie-polities korrektes gebruik, is “oorblyfsels” (Eng.: “remnants”). Is dit nie ons plig as oorblyfsels om ook die katedrale te bewaar nie, al is dit net om hulle aan die toeriste te vertoon?
Daarteenoor is die begrip “politieke korrektheid” vandag so ingeburger dat elkeen intuïtief verstaan wat daarmee bedoel word. Selfs linkses verstaan dit en gebruik dit.
Vandag is die katolisisme nie meer polities korrek nie, ongeag die huidige Pous se pogings om linkse uitsprake te maak. Soos Nick Land dit ook uiteensit, is politieke korrektheid as fanatiese godsdiens terug te voer na die ekstreme protestantisme en baptisme van sekere Engelse sektes van die sewentiende eeu. Hedendaagse politieke korrektheid verteenwoordig ‘n alliansie tussen protestante en Jode, wat veral in die VSA en in Skandinawië sy opbloei beleef het. Die Skandinawiese lande voer reeds dekades lank die ekwivalent van hul eie Djihad teen die Westerse beskawing, ook hier in Suid-Afrika. Dit is in die meer Katolieke lande en streke soos Frankryk, Vlaandere, Italië en Oostenryk waar politieke korrektheid tans gekritiseer of beveg word.
Ander denkers wat met die Donker Verligting verbind word, is: Mencius Moldbug (skuilnaam van die rekenaarwetenskaplike Curtis Yarvin), die Duitse ekonoom Hans-Hermann Hoppe, die “beset Wallstraat”-aktivis Justine Tunney, Bryce Laliberte en skrywers op die woernaal Occam’s Razor.
Die meeste Donkerverligtingdenkers aanvaar ook die bestaan van, soos dit eufemisties afgekort word, mbd (= menslike biodiversiteit, Eng. hbd = human biodiversity). Ongeag wetenskaplike getuienis of die ooglopende verskille tussen mense, is dit een van die dogmas van politieke korrektheid dat “alle mense dieselfde is” en dat die “universele eenheid van die mens” nie bevraagteken mag word nie. Kritiese denke hieroor of die aanvaarding van “mbd” verteenwoodig iets “donkers” wat deur die hoofstroomsamelewing as kettery beskou word.
Tot dusver is dit nogal vreemd dat daar nêrens in Afrikanergeledere veel kritiek op die beginsel van demokrasie uitgespreek is nie. Vir honderde jare is demokrasie in Suid-Afrika, ten minste in die sin van volslae oorgawe aan swart meerderheidsregering as iets afskuwekkends en die “slegste oplossing denkbaar” gesien. Selfs liberale denkers soos Hoernlé en Leo Marquard het aanvaar dat daar nooit so iets in Suid-Afrika kon wees sonder om die land in ‘n burgeroorlog of volslae wanorde te dompel nie. Daarom sou ‘n federale stelsel met die behoud van mag in die hande van ‘n opgevoede en patriotiese elite veel beter wees. Toenemend het die destydse NP-politici egter die beginsel van onverdunde massaregering of demokrasie aanvaar, wat vir hulle rampspoedig sou verloop. Selfs in Afrikanergeledere self het die demokrasie meer en meer die swakste mense met weinig kwalifikasies en redeneervermoë na vore gestoot volgens die beginsel wat op TV-realiteitsprogramme geld, naamlik dat die beste presteerder juis uitgestem moet word om aan die meer middelmatiges ‘n groter wenkans te bied.
Waarskynlik is dit in Suid-Afrika tans uiters omstrede om hoegenaamd, in die naam van ‘n Donker Verligting, demokrasie as regeringsvorm te bevraagteken, juis omdat die land so in die greep van polities korrekte fanatisme verkeer. Aan die ander kant het ons niks meer om te verloor nie. Selfs ons huiwerige aandrang op taalregte oor die afgelope tien jaar is met aggressiewe, honende uitroepe van “fascisme” en “rassisme” begroet. Enige gedrag benewens slaafse aanbidding by die altaar van politieke korrektheid, gáán as kettery of selfs ‘n vorm van sielkundige afwyking gesien word, nes dissidente in die ou Sowjetunie as psigiatriese pasiënte opgesluit is.
Die polities korrekte orde beskik oor ‘n monopolie op politieke mag. In Suid-Afrika is demokrasie juis volmaak as de facto-eenpartystaat verwesenlik. In sommige state, soos die VSA, sukkel hulle nog om eenpartystatus te bereik, maar hier by ons het dit feitlik onmiddellik gebeur. Watter klinkklare sukses! In so ‘n eenpartystaat is opstand of selfs weerstand teen die staat uiters moeilik. Reeds word ons taalgebruik en ons denke gepolisieer; enige oproep tot weerstand sou dus heel moontlik as hoogverraad gesien word en sal enige Donker Verligting-stryder dadelik in die gevangenis beland. In die VSA weer, het die staat in reusedatasentra belê wat alle telefoonoproepe en elektroniese kommunikasie van sy burgers opgaar ten einde hulle beter dop te hou, in ‘n verwesenliking van Orwell of Huxley se distopiese toekomsbeelde.
Daarom is die boodskap van die Donker Verligting ook nie weerstand nie, maar ontsnapping of uitkoms, wat op Engels ‘n exit genoem word. Vele Afrikaners beoefen dit reeds, sonder dat hulle al ooit van die Verligting of selfs sy Donker weergawe gehoor het. Ons ontkom aan die gevolge en beperkings van demokrasie deur uitwaarts of inwaarts te emigreer, op plekke soos Orania of Kleinfontein te gaan bly of om ons in geprivatiseerde stedelike veiligheidsbuurte te verskans.
Die boodskap van “donker” ekonome (dalk is my naamgenoot Dawie Roodt ook een?) is eenvoudig: vroeër of later sal die demokratiese staat weens sy skuldlas en onvermoë om as groot parasiet langer belastings van die oorblywende produktiewe bevolking te konfiskeer, in duie stort. Soos ons almal weet, onderhou ongeveer twee miljoen werklike belastingbetalers in Suid-Afrika ‘n welvaartstaat vir 50 miljoen mense, met 17 miljoen wat reeds toelaes ontvang. Ons moet uitsien na daardie dag, maar ook daarop voorberei, want die einde as die monster of Leviatan sy pynlike laaste stuiptrekkings gee, gaan vir seker gewelddadig wees.
Terwyl die media en die opvoedkundige instellings, net soos in die voormalige kommunistiese lande, onder regstreekse ideologiese beheer van die demokratiese staat en sy parasitiese elite staan, ontkom die internet tot dusver aan sodanige beheer. Tans word verskeie pogings aangewend om omvattende sensuur in te stel, om enige afvalligheid van die sentrale godsdiens van multikulturalisme en politieke korrektheid in die kiem te smoor. (Sien ook hier bo die verwysing na die veldtog teen Steve Hofmeyr.)
Die Donker Verligting word egter juis vanuit die kuberruim, deur tegnologies bedrewe programmeerders en filosowe gelei. Pogings tot sensuur sal dus tegnologies en andersins teengestaan word. Anders as in die Middeleeue, is dit nie meer genoeg om iemand op die Indeks te plaas nie.
Afrikaners behoort hieraan deel te neem, aangesien ons die beste van alle volkere op aarde oor die tekortkominge van demokrasie kan getuig. Elke dag beleef ons dit in sy volle geweld, letterlik en figuurlik.
In twee onlangse, goed beredeerde Afrikaanse boeke, Danie Goosen se Die nihilisme (Praag, 2007) en Koos Malan se Politokrasie (PULP, 2011) is argumente gevoer wat sterk by die idees van die Donker Verligting aansluit. Dit is tyd dat ons sulke gedagtes ook na buite in ander tale kommunikeer.
Die styl waarin ‘n mens idees kommunikeer, is natuurlik ook belangrik. Een van die redes waarom tradisionele Afrikanernasionalisme oor die afgelope paar dekades nie eintlik die publiek se verbeelding aangryp nie, is omdat dit meesal op so ‘n outydse, prekerige manier aangebied word. Nick Land is ‘n tipies postmoderne skrywer wat sy idees met popkultuur soos The Matrix – wat regtig ‘n kultusfilm geword het – illustreer, terwyl hy ewe maklik terugreik na die ou-Griekse denkers se kritiek op demokrasie. Dis die soort styl wat ons ook nodig het: ‘n kombinasie van klassieke geleerdheid met ironie en byderwetse popkultuur. Deel van Stever Hofmeyr se sjarme by die publiek is insgelyks dat hy ernstige patriotisme met ‘n loslit-, gewilde of pop-aanslag kombineer.
Onder mekaar moet ons vriende en familie aanpor om die rooi pil te neem. Die waarheid is nie mooi of lekker nie, maar hoe langer ons aan ons illusies en drogbeelde lei, hoe meer gaan ons agteruitgaan.
Wie is nog bang vir die rooi pil?
Ns. Hierdie rubriek sou reeds vanoggend om tienuur verskyn het, maar weens ‘n onverklaarbare tegniese fout het ek twee derdes daarvan verloor toe ek poog om dit te publiseer, wat toe herskryf moes word!
‘n Mens kon dink dat Die Burger se anti-blanke gesindheid teen hierdie tyd ‘n versadigingspunt bereik het. Pleks daarvan het hierdie koerant hom egter die afgelope tyd op sy ingeslane weg oortref. Na die dood van Johannes Grosskopf, ‘n oud-Naspersjoernalis en -redakteur, was daar net lof vir hom. Geen melding is gemaak van hoe Johannes en sy vrou, Santie, die terrorisme van hulle seun, Hein, goedgepraat het nie. Daar is selfs ‘n foto van Hein, geneem tydens die begrafnisdiens, gepubliseer (21 deser, p 7), maar geen melding is gemaak van die motorbom wat hierdie MK-stryder en ANC-lid in 1987 geplant en 26 mense, veral burgerlikes, beseer het nie. As Hein hom aan “apartheidsvergrype” skuldig gemaak het (bv deur deesdae Die Stem te sing of die vorige landsvlag te laat wapper), sou Die Burger dit sekerlik genoem het. Wat ook verswyg word, is dat hierdie geweldenaar nie in die nuwe Suid-Afrika wil woon nie. Hein het hom knus in Engeland gevestig.
Maar die eintlike aanleiding vir my skrywe is Herman Wasserman se artikel oor die Dookoom-liedjie (Die Burger, 22 deser, p 11). Dit is myns insiens een van die onbetaamlikste stukkies joernalistiek wat ooit in Die Burger gepubliseer is. Dit kom van ‘n outeur wat hoog opgee oor joernalistieke etiek, waarvan die grondslag tog sekerlik die najaag van die waarheid behoort te wees. Wasserman was eens ‘n Naspersjoernalis wat daarop roem dat hy Die Burger se eertydse redakteur (toe dié koerant nog pro-blank en pro-Afrikaner was) se wense geïgnoreer het deur Nelson Mandela te gaan opsoek. Dit kon ook nie hoër of laer nie, Wasserman moes eenvoudig sy held se begrafnis in die Oos-Kaap bywoon, waar hy sekerlik as spreekwoordelike nuttige idioot baie welkom was.
