praag.co.za

Tag: Conrad Koch

  • Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

    Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

    Solidariteit en Afriforum, wat tans die hofsaak namens die sogenaamde “SAUK-4” hanteer, maak gebruik van die advokaat Steven Budlender, wat voorheen deel van die veldtog was om Steve Hofmeyr te keer om “Die Stem” te sing en sy hele loopbaan te ruïneer. Budlender het pro bono teen Steve Hofmeyr opgetree namens Conrad Koch, die hatige buikspreker wat gedurig op Afrikaners vloek en skel (sien foto van Budlender hier bo).

    Budlender is die seun van Geoff Budlender, SC, wat in die verlede terroriste van die ANC en SAKP verdedig het en ‘n uitgesproke linkse revolusionêr was.

    ‘n Woordvoerder van ‘n Afrikaanse organisasie wat nie sy naam genoem wil hê nie, het aan PRAAG gesê: “Dis ‘n uiters vreemde keuse van advokaat in dié saak rondom die SAUK. Terwyl Solidariteit en Afriforum voorgee om ‘vir Afrikaans’ te veg, voer hulle vir seker nie hul sake in die hof in Afrikaans aan nie, aangesien Steven Budlender nie Afrikaans magtig is nie. Boonop staan hy en Conrad Koch uiters vyandig teenoor Afrikaans en ‘n sanger soos Steve Hofmeyr.”

    Budlender jr is lid van die “Victoria Mxenge-groep van advokate”, wat vernoem is na ‘n marxistiese Xhosa-regsgeleerde wat voorheen ook deel van die terreuraanslag op Suid-Afrika was. Haar man Grifiths Mxenge, wat ‘n ANC-lid was en ook ‘n tydperk gevangenisstraf op Robbeneiland uitgedien het, is vermoedelik deur die Vlakplaas-eenheid gedood, waarvoor Dirk Coetzee, Almond Nofemela en David Tshikalanga kwytskelding van die Waarheids- en versoeningskommissie ontvang het.

    Solidariteit werk ook nou saam met die FW de Klerk-stigting, wat mag verklaar waarom die vakbond deesdae linkse, anti-Afrikaanse advokate verkies om namens hom en sy lede te litigeer.

    Uitspraak in die saak is voorbehou en word blykbaar môre tienuur in die Arbeidshof in Kaapstad gelewer. Die vier afgedankte SAUK-joernaliste wat poog om deur die hof heraangestel te raak, is: Jacques Steenkamp, Foeta Krige, Suna Venter en Krivani Pillay. Foeta Krige was tot onlangse uitvoerende regisseur van RSG-Monitor terwyl Jacques Steenkamp en Suna Venter as joernaliste by RSG werksaam was.

  • Media24 ken Mandy Rossouw-kleinhuisieprys aan Conrad Koch toe

    Skoppensboer het ook vandeesweek mit gespannter Aufmerksamkeit die nuwe reëls in ons agbare howe gadegeslaan. Reël nommer 1, subartikel (a) is: Bring jou pop saam. Subartikel (b) van dieselfde reël bepaal: Trek loslit aan en laat jou pop met sy skoene op die bank sit. Of verkieslik op Edelagbare se skoot.

    Reël 2 is: Maak die landdros ‘n figurant in jou poppespel en kry die media om dit alles op video vas te lê. Reël 3 is: Enige uitspraak van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het regskrag in ‘n Suid-Afrikaanse Hof, veral as Zimbabwe daarvoor gestem het. En dan reël 4: Enigiets is toelaatbaar, solank jy nie “apartheidsontkenning” of “holocaust-ontkenning” pleeg nie.

    skoppensboerOns weet dat moord en verkragting reeds lankal in ons land “gedekriminaliseer” is. Jy mag dit ook maar onder die invloed van drank of dagga pleeg, mits jy nie agterna ‘n motor bestuur nie. Of liewer: mits jy nie agterna ‘n motor bestuur en nie R200 by jou het om die metropolisieman wat jou mag voorkeer, mee om te koop nie.

    Diefstal, maar veral diefstal uit die staatskas, is nie net toelaatbaar nie; dis verpligtend. Daar bestaan ‘n hele alfabetsop van eufemistiese terme daarvoor, soos BEE, BBEE, SEB, AA, RA, en wat nog. Die enigste vorm van entrepreneurskap is tenderpreneurskap.

    Omdat Skoppensboer nie ‘n dief of tenderpreneur is nie, roem hy hom allermins as “varkwagter by die nuwe bedeling”, soos oorle Izak de Villiers in ‘n toespraak voor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op Potjiesdorp geseg het.

    Dat die bedeling egter oor al hoe meer varkwagters beskik, is gewis. In ou Rome, waar ons Romeins-Hollandse reg vandaan kom, was dit ‘n belediging om vullis voor jou buurman se huis te gooi en kon hy jou daarvoor dagvaar. In die Kaap smyt hulle sommer ontlasting voor die provinsiale parlement! Baie onromeins, maar tog “proudly South African”, soos dit deesdae op Ingels heet.

    O tempora o mores! het Cicero gesê, as dit nou nie ‘n flagrant regse aanhaling is nie.

    Media24, wat al die grootste Afrikaanse dagblaaie ter wêreld besit, is skaam vir Afrikaans, maar trots Suid-Afrikaans. Daarom ook trotse varkwagters wat enige varksigheid met geesdrif omhels.

    Nogtans is Skoppensboer ‘n tikkie verras deur die jongste aankondiging dat Media24 die Mandy Rossouw-kleinhuisieprys aan Conrad Koch, alias Missing Jester* toegeken het.

    Mnr. Wim du Minus, adjunkopperhoof van Media24, het in die blaaie van sy groep met trots vermeld:

    “As vurige varkwagters by hierdie wonderlike bedeling, kan ons nie anders as om joernalistieke talent te vereer waar ons dit raaksien nie. Naas ons Legends-pryse loof ons natuurlik jaarliks die Mandy Rossouw-prys vir politieke joernalistiek uit. Persoonlik verstaan ek maar alte goed dat alle politiek om die kleinhuisie en verskeie p- en k-woorde draai, want ek is trots om te sê dat ek in die huis van ‘n nagwadrywer op Klerksdorp grootgeword het. My pa was die ruggraat van die emmerstelsel in Klerksdorp, en dit was nie die bodorp nie. Daarom, terwyl ons Conrad Koch vir sy voortreflike bydrae tot politieke joernalistiek bekroon, wysig ons terselfdertyd die titel van die prys effens na die Mandy Rossouw-kleinhuisieprys. Komende ná die toekenning van ‘n toiletprys deur Ahmed Kathrada, die Rivonia-veteraan, aan die nimlike mnr. Conrad Koch, het ons gevoel Media24 mag nie agterbly nie. Die stroom sal ons volg, is immers ons maatskappyleuse.”

    In sy commendatio tydens die oorhandiging van die prys het mnr. Du Minus in ‘n gebrabbel van Kaaps, toiletterme en ge-Kochel (‘n neologisme wat vandeesweek deur die subredakteurs van Netwerk24 gemunt is) verval, wat soos volg in die gehate apartheidstaal, Standaardafrikaans, oorgesit kan word:

    “Die heer Conrad Koch en sy sjarmante klein gekleurde Doppelgängertjie, die Missing Jester, het iets nuuts na hierdie bedeling se politieke kommentaar gebring: die toilet in al haar praal en glorie. Vir almal van ons wat nie Latyn op skool gehad het nie, maar net Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid en Engels Derde Addisionele Taal, verseker hy met sy stortvloed vloeke en skatologiese geswets dat ons demokrasie tot ‘n vlak verlaag word waar selfs ons Media24-varkwagters dit kan verstaan. Hoe laer alles in Suid-Afrika daal, hoe beter. Telkens as ek verby die informele nedersettings van ons medeburgers ry, sien ek naas die wonderskone inheemse argitektuur, die simbool van die Nuwe Suid-Afrika: die tydelike toilet wat my aan die edele beroep van my vader herinner. Watersuiwering was, nes Afrikanerregering, ‘n misdaad teen die mensdom! So eie aan apartheid. Laat alle riool in die riviere en spruite instroom, en alle vuilspuite soos mnr. Koch in opstand kom teen die laaste oorblyfselfs van logika en Latyn in ons samelewing! Laat die actio iniuriarum vergaan en in die plek daarvan die Kaapse papsak of emmer vol menslike ontlasting oor ons openbare debat gesprinkel word!”

