Polisie ondersoek moord op NWU-student

Die polisie in Potchefstroom ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n student aan die Noordwes-Universiteit se liggaam Dinsdag in sy woonplek in Wilgenstraat gevind is. DIe 35-jarige Bobby Motlatla is skynbaar met ‘n mes doodgesteek. Volgens polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, het ‘n kennis van Motlatla die polisie Dinsdag gekontak omdat hulle die derdejaar musiekstudent verlede Vrydag laas gesien

Lees verder: Polisie ondersoek moord op NWU-student

Karel Combrinck: Afrikanerhaat

Hierdie kan saamgelees word met die stuk van dr Sydney Gregan getiteld ‘n Negatiewe toekomsverwagting, asook met dr Roodt se video oor rassisme. Dis ‘n somber onderwerp wat ‘n mens met huiwering aandurf. Tog is dit ‘n werklikheid wat ons onder die oë moet sien. Linksdekadentes gaan daagliks tekere oor haat en haatspraak. Soos gebruiklik

Lees verder: Karel Combrinck: Afrikanerhaat

Beurtwater ingestel

Die munisipaliteit Moqhaka – wat Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon insluit – het die eerste munisipaliteit geword om beurtwater te implementeer. Volgens ‘n verklaring deur die munisipaliteit sal water nie deurlopend aan inwoners beskikbaar wees nie en sal hulle daagliks slegs sekere tye water in hul krane te wagte kan wees. Inwoners word ook nie toegelaat

Lees verder: Beurtwater ingestel

Skoolgeld gaan skerp styg waarsku Fedsas

Die federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) sê die meeste skole gaan waarskynlik aanstaande jaar hul skoolgeld met baie meer as inflasie verhoog. Paul Colditz, Fedsas se uitvoerende hoof, sê munispale tariewe, wat oor die laaste vyf jaar met 18% gestyg het, die inflasiekoers en salarisverhogings plaas groot druk op skoolbeheerliggame om hulle begrotings

Lees verder: Skoolgeld gaan skerp styg waarsku Fedsas

Twee van Zuma-beskermingseenheid wat op motor skiet se saak uitgestel

Twee lede van die presidensiële beskermingseenheid sal volgende jaar in die Potchefstroom-landdroshof hoor of hulle skuldig aan poging tot moord is Die transkripsie van die uitspraak was nie vanoggend gereed nie. Gevolglik sal Sankoela Lepota en Malose Makonyane eers op 15 Januarie hoor wat die hof se bevinding is. Beide mans staan tereg op ’n

Lees verder: Twee van Zuma-beskermingseenheid wat op motor skiet se saak uitgestel

Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Benin se pres. Thomas Boni Yayi sal die tuig na twee termyne neerlê “uit respek vir die grondwet” wat hom verhinder om hom in 2016 herverkiesbaar te stel. “Elkeen het sy eie oortuigings. Myne is om my land se grondwet te ­respekteer,” het hy in ’n onderhoud aan AFP in Parys gesê. Yayi se besluit

Lees verder: Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Trump en Carson voorlopers in Republikeinse debat

Aanspraakmakers in die Republikeinse party se nominasiestryd om presidentskandidaat het Dinsdag tydens die vierde verkiesingsdebat kleigetrap met nie een wat uit die bondel kon ontsnap nie. Die debat is gekenmerk deur snydende aanmerkings oor immigrasie en nasionale veiligheid, maar minder persoonlike stekies. Die afgetrede neurochirurg Ben Carson en die miljardêr Donald Trump is steeds die

Lees verder: Trump en Carson voorlopers in Republikeinse debat

Straler vlieg in woonstelgebou vas

Nege mense is Dinsdag dood toe ’n klein straler onderweg na ’n lughawe in die Amerikaanse deelstaat Ohio in twee residensiële geboue vasgevlieg het. Sewe insittendes van dieselfde eiendomsmaatskappy Pebb Enterprises, en twee vlieëniers is dood in die ongeluk. Die maatskappy spesialiseer in die oprigting van winkelsentrums. Die eienaar van die vliegtuig, Augusto Lewkowicz, het

Lees verder: Straler vlieg in woonstelgebou vas

Poetin reageer op wilde aantygings van opkikkers

Wladimir Poetin van Rusland het gereageer op wilde aantygings teen Russiese sportlui deur die Wêreldagentskap teen opkikkers, Wada. Hy het gesê daar bestaan geen gronde vir sulke bewerings nie. “Sodra sulke soort aantygings gemaak word, moet bewyse ook voorsien word. Solank daar nie bewyse is nie, is dit moeilik om daarop te reageer,” het Poetin

Lees verder: Poetin reageer op wilde aantygings van opkikkers

UWK in vlamme: Hoër onderwys gebuk onder skoonmakeropstand

Oproeriges het ‘n gebou op die kampus van die Universiteit van die Wes-Kaap in Bellville aan die brand gesteek. Die oproer het Woensdagoggend begin toe eksamenlokale beset is, en teen Woensdagaand in skermutselinge met die polisie en veiligheidspersoneel op die kampus ontaard. Dit is die grootste geweldpleging tot dusver in die kampus-onrus wat woed. Die

Lees verder: UWK in vlamme: Hoër onderwys gebuk onder skoonmakeropstand