Wasserman se insig is dat hy iemand soos Mandela, wat die land tot in die grond wou afbreek, wil vereer, eerder as om ‘n goeie woord te hê vir ordentlike, beskaafde, nie-misdadige Afrikaners wat die land oor eeue ontwikkel en opgebou het. Sy loopbaan as dosent in joernalistiek/mediastudie het van die Universiteit Stellenbosch via Rhodes tot by die Universiteit Kaapstad geloop. Nou is Wasserman die kollega van Afrikaanssprekende mede-verlooptes soos Pierre de Vos en Sonja Loots. Uit hierdie oord sal daar kwalik ooit iets goeds oor Afrikaners geuiter word. Wasserman het heel moontlik, soos Antjie Krog (maar anders as Hein Grosskopf), tradisionele Boere-Afrikaners as ouers gehad, wat die verdorwenheid en ontaarding van hulle kind nooit sou begryp nie. Sowel Wasserman as Krog het aanvanklik literêre werk in Afrikaans gepubliseer, maar albei verkies deesdae om Engels te probeer wees. Dit is ‘n algemene verskynsel dat radikaal-linkse politieke oortuiging Afrikaanssprekendes van hulle moedertaal vervreem.
Kom ons kyk in hoe ‘n mate Wasserman ‘n geharde kluitjiebakker is. Hou deurgaans in gedagte dat hy ‘n professor is; dus iemand wat betaal word om gesaghebbende inligting te versprei. Wasserman se siening van ons geskiedenis is identies met wat in ANC-propaganda versprei word. “Dookoom se liedjie val nie uit die lug nie. Dit is ingebed in meer as drie eeue van onreg, uitbuiting en verdrukking in die naam van ‘beskawing’ – vandaar die eksplisiete verwysing in die liedjie na 1652, toe die ‘setlaars met ‘n bemanning van misdadigers’ (settlers with a convict crew) aan die Kaap aangeland het.”
Wat het Jan van Riebeeck volgens hierdie radikale liberaal-humanistiese siening verkeerd gedoen? Van Riebeeck het as wit kolonis die vermetelheid gehad om sy bevoorregte posisie in Holland aan die Kaap voort te sit. In sy geboorteland het hy en sy “misdadige” bemanning in huise gewoon. Aan die Kaap het hulle uit selfsug vir hulleself woonplekke gebou pleks van eers gratis huise vir die Khoi-San te voorsien (verkieslik met gratis lopende water, elektrisiteit en spoeltoilette en dalk sommer televisie ook); onskuldige inheemses wat behuisingsgewys reeds eeue benadeel is omdat hulle geen behoorlike skuiling teen wind en weer gehad het nie. Volgens hierdie siening het die Khoi-San nie weens onvermoë agtergeraak nie; hulle is agtergestel deur die slegte wittes. Hulle is as benadeeldes magteloos in die agtergrond ingedwing.
Die Khoi-San het volgens hierdie siening vreedsaam en idillies gelewe. Die San het gejag en die Khoi het die omgewing van brandhout gestroop. Albei groepe het roofbou toegepas, dus op ‘n onvolhoubare manier ten koste van die land en natuur gelewe. Uit die noord-ooste het veglustige swartes inbeweeg met bestaansboerdery, wat geen land florerend kon maak nie. In hierdie situasie het Europeërs hoop gebring; waarna Wasserman smalend as “beskawing” verwys. Eeue lank was Europese beskawing die behoud van die land; die grondslag van ontwikkeling en voorspoed. Wasserman het klaarblyklik nog nooit besin oor hoe die land sonder die bydrae van blankes daar sou uitgesien het nie. Daarom het hy ook geen begrip vir die kolossale onreg wat wittes en veral Afrikaners aangedoen is deur hierdie kosbare erflating te verkwansel nie.
Wasserman opper geen beswaar teen die morsige mengsel van Afrikaans en Engels en die kru taal in die Dookoom-liedjie nie. Wat hom betref is dit bloot die uitdrukking van die frustrasie van plaaswerkers wat keelvol is vir boere wat op hulle skree en hulle die slagoffers van die dopstelsel maak. Hierdie twee negatiewe elemente word doelbewus uitgesonder terwyl al die positiewe dinge wat wit boere oor eeue gedoen het, geïgnoreer word. Selfs teen Dookoom se oproep dat die plase afgebrand moet word, maak Wasserman nie kapsie nie. Die raad wat hy uitdeel, is dat ons met begrip moet luister:”teenstanders [moet] mekaar beter verstaan.” Ons moet glo opnuut “besin oor hoe vlak die pyn en frustrasie onder swart en bruin werkers lê. Dit vra ons om te onthou dat onder die prentjiemooi wingerde en boorde in die Wes-Kaap, daar ‘n ‘flipside van die Fairest Cape’ is.” ANC-arbeidsonrusstokers soos Marius Fransman en Tony Ehrenreich sal ongetwyfeld hiervan hou.
Die humanis in Wasserman pleit vir “groter begrip en verdraagsaamheid,” maar hy rig sy pleidooi uitsluitlik op die wittes, wat volgens hom klaarblyklik die enigste skuldige party is. Daarom is dit vir Wasserman “problematies” dat AfriForum “met ‘n bepaalde etniese minderheid se belange vereenselwig word.” Hy is wrewelig oor die klag van haatspraak wat AfriForum by die Menseregtekommissie teen die sanggroep en sy liedjie ingedien het. “Die organisasie sal sekerlik by die groot publiek aan geloofwaardigheid wen as hy ook ‘n slag Afrikaners wat hulself aan rassisme skuldig maak, voor die konstitusionele hof bring.” Die frase “groot publiek” verwys sekerlik na die swart meerderheid, waarby Wasserman hom skaar.
Pleks van opstoking tot geweld af te keur, haal Wasserman Dookoom se reaksie met klaarblyklike goedkeuring aan: “Daar is ‘n verskil daartussen om woede uit te druk en om geweld op te stook… Om werkers erger as diere te behandel is sekerlik op sigself ‘n opstoking tot geweld?” Ons moet glo “die redes vir die woede” soek. ‘n Moontlike beginpunt, wat gerus deur Wasserman oorweeg kan word, is of die gruwelike aantyging en veralgemening dat “werkers erger as diere” behandel word, naasteby die waarheid is.
Wasserman se volgende skuif is om te maak asof Dookoom se Larney-liedjie in dieselfde kategorie as Bok van Blerk se “De la Rey” val: “slegs naïewe luisteraars sal nie die implikasie snap van woorde soos ”n handjie van ons teen ‘n hele groot mag’ en ”n nasie wat weer op sal staan’ nie.” Wasserman ontken by implikasie dat veel aanstootliker voorstelle en inderdaad opstoking tot misdadigheid in die Dookoom-teks voorkom. Dit is duidelik dat Wasserman ook nie daarvan hou dat blankes of Afrikaners na hulle minderheidstatus verwys nie. Ons moet ons seker eerder as een groot en gelukkige Suid-Afrikaanse nasie voordoen. Anti-Afrikaners verwys graag na wat “luid om braaivleisvure” gepraat word en Wasserman doen dit ook. Hy ontken dat die Afrikanernasie bestaansreg het.
Die Larney-liedjie, daarenteen, het volgens Wasserman wel bestaansreg. “Voorts kan Dookoom se liedjie nie gesien word in isolasie van voortgesette maatskaplike ongelykheid, trae grondhervorming en alledaagse wit rassisme nie. Dink maar aan die onlangse ‘blackface’-voorvalle aan die universiteite van Stellenbosch en Pretoria.” Hierdie twee gevalle word genoem as grondslag vir sy verregaande veralgemening dat rassisme onder blankes alledaags is. Later verwys hy na “die gesanik van wit rassiste.” Geen melding word gemaak van rassisme in nie-wit geledere nie.
Verder behoort dit vir Wasserman maklik te wees om vas te stel dat die maatskaplike ongelykheid van wittes en swartes wêreldwyd aangetref word. Wittes het in hierdie opsig nie noodwendig gesondig nie. Rasse-ongelykheid kan nie goedsmoeds aan bv rassesegregasie of apartheid toegeskryf word nie. Sodanige ongelykheid word in die praktyk onaanvaarbaar slegs as van die foutiewe standpunt uitgegaan word dat alle etniese groepe in alle opsigte al die tyd wesenlik eenders is; bv dat almal ten minste die potensiaal het om in dieselfde mate vindingryk, toegewyd, kundig, suksesvol en vooruitstrewend te wees. Dit is klaarblyklik nie die geval nie en hang onder meer saam met kultuurverskille. Binne etniese groepe kom daar ook groot ongelykhede voor.
Vervolgens haal Wasserman sy studeerkamerkennis van medialeer uit. Jürgen Habermas het gepleit vir joernalistieke objektiwiteit en balans, maar Wasserman voel beswaard hieroor. “Habermas het sy teorie gebaseer op ‘n bourgeois Europese omgewing, nie morsige, ongelyke, gewelddeurdrengte nuwe demokrasieë soos Suid-Afrika nie.” In Afrika kan dus maar ander norme as in Europa geld; bv (soos ons onlangs moes verneem) korrupsie is plaaslik iets anders en moet nie sonder meer veroordeel word nie; dit kan bloot die terugneem wees van wat al eeue lank geskuld is. Wasserman hou van Susan Bickford se standpunt “dat emosionele uitsprake in die openbare domein nie onvanpas is nie.” Hier dink Wasserman kennelik goedkeurend aan Dookoom se Larney en nie aan Van Blerk se De la Rey nie.
Volgens Wasserman moet ons na die emosies in Dookoom se liedjie luister en “probeer vasstel wat die oorsake daarvan is – dit verg ‘n oop ingesteldheid en die bereidheid om te bly luister, juis en veral wanneer dit moeilik word.” Nêrens is daar sprake dat Wasserman fout met Dookoom vind en hierdie groep kritiseer nie. Die wittes moet eerder die fout by hulleself soek. Hy kla oor “die hatige persoonlike aanvalle” wat in reaksies op Naspersberigte op die internet voorkom en “‘n oorvloed rassistiese propaganda” op Sunette Bridges se Facebook-bladsy. Nêrens is daar enige aanduiding dat Wasserman in hierdie gevalle sy eie raad volg en bereid is om sonder ophou “regse” bronne te lees en te bly luister nie. Dit is voor die hand liggend dat “wit rassiste” immers ook “pyn en frustrasie” kan hê wat vlak lê en waarvoor hulle begrip verlang; ook van orakel Wasserman.
Die Burger was nie tevrede met bloot die eensydige begrip wat Wasserman in sy onbetaamlike artikel vir Dookoom se Larney-liedjie probeer kweek het nie. Die koerant wou hierop voortborduur deur verdere publisiteit aan die liedjie te gee. Hierdie bedenklike kultuuruiting, wat Wasserman ‘n “musikale handgranaat” noem, moes verder misbruik word om meer en beter houe teen blankes en veral Afrikaners in te kry. Twee dae later (24 deser, p 15) is Murray la Vita se onderhoud met Dookoom onder die opskrif, “Wat mense nie wil hoor nie,” gepubliseer.
Soos die Larney-liedjie bestaan die teks van hierdie onderhoud uit ‘n bedenklike mengsel van Afrikaans en Engels. Toe Die Burger nog trots pro-Afrikaans was, is teks gesuiwer voordat dit gepubliseer is. Hier is daar egter geen poging aangewend om hierdie kultuuruiting taalkundig te ontsmet nie. Daar word selfs beweer dat die bruines Afrikaans “lewendig” hou. Ou Afrikaans (Standaardafrikaans?) word met nuwe Afrikaans (die mengeltaal Kaaps?) gekontrasteer. Onkiese woorde word aangebied as “p–s” en “k-k”. Die opskrif toon duidelik dat die Wasserman-idioom blatant voortgesit word. Die onderskrif verwys daarom weer na die pyn en woede waaraan hierdie sanggroep uitdrukking gee.
