Die Vredesparkstigting het ‘n skenking van R232 miljoen van die Nederlandse en Sweedse poskodeloterye ontvang vir die stryd teen renosterstropery.
Die geld sal teen stropers gebruik word om die renoster te bewaar.
Die Suid-Afrikaanse stryd teen renosterstropery het het ‘n groot hupstoot gekry met die inspuiting.
Die Stigting in Suider-Afrika is toegespits op oorgrensbewaringsgebiede en parke.
Die grootste voorbeeld hiervan is die Groot Limpopo-oorgrenspark, geskep deur parke in Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe saam te smelt.
Die skepping het gelei tot die vernietiging van grensdrade tussen lande, ‘n skuif wat die skuld kry vir die maklike beweging van stropers.
In die persverklaring het die stigting gesê die meerderheid van hierdie befondsing sal bestee word “op die verbetering van die bestaande pogings om renosters te beskerm in Suid-Afrika”.
Die land het 83% van die wêreld se oorblywende renosters, want die meeste ander bevolkings regoor die wêreld is gestroop tot uitwissing.
Die meeste renosters word in die Krugerwildtuin doodgemaak vir hul horings weens die grens van Mosambiek wat digby lê.
In 2006 het ‘n kilogram renosterhoring vir R8 000 op die swart mark verkoop. Nou kos dit R600 000. In ‘n verslag deur die raadgewende firma Dalberg is die globale handel in horing as R100 miljard per jaar aangedui, wat dit so waardevol soos kokaïen maak.