    Mnr. Du Minus, wat soms president Zuma vir Nkandla en sy poligamie kwalik neem, het by die glansgeleentheid met ‘n aansienlike aantal minnaresse en bywywe opgedaag wat een en almal op die betaalstaat van Media24 verkeer. “Die verskil tussen my en Zuma is,” het hy eenmaal met ‘n skewe glimlag beken, “ek trou nie met hulle nie. Die huwelik is ‘n uitgediende instelling.” Met trots het hy bygevoeg: “Ek het ook my kinders Engels grootgemaak, en nie Afrikaans nie, anders as Jacob Zuma wie se kroos steeds Zoeloe praat.”

    Tiekie van den Berg, die aanlynradio-omroeper van Netwerk24, het popelend by die prysuitdeling gesê: “Ek bewonder Conrad Koch vir sy vernuftige gebruik van die c- en die f-woord in Engels. Maar die hoogtepunt vir my was toe hy gesê het dat Steve Hofmeyr ‘n vuilsiekte het. Dis politieke kommentaar uit die boonste rakke wat ons hier by Media24 nog moet bereik. Maar ons probeer hard.”

    Me. Feral Haveapee van die Pity Press-koerant in die Media24-stal het insgelyks in ‘n ontwerperstabberd “kleur” aan die geleentheid verleen. “Ek is so bly dat Missing Jester sy broeklosmaakveldtog as rubriekskrywer in Pity Press kan voortsit. Hoe meer mense hy van vuilsiekte beskuldig, hoe beter vir die demokrasie.”

    Mnr. Adderjan Pasop, die redakteur van ‘n Johannesburgse dagblad het insgelyks ‘n Legends-prys vir sy ondersoekende joernalistiek na nazisme op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit ontvang. Gevra watter duistere regse geheime hy tans ontsyfer, was hy aanvanklik ontwykend. Maar ná enkele dubbelsopies brandewyn en Fanta-lemoen, het hy teenoor Skoppensboer beken: “Man, ons ondersoek nou die Wits-Nazi’s.”

    “Allawêreld!” roep Skoppensboer toe uit. “Ek het net geweet van die Potch-Nazi’s. Is daar nou Wits-Nazi’s ook?”

    “Ja,” seg Adderjan. “Daar wás eens ‘n hele klomp liederlike Nazi’s by Wits wat in die departemente Afrikaans en Latyn saamgetrek was. Dit was voor die Revolusie en voor Romeins-Hollandse reg deur Zimbabwiese common law in ons land vervang is.”

    “Wanneer was dit?” vra Skoppensboer toe.

    “Man, dit was doer in die sewentiger- en tagtigerjare. Van die Nazi-taalkundiges daar het beweer Afrikaans is ‘n Wes-Germaanse taal wat aan Nederlands verwant is en nie ‘n Khoi-San-taal nie. Kan jy glo dat enigeen so ‘n rassistiese teorie kan verkondig? ‘n Mens sidder net by die gedagte!”

    “Ja, ek kan sien dit kan jou tronkstraf besorg as jy nie versigtig is nie. Dis amper so erg soos die K-woord, ek bedoel nou die een wat nie met die toilet te maak het nie… Maar gelukkig is Wits se Afrikaanse departement darem nou afgeskaf, deur die toedoen van ‘n Stalinbos-intellektueel.”

    “Juistement,” beaam Adderjan Pasop, in sy jeans en oopslaanhemp, ietwat ongeskeer. “Dit eindig egter nie daar nie. Daar was ‘n departement van klassieke tale ook by Wits waar Latyn en Grieks gedoseer is, onder andere aan regstudente. Daar was twee verregse Jode in die departement waarvan een ‘n boek ter verdediging van apartheid en blanke regering in Suid-Afrika geskryf het, South Africa after Vorster, en ‘n ander ‘n meer onlangse boek teen rasstellende aksie waarin hy ook na rasverskille in IK verwys…”

    “Maar dis absoluut skokkend!” snak Skoppensboer na sy asem. “Ek hoop hulle het die doodstraf gekry, voor hy nog afgeskaf is.”

    “Ongelukkig lewe albei nog,” sug Adderjan. “Een woon in Londen waar hy as advokaat praktiseer en die ander het hier in Johannesburg afgetree waar hy af en toe vir verregse Amerikaanse webwerwe artikels skryf.”

    “Kan jy nou meer…” merk Skoppensboer op. “Maar Wits het darem seker die departement van klassieke tale afgeskaf, nie waar nie? ‘n Mens kan nie toelaat dat Latynse spreuke ons land en ons regstelsel verder besoedel nie.”

    “O ja,” sê Adderjan. “En dis nie al nie. Ons het Dan Roodt se akademiese rekords nagegaan en uitgevind hy was in albei departemente geregistreer: Afrikaans en klassieke tale. Dit verklaar waarom hy skielik as kampvegter vir Romeins-Hollandse reg ontpop.”

    “Soos Ulpianus gesê het: ‘die voorskrifte van die reg is die volgende: om deugsaam te lewe, ‘n ander nie te benadeel nie en aan iedereen te gee wat hom toekom’,” haal Skoppensboer die lang vergete spreuk aan, gelukkig nie op Latyn nie, anders was hy nou in die tjoekie vir apartheidsontkenning, fascisme of ‘n ander misdryf soos dit deesdae deur Conrad Koch en sy pop “bereg” word.

    Adderjan het hom egter genoegsaam aan dubbel-Richelieus en Fanta vergryp om nie agter te kom dat Skoppensboer self uit bedenklike bronne aanhaal nie. Hy gaan voort: “Dis waarom ons nou by Media24 besluit het om die hele slopemmer oor Dan Roodt, wat as handlanger vir Steve Hofmeyr optree, om te keer. Soos Karen Zoid gesê het, ‘Roodt rym met idioot’. Hy is gevaarlik dom en ons weet almal wat dom is, is regs. Ons behoort hulle almal in konsentrasiekampe te sit of daardie Sowjetstrafkampe waar hulle jou sommer op ‘n hongerdieet laat aanhou werk het tot jy dood neerslaan. Wat was die goed se naam nou weer?”

    “Goelags,” help Skoppensboer hom met dié brokkie inligting. “Dit klink asof Media24 waarlikwaar die Revolusie omhels het. Maar sê my, ek is nuuskierig oor Conrad Koch se contubernium, sy regspan van agt, waaronder twee advokate, asook ses prokureurs en klerke, wat by die Randburgse Landdroshof opgedaag het om ‘n amateur- regsvrywilliger soos Roodt aan te durf?”

    “Wat is ‘n contubernium? Is jy dalk ook ‘n regse, dat jy soveel Latynse terme ken?”

    “O nee!” skerm Skoppensboer. “Ek is net te veel deur apartheidsonderwys beskadig, dink ek. En verder kyk ek maar goeters op Wikipedia op. ‘n Contubernium was ‘n groep van agt Romeinse soldate, wat deur ‘n decanus aangevoer is. Tien sulkes het ‘n centuria opgemaak en agt van hulle weer ‘n kohort (480) en nege kohorte ‘n legioen.”

    “Jy beter pasop, jong, netnou begin ons oor jóú ook skryf. Ons moet die rassiste en die kenners van klassieke tale met wortel en tak uitroei,” sê Adderjan dreigend.

    “Ek sal beslis in my pasoppens bly,” antwoord Skoppensboer deemoedig. “Maar die advokaat van die poppespeler, mnr. Budlender, ek hoor sy pa was ‘n grootkop in NUSAS by Ikeys in die donker dae van apartheid, nie waar nie?”

    “Dis waar ja,” sê Adderjan. “Ons is veral dankbaar teenoor almal wat destyds so hard teen apartheid gestry het, soos mnre Joe Slovo, Ronnie Kasrils, Ruth First, Ahmed Kathrada, Billy Nair, Denis Goldberg, Lionel “Rusty” Bernstein, Bob Hepple, Arthur Goldreich, Harold Wolpe, Jimmy Kantor, Helen Suzman en nog vele ander.”

    “Dis nogal opvallend dat hulle nou nie juis tot die swart meerderheid behoort het nie, nè? Behalwe vir Mandela, wat deur die firma Witkin, Sidelsky en Eidelman as prokureursklerk in diens geneem is, ‘n paar wit base wat hom seker op die regte pad gehou het, met Das Kapital en die Ou Testament en so aan,” meen Skoppensboer.

    “Ja, ek sien wat jy bedoel,” sê Adderjan. “Maar die Bybel sê mos die Jode is die uitverkore volk en wie is ons om daaroor te stry? Die Jode en die Xhosas, want hulle kry mos albei sulke operasietjies op verskillende stadia in hul lewens.”

