praag.co.za

Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof

Written by

in

,

Die teisteringsaak wat dr. Dan Roodt as belanghebbende namens Steve Hofmeyr behartig, begin môre (Donderdag 27 November) om 9:00 in hof 21 by die Randburgse Landdroshof.

Teenoor hom is die buikspreker Conrad Koch wat op Twitter as die pop Chester Missing allerlei beledigings teenoor Hofmeyr kwytgeraak het en ook ‘n veldtog teen die borge van die Afrikaans is Groot-konsertreeks gevoer het. Na raming het Hofmeyr en Afrikaans is Groot reeds R10m se skade gely. Onder andere het twee groot borge, Pick n Pay en Land Rover hulle aan die konsertreeks onttrek, wat ‘n finansiële verlies van R5 miljoen verteenwoordig. Daarbenewens beloop naamskending en die onttrekking van ander borge, asook kansellasies van Steve Hofmeyr se vertonings ‘n verdere R5 miljoen.

Conrad Koch voer aan dat dit sy “grondwetlike plig is om Steve Hofmeyr se rassisme en apartheidskontkenning aan die kaak te stel”. In die hofstukke beweer Koch verder dat Hofmeyr en Roodt ‘n “marginale groepie van 1% Afrikaners verteenwoordig” en dat ‘n hoofstroomorganisasie soos Afriforum hom van sowel Hofmeyr as Roodt se uitsprake gedistansieer het.

Steve Hofmeyr het vanmiddag na Kaapstad vertrek vir drie vertonings van Afrikaans is Groot en sal dus nie self die verrigtinge kan bywoon nie. Nietemin word ‘n groot aantal joernaliste by die hof verwag en sal deur die dag op Twitter daaroor verslag doen.

Koch word verteenwoordig deur een van Suid-Afrika se grootste regsfirmas, Webber Wentzel. Ook Ferial Haffajee, die redaktrise van die koerant City Press, wat aan die Naspers/Media24-groep behoort, het ‘n verklaring by die hof ingedien waarin sy Koch se reg op spraakvryheid en om Hofmeyr te beledig, onderskraag.

Comments

39 responses to “Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof”

  1. Dolk Avatar
    Dolk

    “Conrad Koch voer aan dat dit sy “grondwetlike plig is om Steve Hofmeyr se rassisme en apartheidskontkenning aan die kaak te stel”. In die hofstukke beweer Koch verder dat Hofmeyr en Roodt ‘n “marginale groepie van 1% Afrikaners verteenwoordig” en dat ‘n hoofstroomorganisasie soos Afriforum hom van sowel Hofmeyr as Roodt se uitsprake gedistansieer het.”

    Plig?!

    Verskoon asb. die volgende… (Bont en Smaakloos is beskrywende begrippe…)

    Gestel Conrad Koch was ‘n slap anus in sy vorige lewe… (Gestel OK? Iemand soos hy is of ‘n gat, of die kurk….

    Glo my…, as ek ‘n longdrop was, het ek sy “plig” so diep in hom terug ingedruk, dat hy verstikkend daaraan herkou het… Sodat hy kan kan proe – wat hy kronies kwytraak.

    Mans soos Conrad Koch kan jy tussen hul bene skop – terwyl hulle aan ‘n moffieskommel teug – sonder dat hulle ‘n oog knip. Hul geheim? Hul magasyne is dolleeg.

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Bestaan daar hoegenaamd iets soos “Apartheidsontkenning”? Duidelik is dit ‘n na-apery van die aanklag van “Holocaust denial” wat gemaak word teen historici ens. wat die aantygings rakende die vervolging van die Jode gedurende die Nazi bewind betwyfel. Maar is daar in Suid-Afrika so’n misdryf? Dis duidelik dat as daar geen misdryf soos “Apartheidsontkenning” bestaan nie, daar ook geen “grondwetlike plig” op die buikspreker kan rus om dit “aan die kaak te stel” nie. Sover ek kan sien, is hier geen sprake daarvan dat iemand die bestaan van Apartheid ontken het nie. Persoonlik het ek nog nooit iemand teëgekom wat beweer dat Apartheid nie bestaan het nie, en wat dus ‘n “Apartheidsontkenner” kan wees nie. Ek neem aan dr Roodt sal hierdie punt maak. Die aanklag van die buikspreker teen Steve Hofmeyr van “rassisme” is moeiliker, want enigiets kan deesdae in Suid-Afrika as “rassisme” geïnterpreteer word. Dit is net moontlik dat die hof die sing van Die Stem kan vertolk as “rassisme”.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Karel, mens kan NIE die “Holocaust” met “Apartheid” vergelyk nie! Dis die eerste punt.

