Duitse kommer oor grondbesit ongegrond sê ANC

Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies het op ‘n vraag oor negatiewe opmerkings deur die hoof van die Duitse Sakekamer in Suid-Afrika, gesê hy glo nie die wetsontwerp sal belegging deur Duitse maatskappye beïnvloed nie.

Die Kabinet moet nog besluit of die verbod op buitelandse grondeienaarskap op alle kategorieë van grond van toepassing sal wees, het RSG berig.

Die minister van Toerisme, Derek Hanekom sê in baie lande is daar ‘n onderskeid tussen landbougrond en stedelike grond, en die Kabinet is steeds besig om oor die besonderhede te besluit.

President Jacob Zuma het Donderdag tydens sy Staatsrede die omstrede wetsontwerp oor buitelandse grondeienaarskap bevestig.

Hanekom het bygevoeg dat die wetsontwerp nie die regte van huidige grondeienaars sal raak nie, en dat dit nie as ‘n bedreiging vir buitelandse belegging gesien moet word nie.

Tweederdes van KZN-landbougrond lê braak

Opkomende boere benodig verdere hulp met landbou het ‘n LUR vir Landbou KwaZulu-Natal gesê.

Cyril Xaba het aangedui dat meer as tweederdes van die landbougrond wat sedert 1998 aan swart boere in KwaZulu-Natal oorhandig is, braak lê.

Xaba het by ‘n beraad op Ixopo in KwaZulu-Natal gepraat met swart boere.

Die byeenkoms is daarop gemik om die “gaping” tussen kommersiële en opkomende boere te oorbrug.

Xaba het gesê meer as R500 miljoen rand is reeds opsygesit om swart boere by te staan.

Xaba het gesê hulle sal plase wat nie tans benut word nie, na volle produksie moet bestuur.

Hy het ook gesê meer grond behoort onder besproeiing geplaas word sodat daar die hele jaar lank produksie in die provinsie kan wees.

Regering gaan plase terugvat wat onderbenut word

Mamre-inwoners skud blad met Nkwinti
Mamre-inwoners skud blad met Nkwinti

Die regering gaan plase wat in die herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram toegeken is, maar nie benut word nie, terugvat, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê.

Nkwinti het verskeie herkapitalisering-grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek.

Die besoek is deel van ’n bestekopname oor vordering wat gemaak is sedert die instelling van die program vir herkapitalisering en ontwikkeling vir grondhervormingbegunstigdes in 2010.

Nkwinti het gesê die regering gaan streng tydsbebalings instel sodat die nuwe eienaars nie die grond verkoop of verhuur kort nadat hulle dit bekom het nie.

Die provinsiale leier van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), het aan Beeld gesê baie van die begunstigdes het plase verkoop weens ’n gebrek aan toewyding aan landbou en afwesige mentors.

Nkwinti sal ‘n hof Dinsdag vra om te bevestig dat sy departement onwettig opgetree het met ‘n R600 miljoen grondeis in 2009.

Die transaksie het aanleiding gegee tot KwaZulu-Natal se R10 miljard Blythedale Coastal Resort ontwikkeling.

Die verhoor wat oor vier dae sal loop, dien voor Regter AJ Sardiwalla in die Durbanse Grondeisehof. Landboukenners sê indien Nkwinti en die grondeisers daarin slaag dat die transaksie gekanselleer word, twyfel sal heers oor al die grondeisooreenkomste wat deur die regering sedert 1998 aangegaan is.

Nkwinti beskuldig die voormalige Minister van Landbou, Lulu Xingwana, en die waarnemende hoof van die voormalige Departement van Grondhervorming, Blessing Mphela – wat die transaksie vir 3 800 hektaar goedgekeur het – van ‘n “onwettige” rubberstempel.

Die voormalige minister van behuising, Lindiwe Sisulu het voorheen na die transaksie as ‘n “belangrike mylpaal en ‘n bloudruk vir behuisingsontwikkeling” verwys.

Die meer as 1 000 eisers vra dat die hof ‘n ooreenkoms met die KwaZulu-Natalse ontwikkelaar Mark Taylor ter syde te stel, en beweer die implikasies van die transaksie was nie ten volle aan hulle verduidelik toe hulle dit onderteken het nie.

Hulle het die hof gevra om die ontwikkelingsooreenkoms nietig te verklaar, wat aan hulle gratis huise en duisende werkgeleenthedesou bied .

Hulle vra die hof ook om Xingwana te dwing om ‘n belofte na te kom van 2009, waar elke eiser ‘n kontant betaling van R10 000 sou ontvang tot die huise en werksgeleenthede realiseer.

In hofdokumente het die eisers, beter bekend as die Zwelabantu Dube Communal Property Association, ook gevra dat Regter Sardiwalla oorweeg of die regering, in terme van artikel 42D van die Wet op Herstel van Grondregte, grondwetlik was.

Taylor is in die knyp met ‘n paar angstige beleggers en skuldeisers wat hulself nou na die howe wend om hul geld terug te kry na die oord-ontwikkeling verlede jaar tot stilstand gekom het.

AgriSA, Kwanalu en SA Canegrowers sê dat hulle die hofverrigtinge fyn dophou aangesien die uitslag beleggingsvertroue kan skud.

Die Mamre–gemeenskap het verlede Dinsdag die titelaktes van 4 200 hektaar se landbougrond terug ontvang wat glo onder die apartheidsregering meer as twee dekades gelede, van hulle vervreem is.

Die oorhandiging is deur die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming as deel van die dorp se Erfenisdagvieringe gedoen.

“Hierdie oordrag is ‘n groot prestasie vir die meer as 2 000 huishoudings wat sal voordeel trek uit dit. Dit is die eerste van ‘n soortgelyke oordrag na ander landelike bruin gemeenskappe,” het die departement gesê.

Sowat 500 gesinne is gedwing om hul grond te verkoop in 1986 om plek te maak vir die ontwikkeling van Atlantis.

DA sweep swartes op oor grond

Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op

“Die Demokratiese Alliansie (DA) se Mmusi Maimane se stelling dat die DA grondhervorming ondersteun want “..die euwels van die apartheidstelsel het die beste grond slegs vir wittes gereserveer” dui op opportunisme en dat wittes geteiken word as sondebokke.

Die DA speel nou net soos die ANC die rassekaart oor grond,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Eerstens is dit onverantwoordelik om emosies rondom grondhervorming op te jaag op die basis van ras.

Tweedens is van die beste landbougrond in Suid-Afrika in die destydse Transkei en Bophuthatswana geleë.

Selfs die grondoudit deur die landmeter-generaal wat onlangs deur die kabinet aanvaar is, kon nie verklaar hoeveel grond behoort aan wittes of swartes nie.

Die DA probeer nou die ANC oorbie om emosies oor grond op te jaag om stemme te werf vir die 2014-verkiesing. Dit skep polarisasie tussen swart en wit en die Vryheidsfront Plus veroordeel dit,” het Groenewald gesê.