    “Ai, ai, ai,” sê Skoppensboer. “Ek sal nou maar liewer stilbly, want netnou sê ek iets Freudiaans. Miskien moet ons liewer weer politiek, ek bedoel toilet, praat. Ek sien een van die Rivonia-aangeklaagdes, Arthur Goldreich, het agterna in Israel gaan aftree en is daar oorlede. Wat is Media24 se redaksionele beleid sover dit Israel aanbetref?”

    “Kyk,” sê Adderjan, “uit dankbaarheid teenoor die Joodse gemeenskap wat ons blanke Afrikaners óók van apartheid bevry het en vir ons die toilettokrasie gebring het, sal ons nooit enige kritiek teen Israel uitspreek nie. Ons het die allergrootste agting vir die Israelse boubedryf, onder andere. Weet jy dat hulle die Duitsers oortref het en ‘n veel langer en hoër muur as die Berlynse Muur tussen hulle en die Palestyne gebou het? Die Berlynse Muur was ‘n Mercedes; die Israelse Muur is ‘n Meibach of ‘n Rolls-Royce!”

    Adderjan is nou duidelik begeester en ruk ‘n ietwat verfomfaaide skets uit sy sak en druk dit terstond onder my neus, met die woorde: “Kyk nou daar! Is dit nie ingenieurswerk nie?”

    israelmuur

    Hy sit sy betoog voort, selfs sonder betooghoofde van senior advokaat Steven Budlender: “723 kilometer lank: die volmaakte skeiding tussen twee volkere! Nie net bly die Israeli’s rassuiwer nie, hulle bly ook godsdienssuiwer. Die vroue dra sulke hoofbedekkings en is feministies onderdanig aan hul gades, net soos al ons feminazi’s in Skewe-Beeld elke dag bepleit. Weet jy wat was vir my die mooiste van my besoek aan Jerusalem?”

    “Uhm, nee,” sê Skoppensboer. “Wat?”

    “My besoek aan die Klaagmuur! Dit was vir my pragtig dat die mans en die vroue so apart van mekaar gebid het, elkeen met sy eie stukkie van die Klaagmuur. So anders as ons Afrikaners met ons primitiewe Calvinisme wat saam-saam in die kerk na die dominee sit en luister. Dis dié dat ek vir Piet Kopdoek, George Claassen en al die ander ateïste vrye teuels gee om die God van die Afrikaner sommer ook met die toiletemmer te gooi. Ons is Hom nie waardig nie.”

    “Dis die beste argument vir ateïsme wat ek nog gehoor het,” sê Skoppensboer droogweg. “Nie eens Piet Kopdoek sou so iets kon uitdink nie. Dis… geniaal!”

    “Ja,” sê Adderjan. “Soos André P. Brink gesê het, ons volk verdien nie om voort te bestaan nie. Was dit maar ons wat by Auschwitz omgekom het! Dan was daar nooit apartheid nie! Dan is die wêreld ‘n misdaad teen die mensdom gespaar!”

    Die vermaarde joernalis en wenner van die Legends-prys vir ondersoekende joernalistiek wat so gereeld die nazisme in sy Potchefstroomse uithoeke uitsnuffel, bars eensklaps in trane uit. Eers bêre hy sorgvuldig sy skets van die Israelse muur in een van sy jeans-sakke en haal dan ‘n snesie uit die ander.

    “Ek raak baie onsteld as ek oor apartheid praat,” sê hy verskonend, alvorens hy sy neus snuit. As hy tot bedaring kom, vervolg hy: “Dis waarom ek vir Virginia Keppler aangesê het om daardie ope brief aan Steve Hofmeyr te skryf, dat hy kan besef hoe verskriklik die verlede was. Eintlik het die stryd teen apartheid nog nie opgehou nie. Dit was nie genoeg om die Groepsgebiedewet af te skaf nie. Ons moet ook die groepsgebied in ons koppe afskaf. Solank as wat Steve Hofmeyr Die Stem sing, gaan dit nie gebeur nie. Ons moet weer sáám met die Rivonia-aangeklaagdes hierdie geestelike apartheid beveg totdat daar niks meer daarvan oorbly nie. Die enigste goeie ding wat Paul Kruger gedoen het, was om 40 000 Lithause Jode toe te laat om na die Transvaalse Goudveld te kom. Sodoende het hy darem vir ons leiersmateriaal verseker, want self is ons te ingeteel en primitief om te weet wat vir ons goed is. Lees maar Marlene van Niekerk se roman Triomf waarin die Afrikaner in al sy verstandelik vertraagde bloedskande ontbloot staan. As Stalinbosse intellektueel het sy al genoeg werke van die Frankfurtse Skool van Adorno, Marcuse en Horkheimer ingeadem om die Afrikaner se outoritêre kultuur in al sy agterlikheid te deurgrond.”

    “Ek sien,” sê Skoppensboer. “En soos die skrywers van The Bell Curve aangetoon het, beskik die Asjkenazi-Jode oor ‘n hoër gemiddelde IK as die gewone blanke of Triomf-bewoner, nie waar nie?”

    “Presies,” sê Adderjan. “Dit strek mnr. FW de Klerk tot eer dat hy voor ‘n hoër wese soos mnr. Joe Slovo, gebore Yossel Mashel Slovo in Lithaue, gebuig het. Maar ons by Media24 het die lig gesien. Nie net buig ons voor ons meerderes nie, maar ons buig veral voor Conrad Koch se pop!”

    “Dieselfde pop wat Dan Roodt vandeesweek onteer het deur hom aan te raak?” por Skoppensboer hom aan.

    “Ja,” antwoord Adderjan, met sy oë wat van begeestering glinster. “Hoe durf hy, wat onrein is, daardie Heilige Simbool aanraak? Hoe durf hy?”

    “Kom ons drink op die toekoms sonder Steve Hofmeyr,” sê Skoppensboer en lig sy glasie wyn wat uit ‘n Kaapse bottel met ‘n Engelse etiket kom. “L’chaim**.”

    “L’chaim,” beaam Adderjan en teug aan sy soveelste Richelieu-en-fanta.

    * So genoem vanweë die afwesigheid van enige humor – Skoppensboer.

    ** “Aan die lewe” in Hebreeus as enige leser nie daarvan bewus is nie – Skoppensboer. Sien ook onderstaande videogreep uit die klassieke film met John Wayne en Kirk Douglas, Cast A Giant Shadow.


  • Koch deur toilet-aktiviste vereer

    Conrad Koch sê hy is skaam om ‘n toilet-prys in ontvangs te neem.

    Die lasteraarbuikspreker wat ‘n bruin pop as voorwendsel gebruik, is gisteraand in Johannesburg met ’n spesiale prys vir sy stryd teen wit Afrikaners deur die Ahmed Kathrada-stigting vereer.

    Zaakirah Vadi, woordvoerder van die stigting, het gesê Kathrada het self die sertifikaat van waardering aan Koch en Chester oorhandig.

    Die stigting het gesuggereer dat die prys toegeken is aan Koch vanweë sy onlangse standpunt teen wit Afrikaners soos Steve Hofmeyr wat swartes aan tuislande  in ‘n twiet herinner het, terwyl Lesotho en Swaziland op die kaart van Suid-Afrika as onafhanklike lande pryk.

    ​Volgens Koch is dit ’n groot eer dat die toekenning kom van Kathrada, ’n struggle-veteraan wat 26 jaar in die tronk was, maar hy skaam hom nogtans vir die prys.

    “Dit laat my ook ’n bietjie ongemaklik voel. Ek het net geraas gemaak. Daar is soveel waardige mense en organisasies, soos Zackie Achmat en die Koalisie vir Maatskaplike Geregtigheid in Kaapstad, wat wil verseker dat niemand puttoilette hoef te gebruik nie,” het hy aan Media24 gesê.

    Hy meen dit is toilet-aktiviste en -organisasies wat die meeste bydra tot die verandering van rasse-ongeregtigheid in die land.

    Koch het gesê hy wou nie Kathrada en die stigting beledig deur die prys van die hand te wys nie.

    Adj.pres. Cyril Ramaphosa was een van die sprekers by die glansgeleentheid by die Sci-Bono Discovery-sentrum in Newtown, Johannesburg.

