Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê grond is vir Khoi-San-grondeise in die Wes-Kaap beskikbaar.
Nkwinti het die naweek in Qwa-Qwa gesê soortgelyke eise sal ook in die Oos-Kaap toegestaan word.
Daar is glo geen spertyd vir die eise nie, het Nkwinti se woordvoerder, Mthobeli Mxotwa, aan Netwerk24 gesê.
Sulke aansprake kan kragtens die wet wat bepaal dat grondeise slegs ná 1913 oorweeg word, ongeldig wees, maar klaarblyklik “kyk” die ANC na die saak.
Afstammelinge van die Khoi en San moet deurgaans bewys lewer van hul erfenis, het aktiviste gesê, maar wanneer ‘n Xhosa grond eis, word ‘n DNS-toets nie vereis nie.
Nkwinti se aankondiging het wenkbroue laat lig aangesien die Khoi en San se tradisionele leiers nie deur die ANC erken word nie.
Opperstamhoof Victor Lekhuleni is Dinsdagaand in Mamelodi-Wes, naby Pretoria, doodgeskiet, het Netwerk24 berig.
Lekhuleni het vroeër vanjaar die reusegrondeis wat talle gebiede in Pretoria raak, by die grondeisekommissie ingedien.
Die eis raak sowat 400 erwe, nege plase en verskeie kerke, skole en sakeondernemings van die noorde tot die ooste van Pretoria.
Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het die voorval gister bevestig en gesê geen bykomende inligting is beskikbaar nie.
Lekhuleni (48), opperstamhoof van die Mkwaduba van die Bakgatla ba Lekhuleni-stam, het beweer sy mense is in die laat 1950’s tot vroeë 1960’s deur die polisie van die plaas Franspoort, wat die genoemde dele insluit, verwyder.
Dié Ndebele-stam het glo ook sy inisiasieskole daar bedryf.
Die Hoof-grondeisekommissaris het berigte ontken dat ‘n multimiljardrandse grondeis deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, en ander tradisionele leiers ingedien is, het RSG berig.
Nomfundo Gobodo sê hulle het nog geen eis van dié aard van die koning ontvang nie. Hy sê meer as 12.000 nuwe eise is reeds ingedien.
Die Ingonyama Trust het verlede maand gesê hy sal die koning help om die eis vir grond in minstens vier provinsies in te dien.
Die eis sal grond insluit wat sedert 1838 afgeneem is.
Ingevolge die wetgewing vir grondeise kan slegs grond geëis word wat sedert 1913 afgeneem is.
Byna 5500 grondeise is ontvang, het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gesê.
Dié eise is landwyd ingestel nadat die grondherstelproses heropen is.
Die ANC het in Julie die indien van grondeise vir vyf jaar heropen.
Gemeenskappe en individue wat na die 1913 grondwetgewing deur grondonteiening geraak is, kan ‘n eis indien om grondherstel.
Duisende wit boere of hul nageslag wie se grond deur die vorige vir tuislandkonsolidasie onteien is, sal ook kwalifiseer om grondeise in te dien.
In twee onlangse uitsprake het die grondeisehof die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming se standpunt dat wit boere nie ingesluit mag word nie, van die tafel gevee.
Een van dié boere, Ivor Leroy Phillips, het talle plase tussen Queenstown en Tarkastad in die Oos-Kaap verloor wat by die Ciskei ingelyf is.
Die hof het in Phillips se saak beslis nóg die Grondwet nóg die Vergoedingswet sluit mense op grons van ras uit.
In die saak van Arie Peters Hoogenboezem het die grondeisehof bevind hy het sy plaas nie vrywillig aan die NP-regering verkoop nie.
Hoogenboezem het sy plaas aan Lebowa afgestaan.
Die grond is namens die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust aangekoop wat nie markverwante pryse daarvoor betaal het nie het deskundige waardasies gewys.
Plaaseienaars wat geweier het om te verkoop, is gedreig dat hul plase onteien sou word en hulle dan nog minder as die koopaanbod sou kry het.
Die meeste eise was in die Wes-Kaap, gevolg deur Gauteng.
