Brexit kry hupstoot van Londense burgemeester

Die Britse premier David Cameron, het by 10 Downing Street ‘n referendum aankondig oor Brexit.

Cameron het gesê hy sal stemme werf sodat Brittanje deel van ’n “hervormde” EU bly.

Die burgemeester van Londen, Boris Johnson, het teen Cameron uitgekom en gesê die stemmery is ‘n “geleentheid in ‘n leeftyd” vir die VK om uit die EU te tree.

Johnson het sy jare lange ambisie om die volgende premier van Brittanje te word daarmee op die referendumuitkoms geplaas en die belangrikste Tory geword om ten gunste van Brexit uit te kom.

Ander ministers het kort ná die aankondiging reeds in hul teenkanting rugbaar gemaak. Michael Gove, die minister van justisie, het hom by die Johnson se kamp aangesluit.

Meer as die helfte van Britse kiesers wil nie deel van die EU wees nie, maar uitrede sal tot ekonomiese nadeel van die eilandbewoners wees.

Theresa May, die ongewilde minister van binnelandse sake, is bo-aan die lys van ministers wat saam met Cameron in die EU wil bly.

Cameron het die referendum beskryf as een van die grootste besluite waaroor sy landgenote in ’n baie lang tyd gaan stem.

Die debat oor Brittanje se lidmaatskap het nuwe stukrag gekry nadat tienduisende vlugtelinge die afgelope paar maande deur die Europese gemeenskap gehuisves moes word.

Maar Cameron het in ’n verklaring gewaarsku dat dit ’n “sprong in die donker” sou wees as Brittanje die EU sou verlaat.

Daarom sal dit meer sin hê om eerder op hervormings binne die unie aan te dring het hy gesê.

Brittanje beskik egter nie oor genoeg invloed om Duitsland te dwing daartoe nie, wat uiteindelik sal neerkom op leë verkiesingsbeloftes.

Volgens Cameron weet die sakegemeenskap in Brittanje byvoorbeeld nie of hulle steeds gratis tot Europa se markte gaan toegang hê nie – ook nie of Britte elders in die EU seker gaan wees van hul werk nie.

Dit kan ook prysstygings tot gevolg hê.

Cameron het onlangs sy voorgestelde plan om die EU te hervorm ná ’n beraad in Brussel opgestel. Die plan sal glo aan Brittanje “spesiale status” binne die EU-blok van lande gee.

Merkel woedend oor NAVO-referendum

Duitse kanselier Angela Merkel se regering is woedend oor President Petro Poroshenko se plan om ‘n referendum te hou oor die Oekraïne se aansluiting by NAVO.

Duitsland beskou dit as ‘n doodloopstraat wat onnodige spanning aanblaas met Rusland.

Volgens Duitse amptenare is só ‘n plan om die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie oos uit te brei eenvoudig nie op die tafel vir Merkel nie.

Volgens een Duitse amptenaar is dit suiwer onnoselheid aangesien ‘n referendum nie die Oekraïne nader aan NAVO sal dwing nie, want besluite oor lidmaatskap word gemaak deur die Verdragslande en nie kiesers nie.

Enige poging om aan te sluit by NAVO kan net baie sleg eindig, het ‘n tweede amptenaar gesê. Beide het gevra om nie genoem te word nie, aangesien hulle nie gemagtig is om die Duitse regering se strategie te bespreek nie.

Die VSA kan nie langer beskostig om NAVO te befonds nie, en soek naarstiglik redes om die organisasie aan die EU se hart- en longmasjien te koppel.

Frau Merkel en Vladimir Poetin is dit roerend eens dat dit nie ‘n opsie is nie. Frustrasie oor haar onvermoë om sanksies teen Rusland opgehef te kry, gaan binnekort tot ‘n krisis in Duitsland lei, sê ontleders.

Duitsland kan nie bekostig om die miljarde wat die Oekraïne skuld aan onbetaalde gasrekeninge, te verlos nie en Rusland gaan waarskynlik nie altyd bly wag vir betaling nie.

“NAVO-lidmaatskap vir die Oekraïne is nie op die agenda op hierdie punt nie,” het Michael Grosse-Broemer, die parlementêre sweep vir Merkel se Christen-Demokratiese blok, gesê in ‘n onderhoud gister in Berlyn.

Duitse weerstand teen die Oekraïne se lidmaatskap in die 28 lande se militêre alliansie, word gedeel deur Frankryk, wat ‘n waarskuwing aan Poroshenko is om nie die konflik met pro-Kremlin onafhanklikheidsondersteuners verder te stook nie. Meer as 4300 lewens in byna agt maande is reeds verloor en dié stap sal die konflik verder vererger.

Oekraïense lidmaatskap in NAVO is absoluut onaanvaarbaar, het ‘n Russiese regeringsamptenaar gister aan Bloomberg gesê. Hy wou anoniem bly omdat hy nie gemagtig is om diplomatieke beleid te bespreek nie.

Enige referendum wat NAVO-lidmaatskap in die Oekraïne rugsteun sal lei tot verdere eskalasie wat Rusland nie sal duld nie, het die amptenaar gesê.

Duitsland is ook bekommerd dat die nuwe regering nie ver genoeg gaan in die aanpak van korrupsie nie, het die tweede amptenaar gesê.

NAVO-inmenging sal lei tot verdere agteruitgang van Russiese-Oekraïense verhoudings, het Rainer Lindner, die hoof van Duitsland se Ost-Ausschuss wat sakegeleenthede met Rusland bevorder, gesê in Hamburg. Dit is “iets wat ons nie wil sien nie”.

Merkel het gister erken dat sanksies ‘n impak op die Duitse en die Europese ekonomieë het en dat sy haarself toenemend in ‘n hoek verf daarmee.