Die betekenis van die woord “larney” word verduidelik. Dit is ‘n sinoniem vir baas, maar hierdie baas is bevoorreg, het baie geld en hy mishandel sy werkers. Die woord “dookoom” “has supposed origins in pre-Islamic shamanism in the Indonesian archipelago” en is ‘n negatiewe ghetto-mite wat met towery te make het. Opsommend kan seker gesê word dat ‘n mens hier met ‘n onaptytlike groep en ‘n bedenklike komposisie gekonfronteer word. Dit is ‘n politieke en kulturele moeras waarin ek geen behae het nie.
Dit is vir my duidelik dat Wasserman so verknog aan linkse politiek is dat hy nie sy eie raad volg deur tradisionele en eietydse konserwatiewe Afrikanerpolitiek met voldoende openheid te benader nie. Die Burger verkeer in ‘n soortgelyke situasie. Dit is deesdae vir sy lesers maklik om hulle ‘n baie beter koerant voor te stel. Een manier waarop Die Burger sonder veel moeite sy rol as meningsvormer kan verbeter, is deur sy onverkwiklike dis van konstante, linkse, politieke propaganda af te wissel met oorwoë, behoudende, konserwatiewer standpunte. Dit sal aanklank by sy tradisionele Europees-geöriënteerde lesers vind en ook ‘n bydrae lewer tot groter en ewewigtiger insig by talle mense wat tans deur veral ANC-geïnspireerde propaganda mislei word.
Dis nou hoog tyd dat ek wat Skoppensboer is uit die kas kom en bely: Ek is ôk liberaal. Van my beste vriende werk by Naarpers of die universiteite waar ons al die Afrikanerbloedjies met marxisme, feminisme en liberalisme indoktrineer. Ek en Herr Adriaan Basson en doktor Piet Croucamp en Sir Max du Preez en professor Peer de Vos en mee. Sonja Loots, Christi van der Westhuizen, Amanda Gouws, ens., ens. kuier gereeld in Melville saam. As ek nou nie myself besimpeld suip in Kaapse kroeë saam met my diverse vrinne van diverse seksuele en ander voorkeure nie.
Gepraat van seksuele voorkeur. Ek is al so progressief dat ek nie meer ‘n seksuele voorkeur hét nie. As die bui my pak, verkeer ek sommer met hond of skaap of kind onder twaalf van enige geslag. Watwou, immoreel? Vandat ek my van Afrikanerskap, Christenskap, burgerskap en al die ander vervelige -skappe bevry het, buitel ek van plesier met kind of dier.
Alle ma’s behoort hul kinders aan die bediendes en die libertyne oor te laat. My goeie vriendin Sonja Loots het juis in Sondag se Rapport geskryf: Huisvroue gee my krampe en naarheid. As daar een ding erger is as om kinders in ons land te wil grootmaak, is dit die gedagte om voltyds tuis na hulle te wil omsien, vir hulle skooltoebroodjies te wil maak, na musieklesse of dramaklas toe te wil aanry en sodoende net nog ‘n jong regse te wil produseer. Los hulle liewer dat hulle dagga rook of hulle liggame ontdek, solank hulle kondome gebruik.
Ek is so liberaal, meeste van die tyd is ek letterlik kaal. En ek het nie eens ‘n nudistestrand daarvoor nodig nie. Daar is net twee dinge in die lewe: seks en geld. Vandat ek so liberaal geword het, loop my lewe oor albei.
God is dood en dis goed so. Die regses en veral die boere word een vir een uitgemoor en as ek nou sê dat ek ‘n traan daaroor stort, sou ek lieg. Nie dat dit sleg is om ‘n leuen te vertel nie – niks is meer sleg nie – maar die grootste skande vir ‘n liberaal en veral ‘n Afrikanerliberaal sou wees om hom van simpatie vir boere of wit regses te verdink.
Daardie dag toe die Bop-polisieman die drie ooms van die AWB buite hul ou Mercedes soos honde doodgeskiet het, was vir my ‘n loutere vreugde. Ek het my vrek gelag! Dis net wat hulle verdien het, hulle en hulle hele gesinnetjies wat iewers op die platteland woon waar mense nog Afrikaans praat en nog huwelike met mense van dieselfde ras en die teenoorgestelde geslag aangaan.
Hoe gouer elke wit man en vrou in dié land óf uitgemoor word óf uitbaster tot iets mooiers as wit, Afrikaans of Europees, hoe beter vir ons almal.
Ek hoor daagliks hoe al die regses oor plaasmoorde kla. Man, soos my vriend Max gesê het, besef julle nie hoe gelukkig julle is dat julle nog lewe nie? As ek president was, het ek julle almal voor die voet laat doodskiet en begrawe. Of dalk julle lyke vir die hiënas en die aasvoëls in die Krugerwildtuin gevoer. Ons progressiewe, liberale, transformasiegedrewe, diverse, anti-rassistiese vrydenkers is al lankal moeg vir elkeen wat terughunker na die verlede of vasklou aan uitgediende sedelike waardes. My enigste klagte teen die term “blanke volksmoord” is dat dit nog nie heeltemal bewaarheid is nie.
Soos Charles Nqakula in die parlement gesê het: As jy nie van misdaad en geweld hou nie, vat jou goed en trek, Ferreira. Of liewer, los jou goed hier vir ons en voetsek met die klere aan jou lyf en jou reaksionêre, konserwatiewe idee’tjies oor die waarde van ‘n menselewe, tradisie, taal, kultuur, identiteit en al die ander twak waaroor julle alewig sanik!
Die mens is ‘n soewereine individu wat kan maak wat hy wil. Solank jy nie ‘n rassistiese woord gebruik nie, is daar niks onder die son wat verbode is nie. Kom by, man! Daar’s ‘n kroeg op die hoek en ‘n dwelmhandelaar by elke skool, dus gaan ons onsself geniet, of jy nou daarvan hou of nie.
Ons is bevry. Daar is geen taboe meer nie. Waarom die howe en die tronke nie al lankal afgeskaf is nie, weet nugter. Niemand moor sonder rede nie en in dié land het die hele bevolking rede om moord te wil pleeg, want daar was mos apartheid, nie waar nie?
Oral waar ek kom, probeer ek my vriende van kleur teen die oorblywende blankes en regses opsteek. Ek vertel hulle hoe rassisties julle is en dat julle julself steeds eenkant en apart wil hou. As die helder lig van haat in hul oë ontbrand, voel ek ek het my liberale plig gedoen.
Dis waar wat hulle sê: die revolusie het nog nie ver genoeg gevorder nie. Eers as elke Afrikaner vermoor, verkrag of ten minste verarm is, sal ek voel dat julle genoegsaam vir julle rassisme, seksisme en homofobie geboet het.
Elke dag as ek die liberale Beeld oopslaan en ek lees van al die moord en doodslag, die korrupsie en kaperjolle, dan giggel ek onophoudelik. Want ek dink aan al die ontstoke regses wat so pas nog ‘n nag agter hul mure en elektriese heinings en lemmetjiesdraad oorleef het en wat waarskynlik half-onstoke, half-bevrees in hul koffie en beskuit stik as hulle gister se dodetol verneem.
Jan van Riebeeck was ‘n afstootlike kolonialis wat nooit hierheen moes gekom het nie. Die hele Suid-Afrika is ‘n fout, maar ons is vinnig besig om dit reg te stel. In elke koerantrubriek, in elke artikel en proefskrif bring ek en my liberale vriende en kollegas hulde aan ons grootse revolusie wat die land nog lank in sy greep gaan hê.
Mag elke boer sterf. Mag elke blanke maagd onteer word. Mag al julle bankrekeninge en beleggings en wonings en karre deur die staat onteien word. Mag diegene wat oorleef in een geslag almal sorgvrye kleurlinge word wat nie meer oor enigiets omgee nie.
Hoe gouer daardie kragdadige swartman, Malema, aan bewind kom, hoe beter vir ons almal.
Ek gee lankal nie meer om nie. Soos my liefling- liberale sangeres, Karen Zoid, sing:
Die katte miaau
En die honde blaf
En die kinders
Brand hulle skole af
Dit maak nie,maak nie regtig saak nie
Hy’s gatvol vir sy boerebarok
Nou dra hy lipstick
En hy dra ‘n rok
Soos met ander begrippe, (Calvinisme byvoorbeeld), word die begrip « feodaal » en » feodalisme » nogal los en vas rondgegooi. Dit word veral problematies wanneer die lewenswyse en sosiale patroon van die Afrika mens as « feodaal » beskryf word, want raakpunte tussen die Afrika patroon en die Europese feodalisme is daar werklik net nie. Maar vir diegene wat steeds meen daar is ooreenkoms tussen die Afrika samelewing en die Europese feodalisme, net die volgende paar gedagtes :
Feodalisme dui op die sosiale en politieke ordening van die samelewing gedurende die Europese Middeleeue. Die Middeleeue strek rofweg vanaf die val van die Wes-Romeinse Ryk in die 5e eeu tot met die aanvang van die Renaissance in die 15e eeu. Die hoogtepunt van die Middeleeuse Europese beskawing is bereik gedurende die periode vanaf die 9e tot die 15e eeu.
Sy-aansig van die Nôtre Dame
Die middeleeue het in die eerste plek argitektuur opgelewer wat haas ongeëwenaar is in die wêreldgeskiedenis. Ons dink hier veral aan die Gotiese katedrale wat in dié tyd oral in Europa opgerig is en wat hulle gelyke in terme van skoonheid en tegniese vaardigheid nie ken nie. Enkele van die meer bekende voorbeelde is die Nôtre Dame in Parys, Westminsterabdy in Engeland, die katedrale van Keulen en van Milaan en Chartres, ens., ens., ens. Dosyne en dosyne meesterstukke. En dan die asemrowende Sainte Chapelle, opgerig in die dertiende eeu deur die kruisvaarderkoning, Saint Louis.
Indruk van die interieur van die Sainte Chapelle
Nie net argitektuur was ‘n kenmerk van die Middeleeue nie, maar ook borduurwerk, tapiserieë, porseleinwerk, die wonderbaarlike geïllustreerde manuskripte, mosaïeke, digters, ( Dante, Petrarca, Chaucer, die Troebadoers, die Minnesangers, ens.), filosowe ( Thomas Aquinas, Willem van Ockham, Averroës), beeldhouers (Donatello), skilders,(Giotto) en die pragtige tradisie van onbegeleide (a capella) koorsang.
‘n Voorbeeld van ‘n Middeleeuse mosaïek
Die Middeleeue is inderdaad ‘n universum eerder as ‘n periode in die geskiedenis. Dink maar net, die Middeleeue beslaan die helfte van die tydperk sedert die geboorte van Christus tot vandag toe. Tien eeue van geduldige, toegewyde en volgehoue arbeid en skeppende aktiwiteit. En hoewel daar op sosiale en staatkundige gebied beperkte mobiliteit was, was daar op kulturele en kunsgebied voortdurend ontwikkeling en verryking, dus alles behalwe die statiese en uitsiglose geskiedenis van Afrika.
