Koch deur toilet-aktiviste vereer

Deel op

Conrad Koch sê hy is skaam om ‘n toilet-prys in ontvangs te neem.

Die lasteraarbuikspreker wat ‘n bruin pop as voorwendsel gebruik, is gisteraand in Johannesburg met ’n spesiale prys vir sy stryd teen wit Afrikaners deur die Ahmed Kathrada-stigting vereer.

Zaakirah Vadi, woordvoerder van die stigting, het gesê Kathrada het self die sertifikaat van waardering aan Koch en Chester oorhandig.

Die stigting het gesuggereer dat die prys toegeken is aan Koch vanweë sy onlangse standpunt teen wit Afrikaners soos Steve Hofmeyr wat swartes aan tuislande  in ‘n twiet herinner het, terwyl Lesotho en Swaziland op die kaart van Suid-Afrika as onafhanklike lande pryk.

​Volgens Koch is dit ’n groot eer dat die toekenning kom van Kathrada, ’n struggle-veteraan wat 26 jaar in die tronk was, maar hy skaam hom nogtans vir die prys.

“Dit laat my ook ’n bietjie ongemaklik voel. Ek het net geraas gemaak. Daar is soveel waardige mense en organisasies, soos Zackie Achmat en die Koalisie vir Maatskaplike Geregtigheid in Kaapstad, wat wil verseker dat niemand puttoilette hoef te gebruik nie,” het hy aan Media24 gesê.

Hy meen dit is toilet-aktiviste en -organisasies wat die meeste bydra tot die verandering van rasse-ongeregtigheid in die land.

Koch het gesê hy wou nie Kathrada en die stigting beledig deur die prys van die hand te wys nie.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa was een van die sprekers by die glansgeleentheid by die Sci-Bono Discovery-sentrum in Newtown, Johannesburg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.