Gautrein kan baat by e-tol

gautreinDie Gautengse regering moet R700 miljoen aan die Gautrein se operateurs oorbetaal. Die Gautrein-bestuursagentskap (GMA) verwag egter ’n toename van sowat 10% – sowat 5 000 passasiers – wanneer die e-tolstelsel ingestel word.

Die GMA beplan voorts om die bestaande Gautrein-stelsel met nuwe roetes na Soweto en die Oos-Rand uit te brei.

Die GMA moet glo bykomende onvoorsiene koste, soos die finalisering van grondeise, regskoste weens voortslepende arbitrasie en beplanningskoste vir toekomstige uitbreidings aan die Gautreinstelsel dek.

Die gelykbreekpunt vir die Gautrein is 110 000 passasiers per dag, maar die Gautrein vervoer tans net sowat 51 000 passasiers per dag.

In 2006 het die Gautengse regering ’n waarborg gegee dat die Gautrein-uitgawes gedek sal word indien hulle nie die vereiste aantal passasiers vervoer nie.

Die Gautengse regering subsidieer dié vervoerstelsel met sowat R1,5 miljard met 50 000 mense wat daagliks pendel.

Errol Braithwaite, woordvoerder van Bombela, het gesê die Gautrein se winsgewendheid en afhanklikheid van dat staatsubsidies, verteenwoordig nie ‘n krisis nie.

“Die Gautrein is ’n openbare vervoerdiensstelsel soos die metrobusstelsel en werk in baie opsigte soos rioolaanlegte en staatshospitale. Dié stelsels word nie bedryf om wins te maak nie, maar eerder om te verseker dat die samelewing behoorlik funksioneer.”

Braithwaite sê groot stede kan nie sonder doeltreffende vervoerstelsels uitbrei nie.

Hy sê in soortgelyke treinstelsels oorsee maak net 10% van die treinstelsels genoeg omset om bedryfskoste te dek. “Nêrens maak enige stelsel genoeg geld om kapitaalkoste ook te dek nie. Dit sal naïef wees om te glo die Gautrein moet anders wees.”

Die provinsie sal in 2013 sowat R820 miljoen aan waarborge betaal om te verseker die operateur sy koste verhaal.

 

7 thoughts on “Gautrein kan baat by e-tol”

  1. Dis nogal nuus dat hulle nou eers by die halfpad merk is om gelyk te breek. Daar was ‘n ruk terug vreeslik baie propaganda oor hoe suksesvol die ding dan nou is.

    Ek het die ou tjoekie al uitprobeer. Dit ry lekker, alles is mooi skoon, die stasies het geen karakter nie, dinge is meestal op tyd.

    Dit spaar jou egter nie juis tyd nie. As jy moet bus ry aan die ander kant raak die reistyd sommer baie lank. Dis vrek duur en of jy geld spaar per trein is nie vir my ‘n uitgemaakte saak nie.

    1. Wet van Transvaal 🙂 Baie skerp Josef. Al waar die gebruiker wen is as jy ‘n sitplek kry en iets kan lees i.p.v om agter jou motor se stuurwiel te sit. Verder kos dit (veral as jy dan nog die belasting inreken) dalk meer as die motorvervoer.

      Ek wonder net hoeveel van die begroting gaan weer aan die nodige “partners” – jy weet die wat in die agtergrond sit en kollekteer soos met meeste indien nie al die ander staatskontrakte nie. (Ek weet dat op sekere kontrakte dit meer as 50% van die kontrakwaarde is.)

      Die e-tol dink ek is nog ‘n foefie om die trein se gebruik te verhoog.

  2. Bullshit man die donnerse regering steel al die geld wat hulle ontvang van die Gautrain dit is geen wonder hulle hulle wys geen wins nie en as jy kyk na al die ander staats departements soos die Hospitale ,SAL Metro bus ens is almal bankrot want al wat die ape kan doen is om die geld testeel en nou gebruik hulle die verskoning dat Etoll die Gautrain se gesteelde geld kan terug kry. Al die geld wat die swart moere al gesteel en fraud mee gepleeg het kan hulle terug sit in hulle gautrain

  3. “Kan baat?” Die e-tol struktuur is grotendeels inisieer om die Gautrein te laat baat. Wie gaan ‘n diens gebruik wat duurder is as ‘n motor tensy lg. hom buitensporig in reistyd laat inboet? Dis juis laasgenoemde wat die Gautrein sy huidige aantrekking verleen. Die feit van die saak is dat die Gautrein eenvoudig swak beplan is. Die stelsel loop tydens spitstye reeds oor kapasiteit, dog haal hulle nie helfte van hulle gelykbreek koste nie? Hulle moet dus die hoeveelheid spitstyd treine asook stasie-parkeerplek area ten minste verdubbel, en treine tussen inkopie-areas asook die lughawe moet tot ten minste middernag loop 7 dae per week! Vir addisionele spitstyd treine het hulle heeltemal onvoldoende rystelle.

Maak 'n opvolg-bydrae