Zoeloeleiers, insluitende Koning Goodwill Zwelithini, het aangedui dat hulle die hele Zoeloekoningryk van die 19de eeu wil eis.
Die hoof-grondeisekommissaris, Nomfundo Gobodo, sê die swart lokasie-inwoners in Kaapstad wil eise wil indien, teen onder meer Kruispad.
Nadat die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte op 1 Julie in die Staatskoerant gepubliseer is, kan Suid-Afrikaners nog vir vyf jaar, tot 30 Junie 2019, grondeise indien.
Dit geld ook vir blanke boere wie se grond kragtens die tuislandkonsolidasieproses onteien is. Oudminister Pik Botha oorweeg dit sterk om insgelyks ‘n grondeis in te dien, want sy ma se plaas in Noordwes is destyds deur die Nasionale regering by Bophutatswana ingedeel sonder dat markverwante vergoeding betaal is.
Volgens ‘n gesprek wat Botha met Beeld gevoer het, het sy ouers “‘n appel en ‘n ei gekry vir die pragplaas in Noordwes wat deur die regering onteien is om in Boputhatswana te val”. Botha se moeder het die plaas van sy oupagrootjie, Thomas Frederik Dreyer, geërf. Dreyer het ‘n rol gespeel by die oprigting van die Gereformeerde Kerk in 1859 en was ook volksraadslid en ‘n vriend van pres. Paul Kruger. Die plaas was van 1840 af in die Botha-Dreyer-familie, waarna dit aan Bophutatswana oorgedra is.
Tydens die vorige tydperk vir grondeise, wat op 31 Desember 1998 verstryk het, wou die departement van grondsake nie eise deur blanke eienaars oorweeg nie omdat die departement glo gesê het dat hulle “aan ‘n bevoorregte rassegroep behoort”.
Dié keer is dit egter anders omdat boere hulle na die Grondwethof sou kon wend indien daar weereens teen hulle gediskrimineer sou word. Vanaf 1936, maar ook tydens die tuislandkonsolidasieproses, is miljoene hektaar grond van blanke boere aangekoop of onteien en aan swartes oorgedra. Ironies kan dieselfde wetgewing wat ingestel is om nóg grond aan swartes oor te dra nou gebruik word om van daardie grond wat in die verlede aan blankes behoort het, terug te kry.
Die grondeisehof in Randburg het reeds in die saak van ‘n blanke boer uit die Oos-Kaap, Ivor Leroy Phillips, beslis dat blankes nie van die reg op ‘n grondeis uitgesluit mag word nie. Die departement van grondeise het gepoog om teen dié beslissing na die Grondwethof te appelleer, maar die hof het in 2014 verlof tot appèl geweier, dus kan dié saak as ‘n presedent beskou word.
In getuienis voor die grondeisehof in Randburg het ‘n voormalige amptenaar van die NP-regering, Hendrick Schalk Pienaar, getuig dat daar van “boelietaktiek” gebruikgemaak is om blanke boere van hul plase te ontneem ten einde die TBVC-state te vergroot.
Die huidige ronde grondeise verteenwoordig die vierde keer in die geskiedenis dat blanke grond aan swartes uitgedeel word. Die vorige kere was 1936, die tuislandkonsolidasieproses en 1994-1998.
Die Boere-Afrikanervolksraad het ten sterkste beswaar gemaak “teen die misbruik van die Voortrekkermonument vir die ANC-politieke doeleindes onder leiding van die ANC se Cyril Ramaphosa”, nadat die ANC boere by die monument toegespreek het.
Nie Ramaphosa of Roelf Meyer het egter opgedaag nie en president Zuma self het by die vergadering gepraat.
Zuma het egter die taak om op grondkwessies te reageer gedelegeer aan die minister van Toerisme, Marthinus van Schalkwyk.
Van Schalkwyk, beter bekend as Kortbroek, was bereid om die gehoor in sy vertroue te neem en het laat deurskemer dat die ANC die moontlikheid van radikale grondhervorming bespreek het, en moontlik selfs ‘n referendum oor die aangeleentheid.
Maar om die kwessie aan ‘n stemmery te onderwerp is iets wat die party eenvoudig nie kon waag nie, het hy gesê.