‘n Bladsy uit een van die derduisende geïllustreerde Middeleeuse manuskripte
Elke lid van die feodale stelsel het van geslag tot geslag die rol vervul wat met sy spesifieke plek in die samelewing ooreengestem het, ‘n rol wat oor eeue heen weinig verander het. Hierdie strakke hiërargiese struktuur was op ‘n langtermynsiening van die lewe ingestel wat ‘n teelaarde was vir die daarstelling van een van die grootse hoogtepunte in ons beskawing. Die beskrywing « donker » Middeleeue om hierdie tydperk te tipeer, kan nie verder van die waarheid wees nie. Inteendeel is hierdie periode gekenmerk deur ‘n onvergelyklike rykdom van kulturele en artistieke prestasies.
‘n Toneel uit die 70-meter-lange tapisserie wat die verowering van Engeland deur Willem die Veroweraar in 1066 uitbeeld. Die tapisserie is enkele jare na die Normandiese inval voltooi. Die Noormanne (Normands) was ten tye van die inval volledig verfrans, vandaar ook die reuse-invloed van Frans op die Engelse taal.
Ook die reëls van ‘n beskaafde lewenswyse is ontleen aan die Middeleeue, die heraldiek, goeie maniere, etiket en hoflikheid. Die woord « hoflik » kom trouens van die hof van ‘n koning of ‘n edelman. m.a.w. hoflik is die manier waarop ‘n mens jou gedra het aan die hof van ‘n aristokraat. Maar hierdie reëls het ook veel meer omvat nl. eerlikheid, dapperheid, getrouheid, lojaliteit, pligsgetrouheid, idealisme, eer en eergevoel, en Christelike waardes in die algemeen – al daardie dinge wat in die « nuwe » Suid-Afrika en die aanloop daartoe met minagting in die slopsemmer gegooi is. Om vandag te praat van getrouheid of lojaliteit of integriteit is om uitgelag te word.
Die Middeleeue het natuurlik ook sy skadukante gehad, om by die Inkwisisie maar te begin. Skadukante is nou eenmaal deel van die menslike psige. (Joseph Conrad se « Heart of Darkness ».)
En dan, natuurlik het ander periodes in die geskiedenis nie juis ‘n tekort aan duisterhede gehad nie. Dink maar net aan die twintigste eeu. En dít sonder die kulturele prestasies.
Ten spyte van die tekortkominge het die Europese feodale stelsel ‘n onwrikbare sin gehad vir wat ‘n betekenisvolle en doelgerigte samelewing was – die lyfeiene was trou verskuldig aan sy heer en die edelman aan die koning en die koning aan God. Hierdie patroon is vir ‘n duisend jaar nooit bevraagteken nie. Vandag is so ‘n beskouing natuurlik ondenkbaar. Maar dan, aan die ander kant, is die samelewing waarin ons vandag leef, veel beter? Sekerlik is dit anders: ‘n afkophoenderbeskawing wat nie weet waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie, wat in niks meer glo nie en wat aan niks meer waarde heg nie behalwe vir ‘n paar ideologiese obsessies wat hom net verder en verder die verderf inhelp.
Soos sy mede-Dakar-ganger Theuns Eloff is die historikus Hermann Giliomee sy vroeëre oorverligtheid kwyt. Dit is nie bloot die verloop van die jare sedert 1988 wat albei wyser gemaak het nie, maar veral die lesse geleer uit dure ondervinding sedert ons “bevryding” twintig jaar gelede. Ek het egter groot waardering vir die wyse waarop Giliomee vir Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch in die bres getree het. In ‘n toespraak op 8 deser het Giliomee met ‘n kortbegrip van ons geskiedenis oor die laaste vyftig jare vorendag gekom (Maroelamedia, 13 deser), grootliks gebaseer op sy boek, Die laaste Afrikanerleiers (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 460p).
Ek gaan nie veel uitwei oor die voor-De Klerk-era nie. Giliomee verkwalik HF Verwoerd omdat hy nie rasseklassifikasie uitgefaseer het nie. Hy beweer dit is eers in die jare negentig gedoen. Die waarheid is dat rasseklassifikasie toe oënskynlik afgeskaf is, maar sedertdien ten koste van veral blankes en ten gunste van veral swartes seker meer as ooit toegepas is. “Nie-rassigheid is heeltemal gediskrediteer deur die ANC self.”
Die dwaasheid van die aanvaarding van die Wiehahn-verslag (1982) tydens die bewind van PW Botha word uitgewys. “Daar was min besef van [hierdie] groot historiese les: om vakbondregte voor politieke regte te gee, is erg destabiliserend en sal ‘n land lank kortwiek in sy ekonomiese groei. Dit strem die ekonomie nou nog.” “Strem”? Dalk eerder: ruïneer.
Dopper en Anglikaan deel ‘n oomblik saam
Ek wil my veral bepaal by die bodemlose dwaasheid wat die FW de Klerk-era gekenmerk het, maar let daarop dat ek Giliomee se opmerkings voorts met my eie aanvul (of aandik). Ek skryf dus na aanleiding van Giliomee se toespraak, maar ek herhaal nie bloot klakkeloos wat hy gesê het nie. Volgens De Klerk was dit in sy tyd wat ons veelgeprese grondwet beslag gekry en hy met heroïse staatsmanskap ‘n burgeroorlog voorkom het. Op grond hiervan verwag hy steeds ongekwalifiseerde verering, nie net van die swartes wat hy so buitensporig ter wille was nie, maar ook van die blankes; selfs van die Afrikaners.
Giliomee wys daarop dat PW Botha nie so dwaas soos De Klerk sou wees om te ontwapen voordat bevredigend met die vyand onderhandel is nie. De Klerk het militêre uitgawes besnoei en diensplig ingekort. “Hy wou daarmee die sein gee dat die staat nie wil veg nie.” Die ANC het dus beheer oor die swart woongebiede verkry. Die gevolg was: “Die militêr-sterker party se wil om te veg, kwyn en die siening kry in hul geledere [die] oorhand dat omdat [die] stryd immoreel is, is dit ook ‘n verlore stryd.” Geen daadwerklike poging is aangewend om die fundamentele immoraliteit van die ANC, bv sy verslaafdheid aan geweld, waaronder terrorisme, uit te wys nie. As rassediskriminasie die morele hoofbeswaar teen apartheid is, waarom is rassediskriminasie nie summier in die nuwe grondwet verbied nie? Pleks daarvan tier erge rassediskriminasie in die nuwe Suid-Afrika voort, maar die moraliste verkies om dit te ignoreer.
Dit is bekend dat De Klerk aanvanklik wou hê dat die ANC geweld moet afsweer en dat kommuniste nie aan die onderhandelings deelneem nie. Die ANC het hierdie versoeke geweier en De Klerk het in albei gevalle toegegee. Eensydige toegewings het deurgaans sy onderhandelingstrategie gekenmerk. De Klerk was bekend met die algemeen aanvaarde standpunt dat daar nie met terroriste onderhandel word nie. Hy het besluit om hierdie sinvolle raad te ignoreer. Die gevolg was dat wanneer die ANC nie dadelik sy sin gekry het nie, Nelson Mandela en sy dissipels De Klerk telkens met die hervatting van “die gewapende stryd” afgedreig en tot verdere toegewings verplig het. Op hierdie manier is die “vreedsame” oorgang na “ons jong demokrasie” bewerkstellig. De Klerk het hom ingewurm in ‘n verloor-verloorsituasie.
Die ANC-onderhandelaars is deur talle buitelandse kundiges gerugsteun. De Klerk was dwaas genoeg om net op mede-Nasionale Party-kornuite te steun. Giliomee stel die aanwesigheid van ‘n “beskermende buitelandse moondheid” as ‘n voorwaarde vir die suksesvolle afdwing van ‘n politieke skikking. “Die VSA speel hierdie rol in Israel en Westminster (Londen) in die geval van Noord-Ierland.” Tans verkrag die ANC-regering die letter en gees van De Klerk se naïewe onderhandelings na willekeur en daar is geen buitelandse moondheid wat hom hieroor verknies nie.
‘n Tweede voorwaarde vir voortbestaan is dat wanneer die tradisionele maatskaplike orde revolusionêr omvergewerp word, soos wat De Klerk bewerkstellig het, die skikking daarvoor voorsiening moet maak dat kernwaardes wat eie aan ‘n kultuur is na die oorgang in die nuwe bedeling onderskraag word, bv minderheidsregte (insluitende vetoregte), blanke selfbeskikking, Afrikanernasionalisme en Afrikaans; ook vrywaring teen vervolging. Nie ‘n enkele een van hierdie items is doeltreffend in die grondwet of in sy vertolking en toepassing verskans nie. “Minderhede in SA kan moeilik die mas opkom sonder ‘n ideologie en sonder ‘n grondwet wat vir die land geskik is.” Vir die ANC gaan dit om swartmag en Afrika-nasionalisme en nie om ‘n liberale demokrasie nie. “Ons Grondwet is besig om ‘n kwynende vyeblaar te word.”
‘n Derde voorwaarde vir voortbestaan is dat politieke leiers “aan hul volgelinge genoeg inligting verskaf om ‘n ingeligte en oorwoë besluit te neem wanneer hulle gevra word om groot leiersbesluite te bekragtig. In die geval van Noord-Ierland is die krities belangrike referendum in 1998 gehou nadat die volle grondwet bekend gemaak is.” Wat het in Suid-Afrika gebeur? Voor die 1992-referendum is magsdeling en eie woonbuurte, eie skole, werksekuriteit (“niemand sal sy werk verloor nie”), eiendomsregte (“boere, julle kaart en transport is veilig”), ens, aan die blankes belowe. Geen nuwe grondwet het toe bestaan nie, maar De Klerk het plegtig belowe dat die blanke kiesers in ‘n opvolg-referendum uitspraak oor die uitkoms van sy grondwetlike onderhandelings sou kon lewer.
Hierdie belofte is nooit gestand gedoen nie. Om hierdie rede is sowel die grondwet as die ANC-bewind myns insiens streng gesproke onwettig. Ten spyte van De Klerk se gegorrel oor “wigte en teenwigte” het die beloofde magsdeling algehele oorgawe aan swartmag geblyk te wees. “Uiteindelik was daar geen magsdeling en wigte en teenwigte soos die NP beloof het nie.” Die grondwet het eers later sy beslag gekry en die blanke kiesers het geen vetoreg of ander beheer daaroor gehad nie. “Die NP het sy band met die kiesers verbreek (‘n mens kan dit ook sterker stel).” Daarom sê ek: Die blankes en hulle nageslag is per slot van sake deur De Klerk en ‘n klein groepie NP-kornuite uit ‘n potensieel blink toekoms verneuk.
Giliomee vestig ook die aandag op die dwaasheid van De Klerk om net (onbekwame) NP-koukuslede by die onderhandelings te betrek en nie iemand soos Johan Liebenberg van die Kamer van Mynwese nie, wat reeds bewys het dat hy suksesvol met ‘n element soos Cyril Ramaphosa kragte kan meet. Die NP se onderhandelingspan (bv Roelf Meyer, Leon Wessels en skrumskakel Dawie de Villiers) was man vir man nie naasteby opgewasse teen die ANC se onderhandelaars (bv Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj) nie. Danksy hulle toegeeflikheid en ANC-lojaliteit word van hierdie destydse NP-ampsdraers deesdae deur die ANC-regering by staatsprojekte betrek. Meyer doen hoogs lonende ondersoekwerk vir die Departement van Verdediging en Wessels is ruim vergoed vir die skade wat hy blankes en Afrikaans op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit aangedoen het. Vir De Villiers kon daar egter selfs in die geledere van getransformeerde rugby skynbaar nie ‘n taak gevind word nie.
