praag.co.za

Tag: straler

  • Straler vlieg in woonstelgebou vas

    Nege mense is Dinsdag dood toe ’n klein straler onderweg na ’n lughawe in die Amerikaanse deelstaat Ohio in twee residensiële geboue vasgevlieg het.

    Sewe insittendes van dieselfde eiendomsmaatskappy Pebb Enterprises, en twee vlieëniers is dood in die ongeluk. Die maatskappy spesialiseer in die oprigting van winkelsentrums.

    Die eienaar van die vliegtuig, Augusto Lewkowicz, het gesê hy sal nie die name van die sewe passasiers en twee bemanningslede was aan boord bekendmaak nie, “uit simpatie vir die naasbestaandes”.

    ‘n Ooggetuie het gesê die vliegtuig het skielik “uit die lug geval”.

    Die Ohio-hoofwegpatrollie het bevestig dat die vlieënier en medevlieënier asook ’n onbekende aantal passasiers in die voorval dood is.

    Volgens polisiebronne op die toneel in die stad Akron is nege mense dood.

    Lt. Bill Haymaker, woordvoerder van die Ohio-hoofwegpatrollie, sê die Hawker H25-straler, wat tot 10 passasiers kan vervoer, was “heel, maar het gebrand”.

    Niemand was ten tyde van die voorval in die geboue nie. Sover bekend is niemand op die grond beseer nie.

  • Airbus 330 verloor skielik onverklaarbaar krag

    ‘n Airbus A330-300 van Singapore Airlines met 180 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het tydelik die krag van albei sy enjins verloor terwyl dit Saterdag op ‘n vlug van Singapoer na Sjanghai op ‘n hoogte van 39.000 voet deur ‘n storm gevlieg het.

    ‘n Woordvoerder van die lugdiens sê die vlieëniers het operasionale prosedures gevolg om weer die enjins aan die gang te kry waarna dit veilig in Sjanghai geland het.

    Die straler het krag verloor in beide enjins na meer as 3 uur in die lug. Die een enjin het later weer begin werk.

    “Die vlieëniers het operasionele prosedures gevolg om normale werking van die tweede enjin te herstel deur die vliegtuig in ‘n beheerde daling te stuur, voordat dit weer kon klim,” luidens die verklaring.

    Volgens die Aviation Herald het die vliegtuig op 39.000 voet, 162 myl van Hong Kong se Rolls-Royce Trent 772-enjins opgehou werk.

    Die straler het gedaal tot 26.000 voet voor die werking herstel is.

    By nadere ondersoek na ‘n veilige landing, het Singapore Airlines gesê geen “onreëlmatighede” kon opgespoor word met die werking van die enjins nie.

  • Zuma betrek by Gupta-landing

    Zuma betrek by Gupta-landing

    guptalandPres. Jacob Zuma is direk by die landing van ‘n Gupta-passasiersvliegtuig uit Indië op ‘n militêre lughawe betrek na ‘n eedsverklaring van een van die aangeklaagdes.

    ’n Sleutelgetuie in die weermag se ondersoek na die landing van die Gupta-familie se straler uit Indië beweer Zuma en Bruce Koloane, voormalige hoof van staatsprotokol, het ’n ontmoeting gehad oor die koms van die bruilofgaste.

    Tydens die ontmoeting het Zuma gevra of “alles op koers is vir die vlug” wat by Waterkloof sou land.

    ​Beeld het onthul dat lt.kol. Christine Anderson, tweede in bevel by die Waterkloof-lugmagbasis se verplasingsentrale, Zuma betrek in haar eedsverklaring.

    Anderson is een van vyf lugmaglede wat moontlik weens die voorval vervolg gaan word.

  • Tokyo se straler staan reg

    Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, het een van sy privaatstralers op bystand gesit vir sy adjunkminister wat in die hospitaal is.

    Zou Kota-Fredericks is op 1 November ernstig beseer in ‘n trompop-botsing 20km buite Leeu-Gamka naby Beaufort-Wes.

    Chris Vick, Sexwale se spesiale adviseur, sê Fredericks se toestand het verbeter, maar sy is steeds in die intensiewesorgeenheid.

    Sexwale, wat later ‘n besoek aan Kota-Fredericks sal aflê, het gesê hy hoop sy word gou beter sodat sy oorgeplaas kan word na Kaapstad.

    Hy het “een van sy privaatstralers” op bystand gesit indien dit nodig is om haar huis toe te bring.

     

    tennis firstданильченко юрій Харків