      Die “Die Stem” is ‘n Volk se lied – dit het eenvoudig maar NIKS met rassisme te doen nie.

      1. Karel Combrinck Avatar
        Karel Combrinck

        Dolk, hoe is jy dan nou weer so stroomop. My kommentaartje is tog duidelik. Ek beweer nie die Holocaust het iets met Apartheid te make nie. Ek sê die term “Apartheidsontkenning is ‘n na-apery van die term “Holocaust denial”. Dieselfde geld Die stem wat niks met “rassisme” make het nie. Ek sê nie dit het nie. Ek sê dit is nie uitgesluit nie dat ‘n hof dit so kan interpreteer. Lyk my jy lees net die eerste en die laaste sin en dan raas jy met my!

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Karel, Ek’s nie stroom op nie! (Glo my, ek het nou breed vir jou skrywe geglimlag! Soos, – anys-beskuit – gemeng met kreunkoffie in die mond.)

          Indien dit is wat jy bedoel het, gaan ek nie met jou verskil nie. Ek raas nie met jou (nog minder met u) nie. Geen mens bestaan uit suiwer skoenmakergom nie. Nog jy, nog ek.

          Seën vir jou.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Nee! Ek glo dit (nie!)

          My reaksie aan jou is uitgevee deur Praag.

          NS Jy’s stoom op – nie ek nie! 😉

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Dolk aan Karel Combrinck 9 ure gelede (Pending)

            Karel, Ek’s nie stroom op nie! (Glo my, ek het nou breed vir jou
            skrywe geglimlag! Soos, anys-beskuit – gemeng met kreunkoffie in die
            mond.)

            Indien dit is wat jy bedoel het, gaan ek nie met jou verskil nie. Ek raas nie met jou (nog minder met u) nie. Geen mens bestaan uit suiwer skoenmakergom nie. Nog jy, nog ek.

            Seën vir jou.

            NS! Hoe meen jy Karel!?: “Dolk, hoe is jy dan nou >>WEER<< so stroomop."? Let mooi op… Ek swem dwars in 'n stroom – nie teen of saam nie. 😉

            LMAA!

  3. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Boikot al die entiteite, daar is meer as net Pick-‘n-Pay en Land Rover betrokke.

  4. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Om die leuns en propaganda oor apartheid bloot te lê, is nie “ontkenning” nie. Dit is ontnugtering.

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    Rassisme beteken jy moet leer lieg vir die eerstespan oor
    die verskriklike waarheid van sekeres se globaal universele genetiese gedrag
    want hoe anders gaan mens hulle gelyk kry aan die Westerse beskawing? In die
    NSA het hulle nou al alles probeer – onverdiende punte gratis bygegee op skool –
    en onderwysers gedwing deur opdrag/wetgewing om “disadvantaged” kinders
    onverdiend deur te plaas na die volgende graad – kondome uitgedeel en opleiding gegee op
    laerskool – universiteite se standaard na graad 8 toe laat val – die opleidingstaal
    na engels toe laat verander en nuusberigte van uiters wrede aanvalle op blanke
    bejaardes en kinders uit koerante te uit te weer en werk afgeneem en “disadvantaged”
    gegee met al die gevolge daar rondom en niks werk nie. Die NSA is bankrot
    gesteel – infrastuktuur bestaan nie meer nie – alles is vrot en vuil net waar
    jy kyk – al wat nou oorgebly het is om hierdie skandes nog n bietjie weg te
    steek met onderdrukking van die waarheid deur die gebruik van die woord “Rassisme”.
    Ag fooitog elke volk het maar sy dommes ook soos die klompie blanke dommes hier in

    die NSA wat lustig rassisme saamskreeu oor hulle nie mooi verstaan wat beteken rassisme nie.

    O genade askies as ek dalk nou rassisties klink ek sukkel vreeslik met die aanleer van lieg.