‘n Ietwat onverwagte kompliment word deur die eens oorverligte Giliomee aan sy destydse teenstanders, naamlik verkrampte akademici, gegee: “Die meer rasionele faksie onder regses in [die] 1980’s het ‘n veel meer realistiese verwagting gehad van hoe die land vandag onder die ANC-bewind sou lyk.” Verligte akademici wou “aan die regte kant van die geskiedenis” wees. “Dit is iets wat enige persoon wat iets van die geskiedenis weet, met groot agterdog moet bejeen.” Dink in hierdie verband aan ‘n geval soos Willie Esterhuyse en hedendaagse kommentators soos Anton van Niekerk, Piet Croucamp en Pierre de Vos. Daar is ook joernaliste soos Max du Preez en Adriaan Basson en ‘n motiveringspreker soos JP (Silwerrandjie) Landman. Dit is klaarblyklik lonend om eerder optimisties as pessimisties te wees, al verkrag ‘n mens die waarheid in hierdie proses.
De Klerk se ideaal was ‘n nie-kommunistiese en vreedsame nuwe Suid-Afrika. Wat het hy bereik? ‘n Land wat sedert 1994 nog nie ‘n nie-kommunistiese staatshoof gehad het nie; om van ‘n anti-kommunistiese president nie te praat nie. ‘n Vreedsame samelewing ontwyk ons meer as ooit tevore. Byvoorbeeld, voorheen was winkelsentrums die toonbeelde van Europese beskawing en die teenpool van lokasies. Nou is winkelsentrums daagliks die toneel van rooftogte. In (feitlik) elke opsig het De Klerk se inisiatiewe klaaglik misluk.
In die kommentaar op Giliomee se gepubliseerde toespraak wys die lesers telkens op De Klerk se verraad; dat hy die blanke kiesers mislei het. “Hy is ore aangesit deur twee bosvegters.” “Die Afrikaner het, met die begeleiding van hierdie man, homself verloën. En nou betaal sy kinders vir sy bespotlike strewe na gewildheid.” As ek die blankes en veral die Afrikaners aangedoen het wat De Klerk teen ruim betaling vermag het, sou ek nooit weer in die openbaar verskyn het of aandag op myself probeer vestig het nie. Ek sou myself nooit kon vergewe nie. My eie mense, my kultuurgroep, verdien beter. Ek sou dit sekerlik onmoontlik gevind het om my lewe voort te sit.
Een van die aspekte van Suid-Afrika wat seker die meeste uitstaan, is die hoon en smaad wat byna konstant deur Afrikaners ervaar word. Nou die dag skryf iemand vir my dat mnr. Nicky Oppenheimer, die sakeman, tydens ‘n onderhoud aan hom gesê het: “Die Afrikaners se grootste vyande is ander Afrikaners.”
Natuurlik is dit waar. Die ergste anti-Afrikaanse uitsprake word nie deur Britte of Amerikaners, swartes of SA Engelse gemaak nie, maar deur verloopte Afrikaners soos Max du Preez, Pierre de Vos, Wiekus Kotze van die EFF, die skryfster Antjie Krog, die agent Piet Croucamp, asook die Beeld-joernaliste Adriaan Basson en Christi van der Westhuizen.
Geen Afrikaner behalwe FW de Klerk het nog ooit ‘n Nobelprys verower nie en in sy geval was dit geensins verdiend nie. Dit was eerder tekenend van De Klerk se eie Boerehaat en ‘n soort sug na volkselfmoord, want die 70 000 Afrikaners wat sedert 1994 vermoor is, is regstreeks aan sy onbesonne oorgawe te wyte. In elk geval is die Nobelprys vir vrede ‘n mindere, verpolitiseerde prys wat geensins prestasie beloon nie, maar meesal toeval. Die prys vir vrede word volgens die Andy Warhol-beginsel toegeken: “In die toekoms sal elkeen vir 15 minute wêreldberoemd wees.” Toevallig het Warhol dié uitspraak in Stockholm, tuiste van die Nobelpryse, by die Moderna Museet aldaar in 1968 gemaak.
Ook die Franse voel deesdae nie te goed oor hulself nie. Ekonomies gaan dit vrot en die land het sy ou glans verloor. Daarom het die gewilde aanbieder van boekprogramme op televisie, Bernard Pivot, oor vanjaar se toekenning van die Nobelprys vir letterkunde aan die Franse skrywer Patrick Modiano op Twitter gesê:
Le prix Nobel de littérature pour Modiano a redonné confiance aux Français le temps d’un week-end.
Overgezet synde: Die Nobelprys vir letterkunde aan Modiano het die Franse se vertroue vir die duur van ‘n naweek herstel.
Hoewel Frankryk insgelyks polities verdeeld is, beskik sowel linkse as regse Franse oor ‘n patriotisme en trots op hul land, geskiedenis, taal, kultuur en letterkunde. Anders as by ons, kom ‘n mens nie die ekwivalent van Boerehaat deur Afrikaners teenoor ander Afrikaners teë nie.
Hoewel die gay skrywer en filosoof, Guy Hocquenghem, hom op ‘n slag as ‘n “Frankofoob” getipeer het, is dit raar om minagting vir Frankryk by Franse teë te kom. Hoe verklaar ‘n mens dus dié verskynsel by Afrikaners?
Aan die een kant is daar die tweetalige gespletenheid van die ou Suid-Afrika, asook die Nat-Sap-verdeling onder Afrikaners. Terwyl die meerderheid Afrikaners nog altyd patrioties teenoor die eie kultuur en groep gestaan het, was daar ‘n taamlik ryk en welvarende pro-Britse groep wat op hul volksgenote neergesien het en eerder Engels wou wees. Niks hiervan het verander nie en dit is ook nie toevallig dat vandag se selfhatende Afrikaners dit een en almal betreur dat hulle nie Engels gebore is nie.
Voeg daarby die identiteitsprobleme van Suid-Afrikaanse Engelse wat ek in my onlangse essay behandel en ons het die resep vir ‘n nasionale uitskelkompetisie waartydens die Kaapse slagspreuk “Jou ma se…” welluidend weerklink.
Suid-Afrika kon so anders gewees het. Pleks van ‘n probleemland, kon ons welvarend, gelukkig, trots en sorgvry gewees het. Dit is egter die lot van alle multinasionale state dat daar wedwywering en veral naywer tussen groepe sal wees, wat weer tot etniese uitbarstings lei. Alles van die afbrand van skole tot nihilistiese, anomiese “popgroepe” soos Die Antwoord of die huidige Dookoom kan hierdeur verklaar word.
Anomie is ‘n begrip wat deur die Franse sosioloog Émile Durkheim bekendgestel is in sy boek Suicide (1897) wat juis oor selfmoord handel. Dit behels ‘n “gebrek of afwysing van waardes en standaarde”. ‘n Toestand van anomie in ‘n maatskappy lei sekerlik ook tot wetteloosheid, iets wat ons toenemend in Suid-Afrika ervaar.
Terwyl Durkheim in anomie iets negatiefs of ongewens gesien het, word anomie en nihilistiese opstand in Suid-Afrika opgehemel. So pas het die Engels-Suid-Afrikaanse skrywer wat in Kanada woon of gewoon het, Richard Poplak, in die Daily Maverick ‘n meningstuk gepubliseer waarin hy juis Dookoom se oproepe in hul kletsryme om boere se plase af te brand, loof. Of ten minste meen Poplak dat, indien Steve Hofmeyr oor die wetlike reg beskik om Die Stem te sing en daarmee “Suid-Afrika se rassewonde oop te steek”, dan beskik Dookoom insgelyks oor so ‘n reg.
Die blote gelykstelling van ‘n patriotiese, suiwer lied soos Die Stem – wat juis die teenoorgestelde van ‘n anomiese boodskap uitdra – met die vernielsug en nihilisme van Dookoom se kletsryme getuig natuurlik van gebrekkige ontleding.
Terwyl Poplak hom iewers in sy rubriek op sy gewese rabbi beroep en daarmee sy Joodsheid openbaar, was dit juis die mededirekteur van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes wat nie te lank gelede nie, verklaar het dat “die anti-apartheidsbeweging deur Boerehaat gekenmerk is”. Daar word gerieflikheidshalwe vergeet hoeveel huise en skole daar al in Suid-Afrika in die naam van “bevryding” afgebrand is, asof anomie ooit deur blote interpretasie verdoesel kan word.
Waarskynlik is daar geen salf aan Suid-Afrika te smeer nie en sal ‘n groot deel van die land se inwoners – ryk en arm, swart, wit of bruin – altyd onvergenoegd en lus om iets te gaan brand, voel. Maar Afrikaners is heeltemal in staat om aan die algemene anomie te ontkom.
Die eerste stap sou wees om soos die Franse ‘n nasietrots te ontwikkel. Eerder: weer terug te vind. Want daar was tye in die verlede toe skrywers en intellektuele soos Van Wyk Louw, D.F. en F.E.J. Malherbe, G.A. Watermeyer, Jan Rabie, J.C. Steyn en ander, asook politieke leiers soos Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd, onbeskaamd trots was op Afrikaans en Afrikanerskap.
Tans bespeur ‘n mens ook ‘n opwelling van nasionalisme onder Afrikaners, soos veral deur die sing van Die Stem by Steve Hofmeyr se byeenkomste vergestalt word. Ons almal het met Die Stem en vlaghysingseremonies grootgeword. Waar daar egter vir my ‘n gebrek is, is nie soseer aan dié openbare vertoon van volkstrots nie – hoe nodig ons dit ook al tans het! – maar aan ‘n dieper, meer intieme omgang met die Afrikaanse tradisie.
Dis seker nie toevallig dat soveel van die leiers van die vroeë Afrikaanse taalbewegings Franse name en vanne gehad het nie. Toevallig lees ek nou die dag weer ‘n paragraaf in Paul Kruger se biografie raak waar hy en sy geselskap in die 1880’s na Europa gereis het en daar ná Majuba oral soos helde ontvang is. In Amsterdam is Kruger deur duisende mense toegejuig. In Leiden het Oom Paul voor sy studentegehoor van sy ietwat stywe Nederlands na Afrikaans oorgeskakel:
“Volgens ‘n verslaggewer was die man wat, in sy poging om suiwer Nederlands te spreek, hulle tot dusver slegs woorde van goeie bedoeling en weining betekenis hoor spreek het, plotseling ‘getransfigureerd’. Nou eers het die Hollanders ‘n denkbeeld gekry van sy groot invloed op sy landgenote. Die gehoor het spontaan en staande hulde gebring en dit het ‘n tydjie geduur om die orde te herstel.” (Krüger: 332)
In Antwerpen, Vlaandere, het die Transvaalse afvaardiging insgelyks ‘n triomfantelike ontvangs geniet:
Sommige gaste het geween, veral toe ‘n sanger ‘Die Vierkleur van Transvaal’, gedig deur ds. Du Toit en getoonset deur J.S. de Villiers, voorgedra het. Hy is met harpspel begelei en die Vlaminge het dit pragtig gevind en die taal het hulle diep in die warm gemoed gegryp. Ongetwyfeld was die begaafde jong superintendent van onderwys die held van die aand.” (Krüger: 336)
Die sukses van die Afrikaanse beweging in die negentiende en vroeë twintigste eeue was gegrond op ‘n kombinasie van patriotisme en ‘n liefde vir Afrikaans. Die anomie wat Durkheim reeds in die 1890’s in Europa raakgesien het, het nog nie onder Afrikaners bestaan nie. Korreksie: in die 1890’s is die nasionale dag van die ZAR wel ontsier deur dronk Afrikaners wat Engelse spotliedjies gesing het.