  • Revolusie van die sedes: Steve, ek en die walgpop

    Gister se sirkus by die Randburgse Landdroshof het vir my een ding bevestig: Suid-Afrika het ‘n algehele laagtepunt bereik wat norme van openbare debat en selfs die howe betref. Net soos by die Malema-haatspraakverhoor in 2010 het ek met verbasing geluister hoe die advokaat vir die verweerder ‘n argument daarvoor uitmaak dat daar geen beperking bestaan op wat Chester Missing alias Conrad Koch van Steve Hofmeyr mag sê nie of die skade wat hy hom finansieel en beroepsgewys mag berokken nie.

    roodt_fbfotoDie stuk wetgewing waaroor dit gegaan het, Wet 17 van 2011 wat teistering verbied, is gewoon geïgnoreer terwyl advokaat Steven Budlender verklarings van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oor apartheid in 1989 voorgelees het. (Terloops is Budlender die seun van die bekende advokaat Geoff Budlender wat in die sewentigerjare ‘n leier van die Engelse studente-organisasie NUSAS op die kampus van die UK was.)

    Steve Hofmeyr het ook oor die afgelope paar uur verklaar dat dit nou “oop seisoen” is wat openbare uitlatinge in Suid-Afrika betref. Voortaan is ons almal gewikkel in ‘n semantiese oorlog in “‘n wêreld sonder grense”, om nou ‘n Afrikaanse boektitel uit die tagtigerjare aan te haal.

    Soos ons ook met die Renate Barnard-geval gesien het, weet ek nie meer of ons veel geregtigheid van die howe kan verwag nie. As jy wit, Afrikaans of behoudend is – een van die drie is al genoeg – kan jy aanvaar dat die dobbelsteen teen jou gelaai is.

    Sowel Steve Hofmeyr as PRAAG word geteiken. Waarom? wonder ‘n mens. Ek en Steve kom al ‘n lang pad saam, sedert ons in 2003 of daar rond saam teen die beoogde Pretoriase naamsverandering betoog het. Een van ons grondtekste is Pascal Bruckner se boek Die tirannie van (wit)skuld. Ons glo eenvoudig nie aan witskuld nie en wil gelyk met elke ander inwoner van die land behandel word.

    Ons word geteiken omdat ons die afgelope paar jaar doeltreffend begin het om witskuld en van die meer groteske leuens oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis af te takel. Sowel Koch as sy advokaat argumenteer dat vorige Afrikanerregerings in ons land met dié van die Nazi’s gelykgestel moet word en dat dit, soos in Duitsland, voortaan onwettig behoort te wees om hoegenaamd iets oor apartheid te sê behalwe om dit verdoem weens die “ontelbare” (of miljoene) mense wat doelbewus vóór 1994 vermoor is! Om so iets te bevraagteken, word “apartheidsontkenning” genoem, wat kwansuis ewe aanstootlik as “holocaust-ontkenning” is.

    Ander “apartheidsontkenners” waaraan ek onmiddellik kan dink, is prof. Hermann Giliomee en Ilana Mercer wat albei aspekte van apartheid gerelativeer of vergoeilik het.

    Die ironie is dat diegene van ons wat weier om die mite of fiksie van Afrikaner-nazisme (met ses miljoen vermoorde swartes?) te aanvaar, geensins die vorige Nasionale Party ondersteun het nie. Mnre. FW de Klerk, Pik Botha en al die ander afgetrede ministers sê nie boe of ba nie, terwyl ons wat destyds in botsing met die regerende Afrikanerkliek was, nou die kastaiings uit die vuur moet krap!

    Wat nou aan die gang is, is geen wit-swartstryd nie. Die meeste swartes in ons land kan geen flenter omgee oor wat daar van apartheid of “rassisme” gesê word nie. ‘n Klein groepie (blanke) kulturele Marxiste in Johannesburg en Kaapstad is egter daarop uit om Afrikaners en selfs Afrikaanse konserte aan te val omdat hulle nie tevrede is om die land se bates te stroop soos wat tans gebeur nie, maar enige gevaar van verandering op die horison wil neutraliseer.

    Die linkse, Marxistiese kliek wat die werklike mag agter die troon van die ANC is, het die land met naakte propaganda, verguising, laster, beledigings en uitskeltegnieke in die tagtigerjare verower. In die vroeë negentigerjare het FW de Klerk en die res van die NP eerloos voor hierdie aanslag gekapituleer en vandag pluk ons die vrugte van hul oorgawe. Nou die dag sê ‘n Engelse dame vir my hier in Johannesburg: “Yes, the Nats sold us out. And we had voted for them for years.”

    Ons land is met leuens, halwe waarhede, intense laster en verguising verower. Maar belangrik: dit word steeds op dié manier beheer! Die enigste verskil is dat dit nou veel erger as in die verlede is. Benewens dat jy iemand vir ‘n “Nazi”, “fascis” en  “rassis” kan uitskel, kan jy nou sommer toevoeg dat hy ‘n “moroon” en “idioot” is wat aan ‘n geslagsiekte ly. Jy kan ook ‘n volskaalse heksejag teen iemand voer, hom finansieel of ekonomies probeer benadeel, hom by sy werkgewer gaan verkla of sy Facebook- of Twitter-rekening deur middel van vals klagtes gesluit probeer kry.

    Wat is die uiteindelike doelwit van dié semantiese oorlog? Maak geen fout nie: Die ekonomiese marxisme wat in Rusland tot die dood van tienmiljoene mense gelei het, het nou oorgeslaan in kulturele marxisme wat grootliks van die VSA afkomstig is. Wesentlik is die twee egter dieselfde. Een van die mees beroemde kulturele marxiste, Susan Sontag, het haarself só uitgedruk:

    The white race is the cancer of human history; it is the white race and it alone—its ideologies and inventions—which eradicates autonomous civilizations wherever it spreads, which has upset the ecological balance of the planet, which now threatens the very existence of life itself.

    Blankes moet die skuld dra vir alles wat in ons land en in die wêreld verkeerd loop. Hierdie groteske leuen verseker nie net die mag van ‘n klein linkse kliek – die nomenklatoera – nie, maar gee hulle ook geredelik toegang tot die staat met al sy hulpbronne. Die staat is die grootste maatskappy van almal en deur tenders, korrupsie en doodgewone diefstal en plundery word die linkse kliek met hul “humanitêre” beginsels al hoe ryker.

    Hierdie toestand herinner my baie aan die 1920’s in Duitsland tydens die sogenaamde Weimarrepubliek toe wanorde en ‘n sedelike revolusie die hele land in ‘n krisis gedompel het.

    Indien ons toelaat dat ons deur propaganda, asook ‘n gevloek en geskel, geheel en al oorheers en gemarginaliseer word, is daar net een voorland vir ons: ‘n Zimbabwe. Alles wat ons besit, sal op ‘n dag van ons afgeneem word: elke plaas, elke huis, elke voertuig, alles wat ons het. Soos iemand vandag op Facebook opmerk: ons is nou terug tot voor die Groot Trek.

    Agter al die grappe, beledigings en “satire” wat met groot mediafanfare uitgesaai word, lek die kulturele marxiste hul lippe af vir die dag wanneer ‘n volk se hele erfenis soos ‘n ryk appel in hul skoot gaan val…

    Verstaan ons mense dit? Marxisme het baie groter lande as Suid-Afrika op hul knieë gedwing en hele volksmoorde is in die naam daarvan gepleeg; vra maar enigeen in Oos-Europa. Die kulturele tipe is nie minder skadelik as die ekonomiese tipe nie. Inteendeel.

    Die stryd is fel. Ons gaan nog baie houe vat. Daarom is ons meer as ooit van u steun afhanklik.

     

     

  • Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof

    Die teisteringsaak wat dr. Dan Roodt as belanghebbende namens Steve Hofmeyr behartig, begin môre (Donderdag 27 November) om 9:00 in hof 21 by die Randburgse Landdroshof.

    Teenoor hom is die buikspreker Conrad Koch wat op Twitter as die pop Chester Missing allerlei beledigings teenoor Hofmeyr kwytgeraak het en ook ‘n veldtog teen die borge van die Afrikaans is Groot-konsertreeks gevoer het. Na raming het Hofmeyr en Afrikaans is Groot reeds R10m se skade gely. Onder andere het twee groot borge, Pick n Pay en Land Rover hulle aan die konsertreeks onttrek, wat ‘n finansiële verlies van R5 miljoen verteenwoordig. Daarbenewens beloop naamskending en die onttrekking van ander borge, asook kansellasies van Steve Hofmeyr se vertonings ‘n verdere R5 miljoen.

    Conrad Koch voer aan dat dit sy “grondwetlike plig is om Steve Hofmeyr se rassisme en apartheidskontkenning aan die kaak te stel”. In die hofstukke beweer Koch verder dat Hofmeyr en Roodt ‘n “marginale groepie van 1% Afrikaners verteenwoordig” en dat ‘n hoofstroomorganisasie soos Afriforum hom van sowel Hofmeyr as Roodt se uitsprake gedistansieer het.