  6. Piet Avatar
    Piet

    Die hofsaak kan een van die duidelikste strepe nog in die sand word met twee redelik onderskeibare kampe aan die verskillende kante van die streep. Dink ook Black Sash-lid en stamgenoot van Koch, Helen Zille, se sogenaamde regstaat is in die spel, nie dat ‘n mens vreeslik moed kan skep oor die handhawing van die sogenaamde regstaatbeginsel nie (vra maar vir SoliForum, wat al van Jonas na Pontius na Pilatus en weer terug na liewe regter Filemon Jonas aangegee is in die vrugtelose najaag van die grondwetlike newel van ‘n regstaatbeginsel).
    In hierdie stadium weet die waarnemer reeds SoliForum en Naspers staan aan Koch se kant van die streep in die sand. Want dis Koch en sy stamgenote wiens brood hul eet. Aag, kom ons maak dit maar kort: Dis Afrikaners teen Jode (met al die Joodse voetvelle wat uit hul gate gaan kruip). Dis die ou dae. Soos in die Tweede Vryheidsoorlog, die Joodse myn- en geldbase wat weer lustig van hul proksies (in die Tweede Vryheidsoorlog die Engelse Tommie), as kanonvoer gebruik sal maak om ons volk en kultuur uit te wis. Hoor u hoe hoonlag Alfred Milner en Harry Oppenheimer uit hul grafte?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Is Kock ook n Jood? Wat Oppenheimer en Milner betref ek dink hulle het hulle doel hier op aarde mos perfek uitgedien dus twyfel ek of hulle kan hoonlag waar hulle is – waarskynlik eerder besig met verdiende braai – maar hulle meester glo ek hoonlag aanhoudend. 😉

    2. Sjert Avatar
      Sjert

      Piet, ge-oordeel aan die onderlinge twiste en slegsêery onder ons Afrikaners, wil dit lyk asof daar ook ‘n derde front bestaan.
      Wanneer die siele met die vernietigende selfmoord gaan ophou, weet ek wragtag nie, maar dat dit nou moet end kry, is noodsaaklik.
      Waarom gesels en sorteer die mense nie hul verskille met mekaar in privaatheid uit nie???
      Hou tog in jimmilsnaam op om via die media mekaar sleg te sê en te veroordeel!!!
      Vlokkit!
      Of is die ego’s te groot om dit reg te kry???.

  7. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ontkenning? Eerder uitwys dat die volk ook daarby gebaat het en dat vam hulle dit ook wou hê.

    Die groter probleem is dat die regbank getransformeer is. Sterkte met hierdie aansoek. Mag Koch die koggelaar en sy walgpop op hul baadjie kry

  8. Riempies Avatar
    Riempies

    Rooikop ek is baie nuuskierig oor wat die strategie van die
    advokate gaan wees – hierdie saak kan moontlik ontpop in n baie belangrike
    rigtinggewer – per slot van rekening is rassisme beleid van die ANC regering
    wat volgens wet en logika gevolk moet word.
    Kock en soliforum is persy nie so belangrik nie trouens ook dalk n bietjie dom omdat hulle nie besef watter bynes hulle nou oopggekrap het nie.

  9. Mens Avatar
    Mens

    Wen Steve, wen die Boere! Verloor Steve, wen die Boere nog steeds! Hou die spasie dop!

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Baat is beter. 😉

  10. jan Avatar
    jan

    Ek hou asem op vir die uitslag – hoewel dit nie juis ‘n verskil sal maak aan Dr Dan en Steve nie.

    Dis uitstekende publisiteit teen Naspers se anti-afrikaner psy-ops.

    Want die slagordes is opgestel tussen Toksiese Bates en Toksiese Afval [verw Mauser en Rifrug en Dolk ]
    Hierna sal detoksifikasie die noodwendige gevolg wees.

    Verwag ‘n groot geveg want Naspers is met die rug teen die muur as hy van Godloenaars en Koevoetmoordenaars en professionele hofnarre en tolktokolosies gebruik moet maak vir sy selfbeeld.. Lekker ou Tsafendas24

    Ek sien Kopdoek Kroukamp grynslag nou op sy Avatar..en Fabel Pienaar die Baalprofeet loer nie meer oor sy skouer nie en is maar skaars.

    Soos die Iere sê: ” OOH it is a terrible war ! But it is better than no war at all!!”
    Dis erg maar dis beter as niks!!