Die groot verskil is egter dat anomie tot onlangs nie die botoon in ons land gevoer het nie. Vandag is die “resies na onder”, na platvloersheid, vervreemding, aftakeling en selfmoord, in volle swang.
Ons sal die anomie wat soveel van ons kinders en jongmense ook in sy wurggreep het, moet besweer. Slegs deur die algemene volksgevoel te verander, sal ons daarin slaag.
Niemand gaan ons ‘n Nobelprys daarvoor gee nie, maar om weer die soort aansien en agting te geniet wat Kruger, S.J. du Toit, Leyds en ander meer as honderd jaar gelede in Europa ervaar het, sou vir alle Afrikaners meer as genoeg beloning wees.
Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer – veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie.
Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid. Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van NP-bewind soveel beter.
Ons is geleer dat die begrip Afrikaner ‘n kunsmatige sosiale konstruk was en ingespan is om die Afrikaner-establishment se politieke mag te verseker. Toe hulle die mag verloor het, het die konstruk verval en slegs by klein kerngroepies bittereinders behoue gebly.
Op ons beurt het ons geleer van volkstaatkunde; die haalbaarheid daarvan, asook die mites daaromheen. Vandag is daar in Afrikanergeledere honderde kitsvolkekundiges…
Maar die grootste les wat ons geleer het, is dat dr. Verwoerd se differensiasiepolitiek finaal bewys dat witmense en swartmense verskillende psiges het en baie moeilik as sosiale gelykes sal kan saambestaan. Hul korporatiewe psiges is botsend van aard.
Dit is by hierdie les waar ek vir ‘n oomblik wil stilstaan.
Dit is alom bekend dat Westerlinge skeppend van aard is en dat hulle aan die onbeperkte potensiaal van hul eie vermoë glo. Hierdie eienskap het meegehelp dat hulle van die feodale stelsel van driehonderd jaar gelede kon onsnap. Europeërs het die landbourewolusie meegemaak, gevolg deur verskillende rewolusies soos die nywerheidsrewolusie en inligtingsrewolusie. Hul lewensbeskouing en ekonomiese welvaart het daardeur ingrypend verander. Hulle het ervaar dat welvaart en groei uit innovering spruit. Dat nuwe rykdom deur innovering geskep word.
Afrika was nooit deel van daardie historiese rewolusies nie en sy mense se psige het feodaal gebly. Maar hulle trek vandag voordeel uit die huidige digitale en kommunikasierewolusie.
Afrika se feodale ingesteldheid is presies soos dié van Europa se prerewolusionêre lewensbeskouing. Dit word bepaaal deur ‘n natuurwet waarvan hulle nie kan ontsnap nie.
Daardie wet is die begrip van beperkte rykdom wat diep in die psige gewortel is.
Beperkte rykdom beteken dat mens jou eie finansiële posisie slegs ten koste van iemand anders s’n kan verbeter. Die koek word dus gereeld onderverdeel en word nooit groter nie. Diefstal en batestropery verteenwoordig ‘n legitieme oorlewingstrategie wanneer jy die mag besit om jou koekdeel te vergroot.
Dit is hier waar die elfde gebod sy ontstaan het, naamlik, dat jy nie uitgevang mag word nie, want dan moet jy die straf wat onvermydelik volg, kan vat. Dis nie verkeerd om te steel nie; die misdaad is dat jy nie uitgevang mag word nie.
Dit verklaar waarom endemiese korrupsie regoor Afrika heers en nie maklik gaan verander nie.
Dit verklaar waarom die ANC vir Zuma beskerm en ‘n R246-miljoen bate vir hom geskep het wat wettiglik sy eiendom sal word wanneer hy oor ‘n paar jaar gaan uittree. Belastingvry.
Dit verklaar die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, wat niks met historiese ongelykhede te doen het nie, maar met die herverdeling van die nasionale ekonomiese koek.
Dit is bloot te wyte aan die Afrikapsige wat nooit verder gevorder het as die verbruiksfase nie, en altyd sal teer op medeburgers wat die rykdom skep.
Wit mans mag nie poste in die staatsdiens kry nie. As entrepreneurs moet hulle die stroperbendes se honger voed.
Dít is wat dr. Verwoerd voorsien het en dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.
Max Du Preez se aanval op Steve Hofmeyr op die naweek se Netwerk 24 is ‘n sprekende voorbeeld van oppervlakkige, ondeurdagte, eensydige en bevooroordeelde joernalistiek. Kom ons bekyk dit stuk vir stuk van naderby: Ek haal telkens aan uit sy artikel en lewer dan kommentaar daarop.
Du Preez :«Dis vir my ’n interessante verskynsel, dié dat party mense se denke en houdings verstar en hulle wêrelde kleiner word as hulle ouer word. ’n Mens sou dink dit behoort andersom te werk: hoe meer ’n mens te wete kom, hoe meer ’n mens sien en ervaar, hoe meer mense jy ontmoet, hoe oper behoort jou kop en hoe breër jou horisonne te word. »
Kommentaar : Nou hoekom is dit dat einste Max Du Preez se denke en houdings met die tyd almeer verstar voorkom. In watter opsig het Max Du Preez se sienswyses die afgelope twintig jaar verander ? Nog steeds dieselfde ou droefgeestige linksliberale Amerikaans-geëinspireerde refrein. En ek glo nie my indruk is die gevolg van my wêreld wat kleiner word nie. Sonder om op besonderhede in te gaan, meen ek my wêreld is heelwat wyer as dié van Max Du Preez. As Max Du Preez nie bewus is daarvan of bewus wil wees nie dat nasionalismes wêreldwyd besig is om te ontwaak, kan dit net wees weens sy verknogtheid aan ‘n klaaglik klein wêreldjie wat maar net nie wil groter word nie. Dit is sprekend van Max Du Preez se bevooroordeelde stiksienigheid dat hy meen sy sienswyses is die enigste wat kan roem op ‘n wye horison en wat kan aanspraak maak op waarheid en « moraliteit ».
Du Preez : « Hofmeyr is nie die enigste een met wie dit gebeur het nie. Ek kan die name van ’n hele paar van my Afrikaanse vriende en kennisse noem wat ná ’n relatief progressiewe, vrydenkende lewe al meer reaksionêr en bitterbek geword het. »
Kommentaar : Die oordeel dat hulle «reaksionêr en bitterbek» geword het, is bloot ‘n belediging komende van ‘n tipiese onverdraagsame linkse patroon. Hierdie mense is « reaksionêr en bitterbek » net omdat Max Du Preez hulle as sulks beskou. Inderwaarheid is hulle juis mense wat nie, soos Max Du Preez, verstard in hulle ideologiese kluis vasgehok bly sit het nie, maar hulle denke aangepas en gewysig het na gelang die omstandighede waarin hulle leef sedert 1994 verander het.
Du Preez :» En as jy boonop effens verlig of andersdenkend in jou jeug was of dalk ’n keer of wat apartheid veroordeel het, het jy ’n spesiale lisensie om ná 50 ’n onvergenoegde, reaksionêre ou drol te mag wees. »
Kommentaar : Ek is liewer ‘n konserwatiewe drol as ‘n linksliberale een !
Du Preez : « Dit kan maar koud en eensaam vir ’n Afrikaner wees om deur sy/haar volk verwerp en as ’n hensopper of ’n verloopte gebrandmerk te word. »
Kommentaar : ‘n Mens wat oor die insigte beskik wat Max Du Preez voorgee om te hê, sou vra waarom ‘n Afrikaner deur sy/haar volk verwerp word en as ‘n hensopper en of ‘n verloopte gebrandmerk word. Is dit nie dalk omdat hulle inderdaad hensoppers en verlooptes is nie? Wat Max Du Preez skynbaar nie by magte is om te verstaan nie, is dat wanneer ‘n mens se volk jou verwerp, is dit nie die volk se skuld nie maar jou eie. In elk geval is dit goeie nuus dat die volk nou begin om die hensoppers en verlooptes te herken en te verwerp.
Du Preez : « In die dae toe daar nog ’n “saak” was, toe die swart mense hul plek moes ken en toe ou PW se vinger nog in ons gesigte geswaai het, was dit nog draaglik en hervormingsgesindes het hul rebelse baadjie met trots gedra. Maar in die tyd dat Thabo Mbeki met sy “colonialist of a special kind”-twak begin het, het dié baadjie uit die mode begin raak. »
Kommentaar : Ek dink « mode » is die regte woordkeuse. « Internasionaal » wees, populêr wees, met die stroom swem, agteroorbuig om die Amerikaners ter wille te wees, dít alles was deel van wat Max Du Preez nou, tereg, as « mode » beskryf, ‘n mode waaraan hy self met die grootste toewyding meegedoen het en, erger nog, steeds meedoen. As Max Du Preez tog wou verstaan, ‘n mode is iets wat verbygaan, behalwe net vir mense wat stompsinnig en verstard aan hulle klein bekende en benoude wêreldjie wil vasklou.
Du Preez : « Ons was dan aan julle kant, was die argument, en nou spoeg julle ons uit. »
Kommentaar : Wys net, « ons » was aan die verkeerde kant. Minstens begin « ons » dit nou besef.
Du Preez : « Skielik, soos dié ontnugterdes begin om die ANC te kritiseer, word hulle weer deur die Afrikaner-establishment omhels. En o, hoe lekker is dit om weer in die boesem van die volk gekoester te kan word! Slag die gemeste kalf! »
Kommentaar: ‘n Herhaling van wat reeds gesê is. Probeer tog harder Max, miskien kry jy darem ‘n nuwe idee ook. Ek is nie seker of daar so-iets soos ‘n « Afrikaner-Establishment » is nie; miskien in die benewelde kollektiewe verbeelding van die Naspers. Maar as die gedagte van ‘n « Afrikaanse establishment » julle benoud maak, soveel te beter.
Du Preez : « Dié verskynsel word natuurlik aangehelp deur die rasbeheptheid, onbeholpenheid en korrupsie van ons huidige regerende party. »
Kommentaar : Aha, nou om ons nader aan die waarheid! Is dit wat Max Du Preez met « Demokrasie » bedoel ?
Du Preez :« Ek het dit al in verskeie variasies gehoor – Hofmeyr noem dit “ontnugterd”: Ons was teen apartheid, maar kyk wat het die swartes nou met die vryheid gemaak wat ons vir hulle gegee het. Ai, dié mense kan maar net nie ’n demokrasie en ’n moderne ekonomie bestuur nie . . . »
Kommentaar : Is daar enige rede waarom Steve Hofmeyr of enige ander denkende Afrikaner nie ontnugter moet wees nie? Ek is beslis.
