Karkasse van beeste wat al weke gelede weens honger en verwaarlosing gevrek het, het inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) op Nelson Mandela se plaas naby Qunu in die Oos-Kaap begroet. Die plaas is reeds van alle natuurlike weiding gestroop en die diere moes aanvullende voer kry, het die NDBV se inspekteurs aan Media24 gesê. Mandela was ironies genoeg ‘n ere-beskermheer van
Zuma verwelkom Palestynse leier in ‘bevryde sone’
Pres. Jacob Zuma het Woensdag pres. Mahmoed Abbas van Palestina op sy eerste staatsbesoek in Pretoria verwelkom. Die president het Nelson Mandela aangehaal waar hy die Palestyne se vryheidstrewe met dié van Suid-Afrika verbind. Zuma het Suid-Afrika se steun aan die Palestyne se onafhanklikheidstrewe toegesê: “Ons sal julle met elke tree bystaan, wat dit ookal verg. “Julle het aangedui watter soort
Lees verder: Zuma verwelkom Palestynse leier in ‘bevryde sone’
Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof
Die teisteringsaak wat dr. Dan Roodt as belanghebbende namens Steve Hofmeyr behartig, begin môre (Donderdag 27 November) om 9:00 in hof 21 by die Randburgse Landdroshof. Teenoor hom is die buikspreker Conrad Koch wat op Twitter as die pop Chester Missing allerlei beledigings teenoor Hofmeyr kwytgeraak het en ook ‘n veldtog teen die borge van
Lees verder: Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof
Merkel woedend oor NAVO-referendum
Duitse kanselier Angela Merkel se regering is woedend oor President Petro Poroshenko se plan om ‘n referendum te hou oor die Oekraïne se aansluiting by NAVO. Duitsland beskou dit as ‘n doodloopstraat wat onnodige spanning aanblaas met Rusland. Volgens Duitse amptenare is só ‘n plan om die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie oos uit te brei eenvoudig nie op die tafel vir Merkel nie.
Rasse-oorlog oorspoel Ferguson
‘n Rasse-oorlog wat dreig om oor te spoel na die res van die land, het in die Amerikaanse dorp Ferguson in die deelstaat Missouri uitgebreek. Betogings is ook in stede regoor die land gehou en verkeer in Oakland, Chicago en New York is ontwrig. Lede van die veiligheidsmagte is in Ferguson ontplooi en moes reeds van
Merkbare toename in kredietkaartbedrog
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-Inligtingssentrum, of SABRIC, is onthuts oor die onlangse merkbare toename in kredietkaartbedrog. SABRIC sê die bankbedryf se verliese weens kredietkaartbedrog het van 366 miljoen rand in 2013 tot 455 miljoen rand vanjaar toegeneem. Volgens die maatskappy moet die misbruik van aanlyn-toepassings deur misdadigers wat uiteindelik ‘n bankkaart bekom, die grootste skuld kry vir die toename.
Geen name by matriekuitslae 2014
Matriekuitslae wat in koerante gepubliseer word, gaan slegs die identiteitsnommer en eksamennommer van leerlinge bevat, het die departement van basiese onderwys Dinsdag gesê. Dié stap sal groepe waartoe uitblinkers en mislukkings behoort verdoesel. Die besluit is geneem na taakspan se aanbeveling dat die huidige konvensie om individuele leerlinge se name te publiseer, hersien moet word, het Elijah
Ordelys vir Nasionale Vergadering bespreek
Die Nasionale Vergadering se Programkomitee vergader vandag om die program vir môre se sitting te finaliseer wat deur die Speaker, Baleka Mbete, byeengeroep is om onopgeloste kwessies af te handel. Die komitee is die Parlementêre struktuur wat die finale besluit neem oor wat tydens ‘n sitting op die ordelys behoort te wees, het RSG berig.
Le Pen rig ope brief aan Franse bankgoewerneur oor goud
Die leier van Frankryk se Front Nasionaal het ‘n ope brief aan die goewerneur van die Franse Reserwebank, Banque de France gestuur waarin sy eis dat ‘n oudit gedoen word om vas te stel wat die stand van die land se goudreserwes is. Marine Le Pen het aangedui dat die kwessie van nasionale belang is
Lees verder: Le Pen rig ope brief aan Franse bankgoewerneur oor goud
Waarnemende SAL-hoof sê grade-fout is reggestel
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se waarnemende uitvoerende hoof, Nico Bezuidenhout, het sy stilswye verbreek ná bewerings dat hy soos sekere swart aanstellings oor sy akademiese kwalifikasies gelieg het. Die SAL het vroeër die week toegegee dat sy jaarverslae vir 2011 en 2012 nie korrek was om aan te dui dat Bezuidenhout ‘n B Comm-graad in Vervoerekonomie en Bedryfsielkunde het
Lees verder: Waarnemende SAL-hoof sê grade-fout is reggestel