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Jan ek wonder my potblou hoe gaan die hof hom uit die annalistiese bepaling van die woord rassis uithou sonder om homself in die voet te skiet – want ek glo bepaling van presies wat die woord beteken moet die vertrekpunt van die hof wees. Die hof sal moet n konnotasie tussen die twee woorde “rassis” en “diskriminasie” bepaal en benewens dit bewys dat diskriminasie teen bewese feite onregmatig is en teen die wet en dan kom mensereg tersprake en en en en . Jan ek sou baie wil gee om hierdie hofsaak by te kon woon.

      1. jan Avatar
        jan

        Dit gaan mi oor die ganse bestaansreg van die Afrikaner volk en sy kultuur – eiendom

        Soos Judge Sutherland se se uitspraak.

        “…… life, liberty, property.
        These three rights are so bound together as to be essentially one right. To give a man his life, but to deny him his liberty is to take from him all that makes life worth living for. To give him his liberty , but to take from him the property which is the fruit and badge of his liberty, is to still leave him a slave. The next step in the logical chain ( after life, liberty, property ) is privacy – the right to be unmolested, left alone. Without this right (of privacy) each of the other three is compromised and vulnerable to destruction by an omnipotent state.” (Supreme Court Judge Sutherland).

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Presies Jan – Ons is van al ons mensereg gestroop – as mens mooi ons situasie waardeer en bymekaar tel – is ons niks meer as slawe in hierdie land wat ons voorvaders vir ons gebou het .

          Ek lees vanoggend – (hierdie skakel vir jou as jy dit self
          wil lees) http://www.news24.com/SouthAfrica/Politics/Zuma-If-ANC-goes-down-so-will-SA-20141127 dat Zuma erken dat die ANC in die moeilikheid is – nog meer interessant is die kommentare daar onder. Dit maak alles meer interessant en mag selfs moontlikhede vir ons skep.

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Net so tussen die spore gesê… U weet… Selfs al staan ek naak en van alle “regte” geplunder, kan hulle nie my Menswees, geloof en kennis – van my stroop nie.

            Die dag wanneer my karakter ten kwade verander (verarm – kwyn), is die dag wanneer my fondasies van hoop begin kraak… Dít sal my gestroop laat voel – laat…

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Dolk ek verstaan wat jy sê – Die punt wat ek maak is juis omdat ek hierdie ANC voordurende diskriminasie nie aanvaar nie – hulle lae
            standaarde opponeer wat my menswees aantas. Wat is jou menswees en kennis en geloof vir jou werd as hulle dit bevuil met hulle indringerige opdringerige teenwoordigheid hetsy standaarde veiligheid of gewone aktiwiteite?

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek begryp ten volle wat u ook sê.

            U vra dit…”Wat is jou menswees en kennis en geloof vir jou werd as hulle dit bevuil met hulle indringerige opdringerige teenwoordigheid hetsy standaarde
            veiligheid of gewone aktiwiteite?”

            Hulle kan nie. Slegs u en ek kan. Hoe? Deur hulle te help om aan bewind te bly. Weet u waar is hulle “aan die bewind bly” vir my? Dit begin hier diep binne in my siel… – dan kring dit uit na buite…

            Wie my gedagtes oorheers, oorheers my dade ook. Ek weet dit klink teoreties en filosofies – maar dit is allermins dit!

            Ek het jare terug ‘n ongelooflike visioen gehad… Wat vir my ‘n verstommende waarheid geleer het (Dis te lank en nie van pas om dit te hier beskryf maar…) Die les was – moet nooit die oorsprong van iets of iemand uit die oog verloor nie – al probeer iemand (Wat nie die kennis daaroor beskik) jou hoe oortuig – om af te sien van wat jy weet die waarheid is. (In kort.)

            Daarom het ek aan u geskryf, wat ek geskryf het.

            Ek’s oppad… Seën en vrede aan u almal.

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Jan, ek het met dit wat Rifrug aangehaal het saamgestem: “Afrikaner sentiment te gebruik om “jul” baan te “bou” Dis al. Want dit is waar dat mense hul eie belange gebruik – uit die (spreekwoordelike)laer trek (en so die Volkslaer verswak.)

      Wees traag wanneer jy mense wil etiketteer en nog traer, wanneer jy afleidings maak. Ek wil werklik nie misverstaan word vir die verkeerde redes nie.

      Ook is dit aangenaam om in vrede met mekaar te verskil – onthou; ons gemene deler is meer as ‘n vlietende verskil sterk.