“Wat dink jy sal gebeur as ons ‘n referendum oor grond hou? Hoe dink jy sal die meerderheid stem? Ek dink ons almal weet wat die antwoord is,” het Van Schalkwyk gesê, met instemmende knikke van sy gehoor.
En met dié, het die ANC ander opsies oorweeg, soos om die grondeiseproses onbepaald te heropen, te heropen tot 2020 of dit te heropen vir die volgende vyf jaar, het hy gesê.
“Ons het besluit op die heropening van die proses vir ‘n verdere vyf jaar,” het die minister gesê.
Adjunk-president Kgalema Motlanthe het intussen in Londen aangekom nadat die ANC met Afrikaners ontmoet het by die Voortrekkermonument.
Motlanthe is in die Britse hoofstad ter viering van Vryheidsdag op die 27ste April, by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat.
Samesprekings is ook gevoer oor die noodsaaklikheid om bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en Brittanje te versterk na die ANC se ontmoeting met Afrikaners.
Motlanthe het gesê dit is “vanselfsprekend” dat die Britse nasie saam met Suid-Afrika sy demokrasie vier.
Meer as 700.000 swartes wat beweer hulle is afstammelinge van ‘n Ndebelekoning Tshwane sê die eienaarskap van Pretoria – waar die setel van die regering, die Uniegebou geleë is – kom hulle toe.
Die stad van 687.54km² en setel van nasionale staatsdepartemente, is die Afrikanererfenishoofstad met die Voortrekkermonument wat daaroor uittroon. Een van die grootste grondeise ooit sal nou oor die gebied in die hof betwis word.
Verlede week het die eisers die eerste ronde gewen toe die Grondeisehof ‘n bevel toegestaan het dat die plaaslike grondeisekommissaris vir Gauteng en Noordwes hul eis herstel.
Volgens hofstukke is lede van die stamme wat glo bestaansboere met vee was, “gemartel en ‘n paar is dood” toe hulle gedwing is om uit Pretoria pad te gee tussen 1913 en 1970.
Die stamme beweer dat hulle en hul voorouers “eksklusiewe besetting van die grond in die Pretoria-distrik en sy omliggende gebiede geniet het voordat dit met geweld van hulle geneem is”.
Hulle is glo “in vragmotors gelaai en op die buitewyke van Pretoria afgelaai, waar daar nie genoeg grond vir weiding en opbrengste was nie”.
Die gemeenskap beweer sommige het permanente letsels as gevolg van marteling opgedoen. Sommige het gesterf van die honger.
Die sewe stamme – Modimokoana, Bapo, Moletlane Ndebele, Manala, Letswalo, Bakgatla en Malete – het hul eis in 1998 ingedien, maar dit is verwerp.
Andrew Tladi, ‘n konsultant het die eis namens die gemeenskap ingedien. Hy het gesê hul verwydering is bewerkstellig deur die 1913 Grondwet en die 1957 Groepsgebiedewet.
Die groep se Indiërprokureur, Munesh Singh, het gesê die kanse op sukses is baie goed.
“As [ restitusie ] nie moontlik is nie, moet daar billike en regverdige vergoeding vir die gemeenskap wees,” het Singh gesê.
Mpumalanga se luukse Mala Mala-wildsplaas is oorhandig aan die N’wandlamhlarhi-gemeenskap in Januarie ná sy suksesvolle eis waarvoor die regering die vorige eienaar Michael Rattray R1.1 miljard betaal het.
Selby Bokaba, Tshwane se munisipaliteit se woordvoerder, wou nie sê of hulle die eis sal teenstaan nie.
Hy het egter gesê die “waarskynlike uitkoms sal vergoeding wees”.
Die eisers kon voorheen nie nodige inligting indien by die Grondkommissie nie ten spyte van talle versoeke.
Die parlementêre plattelandse ontwikkeling en grondhervormingskomitee het die Wysigingwetsontwerp oor die restitusie van grondregte bekragtig.
Die wysigingswet is daarop gemik om grondeise te heropen vir diegene wat die 1998 afsnydatum misgeloop het, het RSG berig.
