‘Brand die plase’

Deel op

Ten minste een swarte is erg opgewonde oor die nuwe liedjie van ‘n kletsrymgroep Dookoom.

Andile Mngxitama was in die middestad van Kaapstad vir die bekendstelling van Dookoom se Larney Jou poes.

Die video het skokgolwe in Suid-Afrika veroorsaak.

Die hoofsanger, Die Mutant, is glo ‘n “hip-hop-legende” op die Kaapse Vlakte.

Mngxitama, Julius Malema se regterhand, sê die video vertel ‘n “swart waarheid oor wit mag” en is ‘n “uitnodiging vir die hervoorstelling van bevryding”.

Hy voorspel dat Dookoom ‘n treffer gaan wees. Volgens Mngxitama is daar min twyfel dat hulle in alle waarskynlikheid Die Antwoord sal verbysteek.

Afrikaners sal waarskynlik baie verlig wees om dit te verneem.

Mngxitama meen swartes is nog steeds “vasgevang in die koloniale verhouding” waar blankes swartes deur die geweer of deur die liefde regeer. Hy sê hulp is die mees kragtige wapen van kolonialisme, deur te gee wanneer dit eintlik tienvoudig terugneem.

Kennelik is anargie en geweld volgens die sanger sowel as Mngxitama al manier om van hierdie verhouding te ontsnap.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.