Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela gaan vandag ‘n omvattende verklaring uitreik waarin kwessies uitgespel word wat gelei het tot hofoptrede oor haar voorlopige verslag oor die president se privaatwoning op Nkandla.
Die staat het die kantoor van die Openbare Beskermer verlede Vrydag deur middel van ‘n interdik probeer verhoed om die verslag oor sekerheidsopgraderings aan die huis bekend te maak.
Die Minister van Justisie het Saterdag gesê die enigste rede waarom aansoek om ‘n interdik gedoen is, is om die veiligheidsgroepering binne die staat meer tyd te gee om op die verslag kommentaar te lewer.
Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het dit op sy beurt duidelik gestel dat die bekendmaking van die verslag sonder sekerheidsklaring onwettig en strafbaar is.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het die aansoek tot 15 November uitgestel nadat Madonsela vir meer tyd gevra het om dokumente in te dien. – RSG

As daar NIKS is om weg te steek nie – waarom die OB probeer verhinder in die uitvoering van haar pligte as sulks !
Ons ALMAL weet, die belastingbetaler se geld is aangwend om hierdie stertriem-danser se “mansion” op te knap – wat ‘n skande, terwyl sy eie mense krepeer van honger.
Nkandlagate ! Ter stawing van my stelling.
In die afrikakultuur is hy die hoofman, dit kom hom toe. Hy sal op sy beurt dan vir sy onderdane sorg.
Ons is heeltyd besig om teen hulle kultuur te stry en dit gaan ons nie regkry nie. Ons vra ons eie stuk van hierdie ZA klip waar ons bly sodat ons in ons land ons eie kultuur kan uitleef en nie nodig het om in te betaal vir hulle kultuur nie. Dis al wat ons vra. Niks meer nie. Niks minder nie.
“Hy sal op sy beurt dan vir sy onderdane sorg.”
Dit verduidelik ook sommer hoekom daar so baie is wat splinternuwe duur ingevoerde motors kan bekostig !
Amen Rooikop.
Of Thuli Madonsela die hele veiligheidsplan sal openbaar maak. Sy weet mos dit is in landsbelang. Die ander omstredenheid om die super kraal, dis waar Zuma so keer vir die vale.
Ek hoop sy druk deur teen al die aanslae wat nou na haar kant toe kom.
En ek dog die OB is deel van die staat. Nou staan hulle in die hof. Hoe dan nou?
Ja en gisteraand op Carte Blanche sit die “arme” kontrakteur en huil LANG trane want hy is nooit ten volle betaal vir die projek nie. Skuld hom glo iets soos R700,000!!! Hy het by ou stortkop gekla maar die raak so doof soos ‘n kwartel!
Dit is’n pragtige kraal wat hy daar het.
Of is dit pretige kraal??
Pragtige prettige, pronkerige kraal verseker Arnieann.
??