Die Oos-Londense polisie moes rubberkoeëls en water-kanonne gebruik om stakende lede van die munisipale vakbond, Samwu, uitmekaar te jaag.
Die stakers het eiendom van die Buffalo Metro waaronder ook die stadsaal, aan die brand gesteek.
Amptenare van Samwu en vakbondlede eis ‘n veertiende tjek van die Metro.
‘n Polisie-woordvoerder, Stephen Marais, het bevestig dat mense in hegtenis geneem is.
