Trump trek voor Clinton in Ohio en Florida, twee sleutelstate

Met slegs agt weke oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, trek Donald Trump voor Hillary Clinton in meningsopnames in beide Ohio en Florida, twee van die sleutelstate wat gewoonlik die wenner in die wedstryd om Withuis toe te gaan, bepaal.

‘n Meningsopname deur CNN/ORC in die twee state toon dat waarskynlike stemmers in Ohio met 46% vir Trum sal stem, teenoor 41% vir Clinton, terwyl 8% die Libertariese Party van Gary Johnson en 2% die Groen Party van mev. Jill Stein sal ondersteun. In Florida skaar 47% van waarskynlike stemmers hulle agter Trump, met 44% agter Clinton, teenoor 6% vir Johnson en 1% vir Stein.

Trump geniet meer steun onder mense wat vas van plan is om te stem. As louwarm kiesers in ag geneem word wat moontlik nie op stemdag by die stembus sal opdaag nie, wen Clinton met ‘n skrale 1% in Florida, met 45% teen 44% vir Trump, maar selfs in dié geval verloor sy met 43% teenoor 39% in Ohio, met Johnson wat 12% verkry.

Meerderheid blanke kiesers steun Trump

Iets wat ook uit die jongste meningsopnames blyk, is dat Trump by verre die meerderheid steun onder blanke kiesers geniet. In Ohio geniet Trump 22 persent meer steun onder blankes as onder nie-blankes, terwyl sy voordeel onder blankes in Florida so hoog soos 29 persentasiepunte is. Aan die ander kant steun nie-blankes in beide state oorwegend vir Clinton. Sy geniet 70 persent meer steun as Trump onder nie-blankes in Ohio.

Selfs onder opgevoede blankes wat deur Amerika se links-liberale universiteite gebreinspoel is om die blanke beskawing te haat, geniet Trump tans die meerderheid steun. Hoewel Clinton ook oor taamlik steun onder blankes met universiteitsgrade beskik, daal haar steun onder blankes sonder grade drasties tot minder as 30 persent omdat daardie blankes haar as antiwit beskou. In beide Ohio en Florida het Trump se steun onder blanke graduandi gestyg: in Ohio met 9 persentasiepunte en in Florida met 8 persent.

Teenoor die toestand in middel-Augustus toe die VSA se liberale media gepoog het om Clinton as die aangewese president aan te bied omdat Trump plek-plek besig was om in die die meningsopnames terug te sak, is die geveg nou voluit aan die gang met Trump wat as moontlike wenner uit die stryd mag tree. Oor die algemeen is kiesers meer geesdriftig oor Trump, teenoor Clinton wat as onbetroubaar en oneerlik gesien word.

Meer mense in beide state sien Clinton as iemand wat “gedeelde waardes” beliggaam (47% teenoor 41% vir Trump) en as iemand wat die verantwoordelikheid van opperbevelvoerder van die VSA sal kan hanteer, maar 47% beskou Trump as eerlik en betroubaar teenoor slegs 40% wat Clinton vertrou of as eerlik sien. Twaalf persent van kiesers vertrou nie enigeen van die twee nie.

Die CNN/ORC-meninsopnames is vanaf 7 tot 12 September per telefoon uitgevoer. Die uitslae in Florida is gegrond op ‘n ewekansige steekproef van 1 003 volwassenes wat in die deelstaat woon, waaronder 788 wat waarskynlik in November gaan stem. In Ohio is onderhoude met ‘n ewekansige steekproef van 1 006 volwasse inwoners van die deelstaat gevoer, waaronder 769 waarskynlike stemmers. In beide state is die moontlikheid vir ‘n statistiese fout 3,5 %.

Hillary is nie eerste vroulike Amerikaanse presidentskandidaat nie

Hillary Clinton se aanspraak dat sy die eerste vrouekandidaat vir president sal wees, is nie waar nie.