    Steve Hofmeyr het vanmiddag na Kaapstad vertrek vir drie vertonings van Afrikaans is Groot en sal dus nie self die verrigtinge kan bywoon nie. Nietemin word ‘n groot aantal joernaliste by die hof verwag en sal deur die dag op Twitter daaroor verslag doen.

    Koch word verteenwoordig deur een van Suid-Afrika se grootste regsfirmas, Webber Wentzel. Ook Ferial Haffajee, die redaktrise van die koerant City Press, wat aan die Naspers/Media24-groep behoort, het ‘n verklaring by die hof ingedien waarin sy Koch se reg op spraakvryheid en om Hofmeyr te beledig, onderskraag.

  • Nog ‘n vuilbekvloeker skryf in Beeld terwyl sirkulasie daal

    Ná Conrad Koch alias Chester Missing vir Steve Hofmeyr liederlik op Twitter uitgevloek het – so erg dat Hofmeyr ‘n byna onaanvegbare lastereis teen hom kan instel – skryf ene Chris McEvoy deesdae in Beeld en op Netwerk24. McEvoy het hom insgelyks op Twitter onderskei as iemand wat vrylik ander gebruikers in die mees onkiese taal denkbaar vloek.

    Die omstrede McEvoy kan as ‘n Boerehater beskryf word, want hy is baie anti-Afrikaans. Waarskynlik word sy bydraes tot Beeld uit Engels vertaal.

    Ook dr. Piet Croucamp, een van Beeld se gereelde rubriekskrywers, is ‘n egte Boerehater wat in gekruide taal, nie net teen Afrikaners nie, maar ook teen Christene uitvaar, soos praag al voorheen berig het.

    As jy pro-Engels, anti-Afrikaans en ‘n groot vloeker is, is dit blykbaar deesdae aanbevelings om in Beeld, die grootste Afrikaanse dagblad, te skryf.

    In sy mees onlangse rubriek in Beeld vaar Chris McEvoy – wat anders? – teen Steve Hofmeyr uit weens sy “rassisme”, maar grawe veral in die sanger se private lewe rond ten einde hom beter te kan afkraak.

    McEvoy noem onder andere vir Steve Hofmeyr ‘n “woedende, ras-uittartende vreesstoker” en verwys na joernaliste wat in 2008 “oorspoel is deur ’n tsoenami van smet” rondom die sanger se private lewe.

    Chris McEvoy
    Chris McEvoy

    Intussen verkeer Beeld in vryval wat sy sirkulasie betref. Die koerant, wat eens ‘n sirkulasie van meer as 100 000 gehad het, staan nou op 59 282. Die jongste ABC-syfers toon dat veral Saterdag-Beeld se verspreiding oor die afgelope jaar met byna 17% gedaal het, vanaf 59 690 tot 49 234. Dit is veral in die Saterdag-Beeld waarin swaar polities korrekte inhoud en kommentaar geplaas word, soortgelyk aan die ontslape Insig-tydskrif wat insgelyks deur Afrikanerlesers verwerp is.

    Ook ander Nasperspublikasies soos Rapport plaas toenemend vertaalde artikels deur Engelssprekendes en swartes, omdat die poel van polities korrektes in Afrikaans kennelik nie groot genoeg is nie. Vir die eerste keer in meer as 100 jaar van Afrikaanse perswese mag Afrikaners nie meer in Afrikaanse koerante skryf nie.

    Op ‘n Twitter-navraag deur Dr. Dan Roodt, het McEvoy soos volg geantwoord:

    Enkele minute later het McEvoy egter op Twitter begin vloek:

  • Afriforum kies kant vir Daily Show en Daily Maverick teen Dan Roodt

    PRAAG het met uiterste verbasing gereageer op ‘n verklaring deur Kallie Kriel namens Afriforum.

    Kriel het ‘n leunagtige en kwaadwillige redigering van ‘n Amerikaanse TV-program Daily Show, oor sogenaamde “wit rassiste” gebruik om PRAAG en dr Roodt by te kom en insgelyks vir “rassisme” te veroordeel.

    Tans word die Amerikaanse opname waarna Kriel verwys, oral op die internet versprei deur ondersteuners van die buikspreker Conrad Koch en sy pop Chester Missing.

    PRAAG het Koch verlede week gedwing, mbv ‘n suksesvolle tussentydse teisteringsbevel, om ‘n kwaadwillige veldtog teen Steve Hofmeyr te staak.

    Intussen het organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsert bevestig dat die geleentheid wat Koch en sy ondersteuners wou sink, voortgaan.

    Hier volg die verklaring van Afriforum:

    AfriForum het Dan Roodt van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) skerp gekritiseer oor die rassistiese uitsprake oor swartmense wat hy gemaak het in ʼn satiriese insetsel wat uitgesaai is in die Amerikaanse TV-program “The Daily Show with Jon Steward”. Die insetsel wat in 2010 vervaardig is, is nou weer in die nuus nadat Roodt pas aangedui het dat hy die TV-program se vervaardigers wil dagvaar. Die insetsel kan gesien word by http://vimeo.com/28532814

    Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit jammer dat ʼn klein groepie randfigure se optrede telkens misbruik kan word om Afrikaners in ʼn slegte lig te probeer stel.

    “AfriForum kan nie stilsit en toekyk hoe Afrikaners se billike aansprake, bespotlik gemaak word weens die rassistiese uitsprake van randfigure soos Roodt nie,” het Kriel gesê.

    Kriel het daarop gewys dat AfriForum glo in die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen Suid-Afrika se onderskeie gemeenskappe.

    “Net soos wat AfriForum nie huiwer om standpunt in te neem teen die rassisme wat swartmense soos Julius Malema teenoor wittes uiter nie, spreek AfriForum hom ook sterk uit teen wit randfigure se rassisme,” het Kriel bygevoeg.

    Volgens Kriel is dit belangrik dat die wêreld weet dat die oorgrote meerderheid Afrikaners nie rassistiese bullebakke is nie, maar ʼn groep met billike aansprake vir ʼn beter toekoms, gegrond op internasionaal erkende regte. Die feit dat Roodt ʼn randfiguur is, word volgens Kriel bevestig deur die feit dat Roodt se politieke party, Front Nasionaal, skaars meer as 5 000 stemme ontvang het tydens vanjaar se algemene verkiesing in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum deel is, verteenwoordig daarenteen tans gesamentlik meer as 250 000 huisgesinne.

    “Die feit dat Dan Roodt se uitsprake met soveel effektiwiteit die slegste moontlike stereotipe van Afrikaners probeer bevestig, laat ʼn mens amper wonder of Roodt doelbewus daarop uit is om Afrikaners in ʼn slegte lig te stel,” het Kriel gesê.

  • Conrad Koch se vloekende swart pop simbolies van dié bestel

    Deesdae verlang ek erg terug na PW Botha, want in sy tyd was daar baie meer demokrasie en spraakvryheid as in die huidige bestel wat bloot self-satiries na hom as ‘n “republiek” verwys.

    Almal wat destyds oor sensuur gekla het, onthou nou met nostalgie dat as jou boek of geskrif verbied is, kon jy daarteen appelleer. Verstommend! Destyds was sensuur gegrond op die inhoud van wat jy sê. Tans werk dit anders. Benewens die byna universele self-sensuur en taboe-onderwerpe waaroor jy glad nie in die openbaar mag praat nie, raak jy Sowjetagtig “in onguns” as jy met die verkeerde mense assosieer.

    Vandaar dus Beeld se onlangse hoofartikel wat Steve Hofmeyr daarteen waarsku dat hy nie met my moet assosieer nie. Blykbaar verkeer ek in onguns, omdat ek:

    1. die demokrasie ernstig opgeneem het – terwyl ek soos almal behoort te besef dat dit eintlik net ‘n klug is; en
    2. dat ek die stigter van ‘n “regse” organisasie (PRAAG) is.

    Enige verknogtheid aan Afrikaans, taalregte of kulturele selfbeskikking is seker vanuit Beeld se linkse (ekstreem-linkse?) gesigspunt per definisie “regs”. Laat almal in aanbidding voor proletariese internasionalisme neerbuig!

     

    winnie-mandela-slovo_flag

    Waar laat dit ons? Daar is iets simbolies aan die heer Conrad Koch se lasterlike, vloekende swart pop Chester Missing. Enigeen wat nie deur ‘n buikspreker beheer word nie, sal voortaan onder verdenking verkeer en deur staatsagente en fanatiese joernaliste wat met “ons nuwe toekoms” begeester is, geteister word.

