Numsa KZN onttrek aan Cosatu se massa-optrede

cosatuDie KwaZulu-Natalse tak van die vakbond, Numsa het aan Cosatu se beplande nasionale massa-optrede onttrek.

‘n Woordvoerder vir Numsa, Mbuso Ngubane sê dit is onmoontlik om binne ‘n week optrede op dié groot skaal te reël.

Cosatu is van voornemens om vanaf môre, drie dae lank met massa-optrede vol te hou teen die e-tolstelsel en arbeidmakelaars.

Hy het gesê Numsa het aansoek gedoen vir ‘n Artikel 77 permit om ‘n protes te hou op ‘n latere datum.

Die massa-aksie sal vroeg volgende jaar plaasvind as die vakbond oorleg gepleeg het met sy lede, het Ngubane gesê.

Artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge gee werkers die reg om deel te neem aan protesaksie om hul sosio -ekonomiese belange te bevorder of te beskerm.

Ngubane het ook voorgestel dat ‘n spesiale kongres gehou word om interne kwessies aan te spreek in Cosatu .

Hy het gesê op die oomblik gee “nasionale leiers van Cosatu en sy vennote indrukke aan die media wat verskil van wat werklik aangaan.”

Ngubane het gesê hy vind dit vreemd dat die president van Cosatu S’dumo Dlamini by verskeie provinsiale vergaderings gesê het dat daar nie geld is om die spesiale kongres te finansier nie.

“Dit is ‘n feit dat Cosatu nie betaal vir die reis -en verblyfkoste van affiliasies nie. Dus, wat is die uitgawes waarna die president van Cosatu verwys? ” het Ngubane gevra.

Numsa het gesê hulle is nie meer gemaklik met Dlamini as voorsitter nie.

“Ons raad aan die huidige president van Cosatu [ is dat hy ] [ sy ] tasse moet pak en gaan, want hy het versuim om Cosatu en die leierskap te verenig,” het Ngubane gesê. – Sapa

4 thoughts on “Numsa KZN onttrek aan Cosatu se massa-optrede”

      1. Arnie ek sal nie weet of dit gekaap is nie. Hulle saamstaan was definitief ook deel van ‘n gehoorsaamheidsoefening – baie is met halsnoere vermoor en op baie ander manier aangesê om die ANC te ondersteun. Daardie hegting is nou besig om te taan want almal wil deel hê van die pot goud en die wat by die kosbakke is kry meer as die ander en daarom reken ek is daar onenigheid, doodeenvoudig ‘n natuurlike verloop van dinge. Ek reken eerder daar is weer van hierdie gehoorsaamheidsoefeninge aan die gang as ek sien hoeveel van hulle is nou weer vermoor deur hulle te verbrand.

Maak 'n opvolg-bydrae