Amper ‘n eeu en ’n half voordat Clinton die Demokratiese Party­ se presidentskandidaat geword het, het Victoria­ Woodhull (foto), ’n aktivis van Ohio, die eerste­ vrou geword om as presidents­kandidaat te staan.

Sy was ook die eerste vrou wat ‘n komitee van die Amerikaanse Kongres toegespreek het.

Sy is in 1872 deur die klein “Equal Rights Party” genomineer om teen die Repu­blikeinse pre­sidentskandidaat, Ulysses S. Grant, te staan.

Dit was nog voordat vroue stemreg in Amerika gehad het.

Woodhull het net drie jaar skoolgegaan. Sy is later getroud met ‘n alkoholis en mediese dokter, maar het hom verlaat weens sy rokjagtery.

Sy en haar suster het uiteindelik as suksesvolle makelaars op Wallstraat gewerk.

Die Victoria Woodhull-gedenkkloktoring in Granville, Ohio is ter ere van haar opgerig.

Ryk Hillary kry Donald nie afgeskud nie

Luidens ‘n nuwe verslag wat deur die Amerikaanse Federale Verkiesingskommissie bekendgemaak is, het Hillary byna 10 meer hulpbronne om die presidentsverkiesing aan te pak.

Die kommissie toon aan dat die Demokratiese party se waarskynlike presidentskandidaat Clinton, bykans nege keer meer geld en tien keer meer personeel beskikbaar het vir haar verkiesingsveldtog as haar Republikeinse teenstander, Donald Trump.

Die Trump-veldtog het na bewering aan die einde van Mei net meer as drie miljoen dollar in die bank gehad teenoor Clinton se 26 miljoen dollar.

Trump, wat ‘n sakeman is, het vir ‘n geruime tyd sy eie veldtog gefinansier.

Bernie Sanders, wat die knie moes buig voor Clinton, het $9 miljoen in die bank oor.

Trump het tans minder geld as die veldtogte van Ted Cruz en Ben Carson, wat albei in die vorige maande uit die wedloop moes tree.

Ten spyte van dié geweldige voorsprong kan Clinton dit skynbaar nie regkry om Trump af te skud nie.

Clinton is effens voor Trump in Florida met 8 persentasiepunte, maar die twee is feitlik kop-aan-kop in Pennsylvania en in Ohio, volgens ‘n Quinnipiac-meningspeiling wat Dinsdag vrygestel is.

Clinton is voor Trump met 47% teen 39% in Florida, terwyl albei 40 persent stemme in Ohio trek en sy ‘n klein voorsprong van 42-41 persent in Pennsylvania kon behaal.

Die peiling fokus op die drie belangrikste slagveldstate, omdat geen kandidaat sedert 1960 die presidensiële wedloop gewen het sonder om ten minste twee van die drie deelstate in te palm nie.

Hillary op pad na die wenpaal

Hillary Clinton is heelwat nader daaraan om die Demokratiese Party se kandidaat in die presidentsverkiesing te word, met Bernie Sanders wat sukkel om by te bly.

Clinton het haar teenstander, Bernie Sanders, in al die deelstate waar gestem is – Florida, Noord-Carolina, Ohio, Illinois en Missouri – verslaan.

Sanders se kanse om Clinton se voorsprong met haar lang lys afgevaardigdes in te haal, lyk straks onmoontlik.

“Ons beweeg nader daaraan om die Demokratiese Party se benoeming te verseker en die verkiesing in November te wen,” het Clinton na afloop van die uitslae se bekendmaking verklaar.

Donald Trump se veldtog het nuwe momentum gekry.

Trump het Woensdag sleuteloorwinnings behaal in Illinois, Noord-Carolina en Florida

Die plaaslike senator Marco ­Rubio, het dadelik sy verkiesingsveldtog beëindig na sy swak vertoning.

Nadat bykans al die stemme getel is, het dit geblyk die 69-jarige Trump sou Missouri ook wen, maar hy het nie ’n volstrekte meerderheid in die belangrike kiesafdeling van Ohio nie.