Die komitee sê hy het onder meer aanbeveel dat die afsnydatum tot 30 Junie 2019 verleng word en dat eise wat nie later as 31 Desember 1998 ingedien is nie, voorkeur geniet.
Die komitee sal nou sy verslag vir finale goedkeuring aan die Nasionale Vergadering voorlê.
Suid-Afrika se duurste grondeis is Donderdag amptelik afgehandel, met president Jacob Zuma wat twee gedeeltes van die internasionaal bekende luukse wildkamp, Mala Mala – wat aan die Kruger Nasionale Park grens – aan die N’wandlamhlarhi Community Property Association oorhandig het.
Die oorsese toerismebedryf is in rep en roer oor die omstrede grondeis en ‘n afname in besprekings kan die eens winsgewende kamp knou.
Die omstrede R1 miljard-ooreenkoms kom te midde van die regering wat weer die omstrede grondhervormingskwessie deur middel van die voorgestelde wysigings aan die Wet op Herstel van Grondregte na 2018 wil verleng.
Die stryd tussen die eienaars van Mala Mala en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het so ver gegaan as die Konstitusionele Hof.
Minister Gugile Nkwinti het gesê: “Die totale grondwaarde blyk buitensporig te wees, maar dit moet in ag geneem word dat hierdie primagrond is soos deur deskundige getuies in die hof verduidelik is.”
MalaMala is geïntegreer by die Kruger Nasionale Park in 1993 toe die grensdraad tussen die twee verwyder is. Die reservaat se westelike grens, die Sandrivier , is van die beste wildbesigtiging in die gebied.
Die reservaat het ‘n 70% besetting en sy jaarlikse wins word beraam op R25 miljoen . Sowat 95 % van sy kliënte is buitelanders.
Michael Rattray , uitvoerende hoof van Mala Mala wat ‘n miljard Rand in die sak gesteek het, het gesê die finale transaksie sal ‘n voorbeeld word van hoe ‘n grondeis suksesvol hanteer kan word.
Volgens Tanya Kotze van Africa Direct wat spesialiseer in oorsese toeriste, het die onsekerheid oor die reservaat se toekoms reeds ‘n invloed op besprekings in Amerika wat afgeneem het.
Die Gautengse regering moet R700 miljoen aan die Gautrein se operateurs oorbetaal. Die Gautrein-bestuursagentskap (GMA) verwag egter ’n toename van sowat 10% – sowat 5 000 passasiers – wanneer die e-tolstelsel ingestel word.
Die GMA beplan voorts om die bestaande Gautrein-stelsel met nuwe roetes na Soweto en die Oos-Rand uit te brei.
Die GMA moet glo bykomende onvoorsiene koste, soos die finalisering van grondeise, regskoste weens voortslepende arbitrasie en beplanningskoste vir toekomstige uitbreidings aan die Gautreinstelsel dek.
Die gelykbreekpunt vir die Gautrein is 110 000 passasiers per dag, maar die Gautrein vervoer tans net sowat 51 000 passasiers per dag.
In 2006 het die Gautengse regering ’n waarborg gegee dat die Gautrein-uitgawes gedek sal word indien hulle nie die vereiste aantal passasiers vervoer nie.
Die Gautengse regering subsidieer dié vervoerstelsel met sowat R1,5 miljard met 50 000 mense wat daagliks pendel.
Errol Braithwaite, woordvoerder van Bombela, het gesê die Gautrein se winsgewendheid en afhanklikheid van dat staatsubsidies, verteenwoordig nie ‘n krisis nie.
“Die Gautrein is ’n openbare vervoerdiensstelsel soos die metrobusstelsel en werk in baie opsigte soos rioolaanlegte en staatshospitale. Dié stelsels word nie bedryf om wins te maak nie, maar eerder om te verseker dat die samelewing behoorlik funksioneer.”
Braithwaite sê groot stede kan nie sonder doeltreffende vervoerstelsels uitbrei nie.
Hy sê in soortgelyke treinstelsels oorsee maak net 10% van die treinstelsels genoeg omset om bedryfskoste te dek. “Nêrens maak enige stelsel genoeg geld om kapitaalkoste ook te dek nie. Dit sal naïef wees om te glo die Gautrein moet anders wees.”
