Jonges registreer om te stem

iecSuid-Afrika sal teen Woensdag weet hoeveel nuwe kiesers vir die 2014 algemene verkiesing geregistreer het.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê meer as ‘n miljoen mense het Saterdag die 22.000 kieserregistrasiesentrums besoek.

Die naweek se registrasieveldtog het gisteraand ten einde geloop en volgens aanduidings is sowat 75 persent van diegene wat geregistreer het jonger as 30.

Die OVK het intussen gesê mense wat kwalifiseer om te kan stem, sal steeds voor die verkiesing kan registreer.

Die OVK se kiesbeampte in die Wes-Kaap, Trevor Davids, sê die kommissie sal voortgaan om geleenthede vir mense te bied om hulle name op die algemene kieserslys te laat insluit tot en met die datum van die proklamasie van die verkiesing.

Registrasie kan intussen tydens normale werksure by kantore van die OVK gedoen word. – RSG

6 thoughts on “Jonges registreer om te stem”

          1. Daar is maniere soos jy sê – die vraag is egter of die ANC hom ernstig opneem. Daar was ook baie klagtes teen Zuma maar met malema wat gesê het hy sal vir Zuma oorlog maak, is die klagtes onder die mat gevee.
            Verder as hulle hom sou toesluit is daar nog ‘n klomp wat in sy voetspore sal volg. Sy steun kom van mense wat nie noodwendig die implikasies verstaan nie – kyk maar in watse finansiële gemors het hy die jeugliga gelos (OK dalk omdat Kebble blommetjies druk). Om terug te kom na my punt. Hy verteenwoordig die militante jeug en ons moet wakker slaap want hulle is meer as wat enige iemand in hierdie land wil toegee.

Maak 'n opvolg-bydrae