    Miskien sou Marx en Lenin die Suid-Afrikaanse dialektiek verstaan: teenoor die tenderpreneur wat rojaal vir sy lojaliteit beloon word, staan die dissidente kunstenaar of denker wat met sy alterniewe sienings van die geskiedenis verketter en gestraf word. Slegs wanneer eenvormige denke finaal deur almal binne ‘n sorgvrye eenpartystaat omhels word, sal daar vryheid wees.

    “Spraakvryheid” behels die steniging van afwykendes op die markplein in ‘n blye bevestiging van groepsdenke.

    Aldus die swetsende sjimpansee van plastiek, oftewel: die orakel van demokrasie.

  • ‘Apartheid-twiet’: Wat wou Steve Hofmeyr eintlik sê?

    Die stryd wat tans rondom die sanger Steve Hofmeyr woed, het breë gevolge vir die voortbestaan van Afrikaners en die Suid-Afrikaanse politiek in die algemeen. By tye in die verlede het Afrikaanse sangers en kunstenaars ‘n veel belangriker rol as politici gespeel om die geskiedenis ‘n nuwe rigting te laat inslaan en vandag is dit ook nie anders nie.

    roodt_fbfotoDink maar aan Afrikaans self, wat deur C. E. Boniface, Jan Lion Cachet, S.J. du Toit en die Genootskap van Regte Afrikaners vanuit die niet met hekelskrifte en gedigte geloods is en in die twintigste eeu tot Suid-Afrika se belangrikste kultuurtaal sou ontwikkel. Die digter Eitemal het met sy verbranding van ‘n Britse vlag op die Tukkiekampus in die dertigerjare ‘n finale breuk tussen Boer en Brit veroorsaak en sodoende die destydse Afrikanernasionalisme ‘n hupstoot gegee.

    Hofmeyr het met sy Engelse twiet oor swartmense wat die ware argitekte van apartheid sou wees („Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure“) byna onmiddellik histerie in die geledere van linkse Engelse meningsvormers veroorsaak. Dit is as heiligskennis beskou. Maar sulke uitsprake wat téén die konsensusmening indruis, skep dikwels vernuwing in ons denke. Toe George Orwell en Arthur Koestler vir die eerste keer kritiek op die kommunisme in die veertigerjare gelewer het, het ‘n groot deel van die Europese intelligentsia dit as heiligskennis beskou en is hulle daarvoor verwerp. Ook Albert Camus se spottende verwysing na die Kommunistiese Party as ‘n „Rooi Kerk“ het ‘n breuk tussen hom en Jean-Paul Sartre veroorsaak en het tot hewige rusies gelei.

    Dat ‘n kritiese uitspraak oor ons verlede op sigself as „rassisme“ uitgekryt word, toon in watter mate Suid-Afrika in die greep van ‘n ongesonde fanatisme en gebrek aan demokratiese verdraagsaamheid verkeer. Aangesien die huidige stelsel op soveel gebiede reeds krake vertoon, bestaan daar sekerlik die vrees dat dit sal moet verander, waardeur vele mense – nie net ANC-kaders nie – hul huidige magsposisies sou moes prysgee. Vandaar dus die heftigheid en buitenissige woede waarmee meer indringende kritiek op ons heersende ideologie begroet word.

    Die buikspreker Conrad Koch verteenwoordig ‘n lid van die Engelse akademiese en media-elite wat sedert 1994 ons sienings van die geskiedenis en onsself bepaal. Koch self spog voortdurend met sy Meestersgraad in die antropologie wat van hom ‘n verhewe maatskaplike kommentator sou maak. Agter Koch staan ‘n hele falanks Engelse joernaliste en akademici wat deur hul afkeer van Steve Hofmeyr en Afrikaners in die algemeen verenig word.

    Steve Hofmeyr is ‘n sanger en kunstenaar wat voortdurend met gewone mense in aanraking is. Op ‘n intuïtiewe manier sien hy die oplossing vir ons dilemma raak en hoe om die politieke skaakmat wat ons bereik het, te omseil. Wat as nie net Afrikaners en blankes nie, maar ook swartmense, aan apartheid aandadig was? „Gedeelde aandadigheid“, noem Hofmeyr met sy gebruiklike opgewektheid dit op Twitter.

    Dis ‘n radikale idee, maar nie so vergesog nie.

    Dat die vorige politieke stelsel oor baie dekades en selfs eeue heen in ons land óók deur swartmense ondersteun en onderhou is, kan sekerlik nie in twyfel getrek word nie. Vandag sit Buthelezi en Holomisa, wat voorheen tuislandleiers was, saam met die ANC in die parlement. Almal vind dit normaal. Anders as na Hofmeyr, slinger niemand doodsdreigemente na hulle toe nie. Frederik van Zyl Slabbert het iewers gesê dat tot sestig persent van die Suid-Afrikaanse bevolking op ‘n stadium by die apartheidstelsel betrokke was, dus is ons almal ewe „skuldig“.

    Die casinomagnaat, Sol Kerzner, het danksy apartheid skatryk geword. Dalk moet ons hom „die apartheidsmiljardêr“ noem. Vandag behoort een van die mees luukse hotelle in Kaapstad steeds aan hom. Sien ons dat die skuim-om-die-mond-linkses en -liberale voor sy hotel betoog of hom op Twitter verguis en belaster? Nee, kennelik nie.

    Daar mag ‘n donker kant wees aan Steve Hofmeyr se stelling oor swartmense wat die argitekte van apartheid was. Tot dusver het hy self nie veel daaroor uitgebrei nie, maar miskien hoef hy ook nie. Die meeste van sy ondersteuners verstaan dit instinktief. Dit het te make met iets soos „self-segregrasie“, ‘n term wat insgelyks deur die Joods-Suid-Afrikaanse skryfster, Ilana Mercer, gebruik word. Mercer is ‘n „klassiek-liberale libertariër“ wat tans iewers in Washingtonstaat, daar waar Boeing en Microsoft gesetel is, woon.

    Vele swartmense, om van lede van bepaalde stamme nie te praat nie, verkies om apart van ander te woon. Onlangs het van die links-liberale meningsvormers juis gal gebraak oor „die terugkeer van apartheid“ vir bykans 20 miljoen plattelandse swartmense in ons land wat hulle in sogenaamde „tradisionele gebiede“ bevind en steeds aan inheemse reg en die gesag van stamkapteins onderworpe is. Hul eeue oue gebruike, regstelsel en kultuur, het bestaan lank voor die Stellenbosse sosioloog, dr. Hendrik Verwoerd, van apartheid gepraat het en het hom oorleef! Die kaart van tradisionele gebiede in ons land stem presies ooreen met dié van die ou TBVC-state, tesame met die nie-onafhanklike maar selfregerende tuislande.

    ‘n Ander aspek van die debat wat Hofmeyr aangeroer het, maar wat vele mense verseg om, hetsy weens domheid, hetsy weens vooroordeel, raak te sien, is dié rondom die ontwikkelingsagterstand van Afrika wat noodwendig op ‘n stelsel van blanke of Europese oorheersing moes uitloop. Die liberale Amerikaanse akademikus, Jared Diamond, het ‘n hele boek daaroor geskryf met die titel, Guns, germs and steel, wat elke Suid-Afrikaner behoort te lees. Daar is ook ‘n aanlynvideo beskikbaar waarin Diamond oor sy idees uitbrei, wat ewe interessant is.

    Steve Hofmeyr word van „rassisme“ beskuldig, terwyl hy bloot ‘n soort revisionistiese „nouvelle histoire“ bedryf. Die mense wat hom vir „rassisme“ verkwalik, herinner my aan die „groot wit marxiste“, ‘n term wat in my universiteitsdae gewild was; dit is linkses, veral natuurlik marxiste, wat ‘n taamlik minagtende siening van swartmense se politieke en intellektuele vermoëns koester en self beter weet wat vir hulle goed is. Daarom sien die groot wit marxis die swartman as ‘n soort kinderlike slagoffer van die geskiedenis en apartheid sonder dat hy self daaraan deelgeneem het. Sulke mense het natuurlik nog nooit verder as Rousseau se agtiende-eeuse stereotipe van die „edele barbaar“ gekom nie.

    Wie is nou eintlik die rassis, Hofmeyr of die groot wit marxis wat slegs die „kind van Afrika“ soos in Ingrid Jonker se gedig raaksien, maar nie die volwasse Afrikamens wat op gelyke voet aan die geskiedenis deelneem nie?


