Bodem, deur Gustav Venter

Hierdie opwindende eiesoortige verhaal oor “die Chaos”, ‘n apokaliptiese gebeurtenis iewers in die nabye toekoms, het vele aanlynlesers reeds betower. 'n Groepie voorstedelike blankes word op die snelweg vasgekeer in 'n verkeersknoop soos wat mense uit voor die Chaos vlug.

Van daardie oomblik af moet hulle vir hul oorlewing veg in 'n naamlose oorlog wat rondom hulle woed. Met hul karige wapens en viertrekvoertuie moet hulle vanaf 'n koppie waar hulle vasgekeer word, veg soos by Vegkop van ouds.

Die skrywer het hiermee 'n belangrike werk gelewer in die distopiese genre wat deesdae in Afrikaans so gewild is: pessimistiese toekomsvisies wanneer (die) Chaos uiteindelik uitbreek.

U kan Bodem as eboek of as gedrukte boek bestel.

Product Options
Combination of product variants is not available
Quantity

Price: from ZAR90.00

Shipping: ZAR0.00

Loading Updating cart...