Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Ná Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor die Afrikaner se identifikasie met rugby, dag ek ek sal so ‘n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is.

Nie lank gelede nie, het ek ‘n insgelyks fassinerende paar eposse met ‘n klassiek opgeleide musikus/pianis uitgeruil, waarin hy vir my gesê het:

“Soos ek dit sien is daar interessante verskynsels in die kunsmusiek van plaaslike komponiste, soos die ruimtegevoel, naatlose struktuurbeheer, onnaspeurbare ritmiese vitaliteit en ‘n universele lirisme in Arnold van Wyk se musiek, struktuurvaartbelyning en psigologiese skakels met kernelemente in die Europese erfenis in Hubert du Plessis se werke, ‘n “kop-omkeer” Afrika-vernuwing in Stefans Grové se styl, skakel met abstrak ekspressionistiese kunsrigtings by Dirk de Klerk, ‘n Namib-tydloosheid gepaardgaande met post-modernistiese perspektiewe in Etienne van Rensburg se musiek, konseptuele vernuwings in Jeanne Zaidel-Rudolph se styl – alles dinge wat wesenlik verband hou met die feit dat Afrikanerkultuur essensieel ‘n Nuwe Wereld-verskynsel is. Maar ek dink minderwaardigheidsgevoelens of ‘n gebrek aan juiste waardebepaling veroorsaak dat hierdie genre eerder uitsterf en ‘n populistiese potjiekoskultuur oorneem waar niemand juis geaffronteer word nie en ook waar intellektuele vernuwing nie entlik belangrik is nie.”

Dis ‘n mondvol, maar die “money quote” soos die Amerikaners sê, is sy gevolgtrekking: “dat Afrikanerkultuur essensieel ‘n Nuwe Wêreld-verskynsel is”. Dvorak het mos ‘n Nuwe Wêreld-simfonie gekomponeer, waarin hy die vitaliteit en aardsheid, maar ook die moderne van Amerika, wou vasvang. Blykbaar het Neil Armstrong ‘n opname van hierdie simfonie tydens die Apollo 11-sending saam maan toe geneem waar hy in 1969 daardie eerste beroemde tree op ons naaste hemelliggraam gegee het.

Anders as die stereotipe voorstellings van die Afrikaner as argaïese, landelike wese, ‘n soort “Ampie” uit die wêreld van Jochem van Bruggen, was die Afrikaner tot op hede die belangrikste draer van die modernisme en selfs die postmodernisme in Suid-Afrika.Tydens die dertigerjare van die vorige eeu het Afrikanerargitekte reise na Skandinawië onderneem in hul versugting na moderne argitektuur en ontwerp. Vele van die destyds ultramoderne geboue wat hulle in Pretoria en Johannesburg ontwerp het, is vandag besig om in puin en ruïne te verval.

Net vanoggend luister ek na my seun wat op pad skool toe vir sy suster differensiële wiskundige vergelykings met die grootste gemak en half aan die slaap – sit-lêend agter in die motor – uitlê. Benewens Afrikaans, Calvinisme en Europese argitektuur en filosofie, is wiskunde omtrent so eie aan die Afrikaner soos boerewors en koeksisters. Ondanks alle pogings van die ANC-bewind en sy kommissarisse soos me. Barbara Creecy om ons skole te vernietig, lééf daardie kennis en insig – tesame met en in Standaardafrikaans – hardnekkig voort.

Die linkse staatsgreep van 1994 het ons meteens vanuit modernisme en postmodernisme teruggeruk in ‘n barbaarse, primitiewe wêreld in. Dis ‘n sfeer van rituele, offerandes en buitenissige geweld: die mag van verskrikking (Julia Kristeva). Vir die Afrikaner het dit in alle opsigte ‘n rampspoedige breuk met sy voorafgaande geskiedenis meegebring, maar ook: toenemende blootstelling aan die paradys van wreedheid (Stephen Smith, Stephen Ellis), ontheemding en vervreemding.

Polities, ekonomies en tegnologies, het die Afrikaner – miskien meer as enige ander Westerse volk – ineens afskeid geneem van die moderne, maar ook die postmoderne. Trouens, die Duitse filosoof Jürgen Habermas het eens in sy kritiek van postmodernisme daarna as “die afskeid van die moderne” verwys. As uitgeworpene, sowel uit “die Weste” – daardie verkrummelende begrip – as uit die neoprimitiewe “uitgebreide stam van Suid-Afrikaners”, bevind die Afrikaner hom reeds as ‘n soort pionier op die rand van die beskawing en van rasionaliteit.

Die Afrikaner word aan ‘n intense proses van vervreemding onderwerp, in elke moontlike sin van die woord: verlies aan ‘n identiteit, ‘n heimat, ‘n self, selfs sy burgerskap en sy grond. Geen Afrikaanse naam mag in die neoprimitiewe Suid-Afrika oorbly nie. Om Afrikaner te wees, is daarom, in die eerste plaas en bowenal, om vreemdeling te wees: l’étranger. Met al die eggo’s van Albert Camus se beroemde novelle oor ‘n Fransman in Noord-Afrika, op die vooraand van die sogenaamde dekolonisering.

Buitestaanderskap (Camus, Lovecraft, Wilson). Om vreemdeling te word en as vreemd gesien te word, is die nuwe inhoud van Afrikanerskap. Die absurditeit – absurde mure, herinner ek my iewers ‘n frase uit Camus – van wette wat die Afrikaner tegelyk wil “ontras”, soos dit genoem word, maar tegelyk teen hom as blanke diskrimineer en ‘n soort geweldshorison definieer waarteen sy nuwe nuwe/ou status van slagoffer afspeel. Soos Retief en sy manne moet ons afgeslag word.