  • Steve kan stilgemaak word, die waarheid egter nié

    As daar een ding is wat ‘n libgestremde kenmerk, is dit vrees. Vrees vir sogenaamde rassisme. Vrees vir die denkbeeldige regse gevaar. Vrees vir uitlatings deur sangers op sosiale netwerke. Daardie vrees neem tans die vorm aan van ‘n histeriese reaksie op Steve Hofmeyr se twiet oor apartheid. Van die heel bangstes bevind hulself in Auckland Park en Melville, Johannesburg, onder andere die liggewig-redakteur van Beeld, Adriaan Basson, asook die akademikus, Pirate Piet Broucamp.

    delport_manfred_600Pirate Piet meen byvoorbeeld anderdag op Radio Sonder Mense te vertel hoe blankes bly moet wees dat ons ‘n Nüremberg-verhoor vrygespring het ná 1994. Kennelik ly Pirate Piet aan ‘n skuldige gewete, en het hy of sy voorouers hetsy swartes se grond gesteel, hetsy swartes aangerand of vermoor vóór 1994, maar ek deel gelukkig nie Pirate Piet se vrees nie. Ek het in my lewe nog nooit ‘n swarte benadeel of sy grond gesteel nie, en ek bekommer my dus hoegenaamd glad nie oor sulke aanklagte teen my nie. Sover my kennis strek, deel Steve Hofmeyr ook nie Pirate Piet se vrees en bewing vir die swart gevaar nie.

    Nietemin is die aard van Pirate Piet se vrees baie interessant. Alhoewel hy hard poets aan sy beeld as ‘n ekstreemlinkse regime-naprater, koester hy duidelik ‘n intense vrees vir swartmense. Hy lê snags met ‘n bewende onderlippie en wonder of daardie einste swartes, voor wie hy so graag hande-viervoet kruip, hom ook met pangas gaan kom aantree soos die Mau-Mau met die Britse setlaars in Kenia gemaak het, sou ‘n Afrikaanse sanger aanstoot gee op Facebook of Twitter. Niks maak hom so vinnig beheer verloor oor sy blaas se sluitspier as wanneer iemand soos Steve Hofmeyr ‘n opmerking maak wat volgens Pirate Piet die swartes, vir wie hy so doodbang is, kan antagoniseer nie.

    Wie is terloops die grootste rassis: Iemand wie se mislike bestaan gekenmerk word deur ‘n intense vrees vir swartmense, Pirate Piet, of Steve, wat swartes nie vrees nie en die moed van sy oortuiging gehad het om oop kaarte oor sy mening oor apartheid te speel? Is die definisie van rassisme nie om ‘n sekere eienskap (wreedheid en barbaarsheid in Pirate Piet se geval) aan ‘n sekere ras toe te dig, en hulle gevolglik te vrees nie?

    Mens vind nog ‘n ander tipe vrees op die blaaie van Naspers se publikasies. Daardie vrees is een vir die feite en die waarheid. Niks veroorsaak so maklik bruin merke in ‘n Naspershoernalis se onderklere as iemand wat die moed het om die politiek inkorrekte waarheid in die openbaar kwyt te raak nie. Nou kyk, mens moet maar die histeriese berigte en meningstukke met ‘n groot sak sout opneem, want selfs nie eens ‘n Naspershoernalis is heeltemal so dom om nie te besef dat Steve Hofmeyr doodreg was oor apartheid nie.

    Daar in Naspers se kantore sien hulle ook, nes die res van ons, hoe die poskantoor, nes talle ander instansies sedert 1994, wanfunksioneel geraak het. In 1906 is die Cullinandiamant per gewone slakkepos na Engeland verskeep, en het dit veilig daar uitgekom. Meer as ‘n honderd jaar later, in ‘n tydperk van rekenaars en binnebrandenjins, kan die getransformeerde poskantoor egter nie eens briewe tussen Aucklandpark en Melville aflewer nie. ‘n Posstuk wat ‘n diamant bevat het, sou nie eens die agterkamer van die poskantoor waar dit versend is, gehaal het, voor dit gesteel sou wees nie. Daardie Naspershoernaliste weet ook baie, baie goed hóékom die poskantoor nie meer sy mandaat kan uitvoer nie – dit is getransformeer terug na die steentydperk, en staan onder swart beheer. Binne slegs 20 jaar is ‘n funksionerende organisasie vernietig deur swart wanbestuur en militante swart werkers.

    Laat ek dit dus in eenvoudige terme stel: Apartheid was nie opsioneel nie. Apartheid, asook die wette wat deur die Britte ingestel is, is ingestel om te verhoed dat presies wat in 2014 aan’t gebeur is – endemiese korrupsie, verval, wanbestuur, moorde, verkragtings, kragonderbrekings, berge onafgelewerde pos – nie reeds in 1914 gebeur het nie. Dit was nie blankes se skuld dat swartes on-ontwikkeld was in 1652 of selfs in 1852 nie. Ons voorouers het bloot geen ander keuse gehad nie.

    Die gemiddelde Naspershoernalis wéét al die bostaande, maar nietemin vind hy, asook Joodse ploerte wat nog met poppe speel, dit nodig om Steve te probeer demoniseer. Dus vind ons histeriese, tranerige uitbarstings wat Steve veroordeel en probeer afmaak as ‘n randeier wat nie namens Afrikaners praat nie. Het Steve al ooit beweer hy praat namens Afrikaners, wonder ek terloops? Tog is die kans helaas goed dat die kabaal van Joodse seuntjies wat nog popspeel, Naspershoernaliste en ekstreemlinkse akademici, Steve se lewe nog vir hom onhoudbaar gaan maak. Miskien is sy sangloopbaan verby, en moontlik gaan hy sukkel om ooit weer by ‘n fees op te tree. Dit is eintlik verstommend, nè? Durf en praat die waarheid, en die linkses, mal van hul kranksinnige vrees vir die waarheid, sal op jou toesak soos ‘n swerm brommers, en jou probeer vernietig.

    clip_image001[2]Ek het egter nuus vir Naspers en agterlike Joodse ou mannetjies wat nog met poppe speel: Nie net Steve nie, maar minstens driekwart van Netwerk24 se eie lesers, volgens ‘n peiling op hulle eie blad, stem saam met die feite oor apartheid. Ek plak die uitslag van Naspers se eie peiling hier onder. Ja, julle kan weliswaar vir Steve doodskree en sy sangloopbaan is bes moontlik verby agv julle kwaadwillige optrede. Minstens driekwart van die gewone blankes op straat ken egter die waarheid, daardie einste waarheid waarvoor julle so ‘n intense vrees koester. Nee, dis nie rassisme, julle ou towerwoordjie nie. Dit wat julle rassisme noem, is bloot gesonde oordeel, gegrond op eenvoudige waarnemings.

    Wees dus gerus bang, maar ook julle weet dat Steve reg is.


    L.W. Die menings van ons rubriekskrywers is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie.

  • Buikspreker gaan voort met veldtog teen Steve

    Conrad Koch en sy pop Chester Missing het Donderdag voortgegaan om twiets te stuur oor Steve Hofmeyr ten spyte van ‘n tussentydse beskermingsbevel teen hom.

    Koch het Hofmeyr in sy jongste twiet gedreig en gesê hy gaan hom “brand”.

    Beeld het Donderdag berig dat Koch bevestig het dat hy ‘n telefoonoproep gekry het rakende die hofbevel, dus moet Koch bewus wees daarvan dat hy in die tronk kan eindig as hy nie met sy veldtog ophou nie.

    Koch het gesê dit is “fundamenteel” verkeerd om regsoptrede teen ʼn satirikus te neem. Hy het nie kommentaar gelewer oor die uitgebreide, kwetsende veldtog wat hy teen Hofmeyr voer nie.

    “Dit is absoluut mal. Steve spoeg rassistiese gal. As hy uitgedaag word, tree hy verwaand op,” het Koch aan die koerant gesê. “Al wat ek gedoen het, was om te twiet. Die prys van sy rassisme kom nou terug na hom toe.”

    Volgens Beeld het Koch gesê sy twiets oor Hofmeyr is nie haatspraak nie, aangesien hy nooit iets haatdraends gesê het oor die sanger of vir mense gesê het om sy borge of die fees [Afrikaans is Groot] te boikot nie.

    Intussen het RSG se Spektrum-nuusprogram drie agtereenvolgende onderhoude Donderdag uitgesaai waarin Hofmeyr se beweerde “rassisme” in mindere of meerdere mate veroordeel is.

