Geweld weer uitgebreek buite die Unisa-hoofkampus Woensdag nadat swart studente blokkades opgerig het en paaie versper het in weerwil van ‘n hofbevel wat sulke optrede verhoed. Die situasie is tans gespanne en die polisie is in die gebied ontplooi. Volgens berigte is die hele gebied om die universiteit met klippe besaai. Verkeer is erg geraak
Lyk by laerskool: Polisie, veiligheidsmaatskappy beskuldig mekaar
‘n Moord word ondersoek nadat ’n lyk Maandagoggend by Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria gevind is. Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Hero Gumbu sê die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die Gauteng departement van onderwys is nie bewus van die voorval nie. ‘n Veiligheidsmaatskappy-woordvoerder sê hulle
Lees verder: Lyk by laerskool: Polisie, veiligheidsmaatskappy beskuldig mekaar
Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?
Kan Donald Trump die volgende Amerikaanse president word? En watter gevolge sou dit vir Suid-Afrika inhou? Ons weet dat Jan Smuts gesê het dat ons land se toekoms “altyd in die buiteland bepaal sal word” en gedagtig aan FW de Klerk se halsoorkopoorgawe onder buitelandse druk, was dit nog nooit so waar soos oor die
Lees verder: Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?
TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer
Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer. Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit. Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat. `n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter,
Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel
Die moordverhoor van die bruin speaker van die Kara Hais-munisipaliteit in Upington, Thomas Basson, is tot Vrydag uitgestel. Basson het na bewering met sy voertuig oor sy vrou gery. Hy is aanvanklik in hegtenis geneem op `n aanklag van strafbare manslag, maar die aanklag is nou na moord verander. Basson het tydens sy inhegtenisneming verlede
Lees verder: Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel
DA-leier beboet oor versuim om borgskappe te verklaar
Mmusi Maimane, DA-leier, is skuldig bevind omdat hy versuim het om sy borgskappe te verklaar, het ‘n parlementêre subkomitee oor etiek en ledebelange bevind. Hulle het aanbeveel dat Maimane beboet word. Maimane is saam met nog ‘n DA-LP, Makashule Gana, skuldig bevind. Hulle is glo per brief ingelig dat hulle teen die straf kan appelleer.
Lees verder: DA-leier beboet oor versuim om borgskappe te verklaar
SA se spesmagte wil ISIS en Boko Haram aanvat
Boko Haram se verklaarde samewerking met die Islamitiese Staat (ISIS) in Irak en Sirië, het vrese aangewakker dat die dodelike insurgensie in die noordooste van Nigerië ’n internasionale dimensie sou aanneem. Dit was boonop ‘n amptelike verklaring deur die wêreld se dodelikste terroriste-organisasies, berug vir hul blindelinge slagting van tienduisende mense. Kommer het voorheen geheers
Nancy Reagan oorlede
Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Nancy Reagan, is in die ouderdom van 94 jaar oorlede aan hartversaking. Reagan sal begrawe word by die Ronald Reagan Presidensiële Biblioteek in Simi Valley, Kalifornië, langs haar man, Ronald Wilson Reagan, wat op 5 Junie 2004 oorlede is. Sy het haar man in die laat veertigerjare ontmoet terwyl hulle altwee
Trump en Hillary loop voor
Senatore Ted Cruz en Bernie Sanders het Saterdag betekenisvolle oorwinnings in hul aanslag op die Withuis behaal, maar dit was Donald Trump en Hillary Clinton wat weer eens hul opponent uitgestof het en die onbetwiste voorlopers is. Trump, ’n Republikein, en Clinton, ’n Demokraat, het hul ding gedoen in die deelstaat Louisiana, het AFP berig.
Indië ontplooi elitetroepe by Paksitanse grens
Indië het elite veiligheidsmagte in die westelike deelstaat, Gujarat ontplooi ná ‘n intelligensieverslag aangedui het dat tien militante moontlik die grens vanaf Pakistan oorgesteek het. Veiligheidsmaatreëls by sleutelinstansies is eweneens opgeskerp, het AFP berig. Gujarat is die tuisstaat van die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Die deelstaat is in 2008 deur ’n reeks bomontploffings geskud