Teenoor die neoprimitiewe totale aanslag op sy wese en alles wat Afrikaans is, ken die Afrikaner net een reaksie: hy vlug. Om van die verskrikking af weg te vlug. Hy vlug in sy diaspora in. Of agter mure. Hy skuil agter sy Afrikaans, agter sy taalgrens van waar hy die verval met gelatenheid betrag. Hy ervaar sy vervreemding, sy vreemdeling-wording, om in sy eie land as vreemdeling en buitelander gesien te word, met angs, met onverskilligheid, met fatalisme, maar ook: woede. Ten minste sommige, ‘n minderheid.

Die Bantoe-imperialistiese ANC-bewind het daardie kennisgewing vervolmaak wat vroeër jare in die Engelse stad Durban vertoon is: “Woonstel te huur: Dutchmen en Indiërs hoef nie aansoek te doen nie.” Vandag is dit veral as Indo-Europeër (Dumézil), as Kaukasiër, wat ons nie meer in Suid-Afrika welkom is nie.

Noem die Afrikaner se nuwe peregrinasie – sy eksistensiële dwaal (ook die titel van ‘n novelle deur die skrywer Chris Barnard!), sy reise na nêrens, na die verre, uitgestrekte Oos-Rand wat Australië is of die aardbewings van Nieu-Seeland, die koue van Kanada, die klam, mistige wêreld van Engeland, ‘n verkenning van vreemdeling-wees. Die peregrinasie van die ewige peregrinus, die Afrikaner. Die Vlieënde Hollander (groete vir Wagner) wat nóg in Europa tuis is, nóg in Afrika. Daardie tussenwêreld wat Van Wyk Louw o so lowend beskryf het en in die beton van die Paarlse Taalmonument vasgegiet is, het nou die Afrikaner se nuwe hel geword.

Xenofobie. Moontlik die enigste Griekse woord wat aan die barbaroi van die nuwe Suid-Afrika bekend is en waarmee die doodmaak van vreemdelinge benoem word. Ook die daaglikse moorde op Afrikanermans, -vroue en -kinders.

Transformasie is die waansin van die dag, la folie du jour (Blanchot). Die paradoks is egter (en Afrikanerskap is ook, bowenal en by uitstek: paradoks) dat die Afrikaner bo die moderne en die postmoderne uitstyg, jenseits der Moderne, au-delà, anderkant, en hom in ‘n nuwe wêreld bevind waarvan die mees radikale postmoderne denkers maar net kon droom en dalk heenwys. Die lang naels van Gilles Deleuze, omring deur draagbare klankopnemers, wat waansin en skisofrenie as die Nuwe Jerusalem poneer. Die risoom, die Pink Panther wat die wêreld ligroos oorstroom, onbeduidende breuke agterlaat.

Ligroos soos bloed? Vanuit die bloedige orgie wat Suid-Afrika vandag is, vanuit die totalitêre totemstaat van multikulturele samesyn, sluip die Afrikaner op sy tone die toekoms in. Ontwortel, binnekort grondloos en sonder wortels, risomeer hy (as dit ‘n werkwoord kan wees) na nuwe werklikhede. Die risoom. Die uiterste revolusionêre begrip. Om in enige rigting te kan groei. Soos die internet. Virtuele bande tussen ontwortelde individue, ontheemdes, vervreemdes. Aussiekaner, Eurokaner, Englikaner. Een en almal Afrikaners.

Die grense van bloed is belangriker as geografiese grense (Alain de Benoist).

En in ons groei oor die aardbol heen en na mekaar toe, is daar iets van die laertrek van ouds te bespeur. Nou nie meer die geslote kring van waens nie, maar die oop teks, die losse alliansie en verstrengel raak in mekaar. Die “drade” en weefsel van virtuele gesprekke.

Vir ons lyk die wêreld oud en ons is nuut.

Só moes Prometheus gevoel het toe hy ‘n hele goddelike orde uitgedaag het.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

 

64 thoughts on “Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling”

  1. “Anders as die stereotipe voorstellings van die Afrikaner as argaïese,
    landelike wese, ‘n soort “Ampie” uit die wêreld van Jochem van Bruggen”

    Daardie stereotipe duur steeds voort. Vervang bloot vir Ampie met “regses” (maw enige iemand wat nie die linksverkrampte se multikul-fanaticisme deel nie), en Afrikaners word steeds deur die linkse regime-meepraters soos Kopdoek Piet Croucamp, asook oorgewig IT-tipes op Skelmbos, as dom en agterlik afgemaak. Enige iemand wat nie saam met hulle hulself verneder en voor die ANC buig en die regime se deuntjie sing nie, of oor misdaad kla, is outomaties dom en agterlik, volgens die linkse skreërs.

    Wat eintlik skreeusnaaks is, want uit Seerower Piet se skrywes, en selfs in die kommentare wat die linkse meepratertjies blerts op die Praagwerf en op Facebook, blyk dit daai einste linksverkramptes maar eintlik self nie die helderste vetkryte in die pakkie is nie.

  2. Ons maak ‘n groot fout as ons dink dat die Afrikaner ontwortel is. Regtig.

    Die Afrikaner is nie ontwortel nie, hy kom net ontworteld voor. Dis ‘n prentjie, ‘n illusie wat doelbewus geskep word, sodat die gewone Afrikaner moedeloos sy hande in die lug moet gooi en gedwee voor sy onderdrukker die knie moet gaan buig. Dit is ‘n baie ou taktiek en in Engels word dit “attrition” genoem; die stelselmatige afbreek van ‘n vyand se wil om verder te baklei. ‘n Mens sien dit by so baie van die liberaliste se skrywes, “Ons moet aanbeweeg, daar is niks meer oor nie…”, of “Jy is nie meer in beheer nie…” of “Ons moet by die hoofstroom inval…”.

