Smokkelsigarette met ‘n geraamde straatwaarde van vyf miljoen rand is verlede by die Beitbruggrenspos in Limpopo onderskep, het RSG berig.
‘n Woordvoerder van die Valke, Dibero Molatjana, sê 38 buitelanders is tydens die maandlange operasie in hegtenis geneem.
Hy sê sindikate skep nou vals kompartemente in luukse voertuie, in plaas van swaar voertuie om opsporing te vermy.
Volgens die Tabakinstituut van Suider-Afrika het die staatskas oor die afgelope drie jaar sowat 12 miljard rand weens die wanpraktyke verloor.
Onwettige sigarethandel beloop 30 persent van die totale sigarettemark in Suid-Afrika, met die meeste van die produkte wat van Zimbabwe afkomstig is.