Die provinsie sal in 2013 sowat R820 miljoen aan waarborge betaal om te verseker die operateur sy koste verhaal.
Die regering gaan plase wat in die herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram toegeken is, maar nie benut word nie, terugvat, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê.
Nkwinti het verskeie herkapitalisering-grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek.
Die besoek is deel van ’n bestekopname oor vordering wat gemaak is sedert die instelling van die program vir herkapitalisering en ontwikkeling vir grondhervormingbegunstigdes in 2010.
Nkwinti het gesê die regering gaan streng tydsbebalings instel sodat die nuwe eienaars nie die grond verkoop of verhuur kort nadat hulle dit bekom het nie.
Die provinsiale leier van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), het aan Beeld gesê baie van die begunstigdes het plase verkoop weens ’n gebrek aan toewyding aan landbou en afwesige mentors.
Nkwinti sal ‘n hof Dinsdag vra om te bevestig dat sy departement onwettig opgetree het met ‘n R600 miljoen grondeis in 2009.
Die transaksie het aanleiding gegee tot KwaZulu-Natal se R10 miljard Blythedale Coastal Resort ontwikkeling.
Die verhoor wat oor vier dae sal loop, dien voor Regter AJ Sardiwalla in die Durbanse Grondeisehof. Landboukenners sê indien Nkwinti en die grondeisers daarin slaag dat die transaksie gekanselleer word, twyfel sal heers oor al die grondeisooreenkomste wat deur die regering sedert 1998 aangegaan is.
Nkwinti beskuldig die voormalige Minister van Landbou, Lulu Xingwana, en die waarnemende hoof van die voormalige Departement van Grondhervorming, Blessing Mphela – wat die transaksie vir 3 800 hektaar goedgekeur het – van ‘n “onwettige” rubberstempel.
Die voormalige minister van behuising, Lindiwe Sisulu het voorheen na die transaksie as ‘n “belangrike mylpaal en ‘n bloudruk vir behuisingsontwikkeling” verwys.
Die meer as 1 000 eisers vra dat die hof ‘n ooreenkoms met die KwaZulu-Natalse ontwikkelaar Mark Taylor ter syde te stel, en beweer die implikasies van die transaksie was nie ten volle aan hulle verduidelik toe hulle dit onderteken het nie.
Hulle het die hof gevra om die ontwikkelingsooreenkoms nietig te verklaar, wat aan hulle gratis huise en duisende werkgeleenthedesou bied .
Hulle vra die hof ook om Xingwana te dwing om ‘n belofte na te kom van 2009, waar elke eiser ‘n kontant betaling van R10 000 sou ontvang tot die huise en werksgeleenthede realiseer.
In hofdokumente het die eisers, beter bekend as die Zwelabantu Dube Communal Property Association, ook gevra dat Regter Sardiwalla oorweeg of die regering, in terme van artikel 42D van die Wet op Herstel van Grondregte, grondwetlik was.
Taylor is in die knyp met ‘n paar angstige beleggers en skuldeisers wat hulself nou na die howe wend om hul geld terug te kry na die oord-ontwikkeling verlede jaar tot stilstand gekom het.AgriSA, Kwanalu en SA Canegrowers sê dat hulle die hofverrigtinge fyn dophou aangesien die uitslag beleggingsvertroue kan skud.
DieMamre–gemeenskaphet verlede Dinsdagdietitelaktesvan 4200hektaarse landbougrondterug ontvang wat glo onder dieapartheidsregeringmeer as tweedekades gelede, van hulle vervreem is.
Dieoorhandigingis deur die minister van LandelikeOntwikkeling en Grondhervormingas deel van diedorp seErfenisdagvieringe gedoen.
“Hierdie oordragis ‘ngroot prestasie virdiemeer as2000huishoudings watsal voordeel trek uitdit.Dit is die eerstevan ‘n soortgelykeoordrag naander landelikebruin gemeenskappe,” het die departementgesê.
Sowat 500gesinneis gedwing omhulgrond te verkoopin 1986om plek te maakvir die ontwikkeling vanAtlantis.