Vryheid vaarwel deur Kas van den Bergh

Kas van den Bergh wou 'n "goeie storie skryf oor die Driejarige Oorlog. Oor die Vrystaat en sy helde. Oor Transvaal en sy hensoppers."

Oktober 1899. Hannes van Zyl, 'n kolonialer, ontmoet vir Willemien op haar pa se plaas in die Vrystaat. Sy haal hom oor om vir die Vrystaat te veg sodra die oorlog uitbreek. En van verloop dinge heelwat anders as wat enige iemand verwag het...

Kas het die oorlog in die Stormberge goed nagevors en die gebeure is histories korrek - selfs die absurde optrede van kommandant Olivier by die inval van Aliwal-Noord.

Op tipiese Kas van den Berg-styl word die verhaal oor die oorlog in werklikheid 'n gesprek oor vryheid.

Uitgewer: Prisca Uitgewers.

Resensie:

Deur die oë van die ontnugterde Van Zyl en van sy ander karakters, laat Van den Bergh ’n mens opnuut wonder oor wat vryheid nou werklik behels...

Dit sal enige leser heelwat gee om aan te herkou en dít op sigself maak dit die moeite werd om Vryheid vaarwel te lees. – Gert van der Westhuizen, Beeld, 17 Augustus 2015

Plaas enige produkte wat u wil aankoop, in die mandjie en wanneer u klaar is, klik aan die regterkant op "Checkout".

As u enige probleme ervaar, stuur vir ons 'n epos na inlig[by]praag.org.

Quantity

Price: ZAR200.00

Shipping: ZAR40.00

Loading Updating cart...

People who bought this item also bought