    Ene dr Llewellyn Curlewis, van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsie, het homself geredelik weerspreek deur te sê Hofmeyr moes nie die landdroshof genader het nie en daarna beweer dat die hooggeregshof slegs genader kan word indien alle remedies uitgeput is. Hy het ook “gewonder” of Roodt en Hofmeyr se verklarings in beëdigde vorm ingedien is, sonder om daaraan te dink dat die landdros nie die bevel sou toegestaan het indien dit nie die geval was nie.

    Die prokureur het nog geen van die stukke rakende die kwessie onder oë gehad nie en dra geen kennis van die bevel nie, maar het nogtans nie geskroom om sy mening daaroor te gee nie. Hy het verklaar dit sal nie slaag nie.

    ‘n Byna vergete sanger het ook een of ander oordeel probeer fel, maar die pad byster geraak tydens die uitsending en vasgehaak op Hofmeyr se gewildheid, klaarblyklik in ‘n misplaaste selfreklamepoging.

    Kallie Kriel van Afriforum het gesê hulle kan nie Hofmeyr se uitlatings oor rassekwessies ondersteun nie.

    Hy het die “groepie” teen Hofmeyr veroordeel, maar gesê dit is beter om ras te vermy aangesien daar geen teenkanting was teen Dookoom of Julius Malema se rassisme deur Hofmeyr se kritici nie.

  • PRAAG staan Steve Hofmeyr by om hofbevel teen linkse teisteraar te verkry

    Die buikspreker Conrad Koch van Seepunt, Kaapstad is vandag deur die Randburgse landdroshof verbied om Steve Hofmeyr enigsins verder te teister, sy borge of vennote te kontak of bykomende lasterlike of kwetsende aamerkings oor hom te publiseer. Die tussentydse hofbevel geld vanaf 13:00 vandag tot 27 November om 08:30 wanneer Koch in dieselfde hof sal moet verskyn om te verduidelik waarom die bevel nie ‘n finale bevel gemaak behoort te word nie.

    ‘n Lasbrief vir Koch se inhegtenisname is reeds uitgereik en sal uitgevoer word indien hy die bevel, wat oral in die Republiek van Suid-Afrika van krag is, sou verontagsaam. Intussen het Koch, wat op Twitter as Chester Missing gespog het dat hy Steve Hofmeyr gaan ruïneer deur druk op sy borge, asook dié van Afrikaans is Groot te plaas, geweier om sy adres per telefoon aan ‘n polisiekaptein van Douglasdale, Johannesburg te verstrek. Dr. Dan Roodt, wat die bevel aan die polisiekantoor vir betekening op Conrad Koch gaan oorhandig het, was teenwoordig toe Koch versuim het om sy woon- of werksadres aan die polisie te verstrek.

    PRAAG, wat oor die afgelope 48 uur vir Steve Hofmeyr bygestaan het om die aansoek te bring, was egter nie bekommerd oor Conrad Koch wat intussen vir die gereg probeer wegkruip nie. “Dis eenvoudig lagwekkend,” sê Dr. Dan Roodt. “Eers dreig hy vir Steve in gekruide taal en hou hom voor as die magtigste man in Suid-Afrika, maar nou kruip hy vir die polisie weg. Ons gaan in elk geval die hofbevel en dagvaarding aan hom per e-pos stuur en uiteindelik sal ons en die polisie hom wel opspoor.”

    Indien die tussentydse interdik op 27 November in ‘n finale bevel omskep word, sal Conrad Koch voortaan oor ‘n misdaadrekord as teisteraar beskik. “Ons kon eenvoudig nie langer stilsit om te sien hoe Steve Hofmeyr, wat steeds die gewildste sanger in Afrikaans is en met wie ons al meer as ‘n dekade saam vir Afrikaans en Afrikanerregte stry, op kwaadwillige wyse en deur teistering benadeel word nie.”

    Steve Hofmeyr was vanmiddag hoogs in sy noppies en het die goeie uitslag met ‘n ete in ‘n Sandtonse restaurant saam met Roodt gevier.

    Die tussentydse bevel is kragtens die Wet op die voorkoming van teistering, 2011, toegestaan. Aanvanklik was daar ‘n probleem omdat dr. Dan Roodt die verklarings in Afrikaans ingedien het terwyl die landdros nie Afrikaans magtig was nie. Die verklarings is egter goedgunstiglik en inderhaas deur hom in sy eie handskrif vertaal, waarna die bevel toegestaan is.

    “Ons sal ander dag weer oor Afrikaans as hoftaal baklei,” het hy gesê. “Intussen moes ons die proses stuit waardeur Steve Hofmeyr en Afrikaanse musiek deur kwaadwillige ekstremiste aangeval en verguis word.”

    PRAAG en Hofmeyr oorweeg ook die moontlikheid om Conrad Koch vir laster te dagvaar weens onwelvoeglike uitlatings oor die sanger wat hy op Twitter gepubliseer het.

  • Pick n Pay hersien borgskap vir AIG ná komediant se anti-Steve-veldtog

    Pick n Pay sal sy borgskap van Afrikaans is Groot (AIG) glo hersien nadat ‘n politieke veldtog deur ‘n Joodse komediant deur Media24 ondersteun is om Steve Hofmeyr se optrede by dié musiekfees te kelder.

    Conrad Koch het Steve in sy kwaadwillige teisterveldtog ‘n “apartheid-ontkenner” en “wit suprematis” genoem nadat Hofmeyr in ‘n twiet opgemerk het dat die meerderheid swartes voorheen apartheid ondersteun het.

    Hofmeyr se stelling berus op ‘n gewone feitlike taksering oor die houding van landelike swartes voordat die ANC ‘n terreurveldtog mbv buitelandse befondsing van stapel gestuur het om ‘n volskaalse “People’s War” in stedelike gebiede te loods.

    Van die tien Suid-Afrikaanse tuislande, was die drie grootste die Transkei, Bophuthatswana en KwaZulu.

    Die swart bevolking was in totaal de jure die enigste bevolking van hierdie drie areas, dus meer as 60 persent van die bevolking van Suid-Afrika wat in daardie state gestem het vír apartheid.

    PnP het destyds fluks sake gedoen in sulke gebiede sonder enige morele selfkastyding, net soos ‘n meerderheid Joodse sakemanne wat klaarblyklik tans hul seile na groter politieke winde wil span met ‘n georkestreerde Boerehaatveldtog.

    In teenstelling met die Transkei, was Bophuthatswana en KwaZulu geleë in die groot groei-areas van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

    Conrad Koch het Pick n Pay, die hoofborg van AIG, daarna genader om hul borgskap te onttrek.

    “Dit sal baie hartseer wees as ’n misplaaste sosiale-media-veldtog daartoe lei dat ons nie meer in staat is om hierdie konserte te ondersteun nie. Maar in die lig van onlangse gebeure sal ons ons toekomstige borgskap van die fees hersien,” lui ’n verklaring deur Pick n Pay gister.

    Die maatskappy, ’n gekontrakteerde borg van AIG, het lelik begin kleitrap en later te kenne gegee hulle steun musiek wat nie hulle politieke doelwitte aantas nie.

    In reaksie het PnP gesê hulle “ondersteun Afrikaanse musiek, maar nie individue nie”.

    Hulle het Hofmeyr se stellings veroordeel en gesê sulke opmerkings het geen plek in Suid-Afrika nie.

    Die maatskappy het ’n roemryke geskiedenis van teenkanting teen ongeregtigheid, het hulle gesê.

    Pick n Pay het sy teenkanting teen Hofmeyr se opmerkings aan die organiseerders van AIG duidelik gemaak, in navolging van Koch se aanbevelings.

     

  • Modder vir Steve ontaard in Boerehaatorgie

    Die buikspreker Conrad Koch het in sy angsvallige pogings om Steve Hofmeyr in die openbaar te verkleineer, gesê dat Afrikanervroue en -kinders eintlik verdien het om in die Anglo-Boereoorlog deur die Britte uitgemoor te word. Dit volg op ‘n boek deur ‘n akademikus van die Universiteit van Kaapstad, Elizabeth van Heyningen wat beweer die Boerevroue en -kinders het nie omgekom vanweë ‘n gebrek aan voedsel en higiëne nie, maar vanweë hulle eie agterlikheid, “lae intelligensie” en “swak higiëne”.

    Die twiet waarin Chester Missing alias Conrad Koch sê dat Afrikanervroue en -kinders verdien het wat hul gekry het.
    Die twiet waarin Chester Missing alias Conrad Koch sê dat Afrikanervroue en -kinders verdien het wat hul gekry het.

    vanheyningen