Rugby en die Afrikaner

deur Albert Brenner

Jy sal hom vind daar waar hy deur die strate van menige Westerse stad drentel – veral in Statebondshoofstede soos Londen, Dublin en Sydney.

En in die stede en dorpe van Suid-Afrika is hy ‘n algemene gesig… die eensame, groot Afrikanerman wat die Springboktrui met geregverdigde trots dra. Dis asof die dra van die nasionale rugbytrui hóm die regte Springbokspeler maak, die wenner – al is dit net vir ‘n rukkie.

En wie kan hom blameer? Die Springbokke – daardie voortreflik gevormde atlete van ‘n fisieke spel wat volmaak by die rowwe Afrikanerman pas – is legendaries. Hulle was nog altyd een van die twee topspanne op aarde. Dis ‘n geweldige bron van trots… want hulle is inderdaad wénners!

Deur die Springboktrui in die openbaar te dra, ontvang Afrikanermans uiteindelik daardie positiewe erkenning, daardie internasionale ego-inspuiting, wat hulle ontsê word sedert hulle – deur hul eweknieë in die Weste – geblameer word vir al die probleme wat swartes in Suid-Afrika teister.

Trouens, dit is feitlik die énigste bron van trots wat die Afrikaner toegelaat word om te koester… die enkele erkenning waarop hy of sy mág aanspraak maak. Want hulle bevind hulle in ‘n sosiokulturele en polities-ekonomiese omgewing wat hulle, asook hul hele wese, slegs apartheidsterme beskou. Soortgelyk aan Duitsers ná die tweede wêreldoorlog, is die Afrikaner letterlik van al sy prestasies vóór apartheid – tot in sy diepste geskiedkundige wese – gestroop.

Sy unieke taal, Afrikaans – die derde jongste Germaanse taal op die planeet – word steeds gekriminaliseer en gemarginaliseer as “die taal van die verdrukker”… en as die onmodieuse “dumb Dutchman”-taal deur vermetele, gebore Engelssprekendes in Suid-Afrika bespot.

Sy legendariese militêre manhaftigheid – soos weereens tydens die Angolese oorlog vertoon is – is insgelyks gekriminaliseer. Daardie dapper jong Afrikanermans – waarvan baie destyds ‘n skamele 18 jaar oud was – en wat die Weste gehelp het om die Koue Oorlog te wen, word vandag deur die oorheersend swart ANC-regering as niks anders as wrede “apartheidsmoordenaars” voorgestel nie. ‘n ANC wat destyds vir die ander kant geskree het.

Die besondere prestasie en sukses om Suid-Afrika tot die rykste, magtigste en ontwikkeldste land in Afrika op te bou, is so te sê deur die swart regering en liberale in die Weste uit die geskiedenis uitgewis – eenvoudig omdat hulle aanneem dat Suid-Afrika se swartes dit in elk geval sou reggekry het, indien dit nie vir die “bose” Afrikaner se “apartheidsingryping” was nie.

Dan noem ‘n mens nie eens die Afrikaner se ongelooflike moed en vasberadenheid om hom letterlik, sonder enige hulp, vanuit die as op te trek wat deur Lord Milner se lafhartige verbrande-aarde-:”oorlogvoering” gedurende die tweede vryheidsoorlog agtergelaat is nie. ‘n Oorlog waarin die Afrikaner in getalle 10/1 oortref is, ‘n oorlog wat 33 000 van sy vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe laat sterf het – en die Afrikaner destyds tot die armste blanke nasie op aarde gereduseer het.

Kortom, die Afrikaner se hele geskiedkundige wese verduur tans dieselfde lot as wat sy plase tydens Milner se gepoogde volksmoord ‘n eeu gelede getref het… behalwe dat dit hierdie keer gaan oor sy verstand wat verskroei is!

Hieroor is die internasionale gemeenskap egter min gepla. En wat die ontstellendste van alles is: dit lyk nie asof dit die meerderheid van die moderne Afrikaners pla nie. Waarom? Ek bedoel, hoe kan ‘n unieke volk met ‘n ongelooflike geskiedenis eenvoudig vergéét, asof niks gebeur het nie?

Wel, dis waar rugby inkom. Die erkenning wat die Afrikaner (-meerderheid) deur rugby ontvang, hou hom skynbaar gelukkig… selfs te midde van die barbaarse chaos in Mandelatopia.

Die soeke na erkenning (thymos) is een van die sterkste dryfvere in die menslike psige. So sterk dat dit selfs deur Francis Fukuyama as die enjin van die geskiedenis veronderstel word. Sy (taamlik gemeenplasige) boek, The end of history and the last man, het menige Westerse leier tot histeriese vreugde oorgehaal, want dit het ‘n utopiese grondslag/regverdiging vir neoliberalisme verskaf nadat die Koue Oorlog teen kommunisme gewen is.

Hoe dit ook al sy, almal van ons smág na erkenning – sommiges meer (en op ‘n groter skaal) as ander. Die puberteitsdrukvlerk op die kattebak van ‘n Ford Escourt mag die ding wees wat jou ego die meeste streel, of ‘n vakansiehuis op Hermanus, of ‘n doktorale titel voor jou naam, of ‘n multinasionale maatskappy wat aan jou (soos aan Kdoos Bekker van Naspers) ‘n uitnodiging na Davos besorg. Wat ook al die grootte en vorm van van jou ego, sal jy deur die vuur loop om dit gestreel te kry. En as dit uiteindelik gestreel word, is jy daardie wénner… dít waarna jy só lank gesmag het.

En dit is presis waarom Afrikaners bereid is om met ‘n verskroeide verstand in ‘n verlore ryk wat deur “edele” barbare regeer word, saam te leef. Want om op die rugbyveld te wen is al die erkenning wat hy (dink) hy nodig het, aangesien hy nes die Springbokke nog nooit werklik verloor het nie. In sy verbeelding is hy steeds “baas van die plaas”.

Die gemene ou Britse Ryksarende het die Anglo-Boereoorlog gewen, maar hulle het nooit daarin geslaag om die Afrikaner se moed te breek nie. Die Afrikaner het die Angolese oorlog loshande gewen, selfs al het hy die vrede verloor, danksy die verraad van sy domonnosele leiers. Die Afrikaner het nooit sy “domein” aan god Mandela moes afstaan nie; hy het dit eenvoudig aan Mandela oorhandig – soos die Springboktrui wat hulle tydens die afsluitingseremonie van die 1995-rugbywêreldbeker aan hom oorhandig het.

Oor die algemeen beskou, is Afrikaners, as individue, steeds (gemiddeld) wenners in Mandelatopia, en elders ter wêreld as uitgewekenes – veral finansieel, nes hul Springbokhelde en -rolmodelle.

Die enigste probleem is dat rugby ‘n spansport is, net soos ‘n nasie… soos ‘n beskawing. Selfs die magtige Springbokke kan net wenners bly solank hulle as ‘n span speel. Dis waarom minder en minder eensame, groot Afrikanermans met hul trotse Springboktruie in die toekoms deur die strate van Westerse stede gaan drentel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.