John Kasich het in Ohio, sy tuisstaat, gewen.

Trump het mede-Republikeine Woensdag van ernstige gevolge gewaarsku indien hulle poog om ‘n bemiddelde konvensie te organiseer as hy nie ‘n volstrekte meerderheid kry nie

“Ek dink jy sal onluste hê. Ek dink jy sal onluste hê,” het Trump Woensdag op CNN opgemerk. “Ek verteenwoordig ‘n geweldige klomp, baie miljoene mense.”

Kasich se oorwinning het Trump, die party se voorloper, van sy 66 afgevaardigdes ontneem.

Dit maak dit moeiliker vir die miljardêr om die 1237 afgevaardigdes wat hy nodig het sonder ‘n vloerstryd, te kry.

Straler vlieg in woonstelgebou vas

Nege mense is Dinsdag dood toe ’n klein straler onderweg na ’n lughawe in die Amerikaanse deelstaat Ohio in twee residensiële geboue vasgevlieg het.

Sewe insittendes van dieselfde eiendomsmaatskappy Pebb Enterprises, en twee vlieëniers is dood in die ongeluk. Die maatskappy spesialiseer in die oprigting van winkelsentrums.

Die eienaar van die vliegtuig, Augusto Lewkowicz, het gesê hy sal nie die name van die sewe passasiers en twee bemanningslede was aan boord bekendmaak nie, “uit simpatie vir die naasbestaandes”.

‘n Ooggetuie het gesê die vliegtuig het skielik “uit die lug geval”.

Die Ohio-hoofwegpatrollie het bevestig dat die vlieënier en medevlieënier asook ’n onbekende aantal passasiers in die voorval dood is.

Volgens polisiebronne op die toneel in die stad Akron is nege mense dood.

Lt. Bill Haymaker, woordvoerder van die Ohio-hoofwegpatrollie, sê die Hawker H25-straler, wat tot 10 passasiers kan vervoer, was “heel, maar het gebrand”.

Niemand was ten tyde van die voorval in die geboue nie. Sover bekend is niemand op die grond beseer nie.

‘Dit is ‘n swart w?reld’

Alhoewel die polisie in Akron Ohio sê dit is nie 'n haatmisdaad nie, dink die Marshall-gesin anders oor die saak.

Marty Marshall, 39, sy vrou en twee kinders is op 27 Junie 2009 deur 'n bende swart jeugdiges aangeval terwyl hulle na vuurwerke naby die Firestone Stadion gekyk het.

Die bende, wat vir geen rede toegeslaan het nie, het tydens die aanval geskree "Dit is ons wêreld" en "Dit is 'n swart wêreld".

Die wit Marshalls sê daar was ongeveer 50 swartes betrokke in die aanval wat in Girardstraat gebeur het.

"Dit was amper soos 'n terroristeaanval," sê Marshall.

Sy dogter Rachel, 15, het probeer help toe hulle haar pa takel, maar hulle het haar teen die grond gedruk. Sy sê sy was baie bang.

Sy vrou, Yvonne, en seun Donald, 14, het in nabye bosse skuiling gesoek teen die aanvallers. Marshall sê: "Ek wou dit nie doen nie, maar ek was bang dat my vrou, kinders en vriende dit sou ontgeld."

Twee vriende van die gesin was ook teenwoordig tydens die aanval.

Marshall is bewusteloos teen die kop geskop en hy het ander kneusplekke aan sy kop en oog opgedoen. Hy moes vyf dae in die intensiewe eenhied van die Akron Algemene Mediese Sentrum deurbring.

Marshall het die aanval as rassisties beskryf. Hy het bygevoeg dat dit 'n mens oor vryheid laat wonder. "Waar is 'n mens se vryheid in werklikheid as sulke dinge aangaan?"

пасты для пломбирования корневых каналовОлександр Фільчаков прокурор