    Dit is wat die gevoel van magteloosheid aan jou doen, en let wel, dit is ‘n gevoel, dit is nie noodwendig die waarheid nie. Die oomblik as ons gaan dink dat dit die waarheid is, het ons die sielkundige stryd verloor. Dan staan ons magteloos en dan kan ons netsowel vlug, veg of oorgee. En met veg bedoel ek om fisies oorlog te maak, nie om briewe op die internet te skryf nie. Sommige van ons het alreeds gevlug, sommige van ons het oorgegee en probeer nou die ander oortuig om ook oor te gee, maar die meeste het die vegdrang wat so eie aan ons is.

    Maar vir eers moet ons besef dat die aanslag tans teen ons nog in ‘n groter mate sielkundig is en daarmee wil ek nie se dat daar nie alreeds fisies teen ons oorlog gemaal word nie, dit is alreeds daar. Maar die sielkundige druk om oor te gee is op die oomblik die felste wat dit ooit in die geskiedenis van die Afrikaner is. Om ons onder die indruk te probeer bring dat alles al verlore is en dat ons maar netsowel hande in die lug in die vyand se kamp kan instap. En dit gaan die grootste fout wees, want wanneer jy dit doen gaan jy regtig besef wat dit is om genadeloos uitgewis te word. Dan kan ‘n mens begin praat van ontworteld wees.

    Voor Julia Kristeva in haar tienerjare was, het Peter Becker alreeds ‘n boek geskryf met die naam van “Rule of Fear”; die mag van verskrikking. Ons word daagliks aan gebeure blootgestel wat die rasionele denke van die Afrikaner totaal oorweldig. Ons kan dit nie begryp nie en ons kan nie daarmee saamlewe nie. Dit is vir ons so ‘n geweldige traumatiese gedagte dat ons omtrent enigeiets sal doen net om dit te laat stop. Selfs aan die vyand sal se; “Dis nou genoeg, ons gee oor. Stop asseblief net hierdie barbariteite.” Maar ons maak nie voorsiening vir die orgie van geweld en ongenadiglike moordlus wat gaan volg as ons totaal weerloos op ons kniee voor die barbaar gaan staan nie. Vir ons eie oorlewing is dit absoluut noodsaaklik dat ons op ons voete moet bly en aanhou terugbaklei. Daar sal versker ‘n tyd kom wanneer ons nie meer hoef te verdedig nie, maar wanneer ons, ons teikens kan kies om aan te val. Dit is dan wanneer die vyand hulle skoene uitskop en oormekaar val in hulle haas om te probeer wegkom. Blankes inkluis.

    Maar intussen is ons nog nie ontwortel nie, al mag dit soms so voorkom. Dit is ‘n NASPERS leuen, spesiaal so geformuleer sodat ons met ‘n kermgeluidjie, soos baie al gedoen het, stilweg aan die genade van die mag van verskrikking oorgelaat kan word. Die Afrikaner kan nie fisies oorwin word nie; dis al probeer en al wat tot nog toe gewerk het was “attrition”, aftakeling. Ons word daagliks deur NASPERS subtiel afgetakel. Dit word stadig gedoen, sonder om die Afrikaner genoeg rede te gee om tot ‘n fisiese stap oor te gaan. Die vyand in jou boesem is baie meer effektief as die een met die geweer wat jy ‘n honderd tree voor jou kan sien staan.

    NASPERS maak seker dat daar nie ‘n leier uit die Afrikanergeledere kan opstaan nie. Die oomblik asof dit lyk of Piet of Gert ‘n aansien begin geniet, word hy in die koerante afgetakel. Hy word verguis, bespotlik gemaak, belieg en stilgeswyg. In die proses dobber die Afrikaner leierloos rond met ‘n groterwordende gevoel van ontwortelheid en magteloosheid. Hoe kan ‘n volk leierloos voortbestaan? Die meeste draai na die enigste leier toe wat hulle kan identifiseer, en die enigste leier wat aan hulle op ‘n daaglikse basis leiding kan verskaf. NASPERS self. NASPERS het gerieflik die rol as de facto leier van die Afrikaner oorgeneem en sonder slag of stoot lei hy die Afrikaner na sy eie ondergang. Liberaliste neem ewe energiek aan hierdie proses deel, min wetende dat hulle nie weet nie. Hulle sal met smaak hulle eie derms uitryg om hulle meesters te behaag, en sodoende wil hulle he dat ons dieselfde moet doen. Ek gaan nie aan daardie proses deelneem nie.

    Ons het wortels. Dit is hier. Ons moet dit net vind en daaraan vasklou.

    1. Baaaaie goeie skrywe dankie Ratel.
      Daar is ‘n verskil tussen aanpas en berus wat nie verwar moet word nie.
      Mens kan moet seker aanpas maar berus nooit nie.

      Wynand Boshoff het op Vry Afrikaner die kwessie van effektiewe strategie voorgedra. Operasionele denke strategiese beplanning.

      Dink ek toe aan Lesch Walensa wat die Nobelprys gewen het met: “Niks sal ons dwing tot geweld nie…’ en so suksesvol die hele Soviet kaartehuis laat tuimel het met passiewe weerstand.

      Dis ‘n kragtige wapen in elkeen se hande om daagliks te gebruik sonder om te toy toy. Deur te weier om saam te speel en jou eie werk self te doen.

      Dan leef ons sommer die hele lot Skuim dood.

      En dis waarom sport so ontsaglike belangrike rehabiliterende waarde het’ ‘n gesonde liggaam met ‘n gesonde gees.

    2. Askies – wou sê

      Ou Lesch hulle het hulle werk gestaak maar die Boere volkie sal moet begin werk… dit is soos operasionele denke lyk.

      Die ‘sit-gat-rus-bene-Boere ‘ sal nooit vry wees nie
      Ek meen: hoe wil jy oorlog toe gaan as jy nie eers ‘n gaaf of troffel kan hanteer nie.

