Opkomende boere benodig verdere hulp met landbou het ‘n LUR vir Landbou KwaZulu-Natal gesê.
Cyril Xaba het aangedui dat meer as tweederdes van die landbougrond wat sedert 1998 aan swart boere in KwaZulu-Natal oorhandig is, braak lê.
Xaba het by ‘n beraad op Ixopo in KwaZulu-Natal gepraat met swart boere.
Die byeenkoms is daarop gemik om die “gaping” tussen kommersiële en opkomende boere te oorbrug.
Xaba het gesê meer as R500 miljoen rand is reeds opsygesit om swart boere by te staan.
Xaba het gesê hulle sal plase wat nie tans benut word nie, na volle produksie moet bestuur.
Hy het ook gesê meer grond behoort onder besproeiing geplaas word sodat daar die hele jaar lank produksie in die provinsie kan wees.
