Smokkelsigarette met ‘n geraamde straatwaarde van vyf miljoen rand is verlede by die Beitbruggrenspos in Limpopo onderskep, het RSG berig. ‘n Woordvoerder van die Valke, Dibero Molatjana, sê 38 buitelanders is tydens die maandlange operasie in hegtenis geneem. Hy sê sindikate skep nou vals kompartemente in luukse voertuie, in plaas van swaar voertuie om opsporing
Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer
Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei. Mbeki is die voorsitter van die paneel wat gestig is na ‘n besluit van die AU se ministers van Finansies, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in 2011. Die
VSA en VK destabiliseer die hele wêreld
Regeringsgeboue word verwoes, geplunder. Dit gebeur in Kaïro, Kiev, Bangkok, en nou in Gauteng, Suid-Afrika. Die regerings staan magteloos op die kantlyn en toekyk. In Suid-Afrika waar die polisie wel ingryp om gewelddadige oproermakers te stuit, word hulle van “brutaliteit” beskuldig deur dieselfde opposisie wat in die eerste plek die opstande gereël het. Wat gaan aan? Leiers
Bodem 27: Die nag
‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 26 en alle vorige episodes. ʼn Nag is sonder einde, as dit geweef is uit die donkerste duisternis van doodsvrees en die ontdekking in ʼn mens dat jy self vreeslike en wrede dinge kan doen. Dít, sien, bring ʼn vreemde nuwe vrees, die agterdog dat daar in
Stryd teen stropers kry R232m inspuiting
Die Vredesparkstigting het ‘n skenking van R232 miljoen van die Nederlandse en Sweedse poskodeloterye ontvang vir die stryd teen renosterstropery. Die geld sal teen stropers gebruik word om die renoster te bewaar. Die Suid-Afrikaanse stryd teen renosterstropery het het ‘n groot hupstoot gekry met die inspuiting. Die Stigting in Suider-Afrika is toegespits op oorgrensbewaringsgebiede en
Stakers steek Oos-Londen se stadsaal aan die brand
Die Oos-Londense polisie moes rubberkoeëls en water-kanonne gebruik om stakende lede van die munisipale vakbond, Samwu, uitmekaar te jaag. Die stakers het eiendom van die Buffalo Metro waaronder ook die stadsaal, aan die brand gesteek. Amptenare van Samwu en vakbondlede eis ‘n veertiende tjek van die Metro. ‘n Polisie-woordvoerder, Stephen Marais, het bevestig dat mense
Lees verder: Stakers steek Oos-Londen se stadsaal aan die brand
‘Opposisie met swart leier kragtig’
Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, sê daar was geen wrywing in die DA oor die besluit om ‘n swart presidentskandidaat te kies nie. Sy het gesê dit is ’n kragtige boodskap as ’n opposisieparty ’n swart leier het, en daarom was Ramphele die regte keuse. Mazibuko het gesê ‘n party met ’n swart leier
Grondeise weer oopgestel
Die parlementêre plattelandse ontwikkeling en grondhervormingskomitee het die Wysigingwetsontwerp oor die restitusie van grondregte bekragtig. Die wysigingswet is daarop gemik om grondeise te heropen vir diegene wat die 1998 afsnydatum misgeloop het, het RSG berig. Die komitee sê hy het onder meer aanbeveel dat die afsnydatum tot 30 Junie 2019 verleng word en dat eise
Agt lyke by Doornkop-goudmyn uitgehaal na brand
Agt mynwerkers se lyke, almal slagoffers van ‘n brand, is in Harmony Gold se Doornkop-goudmyn, wes van Johannesburg, uitgehaal. ‘n Brand het vroeër dié week ondergronds uitgebreek. Die departement van minerale hulpbronne het Donderdag gesê een werker word steeds vermis. Die brand het Dinsdag omstreeks 18:00 uitgebreek ná ’n skudding wat ’n elektriese kabel laat kortsluit
Lees verder: Agt lyke by Doornkop-goudmyn uitgehaal na brand
MRK onthuts oor Nigeriese anti-gay wette
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê Suid-Afrika moet Nigerië berispe sodat die land wetgewing teen gays kan hersien. Talle oorteders is sedert 18 Januarie in Nigerië in hegtenis geneem ingevolge ‘n nuwe wet wat gay seks verbied. Die nuwe wetgewing verbied ook huwelike tussen paartjies van dieselfde geslag. Die wetgewing maak voorsiening vir ‘n maksimun van 14