      Oorlog is uiters Doen-Dit-Self !!

    3. Ratel: Ag ek het nou jou geskewe al n paar keer oorgelees en wat jy se is skokkend maar die waarheid. Alles wat jy se is presies hoe dit is. Ek het nou al die hele naweek geponder oor die rebruuk en tot die gevolgtrekking gekom dat ons, so te se magteloos is, teen ons ANC Engelse base.
      Ons kinders in die skole se geskiedenis begin nou by Mandela en hoe wreed die apartheid was en hulle maak seker dat ons kinders skuldig voel daaroor. Dit voel vir my of ons in elk geval nou in n doodloop straat is en ons as n volk geen se het hier nie.
      Ek het al baie met die nuwe Afrikaner probeer praat oor dinge wat in die land aangaan maar die meeste draai die koue skouer en is maar tevrede met die nuwe lot wat oor ons geplaas is. Min of niemand sien regtig meer kans vir teenstand nie en dit laat my nog meer magteloos voel. Net die onderwerp alleen laat hulle rittereer en ongemaklik voel en ek kry die gevoel dat die Afrikaner soos ek dit ken nie meer vir hulle bestaan nie. Hulle is gewoonlik ook die grootste kla kouse oor die petrol prys, restellende aksie, kwotas en geweld teen die Afrikaner maar moet dit nie as n onderwerp met hulle bespreek nie, want hulle wil nie betrokke wees nie.

      Daar is n rede daarvoor en dis die feit dat ons nie n daadwerklike leier het nie, ons die Afrikaner het geword soos n trop skape wat heen en weer gejaag word deur n losloper hond ons weet nie meer waste kant toe nie. Oral probeer die die Afirikaner werksklas nou gatkruip by Mr swart baas en dis net nee Meneer ja Meneer. Daar word swart, wit, projekte in werking gestel waar ons nou kwansuis met hulle moet hande vat, wittes word Soweto toe gestuur om n aand n n shack te slap en sodoende nou te voel hoe swaar hulle kry. Ag en dis net die een op ander projek waar die wittes moet jammer se. Nee man dit kan nie nie so aangaan nie hulle ry nou die mooi duur karre gaan na die duur restuarante, vakansieoorde toe en het alles basies oorgevat. Dis asof daar nerens vir ons meer n plek is in ons eie land is nie. Selfs die skougronde wat in die verlede n volks eie byeenkoms was is total oor gevat die die swart massas en dit is al gevaarlik om soontoe te gaan. Ek kan my nie voorstel wat gaan vat ons word nie oor die volgende 20 jaar nie. Al hoop wat ek oor het is gebed. Ek bid dat die Here ons Vader tog net vir ons n leier gee sodat ons kan verenig en saam staan.

  3. Virtuele samehorigheid tans, ja dit is so – kan
    egter nie sommer so afgemaak word as n kunsmatigheid nie – nie met die
    Afrikaners se geskiedenis van opstaan uit die as en weer van vooraf begin nie.
    Hierdie samehorigheid is n ingebore kwaliteit wat oor mileniums strek uit n baie
    suiwer rasegte volkstigting en hierdie rasegtheid was onaangeraak tot en met die
    verraad van ons volksleiers.

    Soos met enige volk is daar altyd n paar wat
    uitsak, by ons Afrikanersvolk egter n baie laer persentasie as die gemiddelde
    van ander volke. Soos dit deur die oorgroter groep van selfonderhoudende
    Afrikaners hier plaaslik weerspieel word en deur die begrip deur die volksmond
    onderskryf word – n boer maak n plan – deur uit te styg tenspyte van omstandige,
    kan deur niemand weerspreek word nie.

    Virtueel dus weens omstandighede – nogsteeds
    tengronde van samehorigheidsbehoefte, wat nie anders kan as kulmineer in
    volwaardige volk met eie grondgebied en regering.

    Dit is nou maar ook so dat daar nie dieselfde
    premie op enigiets geplaas word as jy iets verniet kry as wanneer jy dit self
    hard daarvoor gewerk het nie, soos die disrespek tans in die land daarvan
    getuig.

    Hoe verward en uitmekaar gejaag ookal – ons
    Afrikanervolk se wortel le nog steeds in die hierdie aarde van ons en ons sal
    weet lote uitsteek en die klippe bo ons wegstoot om weer ons regmatige plek in
    te neem wat ons verdien het uit ons eie harde handewerk en vaardigheid en
    genetiese deursettings vermoee.

    Dit moet
    nogsteeds bewys dat word dat enige moontheid instaat was of sal wees om ons
    Afrikanervolk te vernietig.

  4. Interessante stuk. Wat egter nie Verander nie, is diegene wat die marionette se toutjies oortdurend wil pluk……die wat n Vaste geloof daarin het dat geskiedenis lieg-lieg herskryf kan word om sodoende gulsiges se sak te pas en met hul barbaarse illusie idole as derdes om die mislike uit te Voer teen Vergoeding……Sal natuurlik nooit as te nimmer as amptelik beleid beVestig word ,……nie in n duisend jaar ….!!!!

