Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se waarnemende uitvoerende hoof, Nico Bezuidenhout, het sy stilswye verbreek ná bewerings dat hy soos sekere swart aanstellings oor sy akademiese kwalifikasies gelieg het.
Die SAL het vroeër die week toegegee dat sy jaarverslae vir 2011 en 2012 nie korrek was om aan te dui dat Bezuidenhout ‘n B Comm-graad in Vervoerekonomie en Bedryfsielkunde het en ook oor ‘n MBA beskik nie.
Dit is in 2013 reggestel. Bezuidenhout het nie sy tersiêre studies voltooi nie.
Bezuidenhout het gesê ook Mango-personeel en Mango se direksie waar hy in 2006 aangestel is, het nog altyd geweet dat hy het nie ‘n graad nie. Hy het niemand daaroor om die bos gelei nie.
Vroeër op Dinsdag, het die SAL se direksie in ‘n verklaring gesê dat hulle by hulle waarnemende hoof uitvoerende beampte (HUB) staan.
Bezuidenhout het aan die media gesê sy huidige personeel sowel as kollegas het nog altyd geweet dat hy nie ‘n graad het nie.
Bezuidenhout het op sy beurt gesê sy ervaring en bewese diensrekord is goeie plaasvervangers vir akademiese kwalifikasies.