    3. Witbeer Avatar
      Witbeer

      Piet Snot Kopdoek, se oorlog is nie meer ons oorlog nie, hy het ten die Skepper van die Heelal geminag en Hom gebloek, die oordeel kom ons nie meer toe nie, hy sal die woord:”Vreeslik” beleef.

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        goeie hiemel my spelling is weird!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
        Miskien kan Praag n Afrikaanse Spel thingamajiek op die blog plaas, al is dit net ek wat dit nodig het.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Witbeer ek gaan dit net vir jou vertel – so jy moet nie na
          buite praat nie – weet jy hoeveel spelfoute maak ek op my eie kommentare agterna reg? Hordes!

          1. Witbeer Avatar
            Witbeer

            he he he he Riempies, ek het alleenreg tot vrot spelling….. wha ha ha my oe op die knoppe…..wou mos nie tik op skool nie…

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            So min? Hehe – ek slaan skoon my voete saam vir my glipse 😉 Ek staan verstom as ek partykeer na my grammatika – sinsbou kyk! Vroom-stylloos – soos ‘n serp wat rustig wapper in die wind – in ‘n motordeur vasgeknyp.

            Helaas, wie het nie al onderklere onderstebo en agterstevoor aangetrek nie? Laat staan nog onpaar skoene – wel, nou en dan… 😉

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Oppas dat Riffels (Rifrug) dit lees… (LMAA!) Hy sal waarskynlik sê dat jou woorde en sinne so “gebreek” is, dat dit nie eers as “skroot-materiaal sal deug nie. Hehehe!

          1. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Dolk, jy laat my regtig ERG klink – ek hoop nie dis hoe jy (en ander praagers) my beleef nie!

            Oor spel- / taalfoute … as ‘n kommentator soos Witbeer hierbo, ‘n spelfout maak terwyl hy/sy sin (“sense”) en waarheid praat, laat ek dit gewoonlik verbygly. As die persoon (maw Witbeer in dié geval) kan sien dat daar fout is “goeie hiemel my spelling is weird” … dink ek nie dat dit nodig is om iets te sê nie.

            MAAR

            As ‘n kommentator egter hier op praag kom onsin (“nonsense”) praat, of leuens probeer vertel … én dan vrot spel … GAAN hierdie Rifrug vir hom grom! Die ‘Pro-Afrikaans’ in die naam van praag, hoop ek, sê ek mag.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Riffels, dit was 100% mooi, met ‘n glimlag bedoel! Jy sal nie weet hoe ek jou droë, hiper-snaaks, altyd-waardige reaksies geniet wanneer Praag (wel, iemand hier! 😉 lomp in Afrikaans gly nie. Die woord “breek” het jy vir my permanent verander – soos wat jy dit gebruik.

            Weet dat jy ‘n besondere sonderlinge mens is in my oë… Dis ‘n feit – nie ‘n kompliment nie.

            NS Sien nou-eers dis 3:07vm! My dag het sopas uitgeloop 😉 Seën en vrede.

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            En sopas weer begin. 😉 Seën en vrede vir u almal.

          4. Riempies Avatar
            Riempies

            Dolk vir my gaan dit baie moeilik wees om vrede te hê – daar
            moet eers n die vlooi van n duisend kamele op FW de klerk en agtergeblewe mense soos kock toesak voor ek weer vrede sal kan kry in die NSA varkhok waarin hulle so lekker in die modder rol.

          5. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek wou eers weer filosofies raak… Toe dink ek so by myself – ek gaan nie u rus daarmee versteur nie. 🙂 (He-he!)

      2. Rifrug Avatar
        Rifrug

        Hebreers 10:31 “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.”

  11. Witbeer Avatar
    Witbeer

    …..net n oorblyfsel, teen die hele wereld……… ons tyd sal kom, wees net geduldig, klein Kock en sy poppies gaan in Palestina moet bly
    Dit gaan nie vir my oor n hofsaak wen of verloor nie, wat in ons DNA is kan geen liberal verander nie, laat die wereld dink hulle is bo, almal weet wat gebeur met libs wat “bo” is

    1. Witbeer Avatar
      Witbeer

      “Wherefore come out from among them, and be ye separate, saith the Lord, and touch not the unclean thing; and I will receive you.” 2 Corinthians 6:17

Leave a Reply