  5. My ouma het altyd gese, önthou Dingaan”, dis seker n ou boere se ding gewees wat oor generasies oor gedra is om die nuwe generasie te waarsku oor wat in die barbaar se kop aangaan. Piet Retief het sy wapens neer gele en voor die vyand gaan kniel en gedink hy gaan grond koop, onderhandel met n beskaafde en toe onderhandel hy met die duiwel. Dis presies wat in 1994 gebeur het, n mandaat is uitgevoer waarvoor die stemvee nie gestem het nie en die leiers net soos Piet Retief het met die duiwel onderhandel en die gees van verdrukking het op die afrikaner toegesak, wat net sal werk as hy dit glo. Ek sal nooit my kniee voor die vyand buig nie, ek het n eed aan die oranje, blanje, blou gesweer en sal dit nie verruil vir n bord lensie sop en agv politieke klimaat nie, Dawid het Goliat aangevat want hy geweet hy kan nie verloor nie, God het gese hy gaan koning van Israel wees, hoe kon hy verloor? en soveel afrikaners het al oor gegee en die eed wat hulle gesweer het vergeet, om aan te pas met die hoop dat hulle en hulle families nie volgende is nie, ander vraatsugtigdes soos Koos Bekker, piet croucamp en Max du preez het egter net geld note gesien met die oorname en daarvolgens hulle siele verkoop, min wetend dat hulle in hulle pion lewens net aan hulle self dink en dat hulle nageslagte geen vryheid gaan ken vir 3 generasies nie want daar is bloed op hulle hande. Die afrikaner sal weer heers die land wat God hom gegee het en wanneer dit gebeur sal die verraaiers hulle “nuremburg”verhoor he en hopenlik sal hulle nageslagte uit boeke gehaal word van wie welkom is in vrye afrikaner land.

  6. In aansluiting met hierdie fassinerende stuk net die volgende. Miskien is dit moontlik dat Afrikaners nou die ten minste op ‘n eksistensi”ele vlak die staat van vryheid kan bereik waarna ons reeds vir ten minste twee eeue smag. Ons is deur die modernisme, deur die postmodernisme en bevind ons tans in ‘n politieke niemandsmandland. Dit het egter sy voordele.
    Ek is dit heeltemal eens dat Afrikaners die enigste Nuwe W^ereldse beskawing van Afrika is. (Wat die Ou W^ereld betref, was daar ook slegs een, naamlik antieke Egipte, waarvan daar tans maar min oor is). Met die term beskawing word daar iets baie spesifieks bedoel – nie bloot iets soos die afwesigheid van brutaliteit nie. Pasifisme is nie gelyk aan beskawing nie. Volgens die Grieke onstaan daar ‘n beskawing wanneer daar ‘n mensgemaakte estetiese buffer wat die sikliese aard van die natuur oorstyg, geskep word. Dit sluit bv. die kunste, opnbare ruimtes deur argitektuur afgebaken, wetgewing en kennistradisies soos die wiskunde in Dan se stuk in.
    Volgens Freud onstaan die beskawing wanneer die basiese drifte gesublimeer word, dit wil s^e, in iets beters verander word. Byvoorbeeld, in stede daarvan om bloot toe te gee aan ‘n mens se mees basiese drifte, soos Jacob Zuma, verhef ‘n mens dit tot iets beters, bv deur die skryf van ‘n liefdesgedig. Anders as wat dikwels gedink word, was Freud nie ten gunste van ‘n sumiere omverwerping van die beskawing en ‘n ‘terugkeer na die natuur’ nie. Beskawing is bevrydend.
    Van die belangrikste taktieke wat die Afrikaner kan gebruik teen die aanslag van Afrika is om weer sy pioniersrol in te neem. Hierdie keer moet hy egter afsien van enige pogings om ‘n ‘band’ met die ‘Ander’ te probeer vorm, en die mag wat die beskawing bied (bv. tegnologie) vir homself aanwend. Die eerste stap is egter om die aristokratiese selfvertroue van die onboetvaardige skurk aan te neem. Wie dit het, sal altyd die middels vind om te oorleef. Meer hieroor later.

  7. Risomeer! As ek al ooit fisies gereageer het op ‘n internetrubriek was dit nou. Hier deurspoel jy die leser van alles wat die geskiedenis en veral die toekoms van die Afrikaner vir my ‘n hartsaak maak. Jy pen ‘n woord-Geurnica neer van die verskrikking.
    Die Verfremdung as spieël, as katalisator. Ars poetica Dr. Roodt!

  8. Fantasties geskyf!

    Ons, die behoudende Afrikaners, bevind onsself waaragtig in Slavoj Žižek se… Desert of the Real!

    ‘n Niemands-land, waar die “passion for the semblance“ – die utopiese neo-liberale skimbeelde (die simulacra) van MSM en Hollywood – geen effek meer op ons het nie.

    Ons is, soos Neo in die film The Matrix, inderdaad `ontprop` van die voel-goed illusies van ons Zeitgeist. So Dr dan geskryf het; “Vir ons lyk die wêreld oud en ons is nuut“.

    Maar nog steeds is daar baie Afikaners, die sogenaande `verligtes` soos Croucamp, Tim, Van Niekerk, ens., wat krampagtig (verkramp?) vasklou aan die Matrix. Vir hulle is die `illusie van die Werklikheid` meer aanvaarbaar as die `nightmarish landscape of the Real`.

    Dat, byvoorbeeld, Mandela eintlik Raka vergestalt, is te veel vir hulle swak harte (en intellekte) om te kan verdra. Hulle VERKIES n lewe van voel-goed slawerny bo die HARDE realiteite wat ware Vryheid beteken.

    “En in ons groei oor die aardbol heen en na mekaar toe, is daar iets van
    die laertrek van ouds te bespeur“.

    Bogenoemde is presies die gevolg van bemoeinge van mense soos ons hier op Praag… want ons is die Nuwe Voortekkers… die dapper helderdenkende 21ste-eeuse Afrikaners wat ons mede-Afrikaners een vir een `ontprop` uit die Matrix!

