Merkbare toename in kredietkaartbedrog

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-Inligtingssentrum, of SABRIC, is onthuts oor die onlangse merkbare toename in kredietkaartbedrog.

SABRIC sê die bankbedryf se verliese weens kredietkaartbedrog het van 366 miljoen rand in 2013 tot 455 miljoen rand vanjaar toegeneem.

Volgens die maatskappy moet die misbruik van aanlyn-toepassings deur misdadigers wat uiteindelik ‘n bankkaart bekom, die grootste skuld kry vir die toename.

Die meeste draagbare skandeerders word glo in Gauteng en KwaZulu-Natal opgespoor.

Die hoof van die kommersiële misdaadeenheid by SABRIC, Susan Potgieter, sê sulke toestelle kan maklik deur boosdoeners aangekoop word.

Die banke het in samewerking met die Valke reeds op 74 sulke handskandeerders beslag gelê.