Du Preez :« Ek hoor die koor deesdae elke dag: ons is moeg gekruip; ons is gatvol vir skuldig en skaam voel; ons het nou genoeg ekskuus gevra en handjies gevrywe; los nou die verlede uit; ons wil nou weer trots wees en dit sê. »
Kommentaar : Netso, Max, netso. Wat is jou probleem daarmee ? Wat is verkeerd daarmee om weer trots te wil wees en dit te sê ? Hierdie is die kernpunt : Die Afrikaner mag nie sy kop optel nie. Dankie dat jy dit so duidelik uitgespel het, mnr Du Preez.
Du Preez : « Heil Steve, hy’t die moed om dit van die dakke af te skreeu en die volkslied van apartheid op konserte te sing. »
Kommentaar : Die « volkslied van Apartheid » is die soort stelling wat Max Du preez onherroeplik en onredbaar as vyand van die Afrikaner tipeer. Mens weet nie eers of ‘n sinvolle gesprek hieroor moontlik is nie. Niks in die inhoud van die Stem het enigiets met « Apartheid » te make nie. Die feit dat die Stem gedurende die Nasionale Partybewind in Suid-Afrika gesing is, maak nie daarvan die « volkslied van Apartheid » nie. Die Deutschlandslied (Deutschland über Alles) is die Duitse volkslied sedert 1922, d.w.s. ook gedurende die Nazitydperk. Maak dit nou van die Deutschlandslied die lied van die Nazime ? As jy so dink, hê dan die moed van jou oortuiging en gaan sê dit vir hulle !
Ek wonder nogal hoekom « Heil » Steve. Nie juis moeilik om te raai dat Maxie weer probeer swartsmeer nie. Of moet ‘n mens liewer sê witsmeer!
Du Preez : « Ek kruip voor niemand en het nog nooit nie, nie voor die Broederbond, PW Botha se meedoënlose masjien, Engelse geld, die ANC, die regering, die Jacob Zuma-kliek, die Malemas en ander swart nasionaliste nie. Ek voel nie skuldig en skaam nie, ook nie oor my wit vel of Afrikaner-wees nie.
Kommentaar : Ek is ver van oortuig. Vir my het dit nog altyd gelyk of Max Du Preez die voete soen van die Amerikaners en Engelse, amper soos « verligte » Minister Adriaan Vlok met die ANC-terroriste gedoen het in belang van « waarheid en versoening » !
Du Preez : « Maar ek maak nie asof Suid-Afrika skielik uit die niet in 1994 ontstaan het nie. Ek sluit nie my oë en ore vir die diep letsels wat die eeu van onreg op die meeste Suid-Afrikaners gelaat het en die impak wat dit nog steeds het nie.
Juis omdat ek ’n Afrikaner is, kan ek die sensitiwiteite, gebrek aan selfvertroue (selfs minderwaardigheidskomplekse), frustrasies en aspirasies van ons swart landgenote beter raaksien. Ek gaan nooit my bek hou nie, maar ek gaan ook nie met kapstewels tussen hulle invlieg en vertel hoe hulle hulself moet regruk as ’n ras nie. »
Kommentaar : As hy maar dieselfde begrip vir die sensitiwiteite, frustrasies en veral aspirasies van die Afrikaner ook gehad het, sou hy miskien meer geloofwaardig gewees het. In die omstandighede is sy geloofwaardigheid onder Afrikaners nul. Die enigste geloofwaardigheid wat hy het, is dié wat hy in die wandelgange en vergadersale van die Nasionale Pers geniet.
Du Preez : « Hofmeyr gaan egter ’n stap verder. Wit Suid-Afrikaners moes nooit ’n politieke skikking met die swart meerderheid beding het nie, want hulle moes eintlik nee gestem het in die 1992-referendum wat die onderhandelinge gesanksioneer het: “My ja-stem was ’n dolk in die rug van die minderheidsgroepe in hierdie land, veral die Afrikaner.”
Kommentaar : Ek steun hierdie sienswyse van harte. As daar hoegenaamd ‘n politieke skikking met die swartes moontlik was, dan moes dit ‘n heel ander skikking gewees het. Die « skikking » wat Du Preez in gedagte het, was hoegenaamd geen « skikking » nie, maar bloot ‘n volslae kapitulasie en oorhandiging van die land op ‘n skinkbord aan mense wat deur bomgooiery in restaurante en vermaaklikhedsplekke, in die strate en selfs in kerke en die doodbrand van mense aan die bewind gekom het. Deel van die « demokratiese oorgangsproses » moet ons aanneem.
Du Preez : « En dan, verstommend, dít: “Ek dink om alleen-heerskappy op te gee is ’n gróót opoffering. Die res? Wat het hulle opgeoffer?”
Kommentaar : Wat ons opgeoffer het, was alleen-heerskappy oor onsself. As daar sprake van ‘n « skikking » kon wees, dan moes dit ‘n skikking wees wat vir ons selfbeskikking voorsiening gemaak het.
Du Preez : « En: “ ’n Liberale ou dink die bevoordeling in daardie dae [apartheidsdae] was ten koste van ander. Ek dink dit was welverdiend.
Goeie genade. Wit mense het verdien om baas te speel en vooruitstrewend te word, en swart mense moes net sê dankie, my baas, vir ’n ou joppie, wil die baas nie gou kyk of my pas in orde is nie? »
Kommentaar : Ek glo saam met Hofmeyr dat die witmense in groot mate hulle vooruitstrewendheid verdien het. As Du Preez wil weet hoe vooruitstrewend swartes kan wees wanneer hulle aan die beheer van sake is, kan hy maar net sy oogklappe afhaal en kyk hoe gaan dit nou.
Du Preez : « Ek was ’n voorgestoelte-getuie van die ernstige politieke en ekonomiese krisisse van die tagtigerjare en van die onderhandelinge wat tot die 1994-verkiesing en die skryf van ons Grondwet gelei het. Oor twee sake het ek geen swympie twyfel nie.
Een: Ons het ’n uiteindelike burgeroorlog vermy wat soos dié in Sirië kon gelyk het, tienduisende lewens sou gekos het en almal, ook (en dalk veral) die Afrikaner wat nie sou kon bekostig het om te emigreer nie, plat te slaan soos laas met die Anglo-Boereoorlog gebeur het. »
Kommentaar : Kos die « onderhandelde konstitusonele demokrasie » dan nie sedert 1994 ook duisende lewens nie, die lewens van ons eie mense, m.a.w. die mense teenoor wie ons lojaliteit in die eerste plek verskuldig is? Maar natuurlik, ideologies-gedrewe linksliberales glo nie in iets soos «ons eie mense » nie.
Du Preez : « &Twee: Ons Grondwet met sy handves van menseregte is die heel, heel beste waarop die minderheidsgroepe kon gehoop het. Op die keper beskou, het die werklike kompromisse, soos die eiendomsklousule, eintlik net van ANC-kant gekom. »
Kommentaar : Die Grondwet mag miskien mooi lyk op papier, maar in die praktyk het dit vir ons as witmense en Afrikaners net mooi vere beteken. Dit weet Max Du Preez tog. In daardie sin kan ‘n mens vra of dit wel « ons » grondwet is. En dat die kompromisse net van ANC kant gekom het is mos nou louter onsin.
Du Preez : « Maar apartheid moes ook om morele redes beëindig word. Dis insiggewend dat Hofmeyr sê wit mense se opoffering was om “alleen-heerskappy” prys te gee. Die HAT sê heerskappy beteken “oppermag” of “oorheersing”.
Onderdrukking, dus. Die Afrikaner se duur opoffering was om op te hou om ander te onderdruk? »
Kommentaar : Dat oppermag of oorheersing dieselfde is as onderdrukking is Max Du Preez se vertolking. Dis debateerbaar of die swartes inderdaad soseer onderdruk was. Om dit te kan bepaal moet ‘n mens kyk na die posisie van swartes in vergelykbare situasies, d.w.s. nie in Amerika nie, maar in ander Afrika-lande of in Suid-Afrika sedert die ANC oorname. Is die massa swartes nou inderdaad minder « onderdruk » as onder Apartheid ? Vind die linksliberales die feit dat ‘n eliteklas swartes oor ‘n tydperk van 20 jaar fabelagtige rykdomme versamel het ten koste van die massas, « moreel » ? En is die feit dat ‘n handjievol oligarge die « reg » het om hulle sakke te vul, groot vordering op die pad na Demokrasie ? Ek dink as ons eers begin oor wat « moreel » is of liewer wat dit nie is nie, kan ons vir boekdele aangaan.
Du Preez :« Die oordrag van mag in 1994 was nie ’n opoffering nie. Dit was bloot die herstel van onreg. Dit was bloot die ongedaan-maak van ’n vroeëre wandaad. Die enigste “opoffering” wat wit mense in 1994 gemaak het, was om van hul ongeregverdigde bevoordeling prys te gee, en dit sonder om juis ’n materiële prys te betaal. »
Kommentaar : Dis juis die witmense wat geweet het dat hulle voordeel sou put uit die nuwe bestel wat dit wou gehad het – die adverteerders in die Nasionale Pers, hulle betaalmeesters en septerswaaiers. Die meeste ander mense, veral Afrikaners, het geen voordeel behaal nie en trouens baie van hulle woon tans in plakkerskampe, waarvan die ivoortoring joernaliste van die Nasionale Pers natuurlik salig onbewus sal wees.
Du Preez :« Hofmeyr en talle ander soos hy, is vandag ’n miljoenêr, wat hy nie in 1994 was nie.
Hier is die kern van die saak, my vriend Steve. Al het ons in 1992 presies geweet hoe Suid-Afrika vandag sou lyk en hoe Zuma en sy skelm, magsbehepte kornuite ons sou regeer, moes ons in elk geval apartheid keel-af gesny en ons swart landgenote se menswaardigheid herstel het.
Dit was doodgewoon die regte ding om te doen, moreel gesproke en om ons as Afrikaners se vreedsame voortbestaan in die land wat ons liefhet, te verseker. »
Kommentaar : Die « regte ding om te doen » kom so warm uit die Amerikaanse oond. Die « regte ding om te doen » was die ding wat deur die linksliberale Amerikaanse media voorgeskryf was en deur hulle na-apers in die Nasionale Pers en ander meelopers vir soetkoek opgevreet is: die « regte ding » wat hemelsbreed verwyder was van die regte ding vir ons.
Du Preez : « Die demokrasie is maar ’n gebrekkige stelsel en ’n mens kan soms jou kop skud oor die meerderheid se keuses, maar dis steeds die beste stelsel wat bestaan, die beste versekeringspolis teen tirannie en anargie.
Kommentaar : So werk dit in ‘n homogene of oorwegend homogene Westerse land. Nie in ‘n multi-nasionale opset in ‘n Afrikakonteks nie. ‘n Demokrasie deur en vir blankes was in 1994 met ‘n bietjie beter beplanning en ‘n bietjie meer moed en ‘n bietjie meer wil moontlik en sou inderdaad kon gewerk het. Die « demokrasie » wat ons nou het, werk net vir die swart oligargie wat die stelsel tot die droesem toe uitbuit tot hulle eie voordeel.
Du Preez : In 2014 gee ons Grondwet ons steeds die demokratiese ruimte om luidkeels te protesteer en vir ’n beter bestel te baklei. »
Kommentaar :« Luidkeels te protesteer en vir ‘n beter bestel te baklei » ! Maar hy maak seker grappies. Watter verskil maak ons protes? Wat beteken ons protes teen die verengelsing van ons universiteite en skole, teen die feit dat mense met ses en sewe onderskeidings in matriek universiteitstoelating geweier word omdat hulle wit is, om plek te maak vir studente met ‘n E-simbool, teen die feit dat iemand soos kol. Renate Botha bevordering geweier word omdat sy wit is, teen die feit dat terroriste soos Robert McBride van pos tot pos aangestel word ? Hy lewe mos in ‘n droomwêreld of hy onderskat ons intelligensie, of albei.