    En dan sal ons moet veg…

    1. Ek het ook al in die verlede geredeneer dat Naspers die Afrikaner se ‘Matrix’ is. Nes die ‘Matrix’ beheer dit Afrikaners se denkwereld. Die vraag is hoe verlos ons mede-Afrikaners van hierdie Matrix sodat hulle die werklikheid kan sien. Die reenboog nasie is leuenwereld wat oor hulle oe getrek word. Vir baie is dit te veel om die werklikheid te aanskou en wil niks daarvan weet nie. Hulle reageer selfs met woede en klou met mening aan die Reenboog/Matrix.
      Die kuberruim mag ‘n goeie kommunikasiemedium wees maar dis geen oorlewingsruimte nie. ‘n Volk kan nie virtueel voortbestaan nie. Ons is meer as ‘n versameling blogs en facebookgroepe. Ons is geen ‘Second Life’ nie. Hierdie goed sal ons nie laat oorleef nie. Ons het binding met mekaar deur grond nodig. Emigrante (veral hul kinders) akultureer en die uitdelging van ons kultuur kan nie onbeperk voortgaan nie. Dit sal tot ons uitwissing lei. Vir voortbestaan as volk benodig ons ‘n fisiese ruimte en ons benodig dit nou.

  9. Dan ek het hierdie stuk van jou aandagtig deur gelees. Ek sit nou en trane afvee van my wange af. Nie oor die roerende aard daarvan nie, maar omdat ek blykbaar die enigste platkop hier is wie nie `n enkelle woord kon verstaan nie.
    Liewe Jeesus.

      1. Riaan ek vermoed ons het die punt gemis. Die bostaande werk was `n eksperimentele potpouri van post moderne ekspressionistiese humor wat ter selfde tyd poog om vas te stel hoeveel van die slurpende herbivore hier val vir twak.

        Byt vas ! Dit gaan nog erger word – ek ruik reeds `n troef berig.

          1. Ek het jare gelede `n Kanadese girlfriend gehad in Jburg. Toe trek sy weg saam met haar ouers Jbay toe. Sy’t gesê ek moes saam gaan, maar ek het toe nie. Een van die groot foute van my lewe.

          2. “Girlfriend”? Nou ja toe nou – die waarheid het die manier om in n onbewaakte oomblik deur te kom!

        1. Ah, Langenhoven. Kan nie verkeerd gaan met Brolloks en Bittergal nie. Eenvoudig fantasties.
          Maar dis juis nie swak Afrikaans nie. Dis so goed dat ek g’n niks daarvan kan uitmaak nie.
          Ek sê met respek, as ek ‘n roman deur Dan Roodt of Albert Brenner moet lees, sal ek aan die slaap raak. Maar ja, hierdie ouens skryf seker maar in ‘n sekere styl om ‘n sekere punt te bewys, een wat ek nie kan begryp nie.
          Ek hou my liefs by parodie en horror.

          1. Riaan So min of meer lewenslank le “Sonde met die
            Bure” van Langenhoven op my bedkassie saam met my Bybel, Langenhoven se spitvondigheid in hierdie boekie van hom bly net vir my nuut en skerp asof ek dit elke keer vir die eerstekeer lees. Hy kon die mens se weerloosheid so met
            humor bloot le sonder om aanstoor te gee. Ek was, is en sal altyd mal wees oor sy skrywes.

          2. Riempies, nou’t jy my lus gemaak. Sal bietjie kyk of ek nie iewers ‘n copy kan optel nie. Ons het op ‘n stadium al Langenhoven se werk gehad. Sal bietjie kyk of my ma dit nie iewers vir haar middel-kjent gebêre het nie.

            Dankie!

  10. So help my nou net, regtig, geen sarkasme bedoel nie, is ons nou inklusief of is ons as ‘Afrikaner’ terselftertyd deel van die wêreld, ingesluit Suid- Afrika, en het ons nie ‘n tuisland nodig om daardie gevoel van behoort te ervaar nie?

      1. Ek is half bang om die volgende voorbeeld te gebruik omdat mense partykeer te veel in iets inlees, maar die Joodse volk het ‘n tuisland maar woon orals oor die wêreld en tog identifiseer hulle hulself baie sterk met Israel, en oefen hulle invloed uit vêr buite verhouding tot die fisiese grootte en potensiaal van die land self.

        Ek glo dat die Afrikaner dit ook kan doen, wat beteken dat Orania en omliggende omgewing net so maklik as die Afrikaner se ‘tuisland’ gevestig kan word, selfs al woon ons nie daar nie. Dit is dan die plek wat simboliese en fisiese manifestasie van ‘n volk kan raak. My gevoel is dat hierdie model baie ernstiger benader moet word in plaas daarvan dat ons gedurig met mekaar stry en baklei. Ek dink die stigter het veel meer visie gehad as waarvoor hy tot nou toe krediet ontvang het.

          1. Ek verstaan dit darem, maar hulle het ook nie een gehad nie, en miljoene Jode woon steeds regoor die wêreld. Die land is ook miniskuul klein, seker nie eers ‘n tiende van Nieu Zeeland nie.

    1. Dit is nou n vraag met meer om die lyf as wat dit
      op die oogaf voorkom.

      Inklusief is n gevaarlike woord – inklusief t.o.v. van wat?

      Inklusief deel van die wereld berus nie by ons nie – terselfdertyd betwyfel ek dit ten sterkste dat die wereld ons as meer beskou as nie-menswaardiges wat net die dood verdien.

      Wat Suid Afrika se regering betref is dit baie duidelik dat ons ons reg op menswaardigheid en burgerskap verbeur het deur aan hulle ons land weg te gee en nie eens op respek kan aanspraak maak nie – Swartes
      het geen respek vir lafhartigheid nie.

      My mening is dat dit meer as n “gevoel” verg om n volk te wees.

  11. Baie goeie kop kragtoer van my eenvoudige konsep van die agtergeblewe Tsafendaskultus waaruit die Afrikaner begin ontworstel – noem dit ‘n Phoenix of wederopstanding uit die kulturele dood – die verskriklike selfkasteidende leegheid waarna Nietzche verwys het….wanneer Naspers oa kontak met die werklikhede verloor het. [skynbaar is malligheid goeie besigheid]

    Soos Wynand Boshoff geskryf het sal ons SA ,ons tuiste, met afleer soos wat ons dit aangeleer het.en nuut en vars en oorspronklik begin.

