Duiwelsasem deur Karin Roodt (eboek)

Ontmoet Kai Brugman, die opwindende, jong Afrikanerspioen wat vir die geheimediens KERN ‘n presidensiële sluipmoord in Afrika pleeg, iets wat die CIA se attensies gaande maak… Maar Kai en KERN, gewapen met hoë tegnologie en vindingrykheid, deins nie van so ‘n Dawid-en-Goliatstryd terug nie.

KERN werk saam met Bonnie Blue, ‘n hoogs geheime groepering wat diep binne die Pentagon en die CIA, die imperialistiese vergrype van die Amerikaanse geheimedienste wil teëwerk.

Hierdie boeiende verhaal wat in Johannesburg se stedelike omgewing afspeel, sal die leser ook fassineer met werklike inligting oor gesofistikeerde wapens, gifstowwe en die geostrategiese spel wat die grootmoondhede in Suid-Afrika en elders in Afrika voer. So lewensgetrou is Karin Roodt se spioenasiefiksie dat onlangse gebeure in die Demokratiese Republiek van die Kongo die boek gedeeltelik laat waar word het!

Betaal per internet aan ons bankrekening, of per kredietkaart of PayPal en ontvang die aflaaiskakels vir die eboek in u epos. U sal twee formate ontvang (Epub en Mobi/Kindle). Indien u enige vrae of probleme het, kontak ons by inlig@praag.org.

Quantity

Price: ZAR100.00

Shipping: ZAR0.00

Loading Updating cart...

People who bought this item also bought