Du Preez : Afrikaners was eers vryheidsvegters met ’n sterk sin vir geregtigheid voor hulle rassistiese, selfsugtige boelies geword het.
Jy doen net jou eie bankbalans ’n guns, Steve, as jy probeer om die geskiedenis om te draai en jou aanhangers in ’n nuwe bestaan van rassisme, selfsug en nasionalistiese kragdadigheid in te verlei. Jy doen nie Afrikaners ’n guns nie – en ek vermoed diep in jou hart as ’n intelligente, belese mens weet jy dit. «
Kommentaar : Dis ‘n verregaande aantyging om te maak. Op watter wyse lei Steve Hofmeyr sy aanhangers in ‘n « nuwe bestaan van rassisme, selfsug en kragdadigheid » in? Deur die sing van Die Stem ? Dis tog pure snert. Dink Max Du Preez se Nasperstjomme almal so ? Indien wel, moet hulle maar net so aanhou, want die skrif is vir hulle reeds aan die muur.
Na aanleiding van opmerkings deur ‘n musikus het Dan Roodt na Antonin Dvorák (1841-1904) se Negende of Nuwe Wêreld-Simfonie (1893) verwys (“Die Afrikaner as postmoderne vreemdeling,” Praag, 20 08.2013). Ek het sekerlik nie beswaar om kultureel breedweg met die Weste, veral Europa in sy historiese essensie, geassosieer te word nie. Ek is wél onvergenoegd met afrikanisering. Anders as met klassieke musiek vind ek geen aanklank by bv jazz nie.
Koos Human definieer klassieke musiek as “formele, ‘ernstige’ musiek wat ‘n sekere blywende waarde het en gekomponeer is deur iemand wat grondig teoreties onderleg is” (Die A tot Z van Klassieke Musiek, 1993, p 112-113). Dít is myns insiens kenmerkend van eerder Europese as Amerikaanse musiek. Jazz, daarenteen, word gedefinieer as “(Dans)musiek van Neger-Amerikaanse herkoms met gesinkopeerde ritmiek” (HAT, 2005, p 486). “Jazz: important type of popular music featuring solo virtuosic improvisation. It developed in the southern USA at the turn of the 20th century. Initially music for dancing, often with a vocalist, it had its roots in African-American and other popular music, especially ragtime” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 481-482).
Breedweg kan ‘n mens sê dat klassieke musiek wesenlik Westerse en veral Europese musiek is wat deur melodie gekenmerk word. Jazz, daarenteen, is wesenlik swart of Afrika-musiek wat deur ritme gekenmerk word. Daar is myns insiens ‘n kulturele kloof tussen hierdie twee soorte musiek. My persepsie is ook dat swart musiek en musikante glad te geredelik hoog deur blankes aangeslaan word en dat politieke korrektheid hier ongetwyfeld ‘n rol speel.
Wayne Muller skryf: “Miskien begin ons deesdae al hoe minder die oë rek wanneer musiek van verskillende style en tradisies in ‘n mengelmoes saamgeflans word. Konserte van ernstige kunsmusiek kry soms teen die einde ‘n ligter trant met dalk ‘n tikkie jazz of tradisionele Afrika-liedjies” (Die Burger, 6 deser, p 9). Politiek speel hierin ‘n rol. Wat tradisioneel apart was, word saamgedwing en geïntegeer, dus multi-kultureel, divers en inklusief gemaak.
Met die genoemde Dvorák-simfonie moet daar ideologies omsigtig te werk gegaan word. Hierdie Tsjeg het van 1892 tot 1895 in Amerika deurgebring. Die probleem is dat hy nie duidelik tussen die aard, bv gehalte, van Tsjeggiese volksmusiek, wat hom sterk beïnvloed het, en dié van Amerikaanse swartes en Indiane onderskei het nie. Dvorák was van mening dat die heil en toekoms van Amerikaanse musiek by hierdie nie-wittes se inheemse musiek lê. Die spore van hierdie manie kan in sy Negende Simfonie gehoor word.
Wanneer die Amerikaners duur ondernemings soos ruimtereise aanpak, word dit nie vry van ideologie en propaganda gedoen nie. Dit is waarom Neil Armstrong tydens sy epiese vlug na en uitstappie op die maan in 1969 opdrag gehad het om ‘n opname van Dvorák se Nuwe Wêreld-Simfonie te speel. Die simfonietitel was vir die Amerikaanse owerheid aantreklik. Ook het dit die Amerikaners min geskeel dat dit ‘n Tsjeg se komposisie is. Vir hulle was dit eerder belangrik dat dit, soos Russel Botman dit sou stel, “inklusiewe” musiek was; dus dat wit en swart Amerikaners daarmee kon assosieer. Wesenlik was hierdie gebaar dus nog ‘n offer aan die hedendaagse god van politieke korrektheid.
‘n Verskynsel wat in die musiekwêreld opval, is die Amerikaners se onvermoë om ernstige, substansiële, klassieke musiek te skryf wat vergelykbaar met bv Europese, insluitende Russiese, klassieke musiek is. Hier laat ek buite rekening die talle Europese komponiste wat bv veral weens die Tweede Wêreldoorlog na die VSA uitgewyk het. Sommige van hulle het hulle goeie werk daar in hulle tradisionele idioom voortgesit, bv Arnold Schoenberg (1874-1951), maar ander, bv Erich Korngold (1897-1957), het ‘n vervlakkende koers ingeslaan en rolprentmusiek gekomponeer.
Pleks van hierop voort te borduur, volstaan ek met aanhalings uit twee bronne. My eerste bron, dié van Weaver, is ter sake as ons tipiese Amerikaanse (bv swart) musiek tot jazz reduseer. Dit kan aan onder meer politieke korrektheid toegeskryf word dat die Gautengse radiostasie Classic Fm 102.7 en veral die Kaapse Fine Music Radio 101.3 naas klassieke musiek ook jazz uitsaai. Maar daar is musici soos Simon Rattle (wat met ‘n Amerikaanse swarte getroud was) en Leonard Bernstein wat sonder beswaar albei soorte musiek absorbeer; iets wat ek nie met jazz kan doen nie. My tweede bron, dié van Mahler, toon aan in watter mate Dvorák hom oor die aardverskil tussen Europese volksmusiek en die musiek van Amerikaanse swartes misgis het.
Die eerste bron is Richard Weaver (1910-1963) se Ideas have Consequences (Chicago: University of Chicago Press, 1948/1984, 190p):
“Jazz … seems the clearest of all signs of our age’s deep-seated predilection for barbarism … Jazz was born in the dives of New Orleans, where the word appears first to have signified an elementary animal function. It was initially a music of primitivism; and we have the word of one of its defenders [Robert Goffin] that ‘jazz has no need for intelligence, it needs only feeling.’ But jazz did not remain primitive; something in the Negro’s spontaneous manifestation of feeling linked up with Western man’s declining faith in the value of culture. That same writer admits that ‘if one examines the fields of activity which have been reserved for art, one perceives that the creative work of our ancestors was under the impulse of a harmonious equilibrium between reason and sentiment.’ Jazz, by formally repudiating restraint by intellect, and by expressing contempt and hostility toward our traditional society and mores, has destroyed this equilibrium. That destruction is a triumph of grotesque, even hysterical, emotion over propriety and reasonableness” (p 85).
“It is understandable, therefore, that jazz should have a great appeal to civilization’s fifth column, to the barbarians within the gates. These people found it a useful instrument for the further obliteration of distinctions and the discrediting of all that bears the mark of restraint” (p 85-86).
“The driving impulse behind jazz is best grasped through its syncopation … what it indicates spiritually is a restlessness, a desire to get on, to realise without going through the aesthetic ritual. Forward to the climax, it seems to say; let us dispense with the labor of earning effects. Do we not read in this another form of contempt for labor? Is it not again the modern fatuity of insisting upon the reward without the effort? Form and ritual are outmoded piety, and work is a sacrifice. The primitive and the bored sophisticate are alike impatient for titillation” (p 86).
“Jazz has been compared to ‘an indecent story syncopated and counterpointed.’ There can be no question that, like journalism in literature, it has helped to destroy the concept of obscenity” (p 86-87).
“In view of such considerations it comes as no surprise to hear a statement that jazz is the music of equality and that it has made important contributions to the fight for freedom … it is only natural that the chief devotees of jazz should be the primitive, the young, and those persons, fairly numerous, it would seem, who take pleasure in the thought of bringing down our civilization. The fact that the subjects of jazz, in so far as it may be said to have subjects, are grossly sexual or farcical – subjects of love without aesthetic distance and subjects of comedy without law of proportion – shows how the soul of modern man craves orgiastic disorder. And it is admitted that what man expresses in music dear to him he will most certainly express in his social practices” (p 87).
Die tweede bron is Norman Lebrecht se Mahler Remembered (London: Faber and Faber, 1987, 322p). In 1910 in New York City het die komponis en dirigent Gustav Mahler (1860-1911) hom soos volg uitgespreek in ‘n onderhoud met die tydskrif The Etude:
“It seems to me that the popular music of America is not American at all, but rather that kind of music which the African Negro transplanted to American soil has chosen to adopt. It must be remembered that the music of the African savage, be he Zulu, Hottentot, Kafir or Abyssinian, rises but a trifle above the rhythmic basis. When these people, the ancestors of the present American Negroes, made their compulsory voyages from the jungles of the Dark Continent to the New World it should be remembered that they were in most cases savages pure and simple” (p 292).
“While I have the very greatest respect for the accomplishments of a few who have risen above their surroundings to high places and to distinguished attainments, I cannot subscribe myself to the doctrine that all men are born equal, as it is inconceivable to me. It is not reasonable to expect that a race could arise from a savage condition to a high ethnological state in a century or two. It took Northern Europe nearly one thousand years to fight its way from barbarism to civilization. That the Negroes in America have accomplished so much is truly amazing. In their music they doubtless copied and varied the models of the white people to whose households they were attached. Their love for song and their sense of rhythm assisted them in this. But to expect that they would evolve a new, distinct and original folk-song is preposterous. They are great imitators, I am told, but that is no reason why the American composer should imitate their distorted copies of European folk-songs. The syncopations introduced in Negro songs under the name of ‘ragtime’ are not original, but may be found in the folk-songs of Hungary and other European nations. Syncopation as a part of national folk-songs existed in Europe before the first Negroes were transported from Africa” (p 292).
“Just why the American composer should feel that he is doing something peculiarly American when he employs Negro folk-songs is difficult to tell. Hungarian composers are prone to employ gypsy themes, and the music of Hungary has become marked in this way so that it has become gypsy music and not Hungarian music. Surely American music based upon the crude themes of the red-skinned aborigines, or upon the appropriated European type of folk-song which the African Americans have produced, is not any more representative of the great American people of today than are these swarthy citizens of the New World representative of all Americans” (p 292-293).
“So long as young Americans have to content themselves with the kind of trashy popular songs which are ground out by the thousand every year and howled mercilessly in the music halls of the country, just so long will America be forced to wait for its great master in music” (p 293).