    Maar ons is vry om te doen wat jy wil. Want ‘n Volk definieer homself.

    1. Naspers is ‘n grooteske monopolie en dus onwettig maar sal geduld word deur die regering solank Naspers GEEN bedryging vir die ANC word nie.

      Dan sal Naspers met die Mugabe meesterplan te doen kry.

      Die moment as Naspers ‘n bedryging vir die ANC begin word sal die anti-monopolistiese wet in werking gestel word.

      So Naspers is net so ‘n goeie belegging as wat hulle steun vir die ANC is.
      naamlik ‘n Monopolie plus Afrikaner diktatuur beide in volle beheer van die regering..

      Dus ‘n grooteske gyselaarsdrama vergelykbaar met skelm Piet Retief se uiters rampspoedige Trek [ begryp eerder ‘vlug’].

      En die redding sal ook dieselfde wees naam;lik met ‘n Gelofte…

  12. “Virtuele bande” en “virtuele gesprekke” nou. “Binnekort grondloos”. Omstandighede en tegnologie laat neig Afrikaners na ‘n virtuele Staat oor tyd.
    Teen 2040 sal die Afrikanerkultuur weer ‘n intermediere bank en eksklusiewe elektroniese belasting he.
    In 2013 het ‘n AFRIKANER-koerant vanuit die kuberruim verskyn, met ‘n eienaardige internetnaam, in Engels en Afrikaans.
    Die Afrikanerkultuur gaan die hele goddelike Westerse wereldorde moet uitdaag, want dit het anti-Westers geword. Daarom was dit anti-Afrikanerkultuur. En daarom Dan, moet jy ook ‘n 100-jaar plan he.
    Zoeloes, Sjonas en Chinese kan nie Afrikaners assimileer nie – daarom moet ons hulle omhels, om saam met hulle teen die Weste te werk. Ons is die ware Westerlinge – die Weste nie. Dit is ook nie Afrika wat ons vermoor nie, maar die kwasi-Weste wat Afrikanerkultuur uitwis. Die post-WOII Weste het Verwoerd vermoor. The Economist in Londen het hom gehaat.
    Altyd is daar iemand wat na Dingaan as swart gevaar verwys – hy het glo Retief en sy manne vermoor, en nie die Britse Ryk se strategiese belange in Natal en D’Urban nie, ten koste van die lewens van Voortrekkervroue en kinders nie.
    Die goddelike Weste het so siek en seniel geword – die Kultuur het sy eie kinders ge-eet. Al wat nou van die kannibalistiese Weste mag oorbly is sy kind, die Afrikanerkultuur van Afrika. Was ons almal in Europa, of Australie, of Noord-Amerika, het die siek Weste alle Afrikaners ge-assimileer.
    Met migrasie kom bevolkingsvernouing en die moontlikheid van ‘n nuwe Begin. Afrikanerkultuur was die Nuwe Weste, maar asynchronisties in die vyandige wereldorde van die Ou Weste. Die Ou Weste het die jong en onervare Nuwe Weste oorwin, maar so lank ons hier tussen Afrikane geestelik uiters veilig, ver weg van die lewensgevaarlike Weste nog asemhaal en skryf, moet ons die Ou Weste weerstaan.
    Die see kan die Ou Weste se sondes nou nie meer afwas nie.
    Die meeste politieke chaos, verwoesting, honger, pyn, lyding en dood oor hulle hele Westerse wereldorde, insluitende Suider-Afrika, is nou hulle skuld.
    En hier sit ons in Afrika, met die gulde geleentheid, om weerstand teen die Westerse anti-Afrikaner wereldorde te bied. Wat ‘n geluk, voorreg en verantwoordelikheid.

      1. Ja. Afrikanerkultuur is die enigste nie-liberale Westerse kultuurgroep wat as staat oorgebly het na WOII, waartydens dit ‘n anachronisme in die Westerse wereldorde was.
        En nou staatloos, word die Afrikanerkultuurgroep deur omstandighede stadig na ‘n virtuele staat gedryf.
        En die Afrikanerkultuurgroep in Suid-Afrika spesifiek, leef en werk elke dag in ‘n sfeer van swart ANC-advertensies, name, gesigte en ANC-staatsaksies, maar ons sien van wie dit kom, en dit verander nie ons Afrikaner-aard en denke nie. Kyk maar na praag-koerant.
        Alle ander Westerse kultuurgroepe leef en werk elke dag in Westers-beheerde lande propvol ongesonde propaganda, maar dit het hulle denke verander, want dit kom van hulle eie leiers af wat net soos hulleself lyk, en daarom het hulle dit gegglo.
        Die Afrikanerkultuurgroep in Suid-Afrika is in baie veilige bewaring uit die siek Westerse kultuur uit.

        1. Jacob vir opvallend toe ek hierdie kommentaar van
          jou lees dat dit presies die gewaarwording was, wat ek vanoggend beleef het, toe ek tot die besef kom dat Praag se volkseie-belang-beriggewing my so besig gehou
          het dat ek die afgelope tyd – 2/3 weke nie eers daaraan gedink het om op Beeld of die Burger te gaan inloer nie.

          Tot my man van min woorde, wat baie lees en niks skryf of se nie – het met n glimlag my gelyk gegee dat ook hy besef dat hy nie aan Beeld of die Burger gedink het om te lees nie. Dit wil gedoen wees sou ek se.

          Mense oor die algemeen hou daarvan om die waarheid
          volledig te hoor en vererg hulle as feite subtiel verdraai word deur sleutel feite uit te laat – soos dit veral in Beeld gebeur van tyd tot tyd oor die afgelope paar jare.

        2. Wel sien ek dink nie dis hele maal korrek nie – in twee opsigte ten minste :

          1. Die Afrikaner kultuur het reeds na die ABO nie meer as staat bestaan nie – dit was opgeneem in South Africa met `n hoofsaaklik Afrikaans sprekende nasionale party as meerderheid in die regering.

          2. Ander “kultuur” groepe met redelik konserwatiewe en volks-eie tradisie het wel voortbestaan na beide oorloë. Argentinië en Chile is voorbeelde van waar die regering as “konserwatief” bestempel sou word.

          Met verwysing na jou “Afrikaner aard en denke” wat blykbaar nie verander nie, ek weet nie jong. Vir my lyk dit al asof die Afrikaners nou finaal hul tuiste gevind het by die DA ? Terloops, wie is die Afrikaner leiers nou weer ?

          RE :
          “Afrikanerkultuurgroep in Suid-Afrika is in baie veilige bewaring uit die siek Westerse kultuur uit.”

          Jacob, ek dink jy eil. Is dit nou moord en doodslag elke dag ? of is dit veilige bewaring ? Nes ek vir die ander ou hier gesê het, wat help al hierdie nostalgie en spook stories ? Met ander woorde, hoe erger dit met ons gaan hoe meer filosofies moet ons word … `n soort van “untouchable mind indulgence” … ons verlaag ons nie deur realiteit in die oë te kyk nie, ons skryf eerder nog opstelle gevul met eklektiese nuanse.

          Ek dink – as jy so oomblikkie opkyk – sal jy merk dat enigiets met `n brein wat Afrikaans praat vandag die land wil uitvlug. Nie net omdat hulle vrees vir hulle lewens nie maar ook omdat hulle nie langer kans sien om met hopelose en hulpelose voorgeslag se verstarde nostalgie wil opgeskeep wees nie.

          1. 1. 1948 Was die Eerste Afrikanerstaat – baie beslis.
            2. Argentinie en Chile het nie soos die Eerste Afrikanerstaat ‘n Westerse missie, visie en superstaat met kernvermoe ontwikkel nie.
            Ja, meeste Afrikaners stem DA. Dis baie goed so, want dit hou die Wes- en Suid-Kaap ‘n aparte land en staat.
            “Wie is Afrikanerleiers nou weer?” Ek is een, en gaan nog wees vir volgende 40 jaar.
            Stem 100% saam met jou: nostalgie, spookstories, filosofie en eklektiese nuanse help nou nie. Geopolitieke-realiteit in oe kyk kan help.
            Meeste Afrikaners beleef nie moord en doodslag elke dag nie.
            Meeste Afrikaners is ook nie breinloos nie, en bly nog lekker in die land, insluitend Dan Roodt.
            Waar bly jy?

          2. Enkele direkteure, ministers, UBH’s, staatsamptenare, konsultante en SP in Suid-Afrika.
            Hulle werk vir die ekonomiese en politieke integrasie van ‘n kernkrag- en uraankundige Pretoria-geleide SAOG wat in sy eie energie- en voedselbehoeftes kan voorsien, in noue samewerking met Nkandla, China en Rusland onder Poetin.
            Dit klink soos ‘n koverte alliansie teen die neo-liberale Weste en Brittanje daar waar jy woon, wat die Afrikanerkultuurgroep verhoed het om ‘n soewereine superstaat en streeksmoondheid te wees.
            Daar gaan glo geen dag of nag verby, waarin invloedryke mense en regeringsamptenare in SA en Kwazulu-Natal nie gelei word nie, om Westerse en Britse mag in Suider-Afrika te verminder nie.
            As jy effektiewe Afrikanerleier was, sou jy presies dieselfde moes gedoen het.

          3. Nee, ek rapporteer indirek aan President Poetin.
            Pres Poetin is geweldig ongewild by Brittanje.
            Pres Poetin ondermyn die Westerde wereldorde effektief.
            Daarom het Boris Berezovski nou die dag daar by jou in Brittanje selfmoord gepleeg oor President Poetin.
            President Poetin gaan nog vir 10 jaar regeer, en dus gaan ek nog so lank vir hom hier in Suid-Afrika teen Brittanje en die Westerse wereldorde werk.

  13. Die Westerse wereldorde is oud, seniel, en onstabiel. Die Afrikanerkultuurorganisme – nou in hermitiese bewaring sonder Britse mags-assimilasie in Afrika – is nuut, jonk en ekstreem dinamies.
    Afrikaners se eerste taak: Hou die Wes- en Suid-Kaap aparte provinsies, en stem vir die anti-Afrikaner DA, totdat Helen Zille deur die ANC gedwing word om af te stig en ‘n eie weermag en “volkstaat” te vorm. Taak byna suksesvol voltooi.
    Tweede taak: ontwikkel en groei gratis grootskaalse hoofstroom Afrikanerkoerant in Afrikaans en Engels, sonder kapitaal. Taak suksesvol besig om uitgevoer te word.
    Derde taak: ondersteun Nkandla met wetenskaplike geo-politieke-ekonomiese advies en taal-en kultuurontwikkelling. Onophoudelik.
    Vierdie taak: ondersteun China en Rusland met hul strategiese belange teenoor die van Brittanje en die Weste in Suider-Afrika. Onophoudelik.
    Dit doen die Afrikaner as post-moderne vreemdeling vir die volgende veertig jaar, en dan ontwikkel ‘n NWO – nuwe wereldorde, die een waarna Premier Verwoerd onophoudelik uitgesien het, en voor gewerk het.

  14. Dr Dan Roodt ja ek stem saam met Shanon ek waardeur regtig jou geskrewe en leer daar uit, maak maar my eie veronderstellings soos ek dit vestaan. Het ook die artikel gelees maar verstaan maar min daarvan. Ek vra asb dat n die artikels in Afrikaans skryf (gewone Afrikaans) sodat ek ook kan verstaan.

Maak 'n opvolg-